|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 992
20/03/2024
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou huweliksherdenking |
 |
|
Skrywer: Lynthia Julius
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802706
In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, erotiek en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek die huidige sosiopolitiek. Sy verruim Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat. |
 |
|
 |
Om te skryf: ’n resensie
Izak de Vries
Resensies (2022)
"Mense vra dikwels hoe hulle kan begin skryf. Van nou af gaan ek hulle van Om te skryf vertel. Ek gaan hierdie boek eers show aan almal wat wil leer skryf, en hulle dan tell om dit deur te werk. Daarna kan ons verder gesels."
|
 |
Menseregtedag-communiqué van die Groep van 63
Koos Malan, Johann Rossouw
SeminaarKamer (OuLitNet, 2001)
"Met Menseregtedag op Suid-Afrika se amptelike kalender gee Suid-Afrikaners aan hulself en die wêreld te kenne dat menseregte ons erns is. Maar menseregte kan slegs relevant en van konkrete belang wees indien ons die implikasies daarvan insien en dit uitleef."
|
 |
Our parents are the heroes
Khethukubonga Zasemgazini Ntshangase
Young Voices: South African online writers’ conference (OuLitNet, 2004)
"Our parents were teenagers and young adults during the events that define us as a nation, eg Sharpeville massacre, Soweto riots. Remember the anger you felt watching the movies Cry freedom, Sarafina, Cry the beloved country. For those three hours you sat there watching, you wanted to rip a white man’s heart out, you felt frustrated, caged and furious, to name but a few of your heartfelt emotions."
|
 |
Menseregtedag, maar waar is ons waardigheid?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Al die politieke partye werk op een of ander manier die woord 'waardigheid' in hul toesprake in, maar selde word die reg op waardigheid aangehaal. Daai drie woorde is soos ’n handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek is."
|
 |
Moer toe met die wolk saam
Sidney Gilroy
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Jy is die groot data. Wat jy met jou rekenaar, slimfoon en ander slimtoestelle doen, is die tafel waarop KI se feesmaal gedek word. Jy is geld werd."
|
 |
Die ontluistering van die wêreld
Hercules Boshoff
Menings
"Die sinkronisering van die menslike polsslag met tegnologiese tempo dra nie by tot redding van die aarde nie, maar eerder ’n verlies aan wêreld. Die etimologie van die woord wêreld is wer (wie) plus alt (tyd); dus: die tyd van die wêreld is die tyd van die mens. Menslikheid word egter gering geskat, ondergeskik gestel aan onder meer die omgewing, kunsmatige intelligensie en allerlei ideologiese uitgangspunte."
|
 |
China se forumdiplomasie in die Globale Suide: die strewe na gelykheid, voordeel en ontwikkeling
Fanie Herman
Menings
"Die China-Afrika-Amerika-forum is in 2023 tot stand gebring. Die doelwit van die forum is om China se diplomasie met lande in die streke te vergelyk, konferensies te organiseer, gemeenskaplike belange te deel en die beste praktyke vir samewerking te identifiseer. Rolspelers in Afrika, Suid-Amerika en die Karibiese eilande vra vir groter koördinasie om samewerking met China te bevorder."
|
 |
Dit ruik steeds na oorlog
Jeanette Ferreira
Elders gesien
"Deur die treinvenster het hy altwee sy hande vir my uitgehou en ’n vonk het uit die silwer uiltjie op sy militêre pet geblits."
|
 |
Hoeveel politieke lewens het Zuma?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Presies hoeveel politieke lewens Suid-Afrika se vorige president, Jacob Zuma, nog oor het, is ’n raaiskoot wat ’n mens op eie risiko neem, want hier is hy al weer; dié keer in die gewaad van die nuutgestigte uMkhonto we Sizwe-party (MK)."
|
 |
Omstrede kopieregwet kan dalk steeds gekeer word
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Dit blyk nou dat senior leiers in die ANC al hoe meer bedenkinge begin kry oor die wetsontwerp waarvoor hulle gestem het, en wil keer dat Ramaphosa dit onderteken."
|
 |
Weermag gevra om met dreigende waterkrisis te help
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die waterkrisis in dele van die land het nou sulke ernstige afmetings aangeneem dat die DA wil hê die weermag moet help met watervoorsiening waar sulke dienste besig is om in duie te stort."
|
 |
Leesimpressie: De wachters door Tahar Djaout
Erik van den Bergh
Literatuur
"Rake typeringen van uiteenlopende facetten van het leven in Algerije na de onafhankelijkheidsstrijd. Over (on-)macht, intimidatie, repressie en verzet. Beklemmend en toch veelal min of meer lichtvoetig."
|
 |
Uitnodiging – Bundelpresentatie: Absent presences
Voertaal
Zuid-Afrikahuis
Na een introductie door Margriet van der Waal zullen de eerste twee exemplaren van deze bundel worden uitgereikt aan Jan Schinkelshoek, voorzitter van het bestuur van de huidige Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland, en Jennifer Tosch, Nederlands-Amerikaans cultureel-erfgoedhistoricus en ondernemer.
|
 |
Routrip: ’n ontdekkingsreis van menswees
Ignus Rademeyer
KKNK
"Routrip speel voor jou af soos ’n klassieke toneelstuk met ’n enorme rolverdeling en landskappe regoor die land. ’n Rare ondervinding in teater is dit beslis. The Ziets is back!"
|
 |
KKNK 2024: volledige program
LitNet
KKNK
Die KKNK vind van 23 tot 31 Maart 2024 in Oudtshoorn plaas. Hier is nog inligting vir lesers wat die fees vanjaar wil bywoon.
|
 |
Sting se woorde en musiek, aangebied deur John Ellis en James Stewart: ’n resensie
Maryke Roberts
Musiek
"Dit is weer die vroeë tagtigs. Ek is ’n kaalvoet hoërskoolmeisiekind. Musiek is ons wat op afgeleë dorpe bly se lewenslyn, met die groot wêreld daarbuite. Saterdagaande luister ons vir die trefferparade voor ons gaan sokkie in die skoolsaal. Sondagmiddag maak ons mixed tapes vir mekaar en die klankbaan van ons tienerlewens is met Sting se liedjies deurspek."
|
 |
Herfsvye bring vreugde
Karen Hart
Kos en wyn
"Vir my is die mooiste van die vy dat dit nie regtig ’n vrug in die ware sin van die woord is nie. Dis eintlik ’n blom, sê hulle, wat na binnetoe groei. En as jy ’n vy oopsny, kan jy sien hoe waar dit is." Karen Hart deel ’n vyetertresep.
|
 |
Koek – die eerste drie episodes vars uit die oond uit
Réney Warrington
TV
"Dit gaan jou eie morele kode bevraagteken. Hoe ver sal jy gaan om walglike, seksistiese varke ’n les te leer. Laat ons nou maar eerlik wees: By vroue is daar ’n kollektiewe gatvol-wees vir die mishandeling wat ons deurgaan."
|
 |
Persverklaring: Suidoosterfees 21 – hutspot van eg Kaapse musiek en stories
LitNet
Suidoosterfees
Kaapstad is reeds vir 21 jaar die Suidoosterfees se tuiste, en die fees vier sy mondigwording van 26 April tot 1 Mei by Artscape in die hart van die Moederstad. Stories, mites en die geskiedenis van die Kaap word met musiek en komedie vermeng op vanjaar se NATi Musiekteaterprogram, en feesgangers kan hulle verlustig in ’n kreatiewe herverbeelding van die stad se geskiedenis.
|
 |
Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste
LitNet
Toyota US Woordfees
Ter viering van die lewensbydrae en werk van die ikoniese koordirigent Acáma Fick, tree die Stellenbosch Universiteitskoor, die Accelerando-koor van die Hoër Meisieskool Bloemhof (HM Bloemhof) en die Cape Town Camerata in ’n spesiale konsert op. Die Acáma Fick 80th Birthday Celebration-konsert vind op 24 April om 19:00 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas.
|
 |
Press release: The South African premiere of Shakespeare’s Othello at the Baxter from 6 April to 4 May 2024
LitNet
Lifestyle and entertainment
The South African premiere of Shakespeare’s Othello premieres at the Baxter on 6 April 2024. Adapted and directed by Lara Foot, this South African production is performed in English, isiXhosa and Afrikaans. The play focuses on Othello’s inner life from an African perspective. Othello relocates to the time of German colonialism and the Herero uprising in German Southwest Africa to present-day Namibia.
|
 |
Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Waarvan Gilroy nie wegbreek nie, is sy wenresep om sterk sosiale temas aan te pak. Dit gaan oor meer as armoede en domestic noir. In Bloedsomer vlek hy nie net die tema van afwesige vaders oop nie, hy sny ook in die gedagte van vaders wat liefs afwesig moes wees. Ons kry ook ’n indiepte kyk in die soeke na manwees en ’n verlore siel wat enigiets sal doen om te behoort."
|
 |
Graad 11: Wiskunde-toets 2 en memo, kwartaal 1
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en lus vir ’n lang wegbreekvakansie? Voordat jy die rit op die reguit spoorlyn aanpak, kan jy eers in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Anne Langeveldt meer leer oor die kollineariteit van ’n stel punte op ’n enkele reguitlyn. Jou punte sal soos ’n stoomtrein vorentoe snel!
|
 |
Kleihutvroue
Anne-Marie Bartie
Poësie
"onthou hierdie kleihutvroue
as ons stemlose meerderheid"
|
 |
Hittegolf
Christiaan Joubert
Poësie
"Hoe les mens ’n dors, o, Heer? – Ú wat vuur so vurig bemin."
|
 |
Kolibrie en Walvis
Waldemar Gouws
Poësie
"hulle deel duidelik dieselfde oeroue prinsiep
volmaak volgens skaal
en praat so saam met ons onderliggend ’n enerse voorverbale taal"
|
 |
Valentynsdag
Jacques Boshoff
Poësie
"ek skryf ’n gedig vir jou,
sonder inkleurwoorde
of spoggerige metafore"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|