Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 980

14/12/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou 1 093 bladsye nuwe Afrikaanse akademiese navorsing

Pasverskyn

Die Melkweg en die miskruier

Skrywer: Jeanette Ferreira
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624094630

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie. In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.

Akademies en skole

LitNet Akademies: Jongste uitgawe nou beskikbaar

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies 20(3) bevat 1 093 nuwe bladsye geakkrediteerde navorsingsverslae in Afrikaans. Die PDF-weergawe van die uitgawe is hier beskikbaar.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

Die volledige joernaaluitgawes van LitNet Akademies is gratis hier beskikbaar.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Hein Willemse

Hein Willemse
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Hein Willemse, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Hein oor onder andere marginale kulturele praktyke.

Die belangrikheid van gehaltebestuurstelsels in forensiese DNS-toetslaboratoria in Suid-Afrika

Joe H. Smith, Juanida S. Horne
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Akkreditasie is noodsaaklik vir forensiesewetenskapslaboratoria omdat dit die akkuraatheid, betroubaarheid en gehalte van toetsresultate wat deur die laboratoria gelewer word, bevestig."

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 1-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Ons weet die skool het pas gesluit. Dis tyd om kolwyntjies te bak om fees te vier! Ons voeg vandag ’n nuwe vraestel en memorandum by sodat enige graad 10-leerder wat volgende jaar Wiskundige Geletterdheid neem, sal onthou om Lee-Ann Langeveldt se vraestel gratis hier op LitNet te kom aflaai. (En as enige ander leerder hierdie vakansie hul lyf entrepreneur wil hou, kan hierdie einste vraestel jou help om die wins uit te werk wat jy met ’n baksel sjokolade-en-beet-kolwyntjies kan maak.)

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Menings

Hoerikwaggo: Ons kan namens onsself praat en besluit / ons moet maar self skommel

William Sezoe
Menings

"Ten spyte van die oudpolitiese gekners van dié soos Allan Boesak was daar sprekers wat werklik die kern van die samekoms aangeraak het: Waar kom ons vandaan, waar is ons tans en waarheen is ons op pad?"

Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle

Jason Lloyd
Rubrieke

"Ons is lankal verby daai ou vervelige prekie en ook dat bruin mense nie ’n taal en kultuur het nie. Dit is deesdae sommer onsin, omdat ’n menigte bruin mense heel gemaklik is met wie en wat hulle is en heel trots is op hul Afrikaanssprekendheid."

Verslag oor die Hoerikwaggo Indaba: ’n suksesvolle byeenkoms

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Wat ook duidelik na vore gekom het in die gesprekke, is dat bruin mense nie ’n rassegroep is nie, maar wel ’n kultuurgroep binne die Suid-Afrikaanse bevolking. Die verskeidenheid binne bruin geledere moet gevier en omarm word."

Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar!

Freek Robinson, Theo Venter
Onderhoude

Freek Robinson sê dat 2023 as ’n moeilike jaar onthou sal word. Ondanks Cyril Ramaphosa se vele beloftes, het sy regering weinig vermag. Robinson se gas is Theo Venter, ’n politieke ontleder en toekomskunde aan die Universiteit van Johannesburg.

Oor volksmoord

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hoe ironies dan dat Israel juis nou in die spervuur kom omdat hulle besig is met volksmoord van die Palestyne. Het hulle ’n reg om hulself teen aanvalle te verdedig? Natuurlik. State en individue het daardie reg. Maar selfverdediging het perke. Wanneer die aanval verby is, moet die selfverdediging gestaak word, anders is dit ’n nuwe aanval ..."

Ons lig die hoed, oom Johannes

Frederik de Jager
Elders gesien

"As die klip van die Karoo siel is, is dit deur u dat ’n mens dit kon sien. As haar plantegroei die kinders van so ’n gesieldheid is, het u hulle laat reis deur die wêreld."

’n Jaar gelede is ek uit Suid-Afrika uit

Zalman Davis
Elders gesien

"Ek weet nie vir hoe lank hierdie reis nog gaan voortduur nie, maar kom saam."

25 begraafplase in Graaffernet

Elise Bishop
Elders gesien

"Anyway, daar het ’n engel oppie doorstep verskyn – a saviour who was willing om skouer aan die wiel te sit and to clear up the mess."

Uit die argief

Regsmening bevestig Afrikaans se status as inheemse taal

Jean Oosthuizen
Menings (2022)

"Taalaktiviste verwelkom die regsadvies wat aan die Minister verskaf is, maar waarsku dat die stryd om Afrikaans as akademiese taal nog lank nie verby is nie."

Tafelberg-rondeau in vier dele

Antjie Krog
OuLitNet (2006)

"Table Mountain symbolised all that is strange and enigmatic to an 'outsider' looking in at the Cape of Good Hope." Lees Antjie Krog se Hoerikwaggo-gedig uit die LitNet-argief.

Nou op Voertaal

Suid-Afrika en Russe se brandstofvennootskap kry die wind van voor

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die keuse van Gazprombank en die goedkeuring van ’n buitelandse regering in die kernsektor laat vrae ontstaan."

Studenteverblyf is ’n tydbom wat dreig om te ontplof

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Met die beperking op verblyftoelaes kan ontwikkelaars egter nie bekostig om hul verblyf aan NSFAS-studente te verhuur nie, aangesien die R45 000 per jaar nie hul koste dek nie."

Oud-ANC-lid wil die land van ANC help red

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die ANC is volgens hom nie meer die beweging waarby hy, sy ouers en grootouers tydens die apartheidsera aangesluit het nie. Hy sê hy herken nie meer die ANC nie."

Uitvoergehalte: In gesprek met Amandala oor "Bloukopkoggelmander"

Izak de Vries, Amandala
Muziek

"My pa het pragtige skilderye geverf met olieverf. Hy was ’n opregte kunstenaar wat lief was vir kuns en musiek en die natuur. Hy was ’n weeskind wat nooit die geleentheid gehad het om musiek te doen nie. Hy wou graag vir my geleenthede gee wat hy nie gehad het nie."

Uitvoergehalte: Brixton Moord en Roof se Strate sonder bome

Izak de Vries, Andries Bezuidenhout
Muziek

"Musiek is soms mos maar iets wat ons help om dinge te probeer verwerk wat nie eintlik verwerkbaar is nie of om iets te probeer verwoord wat nie verwoord kan word nie."

Spinners is trots Suid-Afrikaans, ’n eerste by die Cannes-filmfees

Izak de Vries
Film

"Selfs as jy nie in karre belangstel nie, is die klankbaan rede genoeg om aan Showmax R100 per maand te betaal om Spinners te kan sien. Jy hoor Suid-Afrika se heel beste hip-hop-kunstenaars in hierdie reeks."

Happy ending deur Joosje Duk: ’n resensie

Izak de Vries
Film

"Vroue en meisies oor 16 moet leer dat hulle die reg het om als te stop en te sê: 'Nou eers my beurt. Joune kan wag.'"

Adriaan Van Dis leest Breyten Breytenbach #1: Vóór de gevangenisjaren: poëzie als politieke daad

Jozefien Vermeylen
Literatuur

"In zijn discoursvorming wordt Van Dis sterk beïnvloed door zowel een vriendschapsrelatie met Breytenbach als door maatschappelijke en politieke netwerken én de actualiteit van culturele boycot tegen het apartheidsregime in Zuid-Afrika."

Geen land voor dromen blaast het stof van Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

Ingrid Glorie
Literatuur

"Geen land voor dromen maakt nieuwsgierig en nodigt uit tot verder lezen, tot een eigen verkenning. Er valt nog genoeg te ontdekken!"

It’s (I’m) not inside, it’s (I’m) onnnn top!

Maryke Roberts
Reizen

"Ek en my geliefde het elkeen ons eie fobie: hy vir hoogtes; ek vir noutes. Maar so tussen die vrese deur ontdek ons ongelooflike plekke hoog bó en onder die grond."

Boeke en skrywers

Ope gesprek oor boekresensies (Desember 2023)

Sidney Gilroy
SêNet-briewe

"Deur hierdie verklaring te onderteken, bevestig ons ons toewyding aan ’n inklusiewe en oop letterkundegemeenskap. Ons nooi lesers, resensente en kritici om tesame betrokke te raak by deurdagte gesprekke oor ons werke, om ’n omgewing te koester waar diverse stemme nie slegs aanvaar word nie, maar ook gevier word."

Die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs 2024: ’n onderhoud met Lynthia Julius

Naomi Meyer, Lynthia Julius
Skrywersonderhoude

"Jy raak eintlik bang as die nuus dat jy die beurs ontvang het, klaar ingeskop het. Jy dink aan die mense wat dit voor jou gekry het. Dis sterk skrywers, en iewers tussenin skop 'impostor syndrome' in. Maar dan moet jy hom eenkant skuif, want hier lê werk voor en ’n boek moet geskryf word."

Pharos se nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek as skatkis: ’n onderhoud met Delana Fourie

Naomi Meyer, Delana Fourie
Onderhoude

"Woordeboeke is stabiel en word beskou as formele en blywende erkenning van taalontwikkeling en taalverandering, terwyl die internet baie meer vloeiend, soms selfs verbygaande en vlietend is. Al is woordeboeke, hetsy gedruk of aanlyn, stabiel of staties, kan hulle steeds voortdurend bygewerk word om taalontwikkeling te weerspieël."

Beginnerskrywer gebruik resensies as "bomme" teen haar mededingers

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Haar werkswyse was, na bewering, om onder talle vals name slegte resensies oor ander skrywers se boeke op Goodreads te plaas."

Shirmoney Rhode (1991–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Daar is baie redes hoekom ek skryf. Maar die belangrikste rede is sodat ek my storie, wat baie keer te doen het met mense om my en mense in my gemeenskap, op kan teken. As ek dit nie doen nie, gaan niemand dit vir my doen nie."

A whistling of birds by Isobel Dixon: a review

Dirk Klopper
Books and writers

"The intertexts, coordinates and ontologies offered in the poems create an intricate network of significance in which many voices are deployed, some echoing others, a polyphony that exults in the musicality of language, the tone and pulse of words, their conjunctions and conjurations."

Inter-review with Megan Choritz, author of Lost property

Janet van Eeden, Megan Choritz
Books and writers

"It’s difficult to explain, especially when asked what is and isn’t 'true', and I always end up saying that all the feelings are real, but that I may have made up the incidents and even the characters to put those feelings across."

In what is vanishing: a reader’s impression of Durban’s Casbah by Ashwin Desai and Goolam Vahed

Darryl David
Books and writers

"Ashwin Desai and Goolam Vahed must be credited for making me see new beauty in what is vanishing. And for elevating the Durban Casbah to the pantheon of great South African places like District Six and Sophiatown."

Wanneer bereik ’n genre ’n versadigingspunt?

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"As ek nou regtig braaf wou wees, kon ek dieselfde vraag aan die krimikorps rig. Wat laat ’n skrywer se boeke uittroon bo die res? En (ons fluister dit liewers): Is die beste regtig nog die beste?"

Blaas asem in jou skryfwerk deur middel van kortverhale

Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers

"Jip, ek gebruik skaamteloos Hans se ongekende sukses as lokaas om aspirantskrywers aan te moedig om te skryf. Begin by kortverhale; dit is ’n goeie – maar vrek moeilike – medium om in te oefen."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2023

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 9 tot 14 Desember 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

STAND | LitNet: Teaterresensieslypskool | Theatre review workshop 2023

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

LitNet
Slypskole

LitNet en STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) bied oor die volgende maande ’n aanlyn teaterresensiekursus vir vyf Afrikaanse en vyf Engelse aspirantresensente aan. Hier is al die inligting. | Over the next few months LitNet and STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) will be presenting an online theatre review workshop for five aspiring Afrikaans and five aspiring English theatre reviewers. Here is all the information.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Boesak, geresenseer deur Candice Jantjies

Jean Meiring, Wayne Muller
Slypskole

Hier is die finale terugvoer vanaf die mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Jean Meiring reageer op die tweede weergawe van Candice Jantjies se resensie.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Hoerkind, geresenseer deur Cathy Hugo

Wayne Muller, Mercy Kannemeyer
Slypskole

Hier is die finale terugvoer vanaf die mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Jean Meiring reageer op die tweede weergawe van Cathy Hugo se resensie.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Die ontelbare 48, geresenseer deur Jeani Heyns

Wayne Muller, Mercy Kannemeyer
Slypskole

Hier is die finale terugvoer vanaf die mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Mercy Kannemeyer reageer op die tweede weergawe van Jeani Heyns se resensie.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Tsekmate, geresenseer deur Paul Kammies

Wayne Muller, Mercy Kannemeyer
Slypskole

Hier is die finale terugvoer vanaf die mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Mercy Kannemeyer reageer op die tweede weergawe van Paul Kammies se resensie.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: The promise geresenseer deur Olga Leonard

Wayne Muller, Mercy Kannemeyer
Slypskole

Hier is die finale terugvoer vanaf die mentors van die LitNet STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Mercy Kannemeyer reageer op die tweede weergawe van Olga Leonard se resensie.

LitNet | STAND: Theatre review workshop 2023 final mentor feedback | Alberto Smit’s review of Jessie, die man en die maan

Tracey Saunders, Nkgopoleng Moloi
Workshops

Here is the final round of feedback from the LitNet | STAND theatre review workshop mentors: Tracy Saunders and Nkgopoleng Moloi respond to the second version of Alberto Smit’s theatre review.

LitNet | STAND theatre review workshop 2023 final mentor feedback | Ignus Rademeyer’s review of Monsters

Tracey Saunders, Nkgopoleng Moloi
Workshops

Here is the final feedback from the LitNet | STAND theatre review workshop mentors: Tracy Saunders and Nkgopoleng Moloi respond to the second version of Ignus Rademeyer’s theatre review.

LitNet | STAND theatre review workshop 2023 final mentor feedback | Jane Mpholo’s review of Ijoloba: The prophecy

Tracey Saunders, Nkgopoleng Moloi
Workshops

Here is the final round of feedback from the LitNet | STAND theatre review workshop mentors: Tracy Saunders and Nkgopoleng Moloi respond to the second version of Jane Mpholo’s theatre review.

LitNet | STAND theatre review workshop 2023 final mentor feedback | Klara van Rooyen’s review of Droomkraan-kronieke

Tracey Saunders, Nkgopoleng Moloi
Workshops

Here is the final feedback from the LitNet | STAND theatre review workshop mentors: Tracy Saunders and Nkgopoleng Moloi respond to the second version of Klara van Rooyen’s theatre review.

LitNet | STAND: Theatre review workshop 2023 final mentor feedback | Kwanele Nyembe’s review of Around the fire

Tracey Saunders, Nkgopoleng Moloi
Workshops

Here is the final round of feedback from the LitNet | STAND theatre review workshop mentors: Tracy Saunders and Nkgopoleng Moloi respond to the second version of Kwanele Nyembe’s theatre review.

Leefstyl

McGregor-poësiefees 2023: ’n dekade van poëtiese verkenning en groei

Merle Danhouse
Feesindruk

"In die viering van ’n dekade van die McGregor-poësiefees vier ons ook ’n dekade van poëtiese evolusie, gemeenskapsbou en die onwrikbare oortuiging dat poësie ’n geskenk is wat bedoel is om deur almal gedeel te word. Hierdie een is vir McGregor – ’n toevlugsoord vir digters, ’n baken vir die aspirant en ’n bewys van die blywende krag van woorde."

Persverklaring: ATKV-Sêr vir tieners gee in 2024 die toon aan

LitNet
ATKV-Portaal

ATKV-Sêr is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling. Dié kompetisie gaan in 2024 sy opwindende lêplek in hoërskole kry.

Persverklaring: Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas

LitNet
Feeste

Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was ná die pandemie, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is.

Wetenskapfiksiekompetisie

’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie

Sidney Gilroy
Fiksiekompetisies

"Hy was op die plaas toe die eerste bomme val. Dit was laataand."

Nuwe skryfwerk

Volpunte

Ena de Kock
Fiksie

"Hy gaan uit en skop sy sokkerbal teen die muur. Hy dink aan die perd wat nie omgee wat jy haar baba noem nie. Hy dink hy gee nie om dat sy ouma die toets sou gedruip het nie. Hy dink aan haar bewerige groot hand wat oor sy kop streel. Hy dink haar hande kan ’n dier regdokter al kan daardie hande nie skryf nie. En haar oë is sag en vriendelik al kan hulle nie lees nie."

Leemte

Catherine Janse van Rensburg
Poësie

"Die koue kleef nog
Die winter sny
Ek strek na stilte
Jy vou die lente om my"

Huisgodsdiens

Coen Vollgraaff
Poësie

"en ons kinders
ons sit soos olyfboompies
om die ronde tafel
wonder hoe lank
die ewigheid sal duur"

Ongetiteld

Chestlyn Draghoender
Poësie

"moenie skrik vir afbrekende
geeste
of bang wees vir boelies nie,
want hulle fool niemand nie"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved