Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 967

15/09/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou 698 nuwe bladsye navorsing in Afrikaans

Pasverskyn

Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so?

Skrywer: Anelia Heese
Uitgewer: Tafelberg 
ISBN: 9780624093985

"Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet." Anelia Heese vertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van dié mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe.

Akademies en skole

LitNet Akademies: Jongste uitgawe nou beskikbaar

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies 20(2) bevat 698 nuwe bladsye geakkrediteerde navorsing in Afrikaans. Die PDF-weergawe van die uitgawe is hier beskikbaar.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

Die volledige joernaaluitgawes van LitNet Akademies is gratis hier beskikbaar.

Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2024

LitNet
Akademies en skole

Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.

Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wat wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer ook van vulkaniese eilande. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Uit die argief

Daar’s ’n Zoeloe in my ateljee

Freek Robinson
Menings (2023)

"Dr Buthelezi, can you hear me? It is Freek Robinson speaking to you from Johannesburg." Geen reaksie nie. Luider: "Dr Buthelezi, I can see you, can you hear me?" Buthelezi het omgedraai en kamera se kant toe gekyk. "Who is this?" vra hy.

Nou op Voertaal

Op weg naar een beter leven: migratiestromen in Zuid-Afrika

Herman Meulemans
Meningen

"Grenzen, muren, prikkeldraad, eilanden waarop vluchtelingen gevangen worden gezet, schepen die onderdak geven aan asielzoekers, telkens met binnen en buiten, insiders en outsiders: zijn het niet de gedrochten van deze tijd?"

Breytenbach notitie #13 (deel 2): "Zwervend door verbeelde streken / denk ik vaak aan jou, penseur sauvage in nomadenland"

Yves T'Sjoen, Hans C ten Berge
Literatuur

"Ik heb destijds een postkaart uit de gevangenis ontvangen. Daar wordt aan gerefereerd in een gedicht uit 'Intra muros'."

Bela-wetsontwerp: Die stryd duur voort

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In Mei vanjaar is dit tydens ’n vergadering van ’n gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur van die parlement onthul dat die gemiddelde koste van openbare verhore R300 000 per openbare verhoor per distrik is – ’n allemintige R900 000 per provinsie."

Afgedankte openbare beskermer wil nie besgee nie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Mkhwebane het op die sosiale media uitgevaar teen haar afdanking nadat sy amptelik deur president Cyril Ramaphosa per brief ingelig is dat sy formeel van haar pos onthef is."

Drastiese stappe nodig om te keer dat Suid-Afrika se geld opraak

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Bloomberg het vroeër berig dat die land se nasionale skuld tot R4,7 triljoen gestyg het en in 2025 R6 triljoen kan bereik, vergeleke met R500 miljard in 2006."

Wes-Kaapse polisie mors op met ondersoeke na geslagsgeweld

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Verskeie sake is teruggetrek omdat die dossiere nie by die hof was nie. In ander gevalle was die ondersoek onvolledig of sake is teruggetrek omdat die forensiese verslae uitstaande was."

Persbericht: nieuwe reeks Voortvarend Nederlands Virtueel

Voertaal
Over taal

Op donderdag 5 oktober, tijdens de Week van het Nederlands, trapt de IVN een nieuwe editie van Voortvarend Nederlands Virtueel af. Deze reeks, die gefinancierd wordt door de Taalunie, bestaat uit zes voor iedereen toegankelijke webinars over actuele ontwikkelingen in de neerlandistiek.

Persbericht: Lancering LEES-app om jongeren tot digitaal lezen te verleiden

Voertaal
Academisch

Via deze app krijgen deze jongeren een jaar lang gratis toegang tot 120 e-books en luisterboeken die speciaal voor hen zijn geselecteerd. Doel van de app is om het leesplezier onder jongeren te stimuleren en hen bekender te maken met de mogelijkheid om digitaal te lezen en luisteren via de online Bibliotheek.

Die KFN en SASNEV nooi jou uit na Neerlandistiekdag 2023 op 30 September

Voertaal
SASNEV

Die KFN en SASNEV nooi jou uit na Neerlandistiekdag 2023 op Saterdag 30 September, met poësievoorlesings in Afrikaans en Nederlands deur Alara Adilow, Ashwin Arendse, Lynthia Julius, Pieter Odendaal, Bibi Slippers en studente van UK, UWK, US en KSUT.

Menings

Electrons do not read Das Kapital

Freek Robinson, Malegapuru Makgoba
Interviews

Malegapuru Makgoba tells Freek Robinson why De Ruyter was the right person to lead Eskom, and he names the ministers who play political games with Eskom instead of supporting those who understand what needs to be done.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Chantal Delsol oor die apokalips

Johann Rossouw, Chantal Delsol
Onderhoude

"Ek glo dat jy die woke samelewing soos dit is met al sy verskriklike verdorwenhede moet liefhê, dat jy die Kerk soos dit is met haar dominerende priesters wat maak of hulle onfeilbaar is, moet liefhê. Kortom, ek glo nie in die deugde van verontwaardiging, van woede, van gewalgdheid van enige aard nie. Ek gebruik ’n goeie deel van my tyd om my naasbestaandes te probeer oortuig dat ons moet ophou om die hedendaagse wêreld te verafsku, omdat ’n mens nooit die samelewing kan verbeter as jy nie begin by om dit lief te hê nie."

Beurtkrag na ses maande met Ramokgopa

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hoe goed het ons minister van elektrisiteit hom die afgelope ses maande van sy taak gekwyt? Kgosientsho Ramokgopa is op 6 Maart 2023 met groot geskal aangestel. Ses maande later gaan ons gebuk onder erger beurtkrag as voor sy aanstelling."

The contested legacy of Mangosuthu Buthelezi

Bhekisisa Mncube
Opinion

"Truth be told, I was introduced to political propaganda and speech writing through Buthelezi’s speeches. He was indeed a gifted writer, crafting statements that could move masses. My father, an Inkatha member, often brought home Buthelezi’s speeches in Zulu and English."

Mangosuthu Buthelezi: Good and evil in one person

Prince Mashele
Opinion

"African spirituality does not entail the idea of eternal damnation. It is anchored in the belief that even in death, a sinner can be forgiven and be reunited with his or her ancestors. The question is: Would Africans be willing to forgive the sins Mangosuthu Buthelezi committed before 1994?"

Mangosuthu Buthelezi en die Ingonyama Trust

Tienie Swanepoel
Menings

"'Leuen van die Usuthu-stam!' is die woorde wat die vroedvrou uitgeroep het die dag met Mangosuthu Buthelezi se geboorte op 27 Augustus 1928. In Afrikaans vertaal hierdie woorde pleinweg na 'te goed om waar te wees!'"

Dooie See: Dodemars of omkeerstrategie?

Handré Brand
Seminare en essays

"Die Dooie See-gebied ondervind deesdae ernstige omgewingsprobleme, soos ’n afname in die watervlak, toenames in die soutgehalte van die water en die ontstaan van sinkgate op die oewer. Dit is van kardinale belang om die oorsaaklike faktore van dié verskynsels te ondersoek en doeltreffende aksieplanne saam te stel om die Dooie See en die Jordaanrivier-skeurvallei as natuurlike bates te bewaar en doeltreffend in stand te hou."

Die stereotipering van mans

Nini Bennett
Rubrieke

"Die popsielkunde van die dag [lei] ongelukkig tot die onnodige en skadelike etikettering van onskuldige mense. Wat my terugbring na die kategorisering van mans – wat deur vrouelesers met opwinding, angs en talle vermanings bejeën word."

Boeke en skrywers

Maalkolk: ’n onderhoud met Marie Lotz

Maryke Roberts, Marie Lotz
Skrywersonderhoude

"Ek twyfel of ek ooit misdaadfiksie as genre sal laat vaar. Die hele ondersoekproses en die raaiselagtigheid daaromheen fassineer my te veel. Tog sou ek graag êrens in die toekoms ʼn historiese roman wou skryf. Verder geniet ek ʼn goeie riller, en as dit ʼn psigologiese riller is, des te meer. Ek sal waarskynlik nog in die toekoms my hand daaraan ook waag."

Dieper as drome: ’n onderhoud met Marko van der Colff

Carla van der Spuy, Marko van der Colff
Skrywersonderhoude

"Ek was al in my laat sestigs toe die skryfgogga my eers behoorlik gebyt het. Ek was wel nog altyd ’n leesvraat. Om eerlik te wees, sal ek soos John Lennon destyds moet sê: 'Life happens to you while you’re making other plans.' Ek het vroeër baie keer daaraan gedink, maar eers op 65 finaal besluit dis nóú of nooit! My nabymense weet darem al van toeka af dis op my emmerskoplys!"

Four-legged life lessons: the legacy of Koos Opperman of the Free Sate: ’n onderhoud met Christa Kleynhans

Christa Kleynhans, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Koos Opperman was my pa se swart brak: baie mooi, baie intelligent en in gelyke mate temperamenteel. By hom het sekere gewaarwordinge my my aksies as mens laat bevraagteken ..."

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n resensie

Henriëtte Loubser
Resensies

"Voorop in hierdie teks staan die terugkerende tema van die jeug as redders en bemiddelaars in die nadraai van onverantwoordelike optrede en onverskillige sosiale praktyke deur vorige generasies en heersende regeringsmagte."

Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies

"Verwag om te huil. Verwag om te lag, om kwaad te raak, om in verwondering by ’n sin of ’n gedagte stil te staan. Moenie verwag om onaangeraak deur hierdie boek te kom nie, want jy gaan teleurgestel word."

Everyday Shakespeare: Lines for life by Ben and David Crystal: a book review

David Willers
Books and writers

"I couldn’t put this book down. It now resides at my elbow at breakfast, where I can turn to today’s date and read the relevant quote to my wife. It provides space, as the authors say, to step back briefly from taking part in life, and instead to reflect simply for a while on how we all live. The Shakespearean quotes all strike a chord."

Three wise monkeys by Charles van Onselen: a book review

Peter Vale
Books and writers

"The many intrigues in these pages are told not only by a great writer, but by the country’s foremost historian; Van Onselen’s work opens new ways to think about a range of issues like the responsibilities of scholarship, the idea of southern Africa, and the roots of South Africa’s foreign policy, among other things."

Vaders, vaders: Stefaans Coetzee se oorsig van Innibos se eerste Boekenaweek

Stefaans Coetzee
Feeste

"Van alle boekfeeste wat ek al bygewoon en aangebied het, sal dié een my ewig bybly. Nie net oor die tema nie, maar oor die aantal skrywers wat mekaar se gesprekke bygewoon het."

Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan, kom die Sabbat

Eben Viktor
Boeke en skrywers

"Is ompaaie nie ook paaie nie? Is dit nie my eie kronkelpaaie en ompaaie wat op ’n aanraking met Paul Celan se meridiaan uitgeloop het nie?"

Hugo Claus betower en bekoor steeds ná vier dekades

Jacques Myburgh
Boeke en skrywers

"Daar is verskeie boeke en skrywers daar buite wie se werke deur die dekades van vergeet word. Komplekse, aweregse en uitdagende werke wat deesdae iewers op boekrakke vergaan. Maar dan is daar skrywers wie se werke die toets van die tyd deurstaan het en tot vandag toe ’n leser uitdaag en bekoor."

Floris A Brown (1948–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Wat weet ek van die seerkry-kind wat in dié volwasse liggaam sy pyn probeer weglag? Skryf dit uit jou uit, sê ek dan, en eendag skryf jy dalk soos die jonger geslag oor sommer gewone goed soos die liefde."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies op Facebook bekendgemaak

LitNet
ATKV-Portaal

Moenie dit misloop nie.

Statues and storms: Leading through change by Max Price | Book launch on 21 September, Cape Town

LitNet
Books and writers

You are invited to attend the book launch of Statues and storms: Leading through change by Max Price on 21 September at Exclusive Books, V&A Waterfront in Cape Town. The book offers a gripping insider's account of Max Price’s tenure as Vice-Chancellor of the University of Cape Town during a transformative period in South African higher education.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 9 tot 15 September 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

artwords: gloss of a script

Jean Dreyer
artwords

This is a blog series in dialogue with artwords, a group exhibition on text and art. Written contributions – posted in the forthcoming weeks on this LitNet platform – offer conceptual perspectives on the exhibition, and engage with the process and product of featured artworks. The opening text is by Jean Dreyer. This exhibition opened on 10 September at the Gallery @ Glen Carlou (on the Klapmuts Road).

artwords: a word for words – an opening address

Gerhard Marx
artwords

"The title of this exhibition – artwords – invites us to consider the meeting of two modalities of representation: the interchange between the visual and the textual, between image and text, between language and object." This is a blog series in dialogue with artwords, a group exhibition on text and art. Written contributions – posted on LitNet in the forthcoming weeks – offer conceptual perspectives on the exhibition and engage with the process and product of featured artworks. This exhibition opened on 10 September at the Gallery @ Glen Carlou (on the Klapmuts Road). Gerhard Marx delivered the opening address.

Toyota US Woordfees 2023: Stars – Iinkwenkwezi – Sterre-kinderteater: ’n onderhoud met Amelda Brand

Naomi Meyer, Amelda Brand
Toyota US Woordfees

"Hoe meer ek oor die sterre in die Suidelike Halfrond gelees het, hoe sterker het die bewustheid geword dat dit deur die persepsies van die Noordelike Halfrond oorheers word. Ons wou dus juis speel met stories en mites uit die Suidelike Halfrond."

ATKV-tienertoneel: ’n onderhoud oor Parel Vallei Hoërskool se drie benoemde toneelstukke

Naomi Meyer, Lindie Strydom, Darryl Spijkers
ATKV-Portaal

"ATKV-Tienertoneel neem ons almal op ’n reis van 'wording'! Drama is die grootste spansport en ’n hele gemeenskap, van die tieners en ouers tot ons familie en vriende, bou, groei en 'word' saam."

Chuma Sopotela talks about her role in the stage adaptation of Damon Galgut's The promise

Naomi Meyer, Chuma Sopotela
Interviews

"I have never been a houseworker, but I can relate to the character – from part of my responsibilities as an artist and performer – as a 'space holder': someone who holds space for people, either in grief or distress, or just in enabling them to be themselves and being able to thrive."

Sound of freedom: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Is hierdie vertelling in die oortreffende trap nie dalk die beste manier om die publiek, wat dikwels slegs prentjies kyk, se aandag sodanig te kaap dat hulle gedwing word om emosioneel betrokke te raak nie?"

Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Ons sien julle volgende week by die Etienne van Heerden Veldsoirée!

Toyota US Woordfeesprogram 2023

LitNet
Toyota US Woordfees

Laai die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2023 in PDF-formaat hier af. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.

Tuin van Digters 2023 se program

LitNet
Feeste

Laai die volledige program van Tuin van Digters 2023 in PDF-formaat hier af.

Persverklaring: Kom lees jou gedigte by Tuin van Digters in Wellington

LitNet
Feeste

Enige digter of voornemende digter met gedigte in die onderste laai of in die kop kan dit Saterdag 16 September om 12:00 by die jaarlikse Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum in Wellington kom voordra of voorlees.

Persverklaring: ATKV-Mediaveertjies bekroon weer ondersoekende joernalistiek

LitNet
ATKV-Portaal

Joernaliste in alle media (drukmedia, digitale media, radio en televisie) wat nie skroom om moeilike vrae te vra, diegene in magsposisies tot verantwoording te roep, of die stories te vertel waarvan ander wegskram nie, word genooi om in te skryf in drie kategorieë: LEES, LUISTER en KYK. | Inskrywings sluit op 15 September 2023.

Persverklaring: Taalgesprek, Arabies-Afrikaans, pieknieks, kursusse, gospel en ander aktiwiteite by die Taalmonument

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Van werkswinkels in Arabies-Afrikaans, boekherstelwerk en fotografie tot volmaan- en sterrekykpieknieks: Lees meer oor die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se somerprogram hier.

Persverklaring: Peter Martens is terug met Bach se Ses Tjello-suites op Montpellier-wynplaas in Tulbagh op Sondag 24 September

LitNet
Musiek

Peter Martens sal op 24 September terug wees op die pragtige Montpellier-wynplaas in Tulbagh om JS Bach se Ses Tjello-suites uit te voer. Elke suite word deur een van Montpellier de Tulbagh se uitsonderlike wyne "begelei" om sodoende ’n unieke proe- en luisterervaring te skep waarby alle sintuie geprikkel word!

Stemme

Haram

Zubayr Charles
Stemme | Voices | Amazwi

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Zubayr Charles se dialoog Haram vertolk Bianca Flanders en Marunzo Thomas die rolle. Quanita Adams was in die regisseurstoel.

Nuwe skryfwerk

Namibië

Ina Van Vuuren
Poësie

"So ’n dorre land
almal deel saam, die hegte band.
Hy wil verras
met flenters van kameeldoringbas."

Hierdie ding

Andries Fourie
Poësie

"en hier in my denkervlugte
wag daar aasgedroggesigte
al swewend oor my bang
se binnekring"

Demensie

Thérèse Fensham
Poësie

"Jy was geen tannie nie
jou naam was magriet
maar toe het jou drade veels te jonk
begin skuifelstap
terwyl fladders van jou ou self bly herkou
soos die wanste sin vir humor"

Streef

Stephan Du Toit
Poësie

"Skenk in U trou dít vir ons uitgemeet
waar ons nou, pleitend, vat aan U kleed."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved