Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 809

23/07/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Spiraal in spiraal

Pasverskyn

Kanaän


Skrywer: Sophia Kapp
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799399455

Kanaän is die storie van Catherine Baker, ’n gesofistikeerde Johannesburger, en Chrisjan Cronjé, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Sy is half-Engels en ’n Bloedsap; hy is die nasaat van Boere en ’n inwoner van ’n distrik waar die wonde van die Vryheidsoorlog nog vlak lê.

Boeke en skrywers

Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Johann Rossouw
LitNet Akademies-resensie-essay

"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever

Willie Burger, Zirk van den Berg, Carina Stander, Alettie van den Heever
Boeke en skrywers

In hierdie week se Zoom-gesprek praat Willie Burger met drie skrywers oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.

"Slimgeit lê in eenvoud" – Wilken Calitz gesels oor sy debuutroman Swart swaan

Remona Voges, Wilken Calitz
Skrywersonderhoude

"Lesers stel nie belang in skrywers nie. Hulle is op soek na karakters wat onverwagse goed aanvang."

Jakes se geheim: ’n onderhoud met Francine Beaton

Cliffordene Norton, Francine Beaton
Skrywersonderhoude

"Dis asof mens net meer attent is op alles rondom jou sodat jy nie dalk iets misloop wat jy in ’n storie kan gebruik nie."

Korona-kortverhaalfees: Wilmarie Pekeur oor "Die hemel se deure staan wawyd oop"

Melt Myburgh, Wilmarie Pekeur
Skrywersonderhoude

"Ek het ook baie dinge van kindsdae af sien gebeur en waargeneem. Dit kan ook ’n rede wees hoekom ek dit alles op papier wil vaslê. Skryf voel ook al hoe meer vir my soos comfort en ’n wegkruipplek."

Nathan Trantraal (1983–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."

Boekbespreking: Hammie en feminisme

Zelda Mans
Boekbespreking

"Hammie is ’n bewys dat die onderdrukking van die swart/bruin vrou nie net in die geskiedenis is nie, maar steeds vandag plaasvind."

Treurtrips: De schoonheid van lelijk Nederland

Hendrik-Jan de Wit
NeerlandiNet

"Wat Mark van Wonderen vooral laat zien is dat sommige vermeende mooie plaatsen helemaal niet zo mooi zijn. Wat te denken van de Nederlandse kust – wat staat daar een lelijkheid!"

Lesersindruk: Iemand wat verdrink en ander verhale, saamgestel deur Fanie Viljoen

Anke Theron
Lesersindrukke

"Viljoen sorg vir ’n goeie balans en hierdie bundel het die potensiaal om goed benut te kan word in die klaskamer. Beslis een vir die boekrak."

Reader impression: The body: A guide for occupants by Bill Bryson

Barend van der Merwe
Books and writers

"This is a book that is really worth the read; I am even considering rereading it sometime, which is something that I very rarely do with books."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2020

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Lees PEN Afrikaans se nuusbrief van Julie 2020 hier.

Nuwe skryfwerk

Korona-kortverhaalfees: Die hemel se deure staan wawyd oop

Wilmarie Pekeur
Fiksie

"'Hierdie evangelie het ons nie altyd geken nie,' sê pastoor Randall een Sondagoggend. 'Dit het saam met ’n skip gekom ver van oor die see − saam met die Europeërs.'"

Killing my darling

Alma Rossouw
Fiksie

"En verál as jou verbeeldingslewe in Hollywood baie beter lyk as vroegoggend-vergaderings ná twee ure in die verkeer, net om weer na ’n leë huis sonder warm liefde terug te keer."

Noleen: Robert Young op tagtig

Robert Young
Fiksie

"Mý aftrede was nog ver in die toekoms en ek het in daardie tyd, wel, selfs na my aftrede die Saterdagaandversoekprogram U eie keuse aangebied ... Een van die talle gereelde inskrywers met versoeke was ene Noleen Ferreira van Joubertina. Die kaartjies was in ’n eenvoudige oumenshandskrif en ek het aangeneem dat sy al redelik bejaard moes wees."

As die klipdagga blom

Hendie Grobbelaar
Fiksie

"Dalk moet ek die plant tog droog en vir haar tee daarvan trek, dink hy. Sy kan haar dan verbeel sy reis deur Jamaika of een of ander eksotiese eiland."

Sterrenag

Jannie Pretorius
Poësie

"sê my, Vincent, wéét jy dalk dat Sterrenag nou een van die mees ikoniese skilderye is"

Villanelle

Margaret Cordier
Poësie

"met ’n vlugveer van ’n swaan in rou
wil ek vir jou sinne streep
op perkamente wat ewig hou"

Verpulpte siel

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"wrede vingers skiet snellers
laat slegs die blou van delft"

Nyanga-duiwel

Therin Pretorius
Poësie

"minder as minste
is die jambe van ’n digtersvoet
op die metrum van ’n amfibrag gestort"

Twee gedigte deur Ize Ster

Ize Ster
Poësie

"Soms as ek
in stroef falset lipsing,
huigel die stom note
hol in my ore."

LAW FOR ALL’s Top 10: "Nqo" by Siyabulela Javu

Siyabulela Nosiphiwo Javu
New writing

"Nqo-nqo-nqo
Is anybody home?
I have been walking for 26 years"

Menings

Medikus Angelique Coetzee oor COVID-19-politiek

Freek Robinson, Angelique Coetzee
Onderhoude

Geheimhouding pla, sê Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama).

PW Botha en die Cradock Vier

Freek Robinson
Menings

"Dié gebeure saam, het Suid-Afrika se geskiedenis onherroeplik op koers geplaas na ’n nuwe bedeling."

Onderwysers met komorbiditeite: die feite en die publieke mening

Berdehan Brand
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Die vraag kan wel gevra word of die siektetoestand van sekere onderwysers werklik ’n kwessie is wat deur die Onderwysdepartement aangespreek moet word, of sou dit dalk meer sinvol wees as dit deur die betrokke skool self hanteer word?"

Hoekom afbrand tot jou eie nadeel?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Sou die protes steeds gebeur het, en so ontwrigtend wees, as inwoners gevoel het daar word na hul besware geluister en hulle is vennote met die stad?"

Justice in the time of COVID-19: an interview on the outcome of LAW FOR ALL’s writing competition

Naomi Meyer, Jackie Nagtegaal
Opinion

"I am deeply worried about the current status quo, and how we will answer in the face of COVID. The justice inequality stands to be aggravated by the aftershock of the epidemic."

Troeteldiere in COVID-19-spervuur: fopnuus en vrees

Marietjie Warrington
Menings

"Diereskuilings is skielik oorval met groot getalle losloperinnames en daar is bevind dat talle plaaslike en internasionale sentrums nou uit hul nate bars."

Persoonlikheidseienskappe en vatbaarheid vir samesweringsteorieë

Handré Brand
Seminare en essays

"Deur middel van ’n samesweringshipotese word die heersende hoofstroomverklaring vir ’n bepaalde historiese of huidige gebeurtenis bevraagteken. Omdat dit ’n teorie is oor ’n moontlike sameswering, is dit meestal vals, maar kan dit ook elemente van die waarheid bevat."

In memoriam: Leon van Nierop onthou vir Elize Cawood

Leon van Nierop
In memoriam

"Mens-mens, koesterende kosbare speler, vriendin, onkreukbare aktrise, swaargewig sonder houding. Sy was alles en meer."

Akademies en skole

Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming

Wim Dreyer
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Formeel weerspieël Dreyer se kunswerke die denke en teologie van sy tyd, maar terselfdertyd ook ’n diep, persoonlike spiritualiteit."

Die eliminering van die siel in die filosofiese mistiek en negatiewe teologie van die begyn Marguerite Porete (1250–1310)

Johann Beukes
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Wanneer die diskursiewe aweregsheid van haar teks met genuanseerde lesings in beskerming geneem word, tree Marguerite na vore as een van die mees provokatiewe denkers uit die Westerse ideëgeskiedenis."

Graad 6: Wiskunde – optelling met heelgetalle

Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6? Wil jy oefen om met heelgetalle op te tel? Hier is gratis hulp! Laai ’n wiskundetoets en -memorandum wat deur Wilhelm du Toit opgestel is, hier af.

Kontinue modelle

Pieta van Deventer
Skolehulpmiddel

Lees Pieta van Deventer se bespreking van kontinue modelle hier.

Nou op Voertaal

Klassieke musiek, kuns en skryfwerk in Nederland

Cliffordene Norton, Liam Hugo
Interviews

"Klassieke musiek, kuns en skryfwerk vorm ’n groot deel van my lewe en in Nederland is daar soveel geleenthede om dit te kan beleef en jou kennis en liefde vir die kunste te laat groei."

75 jaar na crash krijgen neergestorte Zuid-Afrikaanse oorlogsvlieger en zijn medestrijders monument in Brabantse Best

Ingrid Glorie
Geschiedenis

"Een van de laatste activiteiten die voor de lockdown nog wél kon doorgaan, was de onthulling van een monument voor de bemanningsleden van twee Lancaster bommenwerpers die op 8 februari 1945 in de buurt van Eindhoven zijn neergestort."."

Wie hóé en wát drink, veroorsaak ’n korona-kopseer

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Maar daar is ’n vraag wat verdere bespreking verg, naamlik hoekom die regering alle drinkers oor een kam skeer as dit nie almal is wat drank onverantwoordelik gebruik nie."

Agri SA kap regering oor alkholverbod

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Agri SA het skerp kritiek uitgespreek teen die feit dat Suid-Afrikaners geen alkohol mag koop nie maar dat taxi-eienaars toegelaat word om taxi’s vol passasiers te laai."

COVID-19 se skokkende gevolge laat navorsers stom

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey (NIDS-CRAM) het die ekonomiese impak van die COVID-19-pandemie in die land ondersoek."

Leefstyl

Op die frontline: ’n Onnerhoud met Joshua Kinnear oor die bou van ’n gemeenskapradio

Olivia M Coetzee, Joshua Kinnear
Onderhoude

"Om ’n frequency te kry in Suid-Afrika is baie swaar en met ’n online radiostasie kan mense orals in die wêreld na ôs luister. So ôs mikpunt is om almal in die wêreld wat ôs musiek love of in Suid-Afrika gewoon het, kans te gee om na hulle home country se musiek te luister."

My better world: an interview with Chris Morgan, founder and creative director of Fundi Films

Cliffordene Norton, Chris Morgan
Lifestyle and entertainment

"We had heard from our young audience that they wanted real stories that reflected the true challenges they face. We couldn’t, and didn’t want to shy away from challenging topics like early marriage, harassment and even female genital mutilation. That said, we also didn’t want to oversimplify these stories."

Dis die einde van die pad met my wintertrosie

Karen Hart
Kos en wyn

"Chocolate Log, het die grootbase by Nestlé besluit, is geskiedenis. Ek kan nie onthou wanneer ek die eerste keer deur die dun lagie sjokolade en wolksagte wit tot in die beskuitjie gebyt het nie. Ook nie wanneer ek besluit het dis dié een wat my deur my winters gaan dra nie."

Sjaka S Septembir oor Nag van die slang-uil en die legendariese Staal Burger

Remona Voges, Sjaka S Septembir
Onderhoude

"Ek het geen idee wat die feeste van die toekoms vir ons inhou nie, maar ek is flippen nuuskierig en opgewonde daaroor … al kom elke nuwe geboorte met pyn."

Persverklaring: Suidoosterfees vier Nelson Mandeladag met spesiale musiekvideo

LitNet
Suidoosterfees

Die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting het Nelson Mandeladag vanjaar met ’n spesiale projek gevier. In samewerking met die CTMA (Cape Town Music Academy) en Die Burger het die fees op 18 Julie 2020 ’n musiekvideo bekendgestel van ’n nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied, "A child in a faraway land".

Press release: Cape Town City Ballet invests in young dancers with 67 pirouettes for Mandela Day

LitNet
Lifestyle and entertainment

The campaign was inspired by the call from London-based dancer and emerging choreographer Mthuthuzeli November to raise funds to create a space for the community in Zolani, where he is from in South Africa, by joining his online M22 Movement Lab classes on a pay-as-you-can basis.

Press release: SA International Ballet Competition announces awards and special prizes for the 2020 virtual event

LitNet
Lifestyle and entertainment

On Mandela Day 18 July 2020 the 7th South African Ballet International Ballet Competition (SAIBC) came to a close with a spectacular gala featuring dancers from across the globe and presented virtually through an app in a groundbreaking move hailed as a world first.

Elders gesien

Seen on Facebook: The South African wine industry is in dire straits

Lindie Koorts
Seen elsewhere

"Many wineries face closure, and many farm workers face unemployment, with little to no socio-economic safety net. So, I want to add my voice to those of many of my fellow South Africans, and I want to ask you to please buy South African wines."

Seen on Facebook: Rest in peace, Moonyeenn Lee

Moonyeenn Lee Associates MLA SA
Seen elsewhere

"She cared deeply for actors and was a fearless defender of their rights. Work was central to her life. Her actors were her family. The directors and producers she worked with were all her friends."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved