Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 781

08/01/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou Wonderwese

Pasverskyn

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Skrywer: Etienne van Heerden
Uitgewer: Tafelberg
ISBN:
9780624089216

Etienne van Heerden se aktuele, oorrompelende roman dokumenteer die onstuimige tyd waarin ons lewe, waar kwessies soos privaatheid en identiteit, fopnuus en feit en ras en etnisiteit die toere hoog opjaag en gewone Suid-Afrikaners laat wonder wat op hulle wag.

Boeke en skrywers

Skrywersonderhoud: Carina Stander oor Die Wonderwese

Remona Voges, Carina Stander
Skrywersonderhoude

“'Ek glo omtrent soveel in wonderwerke as wat ek in vuurwerke glo: Mens hoef nie te verstaan hoe plofstof werk om die lig en krag daarvan te herken nie.' So word daar gepraat in Die Bergengel."

LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019

Dewald Koen
Seminare en essays

In hierdie LitNet Akademies-resensie-essay skryf Dewald Koen oor drie publikasies deur en oor Breyten Breytenbach: breyten breytenbach – woordenaar woordnar: ’n Huldiging; Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde en op weg na kû.

LitNet Akademies-resensie-essay: Die storie van Afrikaans uit Europa en van Afrika. Deel 2 deur WAM Carstens en Edith Raidt

Hennie van Coller
Seminare en essays

"Hier staan Afrika in die sentrum en gaan die storie eintlik oor hoe Afrikaans wortel geskiet het in Suidelike Afrika."

Grensgeval deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Hennie van Coller
Resensies

"Grensgeval is ’n onderhoudende boek met genoeg storiekinkels én diepgang om te boei."

Resensie: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

Frederick Botha
Resensies

"Met hierdie roman bewys Van Heerden hom opnuut as waagmoedige prosaïs: ’n skrywer wat nie skroom om ongerymdhede in die samelewing aan te spreek, of hom daaraan steur om polities korrek te wees nie. Hy skryf eerder hierdie taboes oop."

Resensie: Blinde gode deur Dibi Breytenbach

Org Potgieter
Resensies

"Breytenbach het haar reeds as een van die land se beste krimiskrywers gevestig en bou in Blinde gode voort op haar reputasie."

Resensie: Blood on her hands: South Africa’s most notorious female killers deur Tanya Farber

Carla van der Spuy
Resensies

"Farber het haar navorsing gedoen en gee die feite weer, maar sy gebruik ook ’n goeie skeut verbeelding om die vertellings so aan die begin van elke hoofstuk in te kleur dat dit aan fiksie herinner."

I wish I’d said ... Vol 1, edited by Johann de Lange and Mantoa Matonyane: a review

Annel Pieterse
Books and writers

"Even if these poems might not make for easy reading, I can only urge you to read them anyway. Read them slowly, and take long breaks to process what they reveal to you."
Kantelpunt deur Sophia Kapp: ’n FMR-resensie

Alet Mihalik
Resensies

"Kantelpunt is nie net prikkelende leesstof vir die denkende vrou nie; dit is ook die ideale geskenk vir elke man wat tot nou toe gedink het dat hy reeds alles het."
Gestaag ontvouwen van een blad

Yves T'Sjoen
Resensies

"Met unfurl. Four Essays (Klara du Plessis) geeft zij de lezer en zichzelf alvast inkijk in de poëticale mindset."

Lesersindruk: Michel Houellebecq se Serotonin

Johan Schoeman
Lesersindrukke

"Hierin lê waarskynlik sy belangrikste bydrae – ’n tipe ontmaskering en konfrontering van die spektakelsamelewing, sy woordvoerders en sy weefkunstenaars."

Skrywersonderhoud: Bun Booyens oor 50 jaar met Fred

Naomi Meyer, Bun Booyens
Skrywersonderhoude

"Die beste prente bly dié wat so ondubbelsinnig is dat geen woorde nodig is nie."

Brand: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Naomi Meyer, Fanie Viljoen
Skrywersonderhoude

"Sosiale media is dalk ook so opgestel om afloerders van mense te maak. Jy soek dalk jou vriende tussen al die mense en beland in ’n doolhof van ander gesigte, foto’s en lewens."

Raaiselster: ’n onderhoud met Troula Goosen

Naomi Meyer, Troula Goosen
Skrywersonderhoude

"Ek sal die boeke wat ek as kind gelees het, net nooit vergeet nie. Dit speel só ’n belangrike rol in die vorming van jong lewens en kweek die lesers van die toekoms."

Halala Suid-Afrika: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Menán van Heerden, Michael le Cordeur
Skrywersonderhoude

Menán van Heerden gesels met Michael le Cordeur oor sy nuutste boek, Halala Suid-Afrika (Naledi, 2019).

Anlen Marais (1953–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Poësie is vir my ’n medium wat ’n byna religieuse toewyding eis van wie daarmee besig wil wees." Anlen Marais se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk.

Daniel Hugo (1955–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek het met respek vir die woord en die Woord grootgeword." Daniel Hugo se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk.

LitNet Akademies

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies het in 2019 meer as 2 000 bladsye geakkrediteerde navorsing, in Afrikaans geskryf, gepubliseer. Die jongste uitgawe is nou in PDF-formaat beskikbaar.

Melt Myburgh terug by LitNet

LitNet
Wie is ons?

Melt Myburgh, voormalige Menings-bestuurder van LitNet, het weer by LitNet ingeval – hierdie keer as bestuurder: LitNet Akademies.

Wat maak ’n wynfees suksesvol? Die Robertsonvallei-storie

Engelina du Plessis
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

“Wynfeeste is ’n unieke toerismemark wat verder ontgin kan word tot voordeel van die hele vallei, deur die uniekheid van feeste te erken en hierdie faktore verder te ontgin.”

Leefstyl

Orwellington se nuwe album ’n trefseker uitnodiging na hul optredes

Willem de Vries
Musiek

"Orwellington spring met gemak die dans van die groot mark vry deur dít waarvoor hulle kennelik lief is, op ’n kompromislose wyse te doen."

Teksmark 2019: Diverse nuwe skrywers, relevante tekste en innemende dialoog

Marli van Eeden
Teater

Marli van Eeden het gaan hoor wat die skrywers oor hul toneelstukke te sê het.

Mango met hoogsomer in die lyf

Karen Hart
Kos en wyn

“In die sappige vlees en soet smaak van ’n mango proe jy die oordaad van hoogsomer. En dis ’n ou vruggie wat jy ook nie sommer so in ordentlike geselskap kan eet nie. Die beste manier om ’n mango te eet, sê hulle, is om die badkamerdeur te sluit, jou klere uit te trek en in die bad te klim.”

Dis die bome wat my bybly …

Helena Opperman
Reis

"’n Pisboom. ’n Boom vol strikkies ... Soveel kontinente, soveel lande, soveel mense, soveel ervaringe oor twintig jaar ... Elke boom vertel ’n storie, die storie van sy spesie, die storie van sy tyd en plek, maar so dikwels ook die stories van ’n land en sy mense."

Reisskets: Met kapmes en galblaas

Helena Opperman
Reis

"Dis die galblaas! Die kroonjuweel van die tiara het losgekom. Die skare kreun; die lusiba is ’n teken dat Anna se lank-oorlede pa toestemming gegee het dat sy dogter die kraal mag verlaat."

Boekfees-organiseerder Darryl David se Daknatmaak: Inskrywings tot dusver

LitNet
Wen

Die bekende feesorganiseerder Darryl David (BookBedonnerd-, Adam Small-, Etienne van Heerden Veldsoirée-, Schreiner Karoo-skrywersfees en die Midlands Literary Festival) het ’n huisie in Richmond in die Karoo aangeskaf. Help hom om ’n naam te kies en jy kan ’n boekpakkie wen!

Menings

Artikels wat jy dalk in 2019 misgekyk het

Cliffordene Norton
Menings

Daar het vanjaar so baie dinge gebeur dat jy dalk ’n interessante artikel oorgeslaan het. Cliffordene Norton het 12 artikels geïdentifiseer wat jy dalk misgekyk het.

Menings wat in 2019 gegons het

Cliffordene Norton
Menings

In 2019 het daar baie dinge gebeur waaroor daar veel te sê is. Hier is tien artikels waaroor ons lesers heelwat op die sosiale media gesels het.
Afrikaans is ons grote kans: die invoering van Afrikaans op die Universiteit van Zagreb

Toni Bandov
Seminare en essays

“Hierdie najaar het die hervorming van die hele Fakulteit se programme begin. Dit het ons gebruik om ons band met Afrikaans te versterk en offisieel te maak. Na lang onderhoude het ons tot die volgende gekom. Ons studente in Nederlands sal in die vyfde jaar van hul nagraadse studie verplig Afrikaans moet volg in twee semesters.”

Die stil-stil wetsontwerpe gedurende die feesseisoen: Wat behoort landsburgers te doen?

Frederik Rudolph van Dyk
Seminare en essays

"Terwyl Suid-Afrikaners haastig en gefokus voorbereidings tref vir die feestyd, het ‘n verfoeilike en laakbare ondemokratiese ding weer eens feitlik ongesiens in die openbare Kerskous geval. Die regering het ons ’n week of wat gelede getrakteer met twee wetsontwerpe wat die grootskaalse sentralisering van sport en skole behels."
Tories gaan sukkel om die Verenigde Koninkryk in een stuk te hou

Jason Lloyd
Rubrieke

"Boris Johnson se segepralende Konserwatiewe Party se kolossale oorwinning van die onlangse Britse verkiesing mag Brexit ’n werklikheid maak, maar die Tories se probleme om die Verenigde Koninkryk (VK) in een stuk te hou, het nou eers begin."
#opdielug met Mercy Kannemeyer

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Mercy Kannemeyer
Onderhoude

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Mercy Kannemeyer oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans.

EskomSePush

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Pers Eskom ons af?"

Nello en Patrasche: my gedagtes rondom Herman Meulemans se artikel

Dingie van Rensburg
SêNet-briewe

"Dankie, Herman Meulemans, my Antwerpse vriend oor baie dekades, vir jou insiggewende en beeldryke resensie."

Nou op Voertaal

Die mense wat ’n sterwende taal opgeteken het

Elsabé Brits
Meningen

In die 1870’s het die San-mense die dood van hulle taal in die gesig gestaar, maar drie mense het na hulle stories oor die sterre, die veld, diere en hulle lewens geluister. Vandag is dié nalatenskap ’n ryk erfenisskat, skryf Elsabé Brits.

Marlie steek haar Rubicon oor: van doktorandus na doktor vir Marlie van Rooyen

Marike van der Watt
Academisch

"In haar verhandeling het Marlie nie alleen daarin geslaag om gemeenskapsradio binne die Suid-Afrikaanse konteks te ondersoek aan die hand van ’n Europese sosiologiese model nie, maar ook om ’n stuk Afrikafilosofie met Europa te deel."

MapMyWay – explore Cape Town like a local

Cliffordene Norton, Philip Todres
Reizen

Do you want to get to know Cape Town like a Capetonian? Cliffordene Norton chats to Philip Todres from MapMyWay about the vibrant happenings that the Mother City has to offer.

Pak jou tas: Piekenierskloof

Maryke Roberts
Reizen

"In hierdie pragtige heuwels en klowe groei van Suid-Afrika se oudste wingerde en word bekroonde wyne gemaak."

"Ek het weer besef ’n mens moet jou storie neerskryf"

Cliffordene Norton, Elsa Winckler
Reizen

"Theo se oupa het sy en sy vrou se stories destyds neergeskryf, iets waaroor die nasate vandag baie bly is. Ek het weer besef ’n mens moet jou storie, hoe oninteressant jy ook al mag dink dit is, neerskryf vir dié wat na jou kom."

Styx review: A moral dilemma between saving oneself and saving others

Marli van Eeden
Film

"The film comments on the increasing refugee crisis and the world’s seemingly being oblivious to it. It has become easy to 'look away' when bombarded with news about the refugee crisis, refugees desperate to escape and find a better life in another country."

5 Wong Fu-video’s wat jy moet kyk

Cliffordene Norton
Film

"Dié video was van Wong Fu Productions en ’n heel ander wêreld het vir my oopgegaan."

Nuwe skryfwerk

NSRI

Charleine Collins
Poësie

“met borrels in my neus en mond,
tussen monsters van die see”

Sy dans

Charleine Collins
Poësie

“die smeltkroes van die aardse kruik
het haar broos en teer en skoon verfyn”

’n nuwe spekskieter

Andries Louw
Poësie

“die steenkool is nat
in die ketel ’n gat”

Kastele

Mariska Pienaar
Poësie

“In my eie kasteel was ek verdwaal
maar in my gange se spieëls het jy my herhaal”

Afritaal

Jeremy Dames
Poësie

“Jy was soos ’n tweede vrou weggegooi
Gebruik vir ons plesier en uitgespoeg, moeg vir jou”

my kleivlerke

Anzé Bezuidenhout
Poësie

“vandag wil ek my kleivlerke sprei
bedelbakkies met my hande maak”

Skole

Vir wiskundeonderwysers: Uit juffrou se wiskundedagboek 1 – met apologie aan Sita

Amanda le Roux
Skole

Amanda le Roux deel graag vroeg in 2020 haar dagboekinskrywings van hierdie ervarings. Miskien kan die lees daarvan vir onderwysers in wiskunde nuttig wees en hulle aanspoor tot nadenke oor hoe hulle vanjaar die wiskunde-wêreld vir hulle leerders kan oopmaak.

Die ses weke van Thomas en Ella deur Zelda Bezuidenhout: ’n jong leser se indrukke

Karla Sandrock
Jong lesers

"Want watter Afrikaanse boeke lees jy as jy alreeds al die Saartjie-boeke, al die Maasdorpe en al die Stalmaats gelees het? Hier is jou antwoord: Die ses weke van Thomas en Ella."

Elders gesien

Elders gesien: "my man was in die army"

Lidi De Waal
Elders gesien

"en toe als eindelik verby is
toe kom hulle terug na ons ewige gebergtes
waar die kranse antwoord gee
en toe antwoord niemand op hulle roepstem nie ..."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved