Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1085

30/01/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Die Groot Argief

Haram

Author: Zubayr Charles
Publisher: Kwela
ISBN: 9780795711244

As a young man in a close-knit Muslim community in Woodstock, Muhammad used to feel trapped between who he was and who he was expected to be. But then he met Riyaaz, and his world shifted in unexpected ways. Many years later, on the day of his wedding, Muhammad is pulled into memories of his adolescence – a time when faith and forbidden desires collided. Haram is an unflinching tale alive with hidden and unspoken desires.

’n Kwarteeu se skrywersberade

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad (2024–2025)

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ter viering van LitNet se kwarteeubestaan aangebied. Hierdie beraad het in 2024, 30 jaar ná die koms van demokrasie, by die Veldsoirée afgeskop. Lees bydraes deur onder meer SJ Naudé, Ena Jansen, Heindrich Wyngaard, Tom Dreyer, Nolwazi Mahlangu, Dominique Botha, Hein Willemse, Bettina Wyngaard, Marianne Thamm en Michael le Cordeur.

Aanlyn kongres: Poolshoogte

LitNet
Seminare en essays (2014)

In 2014 is die denkklimaat in die Afrikaanse bestel tydens die Poolshoogte-kongres ondersoek. Lees bydraes deur onder meer Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Lindie Koorts, Charl-Pierre Naudé, Nathan Trantraal en Louise Viljoen.

Young Voices: The 2004 South African Online Writers’ Conference

LitNet
Young Voices (OuLitNet, 2004)

Die Young Voices Conference het in 2004 plaasgevind en is deur Nelson Mandela geopen. Lees bydraes deur onder meer Danie Marais, Toast Coetzer, Lauren Beukes, Tom Dreyer, Pumla Dineo Gqola, Jaco Jacobs en Niq Mhlongo.

Briewe deur die lug-beraad

LitNet
SeminaarKamer (OuLitNet, 2000)

In 2000 is die Briewe deur die lug-beraad gehou, wat uiteindelik ’n publikasie deur Tafelberg tot gevolg gehad het. Lees bydraes deur onder meer Breyten Breytenbach (openingsrede), Antjie Krog, Koos Kombuis, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Abraham H de Vries, Jakes Gerwel, Elsa Joubert en Hennie Aucamp.

LitNet se eerste SêNet-brief (1999)

Lekker gelees

Lien Roux-de Jager
SêNet-briewe (OuLitNet, 1999)

"Het pas my eerste toertjie op die LitNet gehad, en wat ’n plesier! ... Baie dankie vir die mooi inisiatief. Dis in die moeilike ekonomiese en politieke tye nodig dat die Afrikaanse woord vertroetel word, dat daar met hom rondgespeel word, sodat hy nie net aan die lewe kan bly nie, maar kan groei en gedy."

Boeke en skrywers

PenAfrican: Building beauty against ruin – Roger Lucey’s How to build a house in the mountains

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Roger Lucey’s How to build a house in the mountains is a book about constructing a legacy from your own ruins."

Volbloedliefde deur Marilé Cloete: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Marilé is ’n ou hand wanneer dit oor die beskrywing van karakters se lyflike bewuswording van mekaar gaan."

Om ’n hart te tem deur Ciska Olivier: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Om ’n hart te tem sal menige leser inspireer. Dis ’n teer liefdesverhaal en laat ’n mens glo dat nuwe beginne wel moontlik is en dat daar iets moois uit tragedies kan voortspruit."

Tryna du Toit (1910–2005)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die genot, die vreugde en die opwinding wat my skryfwerk my deur die jare verskaf het, glo ek, het sy begin in die betowerende ure wat ons om die kaggelvuur na my vader se vertellings geluister het." Lees oor Tryna du Toit se lewe en werk.

Kortliks met Stefaans: Om kieskeurig te lees

Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers

"The drop het nie die literêre diepte van JM Coetzee se Disgrace nie, maar beide romans werk met hoofkarakters wat min sê en in albei romans lê die ware konflik eerder innerlik as uiterlik. Die hond in The drop vervul ’n verrassend soortgelyke funksie as die honde in Disgrace."

Lesersindruk: Unlocking the leadership master code deur Marius Pretorius en Nico Schutte

Naas Ferreira
Lesersindrukke

"Die steierwerk wat die vertikale ontwikkeling bymekaar hou, is die verskillende lyne soos kognitiewe, emosionele, morele, spirituele, en vele ander. Iemand kan hoogs ontwikkeld op die kognitiewe lyn wees, maar laag op die morele lyn."

Lesersindruk: Die drie weduwees deur Irma Venter

Elsabé Welman
Lesersindrukke

"Die drie weduwees is ’n sterk misdaadverhaal met knap spanningsbou en uitstekende karakterisering."

Press release: It’s almost story time. Get ready for World Read Aloud Day 2026!

LitNet
Books and writers

Get ready to share the magic and celebrate the joy of reading aloud. World Read Aloud Day (WRAD) is celebrated internationally on Wednesday, 4th February 2026, and we want you to be a part of the celebration.

Menings

Wat sê Bettina? Hoekom is Sport, Kuns en Kultuur so ’n kopseer onder Gayton McKenzie?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die meeste lesers behoort teen hierdie tyd bewus te wees van die kansellasie van Gabrielle Goliath se installasie, Elegy, aan die Venice Biennale. Elegy sou Suid-Afrika se inskrywing wees, nadat dit eenparig verkies is deur Art Periodic, ’n organisasie aangewys deur die departement om die keurproses te hanteer."

Agterstories: Verbeelde vooruitgang

Johan Fourie
Rubrieke

"’n Kritiese blik op verlede en hede bly noodsaaklik, dit hou ’n samelewing eerlik oor mislukkings, maar kulturele verbeelding het óók ’n rol: om die horison van moontlikhede oop te stoot en hoop te legitimeer."

Afrikaans: die taal van Afrika en die Afrikaner as ’n "African" – erkenning vanuit ’n onverwagse oord

Danie van Wyk
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Die groot Suid-Afrikaanse tragedie is dat Afrikaans nie as ’n inheemse taal erken word nie. Afrikaans word gekortwiek om sy plek langs ander Afrikatale in te neem. Dit alles is ’n somtotaal van die ideologiese benadering tot die onderwyssisteem. Daarvolgens is Engels die taal van onderwys en die staatsdiens in die algemeen, en dit is ’n groot bydraende faktor tot die swak prestasies in die onderwys."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Verset teen hierdie era – oor Paul Kingsnorth se Against the machine, on the unmaking of humanity

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Against the machine is, om die minste te sê, ’n ambisieuse boek waarin geen doekies oor die Westerse moderniteit omgedraai word nie: Kingsnorth beskryf homself byvoorbeeld onbeskroomd as antimodern en ’n reaksionêre radikaal ..."

Springmielies: Die Kirks – die donker narratiewe van samesweringsteorieë

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Ek het geen affiniteit of vooroordeel jeens die Kirks nie, maar wat my interesseer, is die narratief van donkerwordende conspiracy theories wat waarskynlik ’n weerspieëling van die zeitgeist is waarin ons leef – en die skadu wat oor Amerikaanse politiek en globale wêreldgebeure hang."

Quo vadis, Tweederivier, oftewel Lourensrivier?

Handré Brand
Seminare en essays

"Die Lourensrivier het aanvanklik as die Tweederivier bekendgestaan. ... Die hoofgevolgtrekking kom daarop neer dat toekomstige holistiese, multidissiplinêre bestuur met betrekking tot die Lourensrivier vanaf oorsprong tot by die monding ’n absoluut noodsaaklike voorvereiste is."

Wat beteken die "nosel" van "onnosel"?

Gert van Jaarsveld
Menings

"Semanties gesien is on- baie interessant. Alhoewel dit meestal geparafraseer kan word met nie, werk dit nie so in onnosel nie. Die on- in onnosel beteken nie 'nie' nie."

Afrikaner

Johan Uys
SêNet-briewe

"Deesdae blyk dit dat ’n klein minderheidsgroep Suid-Afrikaners ter uitsluiting van alle ander vir hulle hierdie naam toegeëien het."

Ons definisies perk ons in: oor Afrikanerskap, identiteit en politieke lojaliteit

Riku Lätti
SêNet-briewe

"’n Definisie is uiteindelik net ’n baadjie wat jy kan aan- of uittrek, soos dit jou pas, of as dit jou nie pas nie."

Elders gesien: Waarom versterk die rand teenoor die dollar?

Christo van der Rheede
Menings

"Dit is ’n fundamentele ekonomiese beginsel: Wanneer die Amerikaanse Federale Reserweraad rentekoersverlagings aandui, bevoordeel die rentekoersverskil opkomende markte soos Suid-Afrika."

Press release: Join us on 3 February for this year’s FW de Klerk Foundation Annual Conference

LitNet
Opinion

Under the theme "Local Government Elections 2026 – Chances & Challenges for Municipalities to Fulfil their Constitutional Mandate" the event will explore key institutional, administrative and political dimensions of local governance ahead of the 2026 local elections.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 21 tot 27 Januarie 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 21 tot 27 Januarie 2026.

Nou op Voertaal

Emosies loop hoog oor nuwe name vir Graaff-Reinet, KZN en ander dorpe

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Wat duidelik is, is dat plekname in Suid-Afrika veel meer as net woorde op ’n kaart is. Dit raak aan identiteit, geskiedenis en sterk emosies."

Boere en verbruikers betaal die prys vir bek-en-klouseer-krisis

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Boere en landbou-organisasies soos Sakeliga, AgriSA, die Melkprodusente-organisasie en Saai is toenemend gefrustreerd. Hulle kla oor stadige entstofverskaffing, verouderde voorraad en die gebrek aan plaaslike produksie."

Onsekerheid oor sonkragregistrasie laat huishoudings in die duister

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Outa vergelyk die huidige situasie met die e-tol-debakel en waarsku dat administratiewe afdwinging sonder openbare aanvaarding en duidelike regsgrondslae tot mislukking gedoem is."

Beweerde ontdekking van stembriewe verdiep ANC-faksiegevegte in Johannesburg

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vir die ANC in sy geheel is die implikasies ernstig. Die party worstel reeds met ’n beeld van interne verdeeldheid, korrupsie en wanbestuur. Hierdie beweerde ontdekking van stembriewe in ’n privaat tuin versterk die persepsie van ’n organisasie wat sukkel om sy eie prosesse te bestuur."

Storie van Pinotage is vervleg met vriendskap en pioniersgees

Maryke Roberts
Culinair

"Dit was in Oktober ’n eeu sedert Abraham Izak Perold twee kultivars, Cinsault (toe bekend as Hermitage) en Pinot Noir, gekruis het om ons eie unieke Pinotage te kry."

Leesimpressie: De wind vindt altijd zijn weg door Sholeh Rezazadeh

Erik van den Bergh
Literatuur

"Boeiende impressies en observaties van een jonge arts gedurende een treinreis door het Perzische landschap."

Leesimpressie: J’accuse door Teddy Tops en Lisa Weeda (Red)

Erik van den Bergh
Literatuur

"Zeer gevarieerde bundel met recent gepubliceerde artikelen aangevuld met nieuwe beschouwingen, gedichten en prozateksten. Palestijnse, Vlaamse, Nederlandse en enkele internationale bijdragen."

Akademies en skole

Portugese kruisvaarders langs die kus van Afrika

Helena Liebenberg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"[Aandag word] gegee aan die aanloop tot die ontdekkingsvaarte, en watter gebeurtenisse en beskouings ten grondslag gelê het aan en aanleiding gegee het tot die opbloei van die 15de-eeuse Portugese seevaartbedryf."

Jou KI-IK: Die tuin se geheime held

Rouxlyn Botha
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging.

Persverklaring: Eerste WOW-Droomuitstappie by Universiteit Stellenbosch

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Woorde Open Wêrelde (WOW) se eerste WOW-Droomuitstappie (Dream Walk) vir graad 12-leerders is op 28 Januarie by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum

Johan Allers
Kuns

In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.

Die kontessa is terug – meer betowerend as ooit tevore

Maryke Roberts
Teater

"Dis nie bloot die herlewing van ’n geliefde teaterikoon nie, maar ’n geleentheid om vir ’n hele aand die buitewêreld uit te sluit in ’n magiese wonderwêreld van spieëls en vere en maskers en kostuums, terwyl wêreldbekende akrobate hul toertjies hoog bo jou lewer en operadivas en goëlaars jou verlei."

Krag van natuur sluit Panthera Africa se hekke

Annette Havenga
Leefstyl

"Reeds op die eerste dag van die brand het Cornwall kontak gemaak met ander sentrums om te reël dat die diere uitgeplaas word. Op dag twee het die wildleweveearts Peter Caldwell uit Pretoria gekom om te help met die massa-ontruiming."

Ses dinge om op jou #2026 watchlist te hou!

Tasneem Daniels
Leefstyl

"Die’s nou ’n multimedia treat of note, ’n curated series van independent en artist-driven shorts films geskryf en gespeel dee diverse communities in New York City. Picture al Zohran Mamdani, die niewe mayor van New York City, se campaigns virrie economic en social well-being van immigrants innie Big Apple – ja, sukke diverse stemme kry djy in hierrie online screening room!"

Nuwe skryfwerk

Stilte en woorde

Johan van der Merwe
Poësie

"want jy is die gees van woorde
wat stilte bring in weesgedagtes"

Ek is nog hier

Fazel Dick
Poësie

"En ek weet nie hoekom nie
maar vanaand, net vir nou,
sal ek nog asemhaal."

Sterwensuur

Fanie de Villiers
Poësie

"strooi jou vir ewig
sout uit die Swartland
in Blouberg se branders"

Blinde offer

Sanette Scheepers
Poësie

"agter die druppende maan
offer ek onwetend blind
my geheel soos dooie stof"

Trimpark

Bottils
Fiksie

"Maar die tarentale was steeds daar êrens. Ek kon hulle hoor, maar nie sien nie."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved