Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1048

02/05/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Suidoosterfees

In search of Nongqawuse

Author: Treive Nicholas
Publisher: Kwela
ISBN: 9780795711145

In 1856, a teenage girl led 40 000 to their deaths in the Eastern Cape. When Treive Nicholas arrived in the 1980s to teach, he was captivated by the Wild Coast. Researching its history, he explores the Cattle Killing of 1856–1857. Was Nongqawuse a deceiver or a liberation leader? Treive’s quest spans continents, from South Africa to England, ending with a shocking revelation closer to home than expected.

Suidoosterfees 2025

Persverklaring: Maak só vir ’n gerieflike, onvergeetlike Suidoosterfees-ervaring

LitNet
Suidoosterfees

Van 30 April tot 4 Mei word ’n groot toeloop van feesgangers by die Kunstekaap in Kaapstad verwag. By vanjaar se fees is kuns álles en feesgangers kan gerus die volgende wenke in gedagte hou vir ’n gerieflike ervaring propvol onvergeetlike indrukke wat die gees nog lank gaan voed.

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig: ’n onderhoud met Joanie Combrink en Chris van Niekerk

Naomi Meyer, Joanie Combrink, Chris van Niekerk
Suidoosterfees

"As jy soos Peter Blum en soos ons nog kan verwonderd staan oor ’n kunstenaar se briljantheid met woorde en die nuutheid van ’n ongewone taalskepping, en as die liefde in al sy vorme nog jou oë kan laat blink, dan is hierdie toneelstuk vir jou."

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck
Suidoosterfees

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig

Naomi Meyer, Herman van der Westhuizen
Suidoosterfees

"Niks kom ... by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie."

In gesprek met Kathie Viljoen oor 2025 SOF Junior, ’n deel van die Suidoosterfees

Izak de Vries, Kathie Viljoen
Suidoosterfees

Kathie Viljoen is een van die mense wat stil-stil werk om jongmense in die teater te kry tydens die Suidoosterfees. Izak de Vries het met haar gesels oor die Leesfees wat aangebied word deur Penguin Random House en deur die AON en SOF geborg word.

Uit die argief

Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet

Izak de Vries, Edmund Jeneker
Suidoosterfees (2025)

"Met die aanloop tot die hooffees elke jaar is daar verskeie projekte wat daarop gemik is om ons kinders en jongmense, en veral ook voorheen agtergeblewe gemeenskappe en skole, meer toegang tot die kunste te bied."

Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke

Naomi Meyer, Theo Kemp
Suidoosterfees (2025)

"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."

Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jana Hattingh
Suidoosterfees (2025)

"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."

Die Burger-Suidoosterfees: Op pad na ’n ruim Afrikaans: ’n bydrae oor nierassigheid in Afrikaans

Hein Willemse
SeminaarKamer (OuLitNet)

"Alles wat ek gesê het, kan in een sin opgesom word: Dat ons nuwe, gedeelde simbole, helde, rituele, waardes en praktyke sal moet vestig om die ideaal van ’n ruim Afrikaans te bewerkstellig." Hierdie toespraak maak deel uit van die Jakes Gerwel-Gesprekkereeks wat plaasgevind het tydens die pas afgelope Die Burger-Suidoosterfees by die Skiereiland Technikon (Pentech) te Bellville.

Die Burger-Suidoosterfees: Nierassige denke in die Afrikaanse leefwêreld

Zimitri Erasmus (vertaal deur Andries du Toit)
SeminaarKamer (OuLitNet)

"Deur vir ons te vra om simplisties kleurblind te wees, maak hierdie denkraamwerk dit moeiliker om bestaande antagonismes en identiteitskonflik aan te spreek." Hierdie toespraak maak deel uit van die Jakes Gerwel-Gesprekkereeks wat plaasgevind het tydens die pas afgelope Die Burger-Suidoosterfees by die Skiereiland Technikon (Pentech) te Bellville.

Leefstyl

Pareltjes uit Amsterdam: Hanlie Retief aan’t Keizersgracht

Johan Allers
Leefstyl

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks gesels hy met Media24-joernalis Hanlie Retief. Hanlie was in Maart en April 2025 die "Joernalis in die Huis" op Keizersgracht.

Die Kwiksilwers: ’n onderhoud oor die film

Maryke Roberts, Jordy Sank
Film

"Die ware 'hoofkarakter' in hierdie film, Kwiksilwer, die vintage Ford Granada, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het."

Jazz in die Baai: ’n fotogalery

Izak de Vries
Musiek

"Jazz is ’n enorme deel van die Baai se identiteit. Dalk moet ’n mens terugstaan en sê musiek is die hartklop van die Baai."

’n Mohammedaan en sy vark

Zalman Davis
Reis

"Op die skinkbord is ’n rooi hoop rys. En bo-op sit ’n heelgekookte hoender met ’n rooi roos in sy bek. 'What the ... ?' vra Mohammed in lettergrepe."

Wêreldtrekklavierdag 2025 in die Endlersaal: ’n gesprek met Leon Oosthuizen en ander entoesiastiese trekklavierspelers

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen, Louis Verwey, André van Vuuren
Musiek

"Die gehoor gaan van die mooiste Afrikaanse musiek hoor, gesing deur die Stellenbosse jeug, en werke met die akkordeon – van klassieke tot volksmusiek."

Boeke en skrywers

NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier

Naomi Meyer, Annie Olivier
Onderhoude

"Van die beste uitgewers wat ek ken, sit ure en ure lank om skrywers te help om storielyne te verbeter, karakters uit te bou, die logiese vloei te verbeter, of kommentare te laat om skrywers te lei om self verder te werk. Dikwels sukkel die skrywer om die nodige veranderinge aan te bring en dan spring jy self in en doen die nodige werk. Dit is ons sogenaamde USP (unique sales point of unieke verkoopspunt) en een van die dinge wat sorg vir die grootste verskil tussen selfpublikasie en om by ’n uitgewershuis uit te gee."

A sense of direction

Anthony Akerman, Athol Fugard
Interviews

"I asked if I could interview him about directing before he returned home, and he readily agreed. I opened a bottle of Beaujolais Nouveau and turned on the tape recorder. I was 32 and Athol was 49."

Decima by Eben Venter: a review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Decima is a triumph of moral and aesthetic ambition. By entwining a species’s extinction with personal and national identity, Venter crafts a story that is simultaneously urgent and timeless. Its greatest achievement lies in making readers feel the weight of ecological collapse not as abstract data, but as the sum of countless individual tragedies, human and animal alike."

Klaarte deur Louis Esterhuizen: ’n resensie

Nini Bennett-Moll
Resensies

"In Klaarte lewer Esterhuizen berig oor sy digterlike belewenisse in ’n krimpende, kleiner wordende lewensruimte, byvoorbeeld die digter-spreker se huis en tuin, of herinneringe wat uitspeel in denkbeeldige en vergange ruimtes."

Een voet innie kabr: ’n onderhoud met Gaireyah Fredericks

Tasneem Daniels, Gaireyah Fredericks
Skrywersonderhoude

"Ôs moet continue ommie taal te try preserve in literature. Is ôse duty en responsibility as Cape Moesliem-skrywers."

Nicole Jaekel Strauss (1972–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang

Jannes Erasmus
Lesersindrukke

"Die kulturele spanning waarmee Ivy worstel – as Chinese Amerikaner wat balanseer tussen ’n tradisionele familie en ’n moderne wêreld wat haar nie altyd verstaan nie – het my diep geraak."

Lessons in chemistry deur Bonnie Garmus: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel
Lesersindrukke

"Ons weet dat ’n mens ’n boek nie op grond van die voorblad moet beoordeel nie, maar hierdie een het tog my oog dadelik gevang. Ek is mal daaroor. Ek sien ’n selfversekerde, sterk vrou wat nie in vandag se tyd inpas nie. Sy is ’n vrou van die ’60’s."

Persverklaring: Wenners van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend

LitNet
Boeke en skrywers

Die wenners van die onderskeie pryse en toekennings van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds is nou bekend.

Uitnodiging na die bekendstelling van Wilma Stockenström: met my wysvingertop

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie en SASNEV nooi u vriendelik na die bekendstelling in Kaapstad van Ronel Foster (redakteur) se boek Wilma Stockenström: met my wysvingertop. Dit is die sewentiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN

LitNet
Boeke en skrywers

Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Met hierdie viering in gedagte, het verskeie kunstenaars besluit om projekte rondom die getal 100 te loods. 100 Vlugskrifte word op 13 Mei by NALN aangebied en meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik.

Invitation: Writer’s room talk with Sihle Qwabe – Oude Leeskamer

LitNet
Books and writers

Writer and alumna of the Jakes Gerwel-Oude Leeskamer residency programme, Lebogang Mazibuko, talks to our guest writer, Sihle Qwabe, about his writing process and the life experiences that inform his writing. Join us on 6 May for this conversation in Jannie se Leeskamer in exploration of Qwabe’s debut novel, The resurrection.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 18 April tot 2 Mei 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Doen nou aansoek vir 2025

LitNet
Boeke en skrywers

Skrywers wat in 2025 se winter vir ’n maand lank rustig wil skryf, kan nou aansoek doen vir Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap op Nxuba/Cradock.

ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad sal oor ’n aantal maande strek.

Menings

Trump se warrelwind- eerste 100 dae (30 April 2025)

Theo Venter
Menings

"Daarom is ek nog nie bereid om Trump se optrede, hoe ontwrigtend ook al, as ’n permanente omwenteling of Trumpiaanse revolusie te beskou nie; eerder ’n warrelwind wat mag neig na ’n brutale tornado met baie pyn in politieke en ekonomiese terme."

Wat sê Bettina? Trump as pous

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die Afrikaners wat swig voor Trump se beloftes, is seer sekerlik dieselfde mense wat die Kubus-koning se beloftes van ongekende welvaart geglo het, of wat Markus Jooste as hul ekonomiese verlosser gesien het."

Die onderwys: Daar is hoop as ons saamwerk

Freek Robinson, Paul Philip Sauer
Onderhoude

Dit gaan beroerd in die onderwys, maar Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, sê daar is hoop, veral wanneer ouers bereid is om met skole en onderwysers saam te werk. Freek Robinson vra hom ook: Wat sou jy verander as jy kon?

Hoe herken jy KI-geskepte teks?

Burgert A Senekal
Menings

"Die vraag is: Werk hierdie middele, en wat werk beter: mens of masjien?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Onderhoud met Laurent Devèze oor die ontstaan en era van die Franse Instituut van Suid-Afrika 30 jaar gelede

Johann Rossouw
Seminare en essays

Laurent Devèze, stigtingsdirekteur van die Institut français d’Afrique du Sud (Franse Instituut van Suid-Afrika) aan Johann Rossouw: "Al die groot vraagstukke van ons era, Johann, kom in jou land voor."

Geraasbesoedeling

Handré Brand
Menings

"Geraasbesoedeling, veral deur vervoer (pad-, spoor- en lugverkeer), is ’n wydverspreide probleem wat ernstige fisieke en geestelike gesondheidsimpakte het."

Nou op Voertaal

Tweespraak met Lynthia Julius: "Daar’s ’n kokerboom in my hart wat wil groei"

Yves T’Sjoen, Lynthia Julius
Literatuur

"Lynthia Julius is een van de vele schrijvers die gebruikmaken van een variëteit van Afrikaans als artistiek idiolect. In het geval van Jolyn Phillips is dat het Overbergse Afrikaans, Julius schrijft in Gariepafrikaans."

Brief en repliek 9: DW B-vertalings, Tom Dreyer, Ronelda Kamfer, Klara du Plessis en Bibi Slippers

Alwyn Roux, Yves T’Sjoen
Academisch

"Door de banden aan te halen met het Nederlands in Nederland en Vlaanderen wordt, zoals Krog stelt, het Afrikaans bloeiender en meer gedifferentieerd. De verwijzing naar de vertaalinfrastructuur is in dat opzicht belangrijk."

Leesimpressie: Zingen in het donker door Nescio

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bundel met 55 brieven van Nescio en zijn echtgenote aan hun kinderen van 13 augustus 1944 tot 5 juni 1945."

Leesimpressie: Voortschrijdend inzicht door Julian Barnes

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een boeiende bundel met vijf korte teksten waarin Barnes reflecteert over herinneringen, woorden, politiek, boeken en leeftijd, ook tijd. Veel rake formuleringen, persoonlijk, erudiet en veelal geestig."

Leesimpressie: De dochter door Harriët Duurvoort

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een heftig en helder levensverhaal van de moeder van de schrijfster die vlak na haar geboorte in 1928 geadopteerd werd en opgroeide in Scheveningen. 'Mijn moeder is gemengd: haar moeder was wit, haar vader zwart.'"

Grootste nasionale park in Zimbabwe, grootste vreugde

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die ses wildkykvoertuie, wat elkeen 10 gaste kan akkommodeer, het net ses mense elk op."

Suid-Afrikaners eis einde aan raswette, DA daag minister in hof

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hierdie kwotas, wat maatskappye dwing om demografiese teikens te bereik ongeag vaardighede of plaaslike omstandighede, kan veral bruin werkers in die Wes-Kaap en Indiër-werkers in KwaZulu-Natal benadeel."

Duisende hektaar verteer in verwoestende Tafelberg-brand

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Personeel van verskeie agentskappe, insluitend die Tafelberg Nasionale Park Brandbestuur en Volunteer Wildfire Services, het gespook om die brand onder beheer te kry."

Opskorting van BTW-verhoging is ’n oorwinning vir Suid-Afrikaners

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die fiskale raamwerk is ’n kernkomponent van die nasionale begroting, wat die regering se planne vir inkomste-insameling en uitgawes uiteensit. Die ANC het aangedui dat die parlement nou sal beraadslaag oor hoe om die voorgestelde inkomste- en uitgawe-aanpassings te verwerk."

Paul Mashatile: ’n sluipmoordkomplot of politieke kulkuns?

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Dit is dus ’n aantyging wat nie ligtelik gemaak kan word en ook nooit ligtelik opgeneem mag word nie – onwaarskynlik soos wat dit ook al mag voorkom."

Persbericht – Vacatures Leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij (Universiteit Gent)

Voertaal
Academisch

Het Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (GAZ, Universiteit Gent) is op zoek naar twee bekleders van de Leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij.

Akademies en skole

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en hou jy hierdie week "skoolvakansie"? As jy lus voel om appeltert te bak, kan jy dit doen – en jy kan dit as beloning eet as jy sommer hierdie gratis oefenvraestelle van Eugene van der Westhuizen afgelaai en dit uitgewerk het om voor te berei vir jou tweede kwartaal se eksamen. Dit sal sommer baie lekker wees om die appeltert te eet en boonop goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te kry!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Nuwe skryfwerk

Tot so ver

Solet Scheeres
Fiksiekompetisies

"Stella deel bladsye uit waarop sy die gedigte gedruk het. Sy wou graag met Amanda en Stef Bos begin het wat sing oor die taal van hulle harte, maar sonder ’n grootskerm gaan dit nie werk nie. Dan maar begin met die gedig uit Komrij se bundel: 'Den eerste steen van ‘t nieuwe Casteel Goede Hope heeft Wagenaar gelegt met hoop van goede Hope.'"

Negentien sewe en sewentig

Louise van Eeden
Poësie

"En ek in suburbia so digby Alexandra
Besef daar is grense
Waarvan ek niks weet nie."

Te veel

Sidney Gilroy
Poësie

"Ek sien te veel seuns inni sjebeen
verdwaalde oë vol amfetamien"

Die selfdood van bidsprinkaan

Christiaan Diedericks
Poësie

"nou gis jy op my tong
soos ou nagmaalbrood"

Vlerk

Jeanne Henning Els
Poësie

"ek sal jou hier onder my vlerk hou
tot jy seker is of jy wil bly"

Onrus

Johan Faasen
Poësie

"Ons almal soek ’n huisie by die see
maar Onrus kan ons baie meer gee"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved