Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 979

08/12/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Kinderboeke breek wêrelde oop

Fresh off the press 

Good Jew, bad Jew

Author: Steven Friedman
Publisher: Wits University Press
ISBN: 9781776148486

Good Jew, bad Jew is a critique by one of South Africa’s foremost political theorists of mainstream understandings of Jewishness. Steven Friedman offers a searing analysis of the weaponisation of anti-Semitism in service of political objectives that support the Israeli state and global white supremacy. Looking specifically at the way in which language is used to shape identities, Friedman uses many examples to illustrate how anyone that opposes the interests and policies of the Israeli state is increasingly defined as anti-Semitic.

Boeke en skrywers

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek

Anke Theron
Seminare en essays

"Die goue draad al die pad van die sukkelende resultate van leesbegripstudies en Ferdinand de Saussure se linguistiese teorie tot waar ’n mooi prenteboek ’n verskil kan maak, eindig met ’n baie eenvoudige oplossing. As jy wil hê jou kind moet met begrip kan lees, lees vir hulle kinderboeke voor."

Kinderstories kan help om die dood te hanteer

Leoné Tiemensma
Boeke en skrywers

"Stories kan help om situasies in die lewe te hanteer. Stories kan wys hoe daar met probleme omgegaan kan word en het die potensiaal om kommunikasie oor die dood te fasiliteer."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek tussen Johann Rossouw en Henning Pieterse oor Michel Houellebecq en Rossouw se vertaling van Houellebecq se nuwe roman, vernietig

Johann Rossouw, Henning Pieterse
Seminare en essays

Hierdie video vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.

Willie Burger oor boekresensies, beïnvloeders en die boekebedryf

Willie Burger
Seminare en essays

"Een belangrike aspek van resensies is dat dit nie alleen iets oor die boek sê nie, nie slegs ’n positiewe of negatiewe oordeel hoef uit te spreek nie, maar dat dit as ’n eie stukkie skryfwerk stimulerend behoort te wees, dat dit na aanleiding van die geresenseerde boek iets oor ons wêreld sal kwytraak wat dit selfs vir die persoon wat nooit die boek gaan of wil lees nie, betekenisvol kan maak om die resensie te lees."

Bekgeveg oor resensies: aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?

Jean Oosthuizen
Seminare en essays

"Dat daar ruimte vir beide letterkundige resensies en lesersindrukke is, is die meeste mense dit eens. Dit is die vraag wie bevoeg is om resensies te skryf en die aard daarvan wat die afgelope week die toetsborde oortyd laat werk het."

Om te flerts, te jodel of te paradeer

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Die studieveld Letterkunde, ook Literêre Teorie of Literatuurwetenskap genoem, is aan universiteite uitgefaseer en is vervang met ’n nuwe veld: Digitale Inhoudskepping. Letterkundiges het hul nut en relevansie verloor in die aangesig van duisende boekbeïnvloeders."

’n Plekkie in die son?

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

In hierdie aflewering van "Wat kook in die kombuis?" bespiegel Koos Kombuis oor sy rol as resensent na aanleiding van die polemiek oor die skryf van resensies, en hy vertel oor ’n besoek aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Inter-review with Stephen "Spling" Aspeling about his book The essence of dreams: an anthology of film reviews

Janet van Eeden, Stephen Spling Aspeling
Books and writers

"[South Africa’s] biggest challenge is self-esteem for our own talents – having to be told who’s world-class by international speculators, rather than realising this through our own people and media. Then, we’re also struggling to get the funding of local films right, performing miracles on shoestring budgets and being expected simply to rinse and repeat these miracles."

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Joernaal is ’n toeganklike bundel waarin eietydse maatskaplike uitdagings geopper word en temas soos die ars poëtika, die toekoms van Afrikaans as taal, asook die digterlike outobiografiese kode sterk figureer. Dié bundel het my met ’n gevoel van genoegdoening gelaat."

Ons skulde deur PP Fourie: ’n resensie

Francois Smith
Resensies

"Dan kan jy oor hierdie kleinigheidjies mor, maar wat veel meer tel, is daardie naelbyttonele teen die einde met ’n helikopter wat oor Bloemfontein stotter, polisiesirenes, flitsende ligte, ambulanse – en die moontlikheid dat almal – óns almal – reddeloos in ’n poel yskoue donker water wegsink."

Sons of mud deur Johan Vlok Louw: ’n leeskringbespreking

Izak de Vries
Leeskringe

"Diegene wat ’n literêre interteks soek om Jesaja 57:21 mee te verstaan, lees gerus Etienne van Heerden se kortverhaal 'My Kubaan' uit die bundel met dieselfde titel. Baie mense kan steeds nie rus vind na die Grensoorlog nie."

Who will rule South Africa? by Adriaan Basson and Qaanitah Hunter: a review

Rory Riordan
Books and writers

"Maybe it’s good that much of it is now consolidated into one volume – but we’ve heard it so often and for so long that it is hardly now exciting."

Mr BookFestivals talks about his autobiography, Book Bedonnerd! | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Darryl David, Mphuthumi Ntabeni
Etienne van Heerden Veldsoirée

The conversation meanders through churchyards, book towns, festivals and academic departments. Darryl David, the man who has started so many book festivals, also talks about his love for his wife, his daughter, his dogs and church buildings.

’n Gesprek oor Gebeente | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Etienne van Heerden, Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

Waarom kry ’n mens nie die dorpie Gebeente op ’n kaart nie? Hoekom het hierdie roman twee mense wat ’n misdaad moet ondersoek – die gewone speurroman het dikwels net een speurder nodig?

Antjie Krog (1952–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As ek ’n lewe daaruit kon maak, sou ek net wou dig." Lees oor Antjie Krog se lewe en skryfwerk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Press release: Can you tell a story in 500 words?

LitNet
Books and writers

Call for flash stories for a new anthology to be published in 2024.

Press release: A roundtable discussion on translated literature

LitNet
Books and writers

African languages for a global audience: publishers, writers, and translators on the art of translation. Join Bhakti Shringarpure, Hannes Barnard, Raphael Thierry and Tina Kover for a roundtable discussion on translated literature.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 2 tot 8 Desember 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie

Melt Myburgh
Onderhoude (Februarie 2023)

Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.

Menings

Iemand het die waterbal "gedrop"

Chris Heymans
Menings

Gedagtes na ’n regeringbestekopname van water en sanitasie in Suid-Afrika: "Ten spyte van sentrale-regering-ondersteuning aan munisipaliteite dui die Drop-verslae aan dat die volumes en kwaliteit van waterdienste steeds afneem en dat fundamentele hervorming nodig is om die probleme onder die knie te kry."

Meet the election watchdog

Freek Robinson, Terry Tselane
Interviews

Terry Tselane is the executive chairman of the Institute of Election Management Services in Africa (IEMSA), which will act as an election watchdog in the coming South African elections. Freek Robinson asked him to explain the role and the powers of an election watchdog. Also: Who watches the watchdog, and what would happen if the watchdog and the ruling party were to disagree on the outcome of the election?

Die onsigbaarheid van armoede

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Armoede maak soveel mense onsigbaar. Armoede stroop mense van alle waardigheid, dit stroop hulle van geleenthede, dit stroop hulle van die basiese reg om as gelyke behandel te word."

Daar is hoop vir die Noord-Kaap en vir die land se kinders: ’n gesprek oor hoe Loeriesfontein Hoërskool se skoolprestasies verbeter het

Naomi Meyer, Sonja Squires
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"[T]oe het ons programme begin om ook die verskaffing van middele vir die 10 hoofstrome van intelligensie aan te help. In 2023 het die hoërskool oor die 20 leerders opgelewer wat kon deelneem aan distriks-, provinsiale en nasionale proewe in verskeie sportsoorte, meer as 10% van leerders wat musiekinstrumente kon begin speel, en deelname aan eisteddfods en ander feeste is verhoog."

Nothing about us without us

Marlene le Roux
Opinion

"As a country we must stop paying lip service by having commissions and task teams and Zoom meetings. We need to implement existing policies effectively, and we need it to happen now!"

RIP Henry Kissinger – influential American diplomat who shaped policy on southern Africa

David Willers
Opinion

"Kissinger arguably saved the world from nuclear war by defusing geopolitical crises on several occasions during the height of the Cold War."

Nkosi sikelel’ iAfval

Jannie Gagiano
SêNet-briewe

"Net soos daar twee soorte mense in die wêreld is, dié wat rugpyn het en dié wat dit nog gaan kry, so is daar as dit by afval kom net twee soorte mense in die wêreld: dié wat swymelend daaraan smul en dié wat begin suurkwyl as hulle net daaraan dink dat hulle verteringstelsel aan so ’n belediging blootgestel gaan word."

Nou op Voertaal

Daar is ’n ding in die drinkwater!

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Miljarde liters swakbehandelde of onbehandelde riool, industriële en farmaseutiese afvalwater word boonop in riviere en oseane gestort. Altesaam 56% van die land se behandelingsaanlegte is in ’n swak of kritieke toestand."

Johannesburg: ’n stad op die rand van ineenstorting?

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Joburg Crisis Alliance (JCA) is woedend oor die raad se geheimsinnige heraanstelling van Floyd Brink as die stadsbestuurder van die Stad Johannesburg."

Tafel is gedek vir onafhanklike kandidate se deelname aan 2024-verkiesing

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Onafhanklike kandidate het ’n gedeeltelike oorwinning behaal met die hof se uitspraak, want dit gaan nou makliker vir hulle wees om aan die verkiesing deel te neem, omdat hulle nou slegs 1 000 handtekeninge benodig om te kan deelneem."

Minder praatjies en meer optrede nodig teen geslagsgeweld 

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Volgens Action Society sal daar gedurende vanjaar se veldtog 48 kinders en 160 vroue vermoor word."

Festival voor het Afrikaans 2023 was een daad van liefde

Ingrid Glorie
Festivals

"Ook belangrijk is dat de boodschap die we wilden overbrengen – dat het Afrikaans helemaal geen ‘witte’ taal is, en dat de variëteiten van het Afrikaans, zoals het Kaapse Afrikaans en het Griekwa-Afrikaans, zorgen voor groei en creativiteit."

Uitvoergehalte: Kirky van Kirkwood se "Song vir Ma"

Izak de Vries, Kirky van Kirkwoord
Muziek

"Die regte mense kom toe op die regte tyd, sewe jaar later, oor my pad en ewe skielik kon ek my eerste woorde oor die verlies van my ma uitkry. Die skryf van 'Song vir Ma' was soos ’n diep uit-asem vir my."

Nieuwe stemmen

Ingrid Glorie
Literatuur

Tijdens de vijfde editie van het Festival voor het Afrikaans praat Ingrid Glorie met Babs Gons, Ronelda Kamfer, Lynthia Julius en Veronique Jephtas.

Vierde Afrikaans Grammar Workshop lok ongeveer 50 plaaslike en internasionale taalkundenavorsers

Monique Rabé
Over taal

"Baie van die aanbiedings het ook die Afrikaanse grammatika vergelyk met dié van ander Germaanse of onverwante tale, en veral die invloed van taalkontak op hedendaagse grammatikale variasie in Afrikaans is op die voorgrond geplaas."

Akademies en skole

Ondersoek na die ekonomiese lewensvatbaarheid van kommersiële olyfboerdery in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika

Anet Magdalena Smit, Wessel Johannes Badenhorst, Marthinus Jacobus Botha
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Die studie sal bewustheid van die ekonomiese lewensvatbaarheid van olyfboerdery bevorder. As olyfboerdery ekonomies lewensvatbaar is en boere dit aanvaar, sal dit werk skep en die ekonomie stimuleer."

’n Ondersoek na die gebruik van vertaalmetodes deur Afrikaanstaalverwerwingstudente

Asambese Mkumatela
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die dosent kan vertaling in die tweedetaalklaskamer gebruik, veral vir moeilike woorde en terme, want dit help om die studente minder angstig te laat voel en sodoende word die studente deur die ontspanne atmosfeer aangemoedig en gemotiveer om deel te neem."

Persverklaring: Geskiedenissimposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

26 Januarie 2024 | Tydens die simposium sal die hiërargiese struktuur van erfenisbewaring aandag geniet en sal die sukses hiervan krities beoordeel word. Aandag word ook gegee aan die rol van die owerhede en ander instansies in erfenisbewaring.

Persverklaring: POORT 2024 – Inskrywings nou oop

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie nooi alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 sal wees (of matriek in 2023 voltooi het) met skryf- en kunstalent uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie van 2024. Skeppende bydraes in poësie en prosa kan ingeskryf word, asook dramatekste.

Persverklaring: Afrikaanse Taalraad se Kokerwenners 2023

LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

Die Kokertoekennings gee erkenning aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans maak. Die kategorieë is: die bevordering en beskerming van Afrikaans, asook bemagtiging deur Afrikaans; spesiale bydraes tot Afrikaans deur jeugdiges; lewenslange bydraes tot Afrikaans; en Afrikaans-onderwyser van die jaar.

Press release: The UCT Summer School, 13 to 27 January 2024

LitNet
English

The UCT Summer School takes place from 13 to 27 January 2024. Download the complete brochure here.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Op die heel mooiste manier

Helené Prinsloo
Elders gesien

"So sluit die jaar se bekendstellings en boekgeleenthede op die heel mooiste manier af: met Tom Dreyer wat voorlees uit een van 2023 se hoogtepunte (Nou in infrarooi) en Riku Lätti se blouste kitaarklanke en Danie Marais wat voorlees uit wat seer sekerlik 2024 se digterlike hoogtepunt gaan wees (hou die koerante dop)."

’n Onderhoud met Zak Hendrikz oor A Christmas carol by Theatre on the Bay

Maryke Roberts, Zak Hendrikz
Teater

"Ek kan nie met die ou Scrooge identifiseer nie, maar met die nuwe Scrooge, wat agterkom dat Kersfees oor baie meer as net jouself gaan en dat jy in ’n posisie is om een keer ’n jaar mense se lewens te kan verander met positiwiteit, absoluut!"

Stemme

Onthuts

Rachelle Greeff
Stemme | Voices | Amazwi

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Rachelle Greeff se dialoog Onthuts vertolk Susanne Beyers en Desiré Gardner die rolle. Kanya Viljoen was in die regisseurstoel.

 

Wetenskapfiksiekompetisie

Die geskiedenis van die wêreld | Wetenskapfiksiekompetisie

Jaco Fouché
Fiksiekompetisies

"Tot ek die ander tweeletterwoord raakloop. Jy. En steeds antwoord jy nie. Steeds doen ek my plig."

Die professor en die zombievangers | Wetenskapfiksiekompetisie

Santi Kruger
Fiksiekompetisies

"Wat hy in die kombuis aantref, laat die bloed in sy are stol. Koue rillings gly teen sy ruggraat af. Sy ma, sy pa en Zulu is besig om iets te eet. Hulle is vol van die bloed!"

Nuwe skryfwerk

Die hond

Jannike Bergh
Fiksie

"Sy het ’n voorstedelike bestaan in Pretoria geken, en bevind haar tans waar sy gaan aftree, in ’n nuwe huis tussen Rooiels en die Hangklip, tussen mooi dae wat liggies beef in die briesie en die suidooster wat die wêreld skuins waai. Sy aanvaar die nuwe bedeling met sagte, stoïese helaasheid."

Hekelstories

Catherine Janse van Rensburg
Poësie

"Maar ek vang hom in die daglig
Strik hom vas
Hang hom aan ons boom
En na Kersdag haal ek hom af"

Somer

Willem de Swyger
Poësie

"die son se strale wat skyn
oor ’n goudgeel seisoen
wat ruik na jasmyn
en proe soos ’n oopbeksoen"

As jy

Tanya Coetzee
Poësie

"Ons kan saam die vrugte eet in ons paradys,
sal jy vir ewig voel wat ware liefde is."

Verlang

Delia Botha
Poësie

"Ek voel jou.
Ek hoor jou.
Ek sien jou.
Ek proe jou.
Ek ruik jou."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved