|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 964
25/08/2023
|
Krities Afrikaans
|
Leë blikkies vol liefde
Samesteller: Fiona van Kerwel
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9781776073153
’n Eerste Addisionele Taal-kortverhaalbundel vir die Senior Fase
’n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in graad 7 tot 9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, ’n kort opsomming van elke verhaal en ’n biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees.
|  |
|
 |
 |
’n Model vir ’n slimfoontoepassing vir Afrikaanse uitspraak in ’n gemengde-leer-en-onderrigprogram (deel 3 van ’n drieluik)
Jaydey Sass, Elbie Adendorff
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Hierdie artikel is die derde artikel wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel behels die uiteensetting van die navorsingsmetodologie, terwyl die tweede artikel die teoretiese begronding is van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer deur middel van ’n taakgebaseerde benadering. In dié opvolgartikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."
|
|
 |
Die kopskuif om onderwys se toekoms te verseker
Jean Oosthuizen
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Daar bestaan ’n dringende behoefte aan vernuwing wat betref nuwe onderwysmetodes en oplossings om onderwys se toekoms te verseker. ’n Groep deskundiges en opvoeders het verlede Donderdagaand tydens ’n gesprek wat deur die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied is, besin oor moontlike kopskuiwe wat nodig is om die noodsaaklike vernuwing binne die onderwysstelsel ’n werklikheid te maak."
|
 |
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."
|
 |
Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie
Inge Snyman
LitNet Akademies (Regte) (2023)
"Die voorgestelde definisie van wildmisdaad dui verder aan dat sodanige misdaad met ander ernstige verwante misdade soos dokumentbedrog, geldwassery, belastingontduiking en korrupsie verband hou. Met die eerste oogopslag lyk dit of dié interpretasie nie deel uitmaak van die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks nie."
|
 |
LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter
Linda Roothman
Resensies
"Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."
|
 |
Wake up, this is Joburg by Tanya Zack and Mark Lewis: a book review
Chris Heymans
Books and writers
"There is rich nuance in Tanya Zack’s flowing, sensitive narrative and Mark Lewis’s striking photography. The stories they tell are deeply human and individualised, yet cleverly interwoven within Johannesburg’s broader racial, social and economic anomalies."
|
 |
Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan
Eben Viktor
Boeke en skrywers
"Joodse skrywers bly glo in Boekowina as ’n spesiale kreatiewe ruimte. Oostenryk-Joodse letterkunde bereik ’n hoogtepunt juis in die tydperk tussen die oorloë. Tot laat in die dertigs verskyn daar nog nuwe digbundels deur Joodse digters in Tsjerniftsi, vol voorbeelde van florerende liriese bydraes in Duits."
|
 |
laatnageilande: ’n onderhoud met Marlise Joubert
Nini Bennett, Marlise Joubert
Skrywersonderhoude
"Omdat ek meestal laat in die nag skryf en die isolasie soos ’n eilandstilte skerper begin ervaar het, het die titel spontaan na vore gedring."
|
 |
Troula Goosen en die Sproetebessies: ’n onderhoud
Maryke Roberts, Troula Goosen
Skrywersonderhoude
"Vandag nog, wanneer ek vir kinders en jongmense vra watter genres hulle die meeste geniet, is rillers, avontuur-, spannings- en speurverhale, asook spookstories nog altyd hoog op die lys. Ek geniet dit dus om die jong lesers oor hulle skouers te laat kyk en die ganglig saans aan te los."
|
 |
Oor blou melkskommels en zombies: Izak gesels met René van Zyl
Izak de Vries, René van Zyl
Skrywersonderhoude
"Ek moet byvoeg, my eie dogters het op skool altyd sulke interessante aksie-avontuurverhale van oorsese skrywers gelees. Dit het my frustreer dat hulle nie Afrikaans wil lees nie. Dit het half ’n missie van my geword om iets te skryf wat selfs hulle, met hul kreatiewe verbeelding, sou wou lees. Iets anders."
|
 |
Short.Sharp.Stories anthology Fluid: interview with Keith Oliver Lewis, author of "Blue Boy Lagoon"
Karina Magdalena Szczurek, Keith Oliver Lewis
Books and writers
"These characters are fictional, but they are also a quilt of real memories. With this story, I tried my best not to create archetypal characters or fall into the stereotypes that burden coloured characters in the media. I wanted to show these boys with all of their complexities, faults and facets. I believe that these are the things that make us human."
|
 |
Short.Sharp.Stories anthology Fluid: interview with Bridget Pitt, author of "Paper Nautilus"
Karina Magdalena Szczurek, Bridget Pitt
Books and writers
"Storytelling has always been a way of making meaning of our lives, and of processing what has happened to us, individually and collectively. Many of the traditional stories that have been passed down orally, that are still passed down in some communities, emerged through processing traumatic events that the family or community had experienced."
|
 |
Wilma Stockenström (1933–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Elke oomblik is mens, en wat mens is, is ’n daad en is onherroeplik."
|
 |
Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
LitNet
Boeke en skrywers
Die ATKV bekroon jaarliks met hul Woordveertjies-toekennings uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Groter Brics sal namens helfte van die wêreldbevolking praat
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Sowat die helfte van die wêreld se bevolking sal van volgende jaar af in die internasionale Brics-forum verteenwoordig word. Dit volg nadat leiers van die Brics-groep besluit het om nog ses lande uit te nooi om by hul alliansie aan te sluit."
|
 |
Suid-Afrika rol die rooi tapyt uit vir Rooi-China
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Nadat Xi Maandagnag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg aangekom het, is hy verwelkom met ’n kulturele sang- en dansoptrede asook ’n militêre parade deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag."
|
 |
Nederland kry ’n nuwe politieke party
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"In Nederland is die nuweling in die politieke skrum, die konserwatiewe politikus Pieter Omtzigt se Nuwe Maatskaplike Kontrak, beslis ’n party om dop te hou."
|
 |
Suid-Afrikaners draai die rug op Eskom
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Eskom se eie data toon dat huishoudings en besighede ’n geraamde 4 400 MW fotovoltaïese sonkrag (FV) op die dak geïnstalleer het, wat volgens onafhanklike energie-ontleders dubbel die sonkragkapasiteit is wat onder Eskom se vier bodvensters verkry is. Hierdie merkwaardige prestasie is in net een jaar behaal."
|
 |
Pak jou tas: Lissabon
Maryke Roberts
Reizen
"Ek gaan soek veel eerder die beste plek in Lissabon, Portugal om dit te gaan eet. Met beurtkrag en elektrisiteit só duur, belê ek eerder in ’n vliegkaartjie."
|
 |
Apatiese kiesers kan Suid-Afrika red, mits hulle stem
Freek Robinson, Pieter Groenewald
Onderhoude
Freek Robinson sê kenners dink 35% van die stemme is ’n meer haalbare totaal vir hierdie groep partye. Die 51% waarop gehoop word, sou dan ’n hersenskim wees. Pieter Groenewald sê dit is hoekom die apatiese kiesers moet wakker skrik. Die ANC regeer tans met slegs 27% van die kiesers se steun, al het hulle meer as 50% van die setels in die parlement.
|
 |
Die goeie nuus van grondhervorming
Gerrit Rautenbach
Seminare en essays
"PALS laat jou op ’n nuwe manier oor grondhervorming dink – grondhervorming wat ekonomiese groei, werkskepping, voedselsekerheid en sosiale harmonie bevorder. Dis eenvoudig die regte ding om te doen."
|
 |
Beyond the age of demagogues
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"It is a common thing in the South African political scene, approaching elections, that every political party takes its campaign line mark from the Economic Freedom Front (EFF) to jumpstart the race – by a rowdy form of political assertion. This usually takes a form of its cultish leader, Julius Malema, igniting the tinder by doing something deliberately controversial, like singing the 'Kill the Boer' song."
|
 |
Beyond Brics optics
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"Brics must be more of a foundation for economic growth with equal partners, and not be another cause for global political insecurity. The colonial mentality we resent from the West we shall not tolerate from the East either."
|
 |
Wat het skaak en transregte met mekaar te doen?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Nou mag transgender vroue vir minstens die volgende drie jaar, of hoe lank hierdie belaglike ondersoek ook al duur, nie in die vroueliga deelneem nie. Wat die ondersoek behels, is boonop ook onseker. Gaan hulle nou die omtrek van vroue se koppe meet teen dié van mans? Gaan hulle die grootte en massa van vroulike breins bepaal en daarvolgens afleidings maak oor hoe die brein funksioneer?"
|
 |
Die landskap van die psalms
Cas Vos
Seminare en essays
"'n Besinning oor die landskap van die psalms lei vanself na die vraag van die oorsprong van die psalms. Die verdere vraag wat beantwoord moet word, is watter soort psalms in die landskap voorkom."
|
 |
kykNET Silwerskermfees 2023: ’n onderhoud oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Naomi Meyer, Annie Klopper
kykNET Portaal
"Destyds toe ek die idee vir die storie gekry het – en dis nou al ’n paar jaar gelede – het ek dit voor my geestesoog as ’n fliek gesien afspeel. Maar in daardie stadium het ek nog geen benul van draaiboekskryf gehad nie en besluit toe om dit as roman te skryf, want dit was eenvoudig makliker."
|
 |
Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Christi van der Westhuizen, Hein Willemse, Imke van Heerden, Paul Murray, Malcolm Hacksley, Linda Roothman, PP Fourie, Luan Staphorst, Pedro Tabensky, Luvuyo Wotshela en
Tembeka Ngcukaitobi gaan by die Etienne van Heerden Veldsoirée wees. Bespreek nou!
|
 |
Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend
LitNet
NeerlandiNet
Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Deelnemers zijn onder meer Antjie Krog, Stef Bos, Adriaan van Dis, Amanda Strydom, Ronelda Kamfer, Babs Gons, Frazer Barry, Dean Balie, Marlo Minnaar en de Klimaatdichters | 24–26 november, theater De Regentes, Den Haag
|
 |
Wishes beyond glory
Joseph Koetsier
New writing
"I wish you the open heart that brings the truth and love to all mankind,
beyond any political blocks and false leagues.
Only the free flow of borderless wisdom!"
|
 |
Fariseër
Karin Walker
Poësie
"wat sou dit baat
’n vinnige gebed
by die aanskoue
van sy lyk"
|
 |
Ons was al in Suidwes
Willem de Swyger
Poësie
"toe breyten vêr van ons
930 myl suidoos
in die stad van goud
in die stad van bloed
en van uitbuiting
sy goue ode geskryf het"
|
 |
Moeder van Kileen
Melt Botes
Fiksie
"Bokant haar troon Jupiter bo die horison uit en vul die ganse ruimte. Die alomteenwoordige matriarg. ’n Gerusstellende teenwoordigheid, die wakende moeder. Maar vandag is iets anders. Nee, iets is verkeerd. Probeer Jupiter haar aanspreek, haar waarsku?"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|