Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 908

15/07/2022


  Krities Afrikaans

LitNet: Jeugboeke, storm en drang

Pasverskyn

Misfit: Stories vannie anne kant


Skrywer: Chase Rhys
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795710520

Misfit: Stories vannie anne kant bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualiteit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing – die misfits.

Jong lesers

Trompie ’n chauvinis?

Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen
Onderhoude

Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

Naomi Meyer, Anke Theron
Onderhoude

"Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is die koeël deur die kerk."

Sproetebessies en die hart van die Swart Roos: ’n onderhoud met Troula Goosen

Maryke Roberts, Troula Goosen
Skrywersonderhoude

"’n Tikkie fantasie vat kinders net weer weg uit hulle omstandighede na ’n ander wêreld waarin alles moontlik is en waar die goeie oorwin, ongeag."

Die blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories en Die skool vir ramspoedige talente en ander gelukkige stories – ’n resensie

Anke Theron
Resensies

"Hoe kry jy ’n kind aan die lees? Dit is seker een van die moeilikste vrae in die wêreld om te beantwoord. Hierdie twee boeke is moontlik die sleutel waarna jy soek."

Boeke en skrywers

China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer

Fanie Herman, Theo Neethling
Skrywersonderhoude

"Op grond van die persoonlike kontakte tussen Xi Jinping en Cyril Ramaphosa en hulle persoonlike gesprekke tydens die laaste FOCAC-vergadering is die mening dat Suid-Afrika al hoe nader aan China beweeg." – Theo Neethling gesels met Fanie Herman, wie se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit pas verskyn het.

A history of South Africa: from the distant past to the present day, onder redaksie van Fransjohan Pretorius: ’n resensie

André Wessels
Resensies

"Hierdie omvangryke en goed versorgde publikasie slaag op voortreflike wyse daarin om die komplekse en omstrede geskiedenis van Suid-Afrika in perspektief te plaas."

Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: ’n resensie

Carla van der Spuy
Resensies

"Hierdie boek toon weer eens dat die stories oor kansvatters, booswigte en boereverneukers onder ons net eenvoudig veel lekkerder lees as verhale oor die vromes."

Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."

Joy of Books: A new literary festival in East London

Jen Bryson Moorcroft, Izak de Vries
Books and writers

"The aim of the festival is to bring people who love reading, books and storytelling together. We aim to create a positive space to celebrate all things literary, to encourage and inspire others to share their passion and creativity."

Uys Krige (1910–1987)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Dit is op die veld gebore en is so eie aan ons land as die lang geel gras eie aan die grootste deel van Suid-Afrika.” Lees oor Uys Krige se lewe en werk.

Bartho Smit (1924–1987)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ander tale is vir my net woorde. Afrikaans is vir my my ervaring, my verlede, my hede, my toekoms." Lees oor die lewe en werk van Bartho Smit.

Skrywersfees 2022 op Woordfees TV: Volledige program

LitNet
Toyota US Woordfees

Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150, en in Namibië ook op GOtv-kanaal 27, op die lug wees. Laai die volledige boekefeesprogram hier af.

Woordfees op TV 2022: Skepsel, ’n boekgesprek met Willem Anker

LitNet
Toyota US Woordfees

Hier is jou LitNet-herinnering om na Willem Anker se gesprekke oor Skepsel te kyk: Saterdag 16 Julie om 07:03, Dinsdag 19 Julie om 15:02 en Woensdag 20 Julie om 08:41.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 9 tot 15 Julie 2022

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

OuLitNet en uit LitNet se argief

Van Trompie tot Fokofpolisiekar

Koos Kombuis
LitNet-argief (2006)

"Soos alle kinders, het ek van kleins af prentjieboeke deurgeblaai. Maar dit was tydens laerskool dat ek Trompie as karakter leer ken het, en die feit dat daar ’n hele reeks Trompie-boeke beskikbaar was, het my laat aanhou lees. Toe die Trompie-boeke op was, het ek aanhou lees ..."

Ingrid Winterbach, wie se roman Niggie met die Hertzogprys bekroon is, word deur ons paneel onder hande geneem

Deborah Steinmair, Ingrid Winterbach
OuLitNet (2004)

"Altyd Kobie! Kobie van die blonde krulle en bruin oë! (Was dit fluweelbruin? – ek kan nie meer onthou nie!) Hoewel ek deesdae vermoed dat Saartjie met haar donker neurose, haar obsessiewe kompulsiwiteit, dalk nader aan die ondergrond van my eie (en die nasionale) psige lê. Haar weerbarstige lok ten spyt."

KKNK 2001 – God straf die Engelsman vir die Boereoorlog

Carina Diedericks
OuLitNet (2001)

"Ek het bloot na jare in die Angel-Saksiese kloue weer Afrikaans begin lees en was verstom en verbyster oor wat sedert Saartjie Baumann en die Meisies van Maasdorp gebeur het."

Ons moet álmal veilig voel – en dit geld vir gender ook

Elsabé Brits
Uit die argief (2020)

"Nee. Jy kan nie iemand wat transgender is met 'terapie' en/of gebed 'genees' nie. Ook nie mense wat gay is nie, want indien jy dit voorstel, is jy bloot onsensitief en onkundig."

Nou op Voertaal

Ramaphosa gaan land self inlig oor kragkrisis

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die vermoede is dat hy die land binne ’n dag of wat, soos tydens die Covid-pandemie, sal toespreek om die publiek in te lig oor die regering se planne om die huidige krisis te bowe te kom."

The impact of Bo-Kaap gentrification: an interview with Aidan Africa

Menán van Heerden, Aidan Africa
Academisch

"Heritage protection can at best protect the symptom of gentrification (eg by preserving the unique design of the Bo-Kaap’s homes), but it is much less able to protect the very life of the neighbourhood …" Menán van Heerden chats to UCT masters student Aidan Africa about his honours research, "Sense of place: Gentrification experiences of Bo-Kaap’s long-term residents".

Met Remco Campert (1929–2022) werd literatuur een feestje

Guido van den Berg
Actueel

"Het is niet eenvoudig om met één woord of zinsnede het werk van Remco Campert te duiden."

Springbokkleure in gevegskuns

Izak de Vries
Mens en dier

"Ek was verbaas om te sien hoe jong springbokke stoei – dit gaan oor soveel meer as koppe stamp. Dit gebeur natuurlik alles in breukdele van ’n sekonde."

Burgerlike organisasies eis hernubare energie om kragkrisis te verlig

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Groeiende lys van Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies wat bekommerd is oor die land se energiekrisis, doen ’n beroep op die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, om onmiddellik toe te laat dat nuwe hernubare energie geskep en aan die kragnetwerk gekoppel word."

Ministers spring beurtkrag vry, maar hospitale nie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Dit is skandalig dat die Bryntirion-landgoed, ’n klein woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van Ramaphosa se kabinet geleë is, vrygestel is van beurtkrag terwyl hospitale nie is nie."

Taverne-slagtings die gevolg van wettelose samelewing

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Pieter Groenewald sê in sy verklaring die gebreke in Suid-Afrika se strafregstelsel word onderstreep deur die feit dat ’n misdadiger se kans om met misdaad weg te kom, sowat 80% is. Hy sê misdadigers vrees nie meer die polisie nie en hulle word nie afgeskrik deur ontoereikende strawwe sou hulle wel voor ’n hof gebring word nie."

Menseslagtings, asielsoekers, betogers en ’n brand

Milton Webber
In het nieuws

"Nederland sê jammer oor slagting in Srebrenica; ’n Antwerpse universiteitsgebou staan in ligte laaie; asielsentrum is so vol, migrante slaap buite; die polisie skiet glo op 16-jarige boerebetoger; en nóg ’n skraagdosis wink in die Lae Lande."

Menings

Die energiekrisis na 11 jaar herbesoek

Koos Holtzhausen
Seminare en essays

"Eskom is in die posisie van ’n trekboer met te min osse om die hele vrag te trek. Daarom word van die vrag afgegooi ('loadshedding'). As hy dit nie doen nie, sal hy die hele span ooreis en sal die hele span inmekaarsak. In die geval van ’n kragstelsel raak dit onstabiel en skakel af."

Die ekonomie van welstand en lewenskwaliteit

Freek Robinson, Talita Greyling
Onderhoude

Hoe voel Suid-Afrikaners tans? Wat is geluk? Hoe kan dit gemeet word? Freek Robinson gesels met ekonoom Talita Greyling oor Suid-Afrika se Gelukkigheidsindeks.

Onderwystaalwet: BELA is nie kinderspeletjies nie

Frederik Rudolph van Dyk
Menings

"Taal is betekenisloos indien die rol daarvan as lens waarmee die wêreld vir ons geskep en ons tot insig kom, oor die hoof gesien word. Taal is onlosmaaklik deel van menswaardigheid, van ons bestaan, en op sterkte van daardie gelykheid tussen taalbelewenisse moet ons verseker dat taal nie afgetakel word nie, al word dit nie prakties gesproke te alle tye gelyk aangewend nie."

Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman

Naomi Meyer, Dana Snyman
Skrywersonderhoude

"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Marthie de Waal

Naomi Meyer, Marthie de Waal
Onderhoude

"My hart is in gestremdheidstudies. As ek vir een aanleerder of opvoeder die proses kan vergemaklik, sal my hart bly wees. My doel is om voort te gaan in taalverwerwing en gestremdheidstudies en mettertyd verskeie navorsingstukke te produseer wat aan opvoeders riglyne bied (wat ek nie noodwendig gehad het nie)."

USAN 2022 – ’n onderhoud met Lobke Minter

Naomi Meyer, Lobke Minter
Onderhoude

"In my meestersverhandeling het ek op Frankenstein gefokus, en die 'creature' het ek besonders interessant gevind. Hy is uit verskeie liggaamsdele saamgestik en dit het my laat dink aan hibriditeit en die manier waarop littekens dikwels gebruik word om karakters te stereotipeer, al is die litteken self ’n fenomenale manier waarop die liggaam homself genees."

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ’n holte vir swerwersvoete

Marita van der Vyver
Rubrieke

"Maar ek kan nie aftree nie, ek moet aanhou skryf, en hoewel my voete altyd sal aanhou kriewel om verder te reis, begin my vingers ook teen dié tyd jeuk om weer ’n slag ’n boek te skryf."

Elizabeth van der Westhuizen, ’n vrou uit een stuk

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Soos dit gaan met geliefdes wat dood is, behou ek ’n paar helder herinneringe. Oomblikke."

Boris: Hero to zero in three years

David Willers
Opinion

"So, what went wrong? A number of unfortunate coincidences, probably. Most notably, being a man whose reputation as a true libertarian in the John Stuart Mill mould was established, he himself fell foul of too much libertarianism when it entered the sphere of his own life, which, when he became prime minister, made his private behaviour a public spectacle."

Centenary of the 1922 Bondelswarts Uprising

Rodney Warwick
Opinion

"This year marks the centenary of the Bondelswarts Uprising in Namibia – then South West Africa – between late May and early June 1922, and its prompt crushing, which resulted in Jan Smuts’s British Empire-supporting South African Party government attracting significant national and international criticism. What drew attention was the manner of this historically Nama group’s suppression ... This tragic episode followed a long history of fierce Bondelswart resistance against intrusion into their independence."

“Wrong Fugard”

Anthony Akerman
Books and writers

"Athol was spending increasingly longer periods working away from South Africa, but he always returned home to write. He told me he couldn’t write anywhere else. He had to be at home."

Barry Ronge (1947–2022)

Shaun de Waal
In memoriam

Barry Ronge passed away on Sunday, 3 July 2022. Shaun de Waal remembers him.

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Akademies en skole

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Leefstyl

Somerset East and the Walter Battiss Museum: an interview with Ros Turner

Naomi Meyer, Ros Turner
Interviews

"Battiss is a huge subject! Briefly, he was born in Somerset East in 1906 and became South Africa’s best abstract artist. He is still considered to be our best water colour artist."

Good luck to you, Leo Grande: ’n resensie

Leon van Nierop
Film

"Moenie Good luck to you, Leo Grande op sy bolyf takseer nie. Alhoewel dit eintlik ’n muur-tot-muur-dialoog-verhoogstuk is, delf dit veel dieper en beklemtoon dat daar so min plesier in die lewe is."

Woordfees 2022 op TV: Volledige TV-feesprogram

LitNet
Toyota US Woordfees

Vanjaar vier die Woordfees twee keer fees: op DStv-kanaal 150 en in Namibië op GOtv-kanaal 27 vanaf 15 tot 28 Julie en in die vlees in Stellenbosch van 10 tot 16 Oktober. Laai die volledige TV-program hier af.

Press release: SA International Ballet Competition (SAIBC) welcomes international judges and competitors to Artscape – first time in 2 years

LitNet
Lifestyle and entertainment

The forthcoming South African International Ballet Competition (SAIBC) is delighted to be able to once again welcome capacity audiences and international judges and competitors in person to the beautiful Artscape Opera House from 25 to 30 July 2022.The hybrid SAIBC 2022 is open to the public. Advance booking is highly recommended.

Nuwe skryfwerk

Die Kaptein se Tier

Antjie Krog
Drama

Athol Fugard het in Junie 2022 sy 90ste verjaarsdag gevier, en om dié spesiale geleentheid te gedenk plaas LitNet ’n uittreksel uit Antjie Krog se vertaling in Afrikaans van Fugard se drama The Captain’s Tiger.

Vuil kouse

Heloïne Armstrong
Drama

LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na René Cloete se vertolking van Heloïne Armstrong se Vuil kouse. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en die regisseur.

Die vertreksaal

Dana Snyman
Drama

LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Chris van Niekerk se vertolking van Dana Snyman se Die vertreksaal. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en die regisseur.

In die sagte winterson

Willem de Swyger
Poësie

"vroegmôre
se natvars winterlug
soek krake in die nag
styf lê ek agter jou rug"

Mag die wêreld ons vergeet

Paul Maritz
Poësie

"Tog uit jongdigterspen gly geen greep of geluid
geen woede, geen angs, nie ’n tikkie verset"

Plesierland

Neo Mehlomakulu
Poësie

"jou sweet en trane
word gebruik om private jets, exotic vakansies
en Armani-pakke te befonds"

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved