|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 896
22/04/2022
|
Krities Afrikaans
|
Die Anglo-Boereoorlog in kleur
Skrywer: Tinus le Roux
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781776191772
Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Lesers sal talle ikoniese foto’s in Die Anglo-Boereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur. |
 |
|
 |
Oekraïne en die kernopsie: van afskrikking na aanwending
Theo Venter
Seminare en essays
"Dit is om hierdie rede dat lande soos Kanada en Europese lande kernoorloë vrees, omdat die aanwending nie in die VSA of Rusland sal plaasvind nie, maar dat die doodsakkers eerder op hulle grondgebied sal wees. As oorlog egter ’n vorm van onderhandeling is, waaroor word dan onderhandel?"
|
 |
Waarom is Navo ’n vlieg in Poetin se salf?
Izak de Vries
Menings
"Finland en Swede wil skielik by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) aansluit ná dekades van neutraliteit. Die Finne weet hoe dit voel om deur die Russe ingeval te word. Hulle sien hoe die oorlog in Oekraïne besig is om die patroon van hulle stryd tussen 1939 en 1948 te herhaal. Vir Finland en Swede mag Navo ’n lewe-of-dood-situasie wees."
|
 |
Having lost control of the escalatory ladder
Tristen Taylor
Opinion
"Putin fears NATO expansion and the loss of his throne. EU countries are scared that Russia will invade them again. Ukraine understandably fears dismemberment. America fears the end of its hegemony. And China is afraid that its rise to great power status will be thwarted. Fear underlies all the guns, bombs and sanctions. It is what lies behind the bellicose statements and absurd propaganda."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
KZN-vloedramp
Freek Robinson, Roelof Burger, Dewald van Niekerk
Onderhoude
Begin aardverwarming sy tol eis? Of het ander faktore bygedra? Freek Robinson gesels met Dewald van Niekerk en Roelof Burger, albei verbonde aan Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur.
|
 |
Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Nomme een, djy kan maa climate change blame soeveel djy wil virrie balls-up innie Natal in. Maa as die paaie gefix en gemaintain was, dan het die rubbish wat nou angan, nie gebeu nie."
|
 |
Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene
Marita van der Vyver
Rubrieke
"Dis dalk onvermydelik, as jy ná ’n lang afwesigheid terugkeer na jou geboortegrond, dat jy jou soos ’n hond gaan gedra. Grawe-grawe op soek na ou bene om weer bietjie aan te knaag. Dis nie dat jy honger ly nie. Dis net dat niks so lekker smaak soos lank gelede se bene wat jy self begrawe het nie."
|
 |
Sprokie
Nini Bennett
Rubrieke
"’n Sprokiesmooi troue. ’n Bruid se grootste dag. Oral in die media word hierdie idee – of mite – aangeblaas."
|
 |
Eilandaantekeninge
Breyten Breytenbach
Menings
"Terug in die paradys van soet verrottende tyd, opeens, skielik, asof niks intussen gebeur het nie. En tog – hoe lank? – drie jaar? Waar is dit heen? Wat het daarvan geword? Was dit dan net ’n breuk in bewuste syn?"
|
 |
Oo jack hammers, hummingbirds ennie woo’d "passion" onner ’n microscope
Tasneem Daniels
Menings
"Ek is baie proud oo my achievements, maa in hierie stage van my liewe wil ek net my liewe enjoy en my achievements enjoy sonner om exhausted te wies deur my passions, sonner om onner pressure te liewe. Ek wil net oukei wees mettie feit dat ek ’n dag of drie kan af vat om nie op my passions te focus en oukei wees daa’mee."
|
 |
Nuutskepping: "memory foam" in Afrikaans?
Liesl Gerstner
SêNet-briewe
"Ek het vandag by die kassiere in ’n winkel in gesprek getree oor ’n kussing met ’n medekliënt en myself bietjie spitsvondig geag met my poging om ’n Afrikaanse sê-wyse vir ’n Engelse beskrywing te vind."
|
Uit die argief: OuLitNet (1999–2006) |
 |
Die lag van die lumpen-proletariaat as idioom van hibriditeit: hulde aan Adam Small
Jakes Gerwel
Skrywersberaad-argief (OuLitNet, 2000)
"Die suiwerheid van die Afrikaanse taal – en besonderlik literêre taal – was een van die hoofskywe van Small se geniale karnavaliseringsvermoë. Daardie lumpen-spook uit die verre klasse-verlede het in die werk van Small op sy mees ondermynende en destrukturerende uitgeslaan. Die 'skollie'-spreker in Small se poësie en drama hibridiseer die taal, ontluister en ontmasker deur die herinnerde idioom van die lag. Daar is inderdaad weinig lag, en weinig om oor te lag, in die wêreld van Small se sprekers. Die eggo’s van die lag klink op uit die reaksie van die hoorders eerder as die uitinge van die sprekers."
|
 |
Diverse identiteite: tog, man uit een stuk
Jakes Gerwel, Marguerite Black
OuLitNet
"My antwoord sou ook wees dat ek nie dink dat daar iets is soos ’n enkele 'Bruin'- of 'Kleurling'-identiteit nie. Daar is waarskynlik ’n hele reeks identiteite en die definisie van 'Bruinwees' is ’n definisie van buite af eerder as van binne af ... Kleur sou nie vir my die bepalende faktor van my eie identiteit wees nie. Op hierdie moment is ek ’n Afrikaans professor, maar later in die dag is ek ’n krieketadministrateur. ’n Mens het ’n klomp vloeiende identiteite en sekere aspekte daarvan kom situasioneel na vore."
|
 |
Dankie, dankie vir ure se leesgenot
Louis Esterhuizen
Elders gesien
"Liefdesverhale. Skynbaar lees net twee uit elke 100 manlike lesers liefdesverhale, aldus LAPA Uitgewers se statistiek. Ek kan dit nie glo nie, maar nou ja: Ek is een van daardie twee in ’n honderd."
|
 |
Naglandings
Kabous Meiring
Elders gesien
"Ek onthou die landing in Kaapstad met soveel vreugde. Die digte mis, die sagte lug, die reuk van die see. My pa sou dan ’n motor huur vir die hele vakansie, ek onthou spesifiek ’n Toyota Corolla-sedan, beige."
|
 |
Johan van Wyk was elusive, mercurial
Chris Pretorius
In memoriam
"What I found so wonderful about Johan was his mixture of innocence and, to quote John Nankin, his Wikipedia brain. Working with him taught me not only to trust my instincts, but to work with precision and always remain open to chance. Playfulness."
|
 |
Awie Badenhorst, die eksentrieke wetenskaplike
Izak de Vries
In memoriam
"Hy kon die meeste groenes se swak wetenskaplike kennis nie verduur nie, maar hy het baie deeglik verstaan dat ons besig is om die aarde op neuk met die manier waarop ons gasse in die lug stoot wat die atmosfeer verhit. Vir die ontkenners, soos Donald Trump en ander wat nie eens die wetenskap probeer verstaan nie, was sy geduld nog minder as vir die groenes."
|
 |
Rhoda Kadalie, ’n dapper vrou
Danie van Wyk
In memoriam
"Sy was ’n intellektuele reus en was diep bekommerd oor alle Suid-Afrikaners en het nooit haar komvandaan ontken nie. Sy het ’n passie vir die onderwys gehad en was teleurgesteld dat die ANC-regering gefaal het om ’n werkbare en volhoubare onderwyssisteem daar te stel wat met die res van die wêreld kan meeding."
|
 |
Obskure digter word stil
Gert J Brits
In memoriam
"De Waal Venter se oeuvre strek oor vele terreine van produksie, in verskillende genres van dig-, prosa- en skryfkuns (onder andere romans, wetenskapfiksie, jeugverhale en radiodramas) oor lang periodes, onder etlike heteronieme; en dan veral as vertaler uit verskeie literêre tradisies."
|
 |
De Waal Venter in beeld
Johan Kotze
In memoriam
’n Akademieprys vir vertaalde werk is in 2020 aan De Waal Venter toegeken vir Vandag is boordensvol, sy vertaling van die poësie van Pablo Neruda. Johan Kotze deel sy foto’s van die bekendstelling as ’n huldeblyk.
|
 |
Ramaphosa bel uiteindelik vir Zelenski
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Bykans twee maande nadat Rusland Oekraïne binnegeval het, het president Cyril Ramaphosa Woensdagaand uiteindelik ook met die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, gesprek gevoer oor die oorlog in sy land."
|
 |
Koppe gaan rol oor onwettige Kubaanse medisyne
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Van die belangrikste aanbevelings uit die taakspan se verslag is dat die militêre bevelsraad na bewering opdrag gegee het om die medisyne van Kuba in te voer, skynbaar wetende dat dit onwettig was omdat die nodige regulasies nie nagekom is nie."
|
 |
Eskom moet tot ’n ramptoestand verklaar word, sê DA
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die entiteit se ou eenhede is op lewensondersteuning en gee voortdurend in, wat daartoe lei dat kragonderbrekings op kort en uitmergelende kennisgewing aangekondig word, sê die party in ’n verklaring."
|
 |
Buskaartjies, kettingbotsings en ruspes
Milton Webber
In het nieuws
"’n Paar kaartjiekontroleurs behandel ’n buspassasier hardhandig; busse loop weer na Oekraïne; Nederland se ambassade open weer in Oekraïne; voertuie van die Nederlandse weermag is in ’n kettingbotsing betrokke in Tsjeggië; groot skadevergoeding betaal ná ’n bevalling; en ruspes word met parasiete bestry."
|
 |
Nasionale ramptoestand na grootse vloed ooit in SA
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Omvangryke maatreëls is Maandagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig om die nood aan te spreek nadat die grootste vloed ooit in Suid-Afrika ’n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal (KZN) agtergelaat het."
|
 |
Xenofobie laat gemoedere opvlam
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die 43-jarige Nyathi, wat as tuinier in Johannesburg gewerk het, is onlangs na bewering aangerand en aan die brand gesteek nadat hy gevra is om sy dokumente van herkoms te wys."
|
 |
Groot Karoo sluk jou holderstebolder in
Maryke Roberts
Reizen
Die Karoo met sy vlaktes, lae heuwels en byna swart voorkoms as jy in die verte tuur, is allesbehalwe dor, onherbergsaam of oninteressant, het Maryke Roberts weer opnuut ontdek met ’n besoek aan Roam Private Game Reserve duskant Prins Albert en Beaufort-Wes en naby De Rust.
|
 |
Vra die veearts: Dowe pitbull hap as hy moet bad
Marianne Lomberg
Mens en dier
Ronelle skryf: "Ek het ’n 5 jaar oue, dowe pitbull. Ons kan hom nie bad nie, want hy sal ons byt. Is daar iets, soos ’n pil, wat ek hom kan gee om te slaap en hom dan te bad?" Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Ask the vet: Our dog licks its paws raw
Marianne Lomberg
Mens en dier
Nina writes: "Our dog continuously licks his paws. The areas between his toes are sometimes almost completely raw." Read Marianne’s answer.
|
 |
British-born South African author Mary Renault
Herman Lategan
Books and writers
Close to World Book Day on the 23rd of April 2022, Herman Lategan remembers Mary Renault: "Why, then, is she hardly known in the country from where she wrote hit after hit, bestsellers that have been translated into some 20 languages and that have sold millions of copies in English alone?"
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Literêre pryse: ’n Oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld
Marni Bonthuys, Ronel Foster
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Tradisionele literêre institusies se posisie is aan die verander in ’n era waarin kanonisering, wat nog altyd ’n dinamiese proses was, al vinniger plaasvind. Literêre toekennings weerspieël verder die sosiale, politieke en ekonomiese faktore wat binne hierdie bepaalde tydsgees ’n rol in die samelewing speel."
|
 |
Graad 10: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie? Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk hierdie kwartaal.
|
 |
Die halwe huis, ’n onderhoud met Ricardo Arendse
Ricardo Arendse, Izak de Vries
Suidoosterfees
"Vir my lê die hoop in wat ná die vertoning gebeur, wanneer jy by jou huis sit en dink aan Bumper of oor ’n drankie met vriende gesels oor die temas."
|
 |
Skrywersblok
Isabella du Toit
Poësie
"Hoe is dit dan dat ek vannag
my gevoelens moet uitstook
ek wat g’n pensku
deursigtig op ’n wit blad"
|
 |
Tyd brand
Christiaan Becker
Poësie
"In al sy seisoene, al sy kleure
Het hy ervaar dat liefde en smart hand aan hand loop soos ou vriende
Die een kan nie sonder die ander nie"
|
 |
Vir Monica
Christo Meyer
Poësie
"Djy’t gesê djy is spyt
Djy het my ooit ontmoet
Djy’t innie nag ve’dwyn
Djy’t my nie ees gegroet"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|