Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 869

30/09/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Afrikaans onder een DAK

Pasverskyn

Die spore van Gert Saggiestrap


Skrywer:
Marco Botha
Uitgewer: Flyleaf
ISBN: 9781991202697

’n Naam is nie net ’n roepding nie. Dis ’n ding wat jóú roep. Só het oom Dahm vir Gert Saggiestrap terug lewe toe probeer bearbei. Toe reeds 14 jaar sy spoor byster in die oer-rivierlope van die ua pukiro in die Omaheke.

Menings

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Danie van Wyk
Universiteitseminaar | University Seminar

"What DAK wishes is for Afrikaans-speaking youth to achieve at least a first qualification in their mother tongue. At stake is not only a language, but also the upliftment of a community, an entire country, and the continent."

Persverklaring: SA Akademie betreur Blade Nzimande se uitlatings oor die Afrikaanse taalgemeenskap

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die agbare Minister se bedenklike taalpolitieke uitlatings oor Afrikaans en haar taalgemeenskap laat die SA Akademie met geen ander keuse nie as om sy uitlatings ten sterkste te betreur en ’n dringende beroep op Nzimande te doen om hom van ingeligte taalkundige advies te laat bedien.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo Venter

Freek Robinson, Theo Venter
Onderhoude

Gaan korrupsie ’n rol speel? Het jonger kiesers geregistreer? En die gesag van die OVK? Freek Robinson pols Theo Venter, politieke en beleidspesialis, oor die stand van sake.

Verkiesingskoors of electile dysfunction?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog ’n bietjie vroeg, maar hier teen middel-Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer."

South Africa: Democracy or idiocracy?

Jan-Hendrik de Villiers
Opinion

"And what would South Africa be without its biggest export: corruption? A popular anecdote says that if corruption were an Olympic sport, South Africa would win the gold, silver and bronze medals."

SA Akademie skop vas teen "drogredenasies" oor die pandemie en inentings

Anne-Marie Beukes, Melt Myburgh
Onderhoude

Anne-Marie Beukes, hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, verduidelik waarom dié instansie sterk standpunt teen drogredenasies oor die pandemie en inentings móés inneem.

Die COVID-19-pandemie se invloed op sielkundige trauma

Louis Awerbuck
Seminare en essays

"’n Suid-Afrikaanse vrou word in Nieu-Seeland aangekla dat sy haar kinders om die lewe gebring het. Nuusberigte wat oor hierdie grugebeurtenis verslag doen, verwys na emigrasie, grendelinperkings, isolasie en medikasie wat nie gebruik kon word nie. Mens kry die idee dat die omstandighede wat met die Covid-pandemie gepaard gaan, ’n moontlike rolspeler in die tragedie kon gewees het."

Reaksie op Elsabé Brits se onlangse Voertaal-artikel rondom wantroue in die entstof

Pieter Loftus
SêNet-briewe

"Die artikel het inderwaarheid niks met inentings te doen nie. Dis meer maar oor haar siening van Afrikaners ..."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Franz Marx – swáár afskeid van ’n geliefde korrelkop

Nic de Jager
In memoriam

"In die vyftig of so jaar wat ek hom geken het, het ons mekaar baie gespot – as hy Die geheim van Nantes ophaal om my te beledig, het ek hom vinnig aan Jy is my liefling herinner." – Nic de Jager bring hulde aan Franz Marx.

Franz Marx: Hoeveel mense het jou "mentor" genoem?

Amanda Strydom
In memoriam

"Ek was 23 jaar oud toe Franz Marx my toekoms heeltemal verander het. Hy kon baie verder as ek sien."

Elders gesien: Michiel Botha – in memoriam

Annie Olivier
Elders gesien

"Michiel, die gat is so geweldig groot en onmoontlik om te vul. Ons gaan jou verskriklik mis."

Elders gesien: Michiel Botha het hom hart en siel aan ’n boekontwerp oorgegee

Frederik de Jager
Elders gesien

"Deur die gestalte wat hierdie man aan boeke gegee het, het hy ’n bydrae tot die boekbedryf in Suid-Afrika gemaak wat nie bereken kan word nie."

Nou op Voertaal

Druk neem toe op minister om Afrikaans as inheems te erken

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die DA het Maandag ’n klag by die Menseregtekommissie teen Nzimande ingedien oor sy aandrang dat Afrikaans as ’n 'uitheemse' taal in Suid-Afrika geklassifiseer word. Volgens die DA is dié standpunt haatdraend en ongrondwetlik."

Konstitusionele Hof sê Afrikaans is nie die taal van rassiste en onderdrukkers nie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die vereenvoudigde aanname dat Afrikaans die taal van wit mense en onderdrukkers is, berus geheel en al op waninligting wat indruis teen die ware geskiedenis van die taal se oorsprong en ontwikkeling."

Tronkstraf geëis vir betrokkenes van Digital Vibes-skandaal

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor Digital Vibes, wat onder andere bewusmaking moes doen onder die publiek oor die COVID-19-pandemie, bevat verdoemende getuienis van grootskaalse leuens en bedrog waarby die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en sy familie direk betrek word."

Nederlandse minister geskors, betogings teen koronapas (Nederland)

Milton Webber
In het nieuws

"Honderde betogers het in verskeie stede in Nederland hul protes aangeteken teen die nuwe maatreël van ’n korona-toegangsbewys. Op dieselfde dag het staatsekretaris Mona Keijzer die trekpas gekry – juis oor die pas. Mark Rutte se beveiliging is sterk verskerp en al minder Franssprekende leerders in België neem Nederlands."

Europese parlemente gevra om druk uit te oefen op Suid-Afrika se rassebeleid

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Afvaardiging van die vakbond Solidariteit het onlangs uit Suid-Afrika na Europa vertrek om die lande te probeer oorreed om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas."

Week van het Nederlands: Programma | Program

Voertaal
SASNEV

Literêre gesprek: Alfred Schaffer en Chika Unigwe | de lage landen: Volg onze taalgesprekken | Inryteater: De Premier, geregisseer deur Eric Van Looy | Discussie: Drietalig Woordenboek van het Kaaps (DWK) | Inryteater: Vele hemels, geregisseer deur Jan Matthys | Opelugmark met kosstalletjies | Studio SASNEV met Kabous Meiring.

Week van het Nederlands: Studio SASNEV met Kabous Meiring

Voertaal
SASNEV

Alle gesprekke sal gratis op die Vrystaatfees se internetplatform gedeel word en die hoogtepunte sal ook op Voertaal beskikbaar wees. Enkele hoogtepunte: Stef Bos | PEN International; Nederland; Vlaanderen en PEN Afrikaans gesels met Alfred Schaffer oor taal, vertaling, vryheid van spraak en persvryheid. | Die KKNK se Hugo Theart gesels oor TekstMarkt. | Die bydrae van Fries en Kaaps tot die moderne taallandskap. | Daniel Hugo gesels oor vertaalwerk.

Week van het Nederlands: Volg onze taalgesprekken

Voertaal
Taalunie

Hoe helpt technologie onze taal vooruit? Hoe dekoloniseren we het Nederlands? En wat doen we met regionale talen? de lage landen zoekt naar antwoorden tijdens drie virtuele lunchgesprekken in de Week van het Nederlands, van 2 tot en met 9 oktober 2021.

Ervaar die Eikestad saam met glanssjef Bertus Basson en sy vriende

Maryke Roberts
Culinair

Die Toyota US Woordfees se eerste TV-opwipkanaal, Fees TV, is die eerste kunstefees wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai word en gaan soveel moontlik van die geliefde Stellenbosse atmosfeer weerspieël. Die beste voorbeeld hiervan is gewis die glanssjef Bertus Basson se drie kuiers, Bertus Basson en vriende. Maryke Roberts vertel meer.

Op zoek naar een beter leven. Hoe een Gronings weesmeisje via Transvaal en Texas in Zuid-Amerika belandde

Ingrid Glorie
Geschiedenis

"Het beeld dringt zich op van migranten die in onze tijd met gammele bootjes de Middellandse Zee oversteken en aan de poorten van Europa kloppen. Roelfina Wolthekker kon een van hen zijn. En ze kon ook ónze oudtante zijn geweest. Dat is een gedachte die nederig stemt."

Persbericht: Radboud Universiteit verleent eredoctoraat aan Adriaan van Dis

Voertaal
Cultuur

Adriaan van Dis ontvangt op 11 mei 2022 een eredoctoraat van de Radboud Universiteit in Nijmegen voor zijn verdiensten als ambassadeur voor het leren van talen en culturen.

Vra die veearts: Epilepsie

Marianne Lomberg
Mens en dier

Sandra skryf: "Goeiedag. Wil graag met ’n diereprater kontak maak oor my dachshund wat skielik begin seizures kry het, alhoewel die veearts niks in bloed kon optel nie." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt

Marianne Lomberg
Mens en dier

Ria Vuuren skryf: "My 7-jarige JR-tefie raak histeries as ek die huis verlaat. Sy raak so erg dat sy my byt. Het al alle remedies gebruik. Niks werk nie. Help asseblief." Lees Marianne se antwoord.

Akademies en skole

Onderwysers as slagoffers van geweld deur leerders in Suid-Afrikaanse skole

Nico Botha
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Hierdie studie sou kon dien as ’n argetipe wat gebruik kan word in die soeke na oplossings vir geweld teen onderwysers in skole, en vir geweld in skole in die algemeen."

Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier

Kristy Claassen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In die diskoers rondom die etiese verantwoording van kernkragvoorsiening neem plaaslike gemeenskappe ’n sentrale plek in op grond van die onbetwisbare feit, enersyds, dat hulle voordeel trek uit die betrokke tegnologie en andersyds omdat hierdie gemeenskappe in die eerste linie geraak word deur die moontlike negatiewe gevolge van die besondere tegnologie."

Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet

Marita van der Vyver, Melt Myburgh
Skole

Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.

Wiskundeverrykingsartikel: Gemiddelde

Pieta van Deventer
Skole

"Ons word van jongs af bekendgestel aan die begrip van 'die gemiddelde'. Het iemand al vir jou gevra om te verduidelik wat met 'die gemiddelde', of meer korrek, 'die rekenkundige gemiddelde' van ’n steekproef van getalle bedoel word?"

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Kennisgewing: SA Akademie bied ruim nagraadse beurse vir 2022

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel weer ruim beurstoekennings beskikbaar vir die 2022- akademiese jaar vir magister- en doktorale studie in enige studierigting wat in Afrikaans uitgevoer sal word.

Kennisgewing: Taalkommissie se splinternuwe Adviespaneel

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi jou om deel te word van ’n opwindende inisiatief om ons Taalkommissie te vernuwe.

Boeke en skrywers

Simoelégri: stad van onrus deur Jaco Fouché – ’n resensie

Willie Burger
Resensies

"Die roman bied soveel potensiaal, maar die gevoel is dat dit nog meer afgewerk en deurdink moes gewees het."

Simoelégri: stad van onrus – ’n onderhoud met Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché
Skrywersonderhoude

"Ek hou van vervulde mense en ek het baie respek vir ambisie en prestasie. Maar aan die rand van die samelewing kom jy op ’n hart af wat jy nie in gegoede kringe aantref nie."

Disteltyd deur Marlise Joubert: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

"In Skotland word die distel geëer as heraldiese simbool van dapperheid. Die gemene deler tussen al die teenstrydige simboliese betekenisse is egter een van volharding – Disteltyd is ’n ryk geskakeerde bundel en Joubert skryf met ’n deurwinterde digtershand waarin sy op kaleidoskopiese wyse bestekopname neem van ’n lewe."

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Die boek is so geskryf dat dit eenvoudig ’n plesier is om te lees. Gestroop van ingewikkelde woorde en konsepte en teorieë. Onpretensieus."

An island by Karen Jennings: a book review

David Attwell
Books and writers

"An island is an ethically driven and formally accomplished novel."

Bait – to catch a killer by Janine Lazarus: a book review

Ben Booysen
Books and writers

Captain Ben Booysen, senior investigating officer in the Krugersdorp murders on which the Showmax documentary Devilsdorp was based, writes: "Please note that no investigating officer follows the same route as another one, and my approach I have mentioned does not mean the investigators therefore did something wrong. It is rather that my methodology in identifying the suspect would have been different."

Steve Hofmeyr (1964–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Máár as ek skielik weggevat word, sal ek nie kan sê dat ek ooit verveeld was nie."

Eerste slukkie: Renaldo Schwarp se Skeef

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

"Ek hoop dat hierdie mense se sigbaarheid ander sal inspireer om kasdeure oop te skop. Makliker gesê as gedaan, ek weet."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 24 tot 30 September 2021

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition is ’n must-see vi alle Suid-Afrikaners

Tasneem Daniels
Kuns

"Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition byrie Castle of Good Hope in Kaapstad is ’n sensory experience of note vi history lovers en celebrators wat op ’n trip down memory lane wil gaan tydens Heritage Month 2021, of as hulle ’n window wil kry narrie areas of heritage wat voo baie van ôse tyd gebeur’t."

Toyota US Woordfees op TV: Daaglikse programskedule

LitNet
Toyota US Woordfees

Jy weet nou al die Toyota US Woordfees word vanjaar op DStv-kanaal 150 uitgesaai, maar weet jy wanneer al die items plaasvind? Hier is die programskedule.

Toyota US Woordfees op TV: Anna-Mart van der Merwe oor Valsrivier

Yolanda Wessels, Anna-Mart van der Merwe
Toyota US Woordfees

"Die pyn van verlies, die pyn van onderdrukking, die pyn van hongerte en armoede … dié gaan ons nog vir lank moet aanspreek en met eerbiedige respek hanteer. Ons mag nie moeg word of opgee nie."

Toyota US Woordfees op TV: Hannes van Wyk oor Sê groete vir Ma

Yolanda Wessels, Hannes van Wyk
Toyota US Woordfees

Hannes van Wyk betree vir die eerste maal in baie jare die verhoog, al is dit ook op die TV vir die Toyota US Woordfees 2021, in sy splinternuwe eenmanstuk, Sê groete vir Ma. Hy praat met Yolanda Wessels oor sy ervaring.

Twee prettige blokkiesraaisels vir jou genot

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Leefstyl

"Hou kop van die rigting waarin jy beweeg, geniet dit en kom veilig tuis."

Persverklaring ‒ New Voices: Xolisa Ngubelanga se It’s my baby in September by Kunstekaap

LitNet
Suidoosterfees

Kunstekaap, in samewerking met die Suidoosterfees, bring Xolisa Ngubelanga se drama It's my baby tot 1 Oktober op die planke. Dié produksie is deel van vanjaar se langverwagte New Voices-program.

Persvrystelling: Die dinge van ’n kind kry ekstra speelvak by Hoërskool Jan van Riebeeck

LitNet
Suidoosterfees

Die gewilde verhoogstuk Die dinge van ’n kind, gegrond op Marita van der Vyver se trefferroman, word van 13 tot 17 Oktober 2021 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer. Cintaine Schutte speel in die verhoogweergawe, wat deur Francois Toerien verwerk en deur Nicole Holm geregisseer is.

Nuwe skryfwerk

Veteraan

Susanne Pretorius
Poësie

"jou hande vou om ’n koppie koffie
sterk hande wat eens ferm
aan ’n geweer moes klou
dieselfde hande wat sagkens
jou babaseuntjies kon vashou"

Tyd van verhuising

Ferdi Wheeler
Poësie

"verbrokkel en vervloei
en in die grou eerste lig
staan katel, stoel en hangkas
in hul verlatenheid afgeëts"

As môre nie ontwaak nie

Drienie Joubert Kelly
Poësie

"kyk hoe kleur die rante in vloeiende amber
gaan lê die laatmiddag lepel teen skemer se rug
vrede steek vuur aan in die kaggel van my hart
en dankbaarheid kniel versugtend in my gemoed"

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved