Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 819

02/10/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou angstige tiener

Fresh off the press

Hidden Pretoria


Authors: Johan Swart and Alain Proust
Publisher: Penguin Random House
ISBN: 9781432304652

Despite being South Africa’s capital city, Pretoria has often played a supporting role to bold and brash Johannesburg and Cape Town’s cosmopolitan charms. However, when it comes to architectural heritage, the Jacaranda City is well-endowed.

Akademies en Skole

Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies

Melt Myburgh, Danie Kloppers
Onderhoude

"Tieners sien alles deur ’n vergrootglas: verliefdheid is LIEFDE; een klein puisie is ’n RAMP; ’n dag sonder data is ’n LEEFTYD."

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

Rinda Botha
LitNet Akademies (Regte)

"In teenstelling met Suid-Afrika, waar verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs as strafversagtende faktor by vonnisoplegging dien, sou hierdie verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland daartoe aanleiding gee dat moord met voorbedagte rade as manslag beskou sou word."

Polisiëringsbestuurstrategiëe in intelligensiegedrewe ingrypings: vragmotorkapings as gevallestudie

Rudolph Zinn
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Polisiëring was in die verlede meestal reaktief en gebaseer op geskiedkundige data (statistiek) wat soms 18 maande oud was. Misdaadinsidente is tot ses maande ná ’n volledige boekjaar deur misdaadontleders verbonde aan die SAPD saamgevoeg en ontleed voordat die statistiek bekend gemaak is."

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres
Onderhoude

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees?

Uit Juffrou se dagboek: Veelvoude en faktore

Amanda le Roux
Skole

Is jy ’n onderwyser wat net hierdie jaar se kurrikulum wil afhandel? Amanda le Roux help om jou toe te rus sodat jy die kinders kan help om nie net wiskunde te doen nie, maar dit ook te verstaan. Haar dagboekaantekeninge van haar eie ondervinding rondom wiskundeonderwys kan jou help. Laai dit gratis hier af.

Graad 5: Afrikaans Huistaal – vraestelle en memorandums

Eugene van der Westhuizen
Notas, toetse en vraestelle

"Dikwels beskryf mense ’n geselligheid met die woorde: 'Dit was nou vir jou ’n fees!' Min mense besef egter hoe ’n belangrike rol feeste in die mens se lewe en in die samelewing speel." Jou graad 5-Afrikaans Huistaal-hersiening kan ook sommer ’n fees wees. Laai gratis vraestelle en memo’s hier af.

Graad 10 Huistaal: Taal- en leesoefening en memo met Best Books

Isabella Venish
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n nuttige taal- en leesoefening en memo vir graad 10- Afrikaans Huistaal-leerders uit Best Books en Isabella Venish se Eksamenhulp-boek.

Persvrystelling: Gratis aanlyn lees-en-luister-biblioteek

LitNet
Skole

"Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het op 30 September 2020 sy nuwe gratis en aanlyn lees-en-luister-biblioteek bekendgestel. ’n Gebruiker wat na die teks luister, sien dus ook terselfdertyd die skrifbeeld, en die verband tussen klank en spelling word duidelik gemaak."

Boeke en skrywers

Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort

Melt Myburgh, Leonie van Rensburg
Onderhoude

"Uitgewers begin ook nou die kleinhandelmark betree, wat vir boekwinkels nie goeie nuus is nie. Ons verskaffers word nou ons mededingers en ek dink dit is baie sleg vir boekwinkels."

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Johannes Meyer, Fanie Viljoen, Izak de Vries
Skrywersonderhoude

In hierdie Zoom-gesprek praat Fanie Viljoen met Izak de Vries en Johannes Meyer oor Fanie se jongste boek – die grafiese roman Laaste lewe.

Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n resensie

Kobus Krüger
Resensies

"Hierdie land dryf ’n krisis binne waarin die toekoms van die Westers-gewortelde kulturele tradisie, en van Afrikaans as ’n draer daarvan, nie vanselfsprekend is nie. In hierdie situasie is Middeleeuse filosofie van die grootste relevansie, verlede-waarderend en -bevestigend, en so toekomsskeppend."

As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel

Izak de Vries
Resensies

"Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief."

Prisoner 913: The release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet

Bill Nasson
Books and writers

"A detailed and intricately plotted reconstruction of the actions surrounding the eventual release of Nelson Mandela from prison, Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet’s Prisoner 913 has some of the attributes of a good political or contemporary historical thriller – atmosphere, suspense, intrigue, surprise and double-dealing."

COVID-19: As die biblioteek agter slot en grendel is

Gerda-Marié van Rooyen
Boeke en skrywers

"Hoewel al die biblioteke oor die land heen nog nie oop is sedert die instelling van die grendelstaat nie, en dié wat wel oop is dinge op ’n aweregse manier doen, hoef dit geensins ywerige lesers en luisteraars van boeke morbied te laat nie, want daar is baie opsies om ’n leeslus mee te stil."

Vers en tegniek

Crito
Blogs

"Mens hoef net Stefan van Zyl se hantering van Die sterre is lankal dood (Johann de Lange) te lees om te weet dat hier met groot erns en respek oor die digter se oeuvre nagedink word."

Willem Anker (1979–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers."

Persverklaring: Orale stories herleef in die kuberruim

LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

BiB, ’n splinternuwe oudioteek, maak haar deur oop. LAPA is baie trots om ons boeke te kan sien én hoor in hierdie nuwe ruimte.

Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub

LitNet
Leeskringe

Literaal is ’n lit nuwe boekklub wat landsgrense oorsteek en wil brûe bou tussen lesers van Suid-Afrika, Nederland en België. Die eerste gesprek het op 1 Oktober op Zoom plaasgevind.

Kortlys bekend vir Helgaard Steyn-prys vir Skryfkuns | Helgaard Steyn Award for Literature shortlist announced

LitNet
Boeke en skrywers

Vanjaar se toekenning word gemaak vir skryfkuns, en enige Afrikaanse werk – fiksie of niefiksie – wat tussen 2016 en 2019 verskyn het ... Kom in aanmerking.

Menings

Die Staat versus Oscar Pistorius: ’n herbesinning – deel 2

Chris Marnewick
Seminare en essays

"Ek is van mening (...) dat die kruisverhoor van Pistorius op die Zombie-stopper-video ontoelaatbaar en onregverdig was; dermate dat sy reg op ’n regverdige verhoor fataal misken is, met die gevolg dat ’n mislukking van geregtigheid gevolg het."

Die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad se konseptaalbeleid: Wat het dit met ’n bredie te make?

Cerneels Lourens
Seminare en essays

"Wat hou die RPR se taalbeleid en die hoofregter se dekreet dat Engels die enigste hoftaal is, vir Afrikatale in? Onder die rookskerm dat ons nie ons tale op mekaar moet afdwing nie, sê hulle dat die Afrikatale eintlik maar net suigstokkies gekry het toe hulle amptelik gemaak is."

Clicks se "herrie-advertensie": risiko’s, kontrole en besluitneming

Handré Brand
Seminare en essays

"Tydens die onlangse herrie oor die omstrede Clicks-advertensie het die hare behoorlik gewaai. Beskuldigings is oor en weer geslinger, saakbeskadiging is gepleeg en personeel is geskors. Sou dit enigsins sinvol wees om (van buite) enkele deurslaggewende onderliggende faktore te probeer identifiseer wat in ’n korporatiewe bestuursomgewing van kardinale belang is en meer lig op hierdie dilemma kan werp?"

Oktobermaand en lente in ons lewens

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Nooit gedink die dag sal aanbreek dat ek dit sê nie, maar ons hier aan die suidpunt van Afrika is baie, baie beter af as die grootste moondheid in die wêreld."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ivan Meyer

Freek Robinson, Ivan Meyer
Onderhoude

Waarom is die DA ’n voorstander van wat hulle nierassigheid noem? Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, vertel meer.

Het die DA of John Moodey se waardes en beginsels verander?

Jason Lloyd
Rubrieke

"Wie is meer skuldig? Die een wat in die donkerte struikel en val of die een wat die donkerte veroorsaak het?"

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams

Freek Robinson, Quinton Adams
Onderhoude

Nege wonings op ’n agterplaas in Stellenbosch. Een toilet. Een kraan. Een buitetoilet vir sewe families. In die Kaap wag honderde duisende mense vir huise. Dié wat al dekades op waglyste is, word laer afgeskuif. ’n Opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, maak dit sy missie om waardigheid te herstel en lewens te herbou.

Wenners: Woorde in ’n digitale wêreld

LitNet
Wen

Op Wêreldgeletterdheidsdag het LitNet gevra: "Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld?" Ons het baie inskrywings gekry, en ná heelwat kopkrap het ons die wenners aangewys.

Leefstyl

My octopus teacher: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Vergeet eentonige dokumentêre met pratende koppe oor vervelige onderwerpe. My octopus teacher op Netflix is een van daardie ervarings waaruit jy leer en wat jou verryk."

Teenage bounty hunters – an unexpected oddity

Reney Warrington
Film

"Sure, season one might not have been an integrated whole, but it serves as the perfect warm-up for something darker, edgier and more out there. Count me in."

Barakat, die film: ’n onderhoud met Amy Jephta

Maryke Roberts, Amy Jephta
Film

"Ek vertel eerstens menslike stories. Ek wil graag glo dat ek in my karakters se menslikheid indelf en dat ek sensitief is vir die nuanses van die regte lewe."

Refentse se Wandel in my woning: ’n onderhoud

Maryke Roberts, Refentse Morake
Musiek

"Ek glo nie aan doelwitte nie, want dit het beperkings. Ek glo dat jy in jouself moet belê en dinge sal gebeur."

 

Erfeniskos in Erfenismaand

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek het in die Karoo grootgeword en maar eers hier in die Kaap met waterblommetjiebredie kennis gemaak. Ek het by Cass [Abrahams], uit haar boek, geleer hoe om dit te maak."

Nou op Voertaal

Argitektuur en natuurskoon lok jou terug na historiese Swellendam

Maryke Roberts
Reizen

Die Bolandse dorp Swellendam is Suid-Afrika se derde oudste en dateer uit 1745. Die pragtige argitektuur, onbelemmerde natuurskoon en bekroonde wyne maak dit beslis ’n gewilde kuierplek, skryf Maryke Roberts.

Besoek Suid-Afrika: Darling se blomme

Izak de Vries
Reizen

"Darling, slegs sowat 80 km van Kaapstad af, is ’n uitstekende begin van ’n blommevakansie weens die groot aantal veldtipes om die dorp. Meer as 1 200 plantspesies is reeds om Darling opgeteken."

Herdenkingssymposium voor Elsa Joubert

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

Op donderdag 5 november organiseert het Zuid-Afrikahuis in samenwerking met de Commissie voor Zuid-Afrika van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde een herdenkingssymposium voor Elsa Joubert.

NG Kerk-gemeentes in finansiële dilemma weens grendelstaat

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Hoewel gemeentes sedert die instelling van vlak 1 toegelaat word om weer tot 250 mense in eredienste toe te laat, verneem Voertaal van verskeie gemeentes waar die bywoning van eredienste sedert die inperking selfs minder is as die toegelate 50 mense onder vorige vlakke van inperking."

Queeraktiviste plak in luukse gastehuis in Kampsbaai

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Woordvoerder van die groep, Kelly-Eve Koopman, sê hulle optrede is daarop gemik om die kwessie uit te lig en ’n groter dialoog te begin oor die dringende krisisse van veiligheid, grond en behuising."

Zuma wil Zondo weer systap

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In ’n brief wat deur Zuma se regsverteenwoordigers aan die kommissie geskryf is, vra Zuma dat die voorsitter van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, hom as voorsitter moet onttrek."

In memoriam

Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas

Izak de Vries
In memoriam

"John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is."

Nuwe skryfwerk

Gevaar by die dam

Etienne Lombard
Fiksie

"Die volgende oomblik suis een van Gert se visstokke se katrol soos ’n vis die aas vat en met die hoek in sy bek vasgevang probeer wegkom."

Vergifnis

Driekie Grobler
Poësie

"nou staan ek hier voor jóú loopgraaf
en strooi reuklose blomblare
hef dan in vergifnis aan …"

Monumentjies in self-storage

Leon Rademeyer
Poësie

"Die monumentjies van ons liefde vergader stof in self-storage,
my skat
mot en roes"

Kleintyd se onthou

Driekie Grobler
Poësie

"geen TV, internet of lastige fone
slegs ure se lag en gesels
onder die druiweprieel"

My monoloog

Johanette Pretorius
Poësie

"Bedaar hart, stil storm!
Jou vingerafdruk’s nou in Abba se hand"

Broos

Carla Botha
Poësie

"maar jare fladder
verskrik verby,
vasgevang in ’n strik
word ons oud"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved