|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 777
29/11/2019
|
Krities Afrikaans
|
Chinatown
Skrywer: Ronelda S Kamfer
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795709500
In die bekroonde digter Ronelda S Kamfer se vierde bundel, Chinatown, bied sy opnuut poësie met ’n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur ’n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosiopolitieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan bod, maar word met ’n diep menslikheid hanteer. |
 |
|
 |
Jonathan Jansen en Protea Boekwinkel: Frederik van Dyk reageer
Frederik Rudolph van Dyk
Menings
"Jansen se houding illustreer die diepgewortelde Engelse taalkolonialisme en onsamehangende afkeuring van Afrikaans en proaktiewe inheemstaligheid aan die Universiteit Stellenbosch. Maar ons het dit sien kom: Wim de Villiers het mos gesê dat dit nie 'die US se werk is om Afrikaans te beskerm' nie."
|
 |
Is Cameron regter in sy eie saak?
Jos Floor
Universiteitseminaar | University Seminar
"Waarmee ons hier te doen het, is dus nie net ’n regter wat onbehoorlik deur ’n litigant gekontak is nie, maar veel erger: die indruk is geskep dat regter Cameron as inkomende kanselier van die universiteit regter in sy eie saak was."
|
 |
Bekamping van korrupsie: ’n onderhoud met Geo Quinot
Cliffordene Norton, Geo Quinot
Onderhoude
"’n Baie sterk fokus op die morele kompas van besigheidsleiers behoort een van die primêre karaktereienskappe te wees waaraan ons sodanige persone meet en waaraan ondernemings gekenmerk wil word."
|
 |
’n Transnasionale poëtika in Afrikaans: ’n onderhoud met Louise Viljoen
Louise Viljoen, Janien Linde
Onderhoude
"Die Afrikaanse poësie is in die loop van sy ontwikkeling blootgestel aan ’n magdom invloede van oor die hele wêreld, met die gevolg dat dit al baie lank nie meer net gebaseer is op opvattings eie aan die spesifieke konteks waarin dit geskryf is nie."
|
 |
Vervaldatum
Abraham Rozendaal
Menings
“Selfs ons kleinkinders spandeer nou meer tyd in die kleinhuisie. Die gedrukte diertjies verskaf oneindige vermaak en die papier word met reëlmaat afgerol en dan soms weer opgerol.”
|
 |
NouNet-mening: Om vredeswil! Nobel se vreemdste prys
Yolanda Spies
NouNet
"Vanjaar se Nobel-Vredesprys is toegeken aan Abiy Ahmed Ali, die eerste minister van Ethiopië. Hy is die jongste regeringshoof in Afrika en is benoem vir die prys na skaars ’n jaar aan bewind. Hoe op aarde het hy die wêreld se mees gesogte toekenning gekry?"
|
 |
Kaapstad kraai weer koning in die wêreld
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Suid-Afrika se toerismehoofstad, Kaapstad, is vir die sewende agtereenvolgende jaar aangewys as die beste stad in die wêreld om te besoek."
|
 |
Amazink theatre-restaurant: a township treasure
Marli van Eeden
Cultuur
"Amazink is known to have been South Africa’s first township theatre-restaurant. It is important for the owners that Amazink should contribute positively to the community and work at bridging the gap between the different communities within Stellenbosch."
|
 |
Gary Player is keelvol vir misdaad
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Suid-Afrikaanse gholflegende Gary Player het hom by ’n al groter wordende koor Suid-Afrikaners aangesluit wat protes aanteken teen die vlaag van geweld en misdaad in die land."
|
 |
Unmaking Grace: an interview with Barbara Boswell
Cliffordene Norton, Barbara Boswell
Books and writers
"I wanted to show the effects of intimate partner violence on one family, and how these effects also travel through generations if the trauma is not healed." Barbara Boswell talks to Cliffordene Norton about her book Unmaking Grace.
|
 |
Resensie: Noorman deur SD Fourie
Maryke Roberts
Resensies
"Hierdie boek staan heeltemal goed op sy eie voete en aan leesgenot is daar beslis geen tekort nie, maar ek glo as die skrywer se ander twee boeke vóór Noorman gelees word, dit sal bydra tot een van die lekkerste leestrio’s in ’n baie lang tyd."
|
 |
Resensie: Brisant deur Hein Viljoen
Nini Bennett
Resensies
"Die epos lees vloeiend en maak mildelik gebruik van die uiteenplasingstegniek wat momentum gee aan die leeshandeling en soos ’n springveer die volgende versreël(s) voortsneller."
|
 |
Humboldts avonturen overtuigend verstript
Hendrik-Jan de Wit
NeerlandiNet
"Daarmee is de biografische strip De avonturen van Alexander von Humboldt een must voor elke liefhebber van de natuur, ontdekkingsreizigers en waanzinnig spannende verhalen."
|
 |
Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie IV
LitNet
Boeke en skrywers
In die laaste aflewering van die reeks gesels die skrywers oor die Skrywersresidensie in Somerset-Oos en hoe dit gevoel het om in ’n rustige en gemaklike omgewing te kon skryf. Hulle gesels ook oor die toekoms vir elkeen van hulle, en ook vir Afrikaanse teater.
|
 |
Gekamoefleer teen die lewe
Helena Opperman
Reis
"Die werktuigkundiges is vaal van die stof. Die skemer is koud. Die gekamoefleerde vrou staar uitdrukkingloos na die donkerwordende pad."
|
 |
Douvoordag: "Ons wou meer as ’n produk maak"
Henry Cloete, Jattie de Beer
Musiek
"Die kernstorie van die album gaan oor ... die ontdekking van wat uiteindelik regtig belangrik is en waarop jy jou kosbare tyd en lewe spandeer."
|
 |
Janie Bay: “Ek leer al hoe meer!”
Henry Cloete, Janie Bay
Musiek
"Om te dink en om te skryf in Afrikaans het tyd geneem, maar ek moet sê, Hunter Kennedy het my al so baie geleer, net deur ons samewerking."
|
 |
Weefspoel
Louise Schoeman
Poësie
“Verlies is fyn kant
tydsaam geweef”
|
 |
Ongetiteld
Shaun Warner
Poësie
“met my duim en voorvinger
pluk-pluk ek
aan my engelvere”
|
 |
Sonreis
Andries Fourie
Poësie
“ek wag vir jou op Wensfontein
met oornagbaard
en goedkoop wyn”
|
 |
Leer spel met woordeboeke
Michele van der Merwe
Skole
Daar word voortdurend gesê dat hedendaagse kinders nie kan spel nie. Is daar raad? Hierdie artikel handel oor taalonderrig wat geïntegreer is met die gebruik van woordeboeke as hulpmiddels. ’n Afrikaans Huistaal-taalonderrigles vir graad 6-leerders oor taalstrukture, met deeltekens as tema, word voorsien.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|