Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 725

15/11/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou huppelkind

Pasverskyn

Huppelkind

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Skrywer: WO Kühne
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624085485
Prys: R245

Boeke en skrywers

Huppelkind deur WO Kühne: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

"Anders as die geval met moderne tekste, waar nooit oorverduidelik word nie, skryf Kühne, 'Sy pet is nat en sy baard is nat. Sy trui is nat en sy broek is nat.' Huppel en ander karakters se aksies word ook meestal drie keer herhaal."

Jan De Kinder se kinderboeke in Afrikaans: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

"Albei boeke kan in biblioterapie gebruik word en bydra tot bewusmaking van emosies waarmee baie jong kinders sukkel."

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm-broes (deel 2)

Olivia M Coetzee
Fiksie

"'Waa sien djy ’n duif?' vra sy stiefma toe vi hom. 'Maa oek lekke dom, nuh! Ienige mens kan sien dis die son wat tien die skoorstienpotte skyn.' Maa Hansie hettie vi haa kop toe gevattie, en vêder angegan ennie stukkies brood soes hulle geloepit innie paadjie gegooi."

LitNet Akademies-resensie-essay: Il Paradiso deur Dante Alighieri (vertaal deur Cas Vos)

Gerda de Villiers
Resensies

"Om Il Paradiso te verstaan, is dit belangrik om te weet hoe die middeleeuse mens die kosmos voorgestel het, en watter literêre werke, filosofie en teologie Dante beïnvloed het."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Van Afrikaans gepraat deur Christo van Rensburg

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Van Afrikaans gepraat deur Christo van Rensburg, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Boeke agter tralies kan lewens verander, koppe swaai

Naomi Meyer, Carla van der Spuy
Onderhoude

"Die projek, wat deel van ’n rehabilitasieprogram vorm, is ’n inisiatief van ’n vorige minister van korrektiewe dienste, Sbusiso Ndebele, wat self ’n ywerige leser is. Hy het gesê: 'Ons moedig gevangenes aan om te lees en om te studeer. Sodoende word ’n omgewing geskep wat tot verbetering bydra.'"

Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Van Zyl se boek het my vir die eerste keer op omvattende wyse aan die tragiese gebeure van die verdwyning van die jong kinders blootgestel."

Video: Brugbouers deur Rudi Buys word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

"Rudi Buys se Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Willie Esterhuyse het met hom gesels."

Bywoner dra by tot plaasromangenre

Elbie Adendorff
Resensies

"Bywoner se vernaamste tema is familie en familieverwantskappe."

Sol Plaatje: A life of Solomon Tshekisho Plaatje, 1876–1932 deur Brian Willan: ’n resensie

Hans Pienaar
Resensies

"Die boek is propvol anekdotes, soos die een oor die 23-jarige Plaatje wat sy deel bygedra het om die koloniale Kaapse owerheid sover te kry om ammunisie aan Mafeking se swart mense te verskaf om hulself te verdedig teen die komende beleg."

Armand Aucamp en Du Toitskloof kook kaal

Izak de Vries
LAPA Uitgewersportaal

Op 9 November 2018 is Armand Aucamp se kookboek aan die pers bekendgestel. Armand het smuldisse gekook en Ed Beukes het van Du Toitskloof se pryswennerwyne saam met elke dis geskink. Dit was ’n smaaksensasie.

The theory of flight by Siphiwe Gloria Ndlovu: a review

Karabo Kgoleng
Books and writers

"Imogen 'Genie' Zula Nyoni is a very special girl who grows into an incredible, defiant woman; her mother was a country and western singer, and her father was a freedom fighter who shot down an aeroplane during the war for liberation."

Johann de Lange (1959–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Skryf het my ’n wonderlike, verrykende lewe besorg, vol mense wat ek andersins nooit sou leer ken het nie. My beskeie talent het vir my deure oopgemaak na vriendskappe met werklik groot skrywers en digters in ons taal, en met visuele kunstenaars ook, en dít verruil ek vir niks nie." Lees oor Johann de Lange se lewe en werk.

Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ’n dominee deur Barend Vos: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Wat veral vir my waardevol is, is die feit dat Vos met hierdie briewe iets van die platteland, wat besig is om verby te gaan, dokumenteer ‒ die gemeenskap en ouer gemeentelede, en die sentrale rol wat die kerk in hulle lewens speel."

Postcolonial poetics: 21st-century critical readings by Elleke Boehmer: a review

Karina Magdalena Szczurek
Books and writers

"The central question Boehmer addresses in Postcolonial poetics is 'whether there was a kind of reading that postcolonial texts in particular solicited' and, if yes, what its main characteristics were."

Wat elke skrywer moet weet: selfpublikasie

Dave Henderson
PEN Afrikaans

"Selfpublikasie het ’n slegte reputasie. Een van die grootste redes hiervoor is die kostebesparing wat tipies tydens die produksieproses gedoen word. Te veel skrywers verkies om nie vir ’n redigeringsproses te betaal nie omdat hulle onder die indruk is dat dit voldoende is om die teks self te redigeer. (Wenk: dit is nie.)"

Boekbekendstelling: Die tronkgesprekke deur Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na hierdie boekbekendstelling in Stellenbosch.

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: Bekendstelling in Wellington

LitNet
Leeskringkamer

Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen op 22 November by Die Bôrdinghuis in Wellington. Aangebied deur die Breytenbach Boekklub.

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: Bekendstelling in Stellenbosch

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé op 1 Desember by Protea Boekwinkel in Stellenbosch. Louis Esterhuizen sal met hom gesels.

Die Afrikaans van die Kaapse Moslems deur Achmat Davids: boekbekendstelling

Niel le Roux
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans-portaal

"Die boek bestaan nou uit 80 bladsye en sal gratis beskikbaar wees by die SBA."

LitNet Akademies

Vonnisbespreking: Waaksame waghonde en waagmoedige kinders – ’n wanklank uit die Oos-Kaap

Johan Scott
LitNet Akademies (Regte)

"Dit is ten ene male onwaar dat ons reg vereis dat die persoon wat die hond provokeer, onder alle omstandighede toerekeningsvatbaar moet wees. Die hof verwar hier die verwere van provokasie met bydraende skuld aan die eiser se kant."

’n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente

Elbie Adendorff, Mari Koegelenberg
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die integrasie van kultuur in die aanleer van ’n nuwe taal is belangrik omdat taal en kultuur oorvleuel; derhalwe raak die insluiting van ’n kultuurkomponent in die taalklaskamer al hoe gewilder."

Socmint: die monitering van sosiale media vir gemeenskapsveiligheidsdoeleindes binne ’n grootdataraamwerk in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na Orania

Burgert A Senekal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die sleutelkwessie uit die huidige studie is dat Socmint gebruik kan word om wanopvattings te identifiseer deur ’n algemene gevoel oor ’n onderwerp te bekom. Wanneer wanopvattings en relevante rolspelers geïdentifiseer is, kan daar deur konstruktiewe gesprekvoering met rolspelers in gesprek getree word en wanopvattings kan reggestel word, wat konflik kan verhoed."

Menings

Jakes Gerwel Memorial lecture: Imagining a post-apartheid future

Achmat Dangor
Opinion

"To realise our dream of a truly free, fair and equal society, we have to take action. And I think that at the heart of any action we take, we have to 'invest' in young people. They are the future, here and in the rest of Africa."

Jakes Gerwel-herdenkingsviering: Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel

Menán van Heerden
Menings

Op Saterdag 10 November het die Jakes Gerwel-herdenkingsviering in Greatmore-straat 66, Kaapstad plaasgevind. Paneelbesprekings, voordragte en opvoerings het van die oggend tot die aand in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind. Menán van Heerden gee ’n oorsig van een van die diskoersgesprekke, “Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel” (met Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Imraan Coovadia). Die fasiliteerder van hierdie paneelbespreking was Heindrich Wyngaard.

Summe specials en hot deals

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Ek dra hoep vi ’n bietere toekoms in my are. Wan ek sien dan hoe ek die internet gebruik om my eie liewe te vebieter. En ek gloe mos maa altyd, as ek dit kan doen, wat is vekeerd mettie neks pesoon om oek soe te kan maak."

US-konvokasie 2018: Kom pad toe

Jeremy Vearey
Universiteitseminaar | University Seminar

"Inderdaad, wat ’n bietere toekoms vir Afrikaans in al sy variëteite en meertaligheid betref, much more is at stake out there than in here, my taalgazi’s. Soes ôs soms oppie Vlaktes sê as ôs jou uitdaag: 'Kom pad toe.'" Jeremy Vearey was vanjaar die gasspreker by die Universiteit Stellenbosch se Konvokasievergadering.

Managing Editor: Acta Academia

LitNet
NetWerk

Acta Academica is an academic journal dedicated to scholarship in the humanities. The journal publishes scholarly articles that examine society, culture and politics past and present from a critical social theory perspective. The University of the Free State invites applications for the position of Managing Editor: Acta Academia.

’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Elize Vos, Ronel van Oort
Onderhoude

"Trauma (veral verlies en dood) is so deel van elkeen van ons se lewens, en met die lees van hierdie jeugroman het ek tot die besef gekom dat jou geloof en die verbreking van stilte tot heling en veerkragtigheid lei."

Die eksistensiële uitdagings van aftrede – om die kaf van die koring te skei

Rex van Vuuren
Menings

"In die artikel wat volg, fokus ek nie op enige van die hooftemas, soos finansies, eiendom, gesondheid en ander maatskaplike uitdagings in ons gesinslewe wat ons daaglikse lewenskwaliteit voor, gedurende en na aftrede raak nie. Ek wil probeer om iets van die dieper vlakke van ons bestaan, in die 50-jaar-en-ouer-fases van ons lewens (voor, gedurende en na aftrede), te beskryf. Ek doen dit ietwat buite die gewone raamwerk van hoe ons ons identiteit sien en beleef en hoe ons sin maak van ons lewens."

PEN Afrikaans Nuusbrief: November 2018

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Oor: Jamal Khashoggi; die toekoms van Rhodes Universiteit se Departement Afrikaans en Neerlandistiek; SALA vereer topskrywers; uitnodiging na die bekendstelling van Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey; uitnodiging om nuus te deel vir insluiting by PEN Afrikaans se nuusbriewe; PEN Afrikaans Vertaalfonds: aansoeke ingewag; Wat elke skrywer moet weet oor selfpublikasie; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Oktober; nuwe Afrikaanse boeke in November.

Persverklaring: Die Afrikaanse Taalraad se standpunt oor die SAIGR se nuwe taalbeleid

LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) beskou die SAIGR (Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters) se besluit om die tale wat vir hul kwalifiserende eksamens gebruik kan word tot Engels te beperk, as ’n groot fout. Ons glo dat dit nie ’n ingeligte besluit is nie en dat dit op gebrekkige argumente gebaseer is."

Woord van die jaar 2018

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018

LitNet
Wen

Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Laat weet ons voor middernag op 10 Desember 2018. Jy kan ’n stewige boekpakkie vir jou Kerskous losslaan. Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.

Eerste inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018

LitNet
Wen

As jy één woord mag kies, waaraan laat 2018 jou dink? Hier is ’n paar van ons lesers se eerste inskrywings.

Leefstyl

Inderdaad feestelik by Prince Albert Leesfees

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die fokus is stewig op boeke en leeswerk. In daardie opsig weerstaan hulle nog die versoeking wat soveel ander feeste tref om dit in ’n verskeidenheidskonsert te probeer omskep. Hierdie fees vergeet nie dat hulle probeer om lesers tevrede te stel nie."

Foto's: Jakes Gerwel-huldeblyksviering 2018

Naomi Bruwer
Leefstyl

Die Jakes Gerwel-huldeblyksviering het vanjaar op Saterdag 10 November in Woodstock, Kaapstad plaasgevind. Die dag lange program het verskeie gesprekke en vermaak ingesluit. Hier is ’n paar foto's van die geleentheid.

First Man

Emile Coetzee
Film

"Hierdie rolprent wys hoe wonderlik dit kan wees wanneer die rolprentvervaardigingsbedryf behoorlik hande met historici vat."

The girl in the spider’s web – slick, but lacklustre

Reney Warrington
Film

"Lisbeth Salander, the cult figure and title character of the acclaimed Millennium book series created by Stieg Larsson, will return to the screen in The girl in the spider’s web, a first-time adaptation of the recent global bestseller."

Die 2019 US Woordfeesprogram word met ’n deurnagpartytjie bekendgestel

LitNet
US Woordfees

Op die aand van 16 November word ’n hele dansende karnaval van fees-apies uit die mou gelaat by die 2019 US Woordfeesprogrambekendstelling op Stellenbosch. Die bekendstellingsmakietie met musiek, poësie, stand-up, toneel, dans en films vind plaas in die HB Thomteater. Dit begin om 22:00 en hou aan tot die volgende oggend 5:30 se kant. Kaartjies te koop by Computicket.

Skryfwerk

Persverklaring: Breytenbach Kultuursentrum se Skryfskool 2019

LitNet
Skryfsake en rubrieke

"Die 5de Skryfskool van die Breytenbach Kultuursentrum begin op 2 Februarie 2019."

Persverklaring: Die nuwe Afrikaanse prosaboek

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Human & Rousseau, druknaam van NB-Uitgewers, beplan om Oktober 2019 ’n splinternuwe kortverhaalbloemlesing uit te gee, getiteld Die nuwe Afrikaanse prosaboek.

Nou op Voertaal

IDFA programmeert drie Zuid-Afrikaanse documentaires

Voertaal
Kalender

"Vandaag gaat de 31e editie van IDFA van start, het International Documentary Film Festival Amsterdam. Met zo’n 270 verschillende films op 14 locaties is IDFA hét evenement voor liefhebbers van bijzondere documentaires. Dit jaar zijn er op het festival drie bijdragen uit of over Zuid-Afrika te zien."

Beyond the Wasteland

Mike van Graan
Nuusvinke

"It is nearly 25 years since the dawn of a non-racial democracy in South Africa, with formal apartheid having been overcome, and yet I have a similar feeling now about the utter waste of much of the past two decades, and about how different our country could, and should be today, if only we had not squandered so much, or had not allowed so much to be squandered!"

Eerste Zuid-Afrikaanse markt in Nederland overtreft alle verwachtingen

Ingrid Glorie, Elize Zorgman
Actueel

"Niemand had durven dromen dat er zoveel bezoekers op de Zuid-Afrikaanse markt af zouden komen. Dat leverde soms lange wachtrijen en chaotische taferelen op. Maar de organisatoren bleven vriendelijk en deden het gezegde '’n boer maak ’n plan' alle eer aan."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved