|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 606
1/07/2016
|
Krities Afrikaans
|
 |
Adam Small kô hystoe
Michael le Cordeur
In memoriam
"Suid-Afrika en Afrikaans het een van sy grootste seuns verloor. Adam Small is dood. Lank lewe Adam. Lank lewe Afrikaans."
|
 |
ATKV: Adam Small is oorlede
LitNet
ATKV-Portaal
"Dalk was dit die 'bitter strewes' van ander wat hom so seergemaak het dat stilte sy enigste antwoord was, maar Adam Small was te alle tye 'van die haat ontdaan'."
|
 |
Adam Small (1936–2016)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Ek twyfel nie aan die toekoms van Afrikaans nie, solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan.” Adam Small is op 25 Junie 2016 oorlede.
|
 |
ATKV: Hulde aan Margaret Bakkes
ATKV
ATKV-Portaal
"Sy sal lank onthou word vir haar romans wat lekker gelees het, maar wat ook sonder skroom die tydsgees aangespreek het."
|
 |
Margaret Bakkes (1931–2016)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Al my idees en karakters kom uit die werklike lewe. Sprake van verbeeldingsvlugte bestaan nie." Margaret Bakkes is op 29 Junie 2016 oorlede.
|
 |
PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2016
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Oor: huldeblyke aan Adam Small en Margaret Bakkes; die taalbeleidsbesluite aan Unisa, UP en die US; sensuur by die SAUK; erkenning vir Bettina Wyngaard en PEN Afrikaans binne die internasionale PEN-gemeenskap; nuwe boeke in Julie.
|
 |
Announcement: Soweto Literary Festival
Darryl David
Books and writers
"I say start a literary festival in one of the most famous places on the planet – Soweto. And I believe all races will come to Soweto for such a literary festival."
|
 |
Boekresensie: Submerged deur Louis Wiid
Maryke Roberts
Resensies
"Die boek het ’n goeie balans tussen persoonlike verhoudings, aksie, bedrog en teleurstelling en hou jou aandag vasgevang. Al die nodige elemente is daar – tot die skoonheid met die lang bene en smeulende oë."
|
 |
African Library: Witch Girl by Tanvi Bush
LitNet
Books and writers
"Narrated in a style initially resembling that of the typical adventure tale or the traditional 'rollicking yarn' (but with several intriguing twists), Witch Girl is a novel that darkens as it moves along into the sinister aspects of a modernising African society."
|
 |
Kragtaal
Crito
Blogs
"Is dit nodig om te vloek in ’n resensie?"
|
 |
Is die SAUK ons eie weergawe van Orwell se Ministry of Truth?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Apartheid het langer aangehou as wat dit moes, omdat daar ’n punt gekom het waar mense die status quo aanvaar het, om watter rede ook al. Ons kan nie bekostig om die nuwe onderdrukking wat stadigaan kop uitsteek, ook te aanvaar nie."
|
 |
Brexit vir brekfis: wat nou?
Loammi Wolf
Seminare en essays
"Die Brexit-referendum mag in die geskiedenis ingaan as die dag waarop xenofobiese wrewel en populistiese mistastings die gesonde verstand van die Britte, wat normaalweg saaklik is, totaal benewel het en hulle ’n allemintige fout begaan het."
|
 |
Brexit: Eers die babelas, dan die egskeiding
Deon Gouws
Menings
"Wel, hierdie week het ek inderdaad gekies om sowel Brits as Europees te bly, maar my keuse is ongelukkig deur die ander 52% verwerp. En miskien is dit hoekom die babelas vandag so pla, hoekom die Engelse son (gewoonlik so skugter!) my oë vanoggend so verblind het."
|
 |
Luister, luister en doen
Izak de Vries
ATKV-Portaal
"Afrikaans was die gemene deler, verder was die groep uiteenlopend en opsetlik inklusief van ras, geslag, ouderdom en beroep."
|
 |
Regsalmanak: Die onstuitbare BMW
Gustaf Pienaar
Rubrieke
"Daar is in die spindokterbedryf ‘n gesegde dat enige nuus goeie nuus is. Met ander woorde: of jy negatiewe of positiewe publisiteit kry, maak nie regtig saak nie: publisiteit is publisiteit."
|
 |
Ingeland teen die wêreld
Reusedwerg
SêNet-briewe
"Ek staan verstom oor die reaksie van die stemmery op die mistige eilandjie aan die kus van Frankryk."
|
 |
Ena Jansen: Afskeidsgeleentheid byeengebring
LitNet
NeerlandiNet
Op Vrydagmiddag 17 Junie 2016 het Ena Jansen afskeid geneem as bijzonder hoogleraar van die Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Sy het ’n aantal vriende en kollegas gevra om deel te neem aan ’n simposium by die akademies-kulturele ruimte Spui25. Die dag se gebeure word op hierdie bladsy byeengebring.
|
 |
Pamela Pattynama, Spui25: "Brutale bedienden"
Pamela Pattynama
NeerlandiNet
"In haar boek Soos familie (2015) betoogt Ena Jansen dat veel witte Zuid-Afrikanen over hun zwarte huisbediende zeggen dat zij 'mijn beste vriendin', 'net een zus' of zelfs 'familie' is. Ook in postkoloniaal Nederland zijn de herinneringen aan de bedienden in Indië maar al te vaak doordrenkt van sentimentaliteit en nostalgie."
|
 |
Programma: Week van de Afrikaanse roman 2016
Ingrid Glorie
NeerlandiNet
"Van 16 t/m 25 september 2016 wordt in Nederland en Vlaanderen voor de tweede keer de Week van de Afrikaanse roman gehouden, een leesbevorderingscampagne die aandacht wil vragen voor Afrikaanstalige romans in Nederlandse vertaling."
|
Einstein-kompetisie, aangebied deur LitNet Akademies |
 |
Einstein-kompetisie: Nicolette Wright
Nicolette Wright
Einstein-kompetisie
Nicolette is deeltyds besig met 'n doktorsgraad wat fokus op verskeie aspekte van voorkoming van hondsdolheid in honde.
|
 |
Einstein-kompetisie: Nico Smit
Nico Smit
Einstein-kompetisie
Nico, die skrywer van Kruis voor my uit, is tans in sy gemeentejaar om 'n dominee te word.
|
 |
Einstein-kompetisie: Liana Jansen van Rensburg
Liana Jansen van Rensburg
Einstein-kompetisie
Liana hoop om 'n meestersgraad in neurolinguistiek te voltooi, omdat sy graag wil weet wat in die brein gebeur wanneer mens taal gebruik.
|
 |
Einstein-kompetisie: Mariëtte van Graan
Mariëtte van Graan
Einstein-kompetisie
Mariëtte doseer akademiese geletterdheid, maar haar hart en haar navorsing lê in die Afrikaanse letterkunde. Sy spook in die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale ... Vir nou.
|
 |
Einstein-kompetisie: Fredrick Kotzé
Fredrick Kotzé
Einstein-kompetisie
Fredrick is tans besig met 'n MTh in sistematiese teologie. Hy studeer in Engels, maar leef en droom in Afrikaans.
|
 |
Einstein-kompetisie: Marelize Brink
Marelize Brink
Einstein-kompetisie
Marelize was vir vyf-en-’n-half jaar ’n Afrikaansonderwyseres en is tans ’n vakdeskundige in Afrikaans by Impak-tuisonderrig.
|
 |
Einstein-kompetisie: Xandri Schoultz
Xandri Schoultz
Einstein-kompetisie
Xandri het in 2013 die S2A3-bronsmedalje vir die mees uitstaande meestersgraad in die wetenskapafdeling van die NMMU ontvang.
|
 |
Einstein-kompetisie: Andri Schoonen
Andri Schoonen
Einstein-kompetisie
Andri geniet dit om met jong volwassenes in haar beroepsrigting te werk sodat hulle beter voorbereid sal wees vir wat na hul opleiding wag.
|
 |
Einstein-kompetisie: Douw Bodenstein
Douw Bodenstein
Einstein-kompetisie
Douw is 'n omgewingswetenskaplike wat sy graad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit behaal het.
|
 |
Einstein-kompetisie: Leané Meiring
Leané Meiring
Einstein-kompetisie
Ná die voltooiing van haar verhandeling aan die Universiteit van die Witwatersrand sal Leané een van die eerste geregistreerde dramaterapeute in die land wees.
|
 |
Einstein-kompetisie: Monique Waso
Monique Waso
Einstein-kompetisie
Monique se navorsing handel oor reënwater as 'n alternatiewe varswaterbron en alternatiewe fekale indikators wat gebruik mag word om waterkwaliteit te monitor.
|
 |
Belangrike aankondiging: LitNet Akademies
LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R4 000 kontant per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
Besoek die LitNet Akademies Kitsgids vir nog inligting.
|
 |
Onderhoud: Jaco Botha oor nuwe skryfwerk
Jaco Botha, Naomi Meyer
Onderhoude
"Ek dink ek was nog altyd in my hart 'n ontdekkingsreisiger. Nuwe skryfwerk bied die potensiaal om nuwe maniere van dink en voel na vore te bring. Ek glo in 'n literêre tradisie van evolusie."
|
 |
"Ek is nog hier ..." / In die hinderlaag (Deel II)
Jaco Botha
Fiksie
"Hy sien op die radiowekker langs die bed dat dit 02:22 is, kyk in die vertrek rond, op soek na sy selfoon. Hy sal sy vrou moet kontak, haar laat weet dat hy eers later tuis sal wees, dis die bedagsame ding om te doen."
|
 |
Op soek na die vuurtoring
Dorette Bester
Kuberklas Kreatief
"Ek voel die lig naderkom, soos ek die donkerte agter my voel wegkwyn en uiteindelik is daar geen omdraaikans meer nie."
|
 |
Slaap
Marthé McLoud
Poësie
"Snags slaap ek en my man soos Racheltjie de Beer en haar boetie ..."
|
 |
My wens vir jou
Colette Pretorius
Poësie
"mag jou son vir altyd skyn mag daar geitjies teen jou mure woon ..."
|
 |
Windpomp
Deborah Steinmair
Fiksie
"Agter die huis weeklaag die verroeste windpomp ..."
|
 |
Lig
Martie Swanepoel
Fiksie
"Die blougrys eier het swart spikkels. Sy vou dit versigtig in haar hande toe. Dis yskoud. Die malgaswyfie het ook nie teruggekom nie."
|
|