Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1029

06/12/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Waterramp?

Dienaar van die waarheid

Skrywer: MC Botha
Uitgewer: Turksvy Publikasies
ISBN: 9780796173263

Twee ouers en drie kinders van ’n gewone Afrikanergesin in Pretoria in die 1970’s het as bevoorregte wit mense nie die vaagste benul dat ook hulle weldra die slagoffers van die politieke bestel sou word nie. Die loopbaan van die paterfamilias, regter André Stephan Botha, is op die spel wanneer sy dogter verlief raak op ’n beskuldigde in ’n sogenaamde terroristeverhoor en die Buro vir Staatsveiligheid genoodsaak word om in te gryp. Dan begin die poppe dans.

Menings

Watervoorsiening in Suid-Afrika

Freek Robinson, Anja du Plessis
Onderhoude

Watervoorsiening is onder druk weens wanfunksionele en korrupte munisipaliteite, diefstal, besoedeling, waterskaarste, en so meer: Stuur die land op ’n ramp af?

Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."

Wat sê Bettina? Die lesse te leer uit Suid-Korea hierdie week

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Protes deur gewone burgers, en politieke ingeligtheid en betrokkenheid deur gewone burgers, is absoluut belangrik om seker te maak demokrasie word nie ondermyn nie."

The greatest Springboks over the last 30 years

Darryl David
Opinion

"At this juncture in our country’s history, the words of Thomas Hardy come to mind when one thinks of the Springboks: 'Happiness is but an occasional episode in a general drama of pain.' Thanks to the Springboks for being the happiness in our lives."

16 dae van aktivisme: Laat jou stem hoor

Annette Havenga
Menings

"Tussen die departement en die organisasies ter ondersteuning van GBV-bekamping, het hulle 24 564 slagoffers gesien wat sielkundige maatskaplike dienste genader het. Dit is eintlik net die oppervlak."

Communities need the arts to heal and thrive

Marlene le Roux
Opinion

"As a government agency, we take our mandate from our country’s Constitution to work actively and diligently toward implementing social cohesion, human rights, equity, equality and the mainstreaming of accessibility for all persons impaired by disabilities, among other duties."

Die leuen waardeur ons die waarheid praat

PP Fourie
Menings

"En dit was dit. Daardie enkele sin. Betekenis. ’n Lewensdoel. Dit was die oomblik in my lewe toe ek geweet het – ek het dit beslis geweet – wat my professionele fokus sou wees. Op een of ander manier sou ek van daardie dag af altyd werk met daardie kwessies – armoede en siekte – wat daardie klein dogtertjie doodgemaak het."

Hoekom my hart so bloei oor die koerante

Hennie van Deventer
Menings

"Oor hoe diep dit my persoonlik raak – en hoekom so – het ek tog maar nog ’n vir-oulaas-woord op die hart."

Op dees aarde: Die Taung-kind – hoe hy die mens verander het

Elsabé Brits
Rubrieke

"Een van die wêreld se belangrikste hominiedfossiele is 100 jaar gelede in Suid-Afrika gevind. Die ontdekking van die Taung-kind (Australopithecus africanus) het nié net uiteindelik gelei tot Sterkfontein as een van die rykste fossielterreine op aarde nie, dit het ook rassistiese en godsdienstige sienings oor die ontstaan van die mens ’n wetenskaplike nekslag toegedien."

Language and lexicons of thought and communication

Andries Calitz
Seminare en essays

"How and when will we find the simplification and Google Understanding Translate to help overcome the language and lexicon barriers to human understanding of universal or global issues?"

Wat sê Bettina? Oor Swart Vrydag-winskopies

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Soveel mense sê hulle veg vir Afrikaans, maar hoeveel ondersteun WAT se werk? Dalk is hierdie Swart Vrydag-aanbod, wat boonop nog tot in Desember strek, die ideale geleentheid om geld aan iets blywend te bestee."

Vrae aan Meta AI: KI as mitekraker en vredemaker

Coert Mommsen
SêNet-briewe

"As jy dan wél ’n groep se mening oor iets wíl vasstel of nagaan, maak seker jy het vooraf die korrekte antwoord. Ook: Wees op jou hoede met die gebruik van enige bekende, weerlegbare opvattings. Hoe gedaan? Dalk kan KI help." Coert Mommsen tree met KI in gesprek. In hierdie brief verskyn Coert se vrae en KI se antwoorde.

Uit die argief

Waterkrisis ‒ ’n mening in krisistyd: Die verantwoordelikhede (en verantwoordbaarheid) van die staat voortvloeiend uit die publieke-trusteeskap-beginsel

Germarié Viljoen
Seminare en essays (2018)

"Ten tweede is die oënskynlike gebrek aan daadwerklike en proaktiewe optrede deur die nasionale regering ten aansien van waterregulering in Kaapstad ’n groot vraagstuk."

Can the private sector help solve South Africa’s water crisis?

Chris Heymans
Opinion (2024)

"Widespread municipal corruption, management failures, poor skills and continual disruptions raise serious questions about the prospects of municipalities or other public bodies sustainably delivering better services. Meanwhile, National Treasury has often cited ineffective grant utilisation by municipalities as a key reason for why water finances have not reached local low-income groups."

An open letter to the new minister of water and sanitation

Chris Heymans
Opinion (2024)

"This presents you with an important entry point at the outset of your new assignment, demystifying the notion that only new infrastructure can solve the problems of limited access."

Boeke en skrywers

Om Breyten te begrawe

Anelia Heese
In memoriam

"Sy dogter Daphnée plaas ’n paar ingeloopte rooi vellies op die kis se voetenent. Ons word genooi om roosblare oor sy kis te strooi."

Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies

Louise Viljoen
In memoriam

"Daar is ’n enorme leemte, ’n gat waar dié uitsonderlik produktiewe skrywer eens was; gelukkig is die werk nog daar en sal dit ons bly uitdaag."

My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui

Annari van der Merwe
In memoriam

"Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie."

Breyten se gedig en die skoolklok

Albert Maritz
In memoriam

"En skielik neem die sessie ’n wending. Asof in respons op sinnelose antagonisme, skiet ’n leerlingraadtipe-meisie se hand op: 'Kan julle asseblief daai gedig weer opsê?'"

Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers

LitNet
In memoriam

NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is. "Die verlies is onmeetbaar," het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.

First sip: Lucky Bastard by Anthony Akerman

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

"What I didn’t know was that when I arrived in Amsterdam, Breyten was wandering around Hillbrow with a false French passport and the assumed identity of Christian Galaska."

First sip: The truth about Cape slavery by Patric Tariq Mellet

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

In The truth about Cape slavery, Patric Tariq Mellet argues that modern South Africa – its economy and politics – is shaped and established on the foundation of chattel slavery just like the United States of America. Cape slavery, rather than minor, was a crucial feature of maritime capitalism. This then moved to become the cornerstone of the Cape’s agricultural economy. Read an excerpt here.

Vinjette in tyd: Twa die tydloper deur Anoeschka von Meck: ’n resensie

Linda Roothman
Resensies

"Twa die tydloper is ’n boeiende roman oor die groei van die jong hoofkarakter tot volwasse vrou wat lesers sal meevoer en inspireer om hulleself te verwesenlik."

"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie

Zesta Vorster
Resensies

"’n Splinternuwe, allesomvattende en diepgaande gids vir redevoering en debattering het die lig gesien. 'Dames en here' is ’n welkome riglyn vir redenaars, debatteerders, onderwysers, afrigters en ouers, geskoei op die riglyne van die ATKV, en geskryf deur gesoute kenners van die aard van openbare redevoering en die vereistes vir die suksesvolle uitvoering daarvan."

Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud

Surene Esterhuizen
Lesersindrukke

"Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is, en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik by mekaar gaan inskakel."

Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk: ’n lesersindruk

Kruger Uys
Lesersindrukke

"Die gedigte ondersoek die volle spektrum van emosie, van vreugde en liefde tot rou en verlies, en bied ’n oorsigtelike blik op ervarings wat by ’n diverse leserspubliek aanklank kan vind."

Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Jacobs
Skrywersonderhoude

"Die boek se manuskrip was vir my baie lekker om te skryf, veral omdat ek kon speel met visuele elemente soos speelkaarte en Instagram-plasings tussen die teks deur."

Peter Snyders (1939–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2025: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen

Naomi Meyer, Mia Oosthuizen
Kinderboeke

"Aan al die groot probleme in ons land kan ek nie veel doen nie, maar ek kan bydra tot die kind se behoefte aan ’n storie wat met hulle praat. Om dit reg te kry kan ek skrywers touwys maak oor skryf, hul teikenmarkte en die uitgewersbedryf."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Hildegard Adonis

Braam Peens, Hildegard Adonis
Boeke en skrywers

"Die biblioteek het verskeie programme wat al die jeug, tieners en grootmense baie besig hou." Hierdie onderhoud met Hildegard Adonis is die dertiende aflewering oor ons biblioteke.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2024

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Nou op Voertaal

Eskom bespaar miljarde rand se diesel

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Yelland sê Eskom fokus daarop om inkomste te verhoog, maar gee min aandag aan die vermindering van sy kostestruktuur, die vermindering van skuld- en finansieringskoste, die vermindering van verliese, die verbetering van finansiële en bedryfsprestasie, of die vervreemding van niekernbates."

Presidensie gooi koue water oor Solidariteit se opgewondenheid oor Bela-wet

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Mashatile het verduidelik dat slegs een party in die RNE die ooreenkoms onderteken het. Dit is boonop onderteken sonder dat hy of president Cyril Ramaphosa kennis gedra het daarvan of toestemming aan iemand in die presidensie gegee het om so ’n ooreenkoms aan te gaan."

Donker sowel as lig in Eskom se tonnel

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Minstens vier Vrystaatse dorpe kan vanaf einde Januarie aanstaande jaar sonder krag wees omdat hulle munisipaliteite meer as drie jaar laas hul skuld aan Eskom betaal het."

Wilgenhof se stof wil nie gaan lê nie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Daar is nou aan beide kante van die debat ongelukkigheid oor die huidige toedrag van sake. Sommige is ongelukkig omdat die visekanselier en voorsitter van die raad so lig daarvan afgekom het, terwyl ander vies is oor die bevinding van Kriegler en sy paneel."

Oos-Kaap skud toerismevere reg te midde van misdaadvlaag

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Alhoewel die Oos-Kaap bekend is vir sy natuurlike skoonheid en ryk kultuurerfenis, wat dit die status van ’n top toerismetrekpleister laat verdien, is die gasvryheidsbedryf bekommerd dat ’n oplewing in geweldsmisdaad die aantal Suid-Afrikaanse en internasionale besoekers aan die provinsie kan laat verminder."

Breytenbach notitie #23: "Vandag is ek Belg / môre is ek ’n engel in die hemel" – in memoriam Breyten Breytenbach

Yves T’Sjoen
Literatuur

"De paden van de internationaal gerenommeerde dubbelkunstenaars Breytenbach en Claus hebben elkaar vaker gekruist. Vier jaar na het gesprek in het weekblad was Claus op uitnodiging van Breytenbach en Adriaan Donker en in een organisatie van het Centre of Creative Arts te gast op Poetry Africa in Durban."

Breytenbach notitie #24: De ontdekking van het eiland. breytenbachiana

Yves T’Sjoen
Literatuur

"Het werkschrift De ontdekking van het eiland bundelt 'breytenbachiana', dat wil zeggen bijeengesprokkelde beschouwingen over Breytenbach. Het boek omvat drie delen."

Tweespraak met Danie Marais #3: "Ek het ook begrip vir die woede waaruit hierdie standpunt kom."

Yves T’Sjoen, Danie Marais
Literatuur

"My indruk is dat sommige begaafde jong bruin skrywers ook wonder of hulle deel is van die Afrikaanse letterkunde wat bruin stemme so lank nie na waarde geskat het nie."

Leesimpressie: Ik omhels je onafgebroken door Judith de Kom

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een aansprekende bundel (fictieve) brieven en gedichten die vooral een eerbetoon zijn aan Anton de Kom en zijn strijd."

Leesimpressie: Hoop door Philipp Blom

Erik van den Bergh
Literatuur

"Persoonlijke notities, veel historische informatie en uiteenlopende literaire en filosofische bronnen bieden een veelomvattende zoektocht naar hoop."

Bridget Mangwandi, Mzansi se nuwe MasterChef

Annette Havenga
Culinair

"Die 20-jarige Bridget Mangwandi het tydens ’n opwindende finale uitdaging van MasterChef South Africa seisoen 5 as wenner triomfeer."

Ikone van straatkuns onder een dak

Maryke Roberts
Reisgogga

"Soos ons deur die uitstalling stap, besef ek ook hoeveel van die ander straatkunstenaars se werk is al só deel van die kunslandskap dat mens meer bekend is daarmee as wat jy besef."

Notre-Dame herrys wéér

Maryke Roberts
Reisgogga

"... Ek weet hoe spesiaal dit is om ’n reuse katedraaldeur oop te stoot – die handvatsel blink gevat; die drumpel holrug getrap; die hout donkerder bo waar geen volson kom nie. Om binne op die houtbankies te sit wat al houding het, ongelyke vloerteëls koel onder jou voete en die gedagte van bykans 1 000 jaar se gebruik alomteenwoordig."

Bewaring en voortreflike kos op een bord

Maryke Roberts
Culinair

"Toe Ocean Basket twee somers gelede ’n wyer verskeidenheid seekos, waaronder heel seebrasem, begin bedien het, is dit só goed ondersteun dat hul hele voorraad binne ses weke uitverkoop was. Om ’n hele vis te eet is ’n meer volhoubare en minder verkwistende manier van verbruik."

Akademies en skole

Die engel- en monstermites in Reënboogrant tieners

Alana Lourens
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Jeugboekskrywers moet met groter bewustheid van die sosiale mites oor vroulikheid skryf. Hulle moet liewer daarop fokus om genuanseerde vroulike karakters, buite die grense van byvoorbeeld die monster/engel-mites en ander binêre pare, te skep."

Persverklaring: Vakatures – die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Aansoeke van belangstellende kundiges word tans ingewag vir die volgende vakante poste in die Taalkommissie. Aansoeke sluit op 15 Januarie 2025.

Press release: Summer School, 20 January – 1 February 2025

LitNet
English

Download the complete Summer School brochure here. The Summer School has added four free sessions to the programme. Most of the authors are UCT alumni and staff. This will give you an opportunity to meet and engage with them.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden

Naomi Meyer, Morné van Staden
ATKV-Portaal

"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."

ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid

Naomi Meyer, Pierre van Niekerk
ATKV-Portaal

ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop. Om die vyftigste verjaardag van die projek te vier, is twee optofgeleenthede op Vrydagaand die 29ste November en Saterdagaand die 30ste November 2024 by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch aangebied. Pierre van Niekerk het Vrydagaand gaan foto’s neem.

Persverklaring: Maak reg vir ’n makietie!

LitNet
Persverklaring van Afrikaans100-projek (afrikaans100.org)

Lank voor 1925 was daar reeds die geboorte van ’n taal met wortels van die Kaap tot in Griekwaland, van Arabies tot Nederlands. Selfs ná 1925 het die taal bly groei en die huis soveel meer kamers gekry waar almal welkom is.

Nuwe skryfwerk

Afrikaans

Jeanne Henning Els
Poësie

"jy lê
slaphakskeen
by ouma onder
haar kombers"

In die middel van nêrens

Johan van der Merwe
Poësie

"in die middel
van die middel van nêrens
êrens anderkant Niemandsland
is ’n geheim versteek"

Dinsdag met Ma

Celesté Fritze
Poësie

"Kom vannag in my drome, Ma,
vertel jou stories van gespierde ridders"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved