Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1060

25/07/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Nasionale Dialoog?

Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika

Skrywer: Rudi Steenkamp
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781779890238

Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie.

Menings

Verwarring oor die Nasionale Dialoog

Freek Robinson, Theuns Eloff
Onderhoude

Is die Nasionale Dialoog teen R700 miljoen ’n goeie ding? Dit vra Freek Robinson aan Theuns Eloff. Eloff antwoord dat die idee goed is, maar die toepassing nie. Hy verduidelik die aanloop tot die Nasionale Dialoog, wie deelneem en wie nie, en hy bekyk die alternatiewe vir dit wat deur die President aangekondig is.

Yes for national dialogue, but don’t forget municipal services

Chris Heymans
Opinion

"Significant reform and skills improvement are needed if more deterioration in service delivery and public trust is to be avoided, but the political obstacles to municipal reform are significant. Many municipalities experience regular turnovers of mayors and senior officials, often due to party infighting, especially within coalitions."

Nuwe minister van Hoër Onderwys: Strawwe toets wag op Buti Manamela

Michael le Cordeur
Universiteitseminaar | University Seminar

"Die nuwe minister sal saam met universiteitsbesture ’n sisteem moet uitwerk waarvolgens slegs studente wat in ’n rigting studeer wat hulle toegang tot ’n loopbaan gee, ’n NSFAS-beurs sal ontvang. Grade en kursusse wat entrepreneurskap en werkskepping bevorder, behoort voorkeur te kry."

Derde skoolkwartaal: verwikkelinge rondom die Bela-wet en skoolsake – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Die nuwe skoolkwartaal het pas begin. Hoe lyk die situasie in die middel van die jaar vandat die nuwe wetgewing onderteken is? Jaco Deacon vertel.

An interview with Emma Sadleir about the landmark court order against Meta – and some important social media advice

Naomi Meyer, Emma Sadleir
Interviews

"[I]f you wouldn’t put it on a billboard, you should not let it exist in digital format. Digital content is vulnerable content; it is dangerous content, it can be recorded, it can be shared."

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderrig: kommer oor inheemse tale

Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Wat sou Madiba dus sê as hy vandag, op sy verjaarsdag, na ons taallandskap kyk? Ek glo hy sou baie hartseer gewees het om te verneem dat sy visie vir inheemse tale ’n muis gebaar het."

Wat sê Bettina? Kos of krag: die Eskom-dilemma

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hulle sal daadwerklik moet plan maak om elektrisiteit meer bekostigbaar te maak, of daar gaan een of ander tyd weer geweld uitbreek. Mense is moeg daarvan om gemelk te word vir elke laaste sent wat hulle nie het nie."

Dinkskrum: Is die PA ’n dinamiese en modieuse politieke party? Repliek op Kelvin Knowles se artikel

Jason Lloyd
Rubrieke

"Verteenwoordiging is veral belangrik in ’n diverse land soos Suid-Afrika, maar meriete moet ook in gedagte gehou word, omdat die land kundige mense nodig het om ’n sukses daarvan te maak. Mense kan eenvoudig nie net op grond van ras, geslag en ouderdom aangestel word nie. Meriete moet ’n ononderhandelbare vereiste wees."

Repliek op Jason Lloyd

Kelvin Knowles
Menings

"Jy verwys na Allan Boesak as 'vasgevang in ou en verouderde UDF-strydretoriek sonder om met enige werkbare en praktiese oplossings vorendag te kom'. Hoewel dit nie heeltemal onwaar is nie, begin alle veranderinge in die politiek dikwels met ’n gesprek, baie soos die Burgerregtebeweging in die VSA in die 1960’s of die geboorte van die Anti-Apartheidbeweging."

Vrede in aksie teen GBV

Marlene le Roux
Menings

"Dit is van kardinale belang dat groter pogings deur alle belanghebbendes aangewend moet word om geslagsnorme te verander en omskep om dit sodoende in ooreenstemming met wetgewing te bring, om nieregeringsorganisasies te ondersteun wat met gemeenskappe, tradisionele leiers, jeugsentrums en skole saamwerk om ’n veilige ruimte te skep waar oortreders bygestaan word om hulself te rehabiliteer."

Persverklaring: Vrede in aksie, vroue neem voortou vir eenheid en genesing by Kunstekaap

LitNet
Teater

Vanjaar se Vrouefees bied ’n kragtige tapisserie van stemme, kunste, musiek, literatuur en geleefde ervarings, met aktiwiteite wat regstreeks fokus op die dringende behoefte aan genesing en hoop.

Uit die argief

Gemeenskapsdiens ook tussen verkiesings is noodsaaklik

Jason Lloyd
Rubrieke (2021)

"Die derde vlak van regering in Suid-Afrika, plaaslike regering, word allerweë beskou as die belangrikste vlak van regering, of liewer diensleweringsvlak, omdat dit die naaste aan die mense of gemeenskap(pe) is."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux

Freek Robinson, Piet le Roux
Onderhoude (2021)

Honderde duisende mense in Noordwes kan hierdie week dalk sonder water sit weens die wanbetaling van munisipaliteite. Die gebrek aan munisipale dienslewering het nou sulke afmetings aangeneem dat die sakeorganisasie Sakeliga die hof nader om staatsoptrede af te dwing. Freek Robinson gesels met Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga.

Gewildste plasings op LitNet

Gewildste plasings op LitNet: 16 tot 22 Julie 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 16 tot 22 Julie 2025.

Nou op Voertaal

T’Sjoen vertel van uitkringende navorsing waartoe De ontdekking van het eiland lei: #1

Willem de Vries, Yves T’Sjoen
Literatuur

"Ik bespreek literaire netwerken, de bemiddelende functie van de vertaler, Breytenbachs medewerking aan tijdschriften, boeken in het fonds van Nederlandse uitgeverijen, de kritische ontvangst in het doelcultuurgebied."

T'Sjoen verken komplekse, ryk nalatenskap van een van Afrika se mees enigmatiese literêre figure in De ontdekking van het eiland: #2

Willem de Vries, Yves T’Sjoen
Literatuur

"Iedere schrijver is het product van zijn tijd. Dat is voor Breytenbach niet anders. Hij beschikte over de gave om anderen te begeesteren, bij de zaak te betrekken die hem ter harte ging – hij beheerste de kunst van de liefdesverklaring en de polemiek."

Plantstropery in Suid-Afrika bereik krisisafmetings

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Armoede dryf plaaslike gemeenskappe om aan stropery deel te neem, dikwels onder druk van sindikate wat lenings en belonings aanbied om lojaliteit te verseker."

Diplomatieke krisis tussen VSA en RSA verdiep voor handelsboete

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Trump se brief aan Ramaphosa het die 30%-tariewe op Suid-Afrikaanse goedere bevestig, wat veral die landbou-, mynbou- en motorvervaardigingsektore sal tref."

Nkabane se ontslag bied tydelike verligting vir RNE, maar spanning en wantroue bly

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Nkabane se ontslag volg op intense druk uit verskeie oorde, onder andere die DA, wat haar beskuldig het van korrupsie en misleiding van die parlement oor die aanstelling van SETA-raadslede."

AI slop is the new spam (and what to do about it)

Alex J Coyne
Actueel

"Users who find their timelines flooded with AI slop can take measures to restrict it or prevent the same content from returning."

Abu Dhabi is ook smulpaap-hemel

Maryke Roberts
Reisgogga

"'Min mense reis na Abu Dhabi vir die kos,' hoor ek ’n kollega wysneusig sê. Ek glimlag net in my mou, want dié stad spog met 48 Michelin-gids-restaurante, en waar op aarde wil jy lekkerder dadels of koffie kry, of ’n beter samesmelting van die speserye van die Ooste en die Midde-Ooste?" skryf Maryke Roberts.

Leesimpressie: De wereld en de aarde door David van Reybrouck

Erik van den Bergh
Literatuur

"Krachtig pleidooi van de nieuwe Denker der Nederlanden voor radicaal ander beleid opdat de aarde niet verder ontregeld raakt."

Leesimpressie: Tussen kwetsbaarheid en weerbaarheid door Tamar de Waal

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een helder betoog over burgerschap met veel aandacht voor onderwijs."

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad sal oor ’n aantal maande strek.

LitNet se Kommadagga-slypskool

Skryf nou in vir die Kommadagga-slypskool en -residensie!

LitNet
Boeke en skrywers

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 25 Julie 2025 en die residensie vind van 29 September tot 19 Oktober 2025 by Paulet Huis op KwaNojoli in die Oos-Kaap plaas.

Enter now for the Kommadagga workshop and residency!

LitNet
Books and writers

The closing date for applications is 25 July 2025 and the residency will take place at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape from 29 September to 19 October 2025.

Akademies en skole

Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan ingee en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."

Evaluering van die finansiële haalbaarheid van organiese lamproduksie in Suid-Afrika te midde van prysuitdagings

Mariëtte Geyser
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Op grond van die teoretiese raamwerk van volhoubare landbou, ondersoek hierdie studie die ekonomiese implikasies van organiese boerdery as ’n moontlike oplossing vir die verbetering van winsgewendheid en die belyning met die Volhoubare-ontwikkelingsdoelwitte (VOD)."

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en sê jou ouers jy moet reeds vir jou Wiskundetoetse begin voorberei, maar eintlik wil jy net aan skatte en ander avonture dink? Die goeie nuus is dat jy hierdie oefentoets en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis kan aflaai. By sommige van die somme gaan jy moet skat. By ander somme gaan jy moet meet. Werk die vraestel gou uit en kyk hoe skitter jou rapport hierdie kwartaal!

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 4, kan jy glo dis al die derde kwartaal en wonder jy hoekom is hier ’n prentjie van die aarde by hierdie Wiskundevraestel geplak? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit en kry jou Wiskunde onder die knie. Daar is ook baie somme oor sekondes, minute en tyd hierin. As jy die vraestel uitwerk, sal die Wiskunde nie jou kop laat draai nie en sal jy kan sien dat tyd en die Wiskunde wat daaroor handel, heelwat te doen het met hoe vinnig die aarde draai!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Boeke en skrywers

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway
Seminare en essays

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van die SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

TO Honiball (1905–1990)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“As iemand snaaks probeer wees, lag mense gewoonlik nie. Dit is ’n kuns om mense te laat lag.” Lees meer oor die lewe en werk van TO Honiball in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Sewe-en-sestig leesminute vir Mandela op 18 Julie 2025

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Die skoolvakansie was amper verby en die kinders van die KidsCan Naskool en leersentrum in Proteadorp, Kleinmond, al effe moeg gevakansie na ’n stewige vakansieprogram. Maar … toe besluit ons om ’n bietjie meer as net worsrolletjies op Mandela-dag te doen en die vakansie op ’n hoë noot af te sluit deur vir 67 minute te lees."

Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."

’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."

Mal oor jou deur El Bester: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Die skrywer het [...] die gulde geleentheid tot ’n bevredigende klimaks en ontknoping deur haar vingers laat glip. Dit is steeds lekker leesstof, maar dit kon sóveel méér gewees het. Baie lesers sal dalk nie eens besef dat daar moontlikhede in die storie is wat nie ontgin is nie."

Labour law in practice deur Andrew Levy: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke

"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."

Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger
Lesersindrukke

"Lees hierdie boek. Nog beter, koop meer as een en gee dit vir jou bure, dominee, pastoor of geloofsleier, jou kind se onderwyser en almal wat jy teëkom wat by kinders betrokke is. As ons as gemeenskap probleme vroeg genoeg raaksien en daarop reageer, kan hierdie tipe misdrywe gekeer word voordat dit gebeur."

Short.Sharp.Stories anthology Power: interview with Cynthia Kistasamy, author of "Kameel and the firecracker dog"

Joanne Hichens, Cynthia Kistasamy
Books and writers

"Humour, in my story, was used as a tool to lighten what could otherwise be considered a volatile social issue, while still taking the bull by the horns."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 19 tot 25 Julie 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Food for a purpose: ’n onnerhoud met Naslie Khan

Tasneem Daniels, Naslie Khan
Leefstyl

"Die food industry het die krag om ekonomieë aan te dryf, kulture te vier, gesondheid te bevorder én ’n verskil te maak in mense se daaglikse lewe." Tasneem Daniels gesels met Naslie Khan.

Toorkombuis: ’n Kerriewarm tuiskoms

Karen Hart
Kos en wyn

"Wanneer my klante smiddae vyfuur hul kosbestellings kom afhaal, raak ek skaam vir die chaos in my klein kombuisie na die dag se kokery. Maar al waaroor hulle kan praat, is die wonderlike geure wat in my huisie hang. En op dié Sondagaand is dit, saam met die kerrie, die onthou wat warm om my hart kom lê."

’n Resensie van Hoofseun deur Tollie Parton

Hermione le Roux-Ellis
Teater

"Wat beteken dit om queer en Afrikaans te wees? Verskil ons werklik so baie van mekaar? En hoe het die hoofseun hoofmeisie geword?"

Wil jy kaartjies na Jo Black se vertoning wen?

LitNet
Musiek

Die teater gee twee kaartjies weg aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal dan een van hierdie geleenthede gratis kan bywoon.

Nuwe skryfwerk

Ek het met my lippe gedink

Martiens Labuschagne
Poësie

"ek het nog met my lippe
gedink
en met my oë
gedog"

Dias-kruis

Marie Greyvenstein
Poësie

"Simbool van geloof in ’n onbekende land
ingemessel met vasberade hand."

Loopgraaf

Marieka Brocklebank
Poësie

"Hier op Ouklip se muur
bied ek eer en respek
vir dié wat alleen
in ongemerkte grafte sterf
vir volk en vaderland."

Skaduwees

Johan van der Merwe
Poësie

"oor hoe onskuld
in skuld gedompel is
deur voorvaders
kerkvaders en verlorenes"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved