Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1050

16/05/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Die eerste 49?

Jakkals en Wolf 2

Skrywer: Wendy Maartens
Illustreerder: Gerda Smit
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637007412

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar ’n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar te uitoorlê, maar bly steeds beste maats.

Menings

Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?

Freek Robinson, Theo Venter
Onderhoude

Waarom word bruin Afrikaanssprekendes by Trump se uitvoerende bevel uitgesluit? Hoe definieer die Verenigde Nasies vlugteling? Hoe gaan die vergadering tussen president Ramaphosa en president Trump moontlik verloop? In hierdie onderhoud met politieke ontleder Theo Venter kom ook onderwerpe soos Nampo, grondonteiening, misdaad op plase, werksgeleenthede in Suid-Afrika en assimilasie in die VSA onder die loep.

Van ’n president verwag ’n mens beter

Wannie Carstens
Elders gesien

"En is die bykans 1 miljoen SA burgers wat sedert 1994 gemigreer het om beter geleenthede elders te ontgin, ook almal lafaards en antitransformasie?"

Nog ’n Groot Trek?

Pieter-Dirk Uys
Menings

"En oor die lengte en breedte van die geknelde land met sy nuwe skelname en chaotiese provinsies, etniese gesigte en politieke verwarrings word daardie eeu oue taaltjie nog gepraat, met die lekkerte en losbandigheid van ’n liefdesverhouding, saam met somaar 11 ander maatjies in die demokratiese speelkamer van kommunikasie."

Besoek aan die Withuis – uiteindelik! (16 Mei 2025)

Theo Venter
Menings

"Ons weet nou al dat Trump en JD Vance, sy jeugdige visepresident, met geen aanmoediging nie uit die heup skiet, ten spyte van die agenda!"

Winde van verandering: Suid-Afrika se nuwe politieke landskap in fokus

Jean Oosthuizen
Menings

"Christo van der Rheede se insigte bied ’n skerp blik op die kragte wat die land se toekoms vorm, veral in die konteks van die RNE en die globale winde van proteksionisme, nasionalisme en ekonomiese herskikking."

Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."

Universitêre outonomie: Suid-Afrika, VSA en elders

Charl Wolhuter
Universiteitseminaar | University Seminar

"’n Derde bron van druk op akademiese vryheid en universitêre outonomie in die hedendaagse wêreld is die groeiende tendens van populisme, wat sedert ongeveer ’n dekade gelede in baie dele van die wêreld sigbaar is. Die verskynsels waarmee populisme verbind word, of wat elemente daarvan vorm, soos identiteitspolitiek, etniese of identiteitsmobilisering, fopnuus, onverdraagsaamheid, reduksionistiese denkskemas en persoonlikheidspolitiek, maak eweneens die verwerkliking van akademiese vryheid en universitêre outonomie onmoontlik. Terwyl die mees markante voorbeeld hiervan sekerlik die optrede van Donald Trump in die VSA is, is dit nie moeilik om ander voorbeelde in alle wêrelddele te vind nie."

Op dees aarde: Griepinentings

Elsabé Brits
Rubrieke

"Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem."

Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das

Jason Lloyd
Rubrieke

"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg, 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80."

China’s dominance in African port development

Fanie Herman
Opinion

"China’s presence in Africa’s port sector is unmatched anywhere else in the world. By contrast, Latin America and the Caribbean host only 10 ports built, financed or operated by Chinese firms, while Asian countries have 24."

Afrikaans se amptelike status in Oudtshoorn gevier

Izak de Vries
Menings

Afrikaans het op 8 Mei 1925 ’n amptelike taal geword. Op Donderdag 8 Mei 2025 is "Nkosi sikelel’ iAfrika" gespeel terwyl ons landsvlag voor Arbeidsgenot, CJ Langenhoven se woning, gehys is. Later die aand is ’n viering van Afrikaans gehou in die Neelsie, ’n teater wat op Arbeidsgenot se gronde staan.

Taalgebaseerde spanning in Indië: ’n sosiohistoriese perspektief

Ernst Kotzé
Menings

"Vanaf 2025 is Indië die land met die grootste bevolking ter wêreld (1 463 865 525, teenoor China se 1 416 096 094). Dit is ook een van die mees diverse lande in die wêreld wat betref die taleverskeidenheid, met 22 grondwetlik erkende tale, honderde streekstale en meer as duisend dialekte. Volgens verskeie bronne is die totale aantal tale en dialekte wat onderskei kan word, meer as 1 800."

Misofonie

Handré Brand
Menings

"Vir mense met misofonie is die blootstelling aan spesifieke agtergrondklanke nie bloot vlugtig en van verbygaande aard nie, maar eerder ’n onhanteerbare werklikheid. Vir hulle is sekere klankprikkels die bron van hul intense en atipiese emosionele reaksies daarop."

Springmielies: Oor die ydelheidsindustrie en ander skoonheidsnarratiewe

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Die narratief van beeldskone vroue is so oud soos die mensdom self. Mens kan nie kompeteer met die skoonheidskoninginne van Hollywood, die sosiale media, die geskiedenis en selfs verhaalkuns nie."

Uit die argief

#SwartMaandag: tragedie of volksmoord?

Bettina Wyngaard
Rubrieke (2017)

"Sewentig boere wat oor ’n tydperk van 12 maande vermoor is, is tragies. Dit val egter nie binne die erkende definisie van wat internasionaal as volksmoord gesien word nie. … Die afgelope jaar is daar meer as 900 mense op die Kaapse Vlakte vermoor. … In een geval het ’n ouma met haar dogter se baba op die skoot gesit toe sy noodlottig gewond is. … Elke lewe wat verlore gaan, is tragies. … As plaasmoorde gebruik word om wit boere in ’n volksmoord te teiken, hoekom word swart boere dan ook doodgemaak? Hoekom word swart werkers ook doodgemaak?"

ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Boeke en skrywers

LitNet Akademies-resensie-essay: Dienaar van die waarheid deur MC Botha

Johann Rossouw
Resensies

"Desondanks, as die leser hierdie hebbelikhede kan verduur, lewer MC Botha met Dienaar van die waarheid ’n roerende, dikwels kostelike getuienis van sy grootouers aan vaderskant en van sy ouers – merkwaardige mense wat na die beste van hulle beperkte vermoëns die goeie lewe in moeilike omstandighede probeer leef het."

Goue lint my storie begint: Die unieke aard van kinder- en jeugboeke

Anke Theron
Kinderboeke

"Wat maak kinderboeke werklik anders en veelsydiger as volwasseneliteratuur? Waarom neem ons dit ernstig op? Waarom en hoe kan ons dit as waardevolle literatuur beskou? Al hierdie vrae se antwoorde begin by die konstruering van ’n definisie: Wat is kinderliteratuur?"

Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."

Cliff-hanger: Geheim in die riete deur Constant van Graan: ’n resensie

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Die karakters van die boek is goed gekies. Almal word só vinnig en doeltreffend geskets dat jy omgee. Jy wil weet wat van hulle word. Dis ’n rare talent: om met min woorde karakters te skep wat jy nie sommer vergeet nie."

Song of the slave girl by Ashraf Kagee: a reader’s impression

Sarah Oosthuizen
Books and writers

"It’s a daring book. He shows – and tells – with every word a song’s note, an ingredient that stirs flavours within, and the result is both delicate and rich."

Hendrik Januarie (1941–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk.

Persverklaring: Kortlyste van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans aangekondig

LitNet
Boeke en skrywers

Die UJ-pryse word toegeken vir uitnemende tekste in enige genre wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en in die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is vanjaar se kortlyste.

Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach

LitNet
Boeke en skrywers

’n Poësieprys wat hulde bring aan een van Afrikaans se literêre ikone, Breyten Breytenbach, word voortaan jaarliks toegeken. Die nuwe Breyten Breytenbach-prys vir Afrikaanse digkuns beloop R200 000 – sonderlinge aansporing in ’n genre wat relatief min erkenning kry in die vorm van literêre pryse. Die prys maak deel uit van die jaarlikse kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir Afrikaanse digbundels wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.

Uitnodiging: Bekendstelling van Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie nooi u vriendelik na die bekendstelling in Pretoria van Louise Viljoen (red) se boek Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe. Dit is die sestiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners en die gevierde Antjie Krog is die eregas.

Persverklaring: Geleentheid om in te skryf vir die ATKV-Woordveertjies 2025

LitNet
ATKV-Portaal

Kom pluk ’n veertjie vir jou hoed! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2025-ATKV-Woordveertjies is Maandag 2 Junie 2025. Hier is nog inligting.

Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025

LitNet
ATKV-Portaal

Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy.

Press release: Kingsmead Book Fair in Johannesburg

LitNet
Books and writers

Calling all birds of a feather to bookmark together at this year’s Kingsmead Book Fair. Kingsmead College will host the 13th annual Book Fair on Saturday, 24 May 2025 at Kingsmead College campus in Melrose, Johannesburg from 09:00 to 18:00.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 10 tot 16 Mei 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Digters, denkers en datamasjiene: Wie se werk is dit?

Mercia Coetzee
LitNet25-skrywersberaad

"Weer eens het ek ChatGPT self genader vir ’n lys van dié KI-tegnologieë wat die meeste, en met die meeste sukses, vir sodanige samewerking gebruik kan word."

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad sal oor ’n aantal maande strek.

Nou op Voertaal

Die dag toe 49 "A(f)erikaners" op die vliegtuig geklim het

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Bestaan daar ’n sinvolle verklaring vir waarom Trump volhard daarmee om Afrikaners se grondwetlik beskermde bestaan in Suid-Afrika om te draai in een waar jy moet vrees vir jou lewe en jou besittings [...]? Net hy sal weet. Maar om ’n waagkans te vat: Miskien is dit sy manier om Suid-Afrika terug te kry vir die klag van volksmoord teen Amerika se bondgenoot Israel vir oorlogsdade wat dié land in die Gaza-strook pleeg."

Eerste "Afrikaner-vlugtelinge" vertrek na VSA te midde van intense debat

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Chester Missing, die bekende Suid-Afrikaanse satiriese pop, geskep en bestuur deur die buikspreker en komediant Conrad Koch, het op X gespot en gesê Amerika kry nie juis die room van die Afrikaners nie."

Wêreld se oë op Ramaphosa en Trump se beplande vergadering

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Trump en een van sy adviseurs, die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr Elon Musk, beweer dat Afrikaners rassediskriminasie ondervind weens regstellende-aksie- en grondhervormingswetgewing."

Suid-Afrikaanse paroolstelsel in ’n krisis: DA eis dringende aksie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Voorstelle sluit in die verhoging van gedragswetenskaplike kundigheid, groter gemeenskapsbetrokkenheid, en die aanvaarding van buigsame vrylatingsprosedures, soos gesien in Kanada se paroolmodel. Opleiding van paroolbeamptes in psigososiale rehabilitasie kan ook uitkomste verbeter."

Beurtkrag tref Suid-Afrika ondanks Eskom se beloftes

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Eskom het om verskoning gevra vir die ongerief en belowe om die stelsel noukeurig te monitor. Terwyl die kragverskaffer volhou dat beurtkragvoorvalle aansienlik afgeneem het in vergelyking met vorige jare, bly die onmiddellike impak op Suid-Afrikaners ’n bron van frustrasie."

Nederlandse skrywer Berend Mets oor historiese romans uit Suid-Afrika

Annette Havenga
Literatuur

"Hy is in Indonesië gebore. Mets se Nederlandse ouers het die gesin in Suid-Afrika kom vestig, maar toe hy 10 jaar oud was, het Mets reeds op die Wes-Indiese Eilande, in Nederland, Indonesië en Singapoer gewoon."

Van Ewijck-Stichting – Commendatio Prestatieprijs 2024 aan: Eep Francken en Olf Praamstra

Chris van der Merwe
Meningen

Op 26 April is die Prestasieprys by SASNEV in Pinelands oorhandig aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul boek Geen land voor dromen, geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. Die commendatio is deur Chris van der Merwe gelewer.

Die renosterman van St Francisbaai

Willemien Green
Actueel

"'Is this guy for real?' wonder ’n Amerikaanse toeris hardop. Hy is deel van die groep wat vandag die Lombardini-wildsplaas, waar die Kouga Rhino Sanctuary geleë is, besoek."

Brief en repliek 10: Slot

Alwyn Roux, Yves T’Sjoen
Academisch

"Wat het onderzoek betracht, is om vanuit een inclusieve visie op taal en cultuur, met aandacht voor variëteiten van talen en diverse culturele verhalen, een contactgeschiedenis te ontwerpen van het wisselverkeer tussen Afrikaanse en Nederlandse literatuur."

Ontvlug na tradisie by Vriesenhof

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die nuwe restaurant in die ou plaashuis op Vriesenhof buite Stellenbosch is heel gepas genaamd Die Stoep. Hier verlustig jy jou nie net in die plaas se bekroonde wyne, die wonderlike geregte uit die kombuis, of deel jy in ons erfenis nie, jy word een met die portretagtige landskappe wat deur die reusevensters omraam word."

Leesimpressie: Optimisme zonder hoop door Tommy Wieringa

Erik van den Bergh
Literatuur

"Somber stemmend essay over ongekende toekomstloosheid ten gevolge van de klimaatcrisis. Over het onbewoonbare land dat we voor onze kinderen achterlaten."

Leesimpressie: Lente door Nikki Dekker, Lisa Weeda, Alara Adilow en Femke Brockhus

Erik van den Bergh
Literatuur

"Vier korte teksten van door de Volkskrant en NRC uitgeroepen 'literaire talenten van het jaar' van 2022–2024."

Commonwealth Short Story Prize 2025 shortlist: an interview with Vashish Jaunky

Jannike Bergh, Vashish Jaunky
Literatuur

"Mauritius seems to be this inexhaustible matrix of creation. Talent is found in every corner, and it’s not performative. There’s this fascinating tension between marketing the country as a paradisiacal tourist destination and the actual real life of what the island is really about."

Commonwealth Short Story Prize 2025 shortlist: an interview with Joshua Lubwama

Jannike Bergh, Joshua Lubwama
Literatuur

"No amount of reading about the nature of water can substitute for diving in, if one ever hopes to be an expert swimmer. Any form of human creativity is a process of doing it and getting better at it."

Press release: Joshua Lubwama from Uganda wins 2025 regional Commonwealth Short Story Prize for Africa

Voertaal
Literatuur

The 25-year-old saw off strong competition from five other shortlisted writers from the Africa region: Dorechi from Kenya, Stephen M Finn from South Africa, Priscilla Ametorpe Goka from Ghana, Vashish Jaunky from Mauritius and Nigerian Olákìtán T Aládéṣuyì.

Persbericht: De ontdekking van het eiland. breytenbachiana is pas verschenen

Voertaal
Literatuur

Het boek De ontdekking van het eiland. breytenbachiana is pas verschenen. De essaybundel is het slotdeel van een drieluik, samen met de academische opstellenbundel Kwintet. Literaire dialogen tussen Afrikaans en Nederlands (2023) en het vorige werkschrift Breyvier. Over taal, burgerschap en Breytenbach (2023).

Akademies en skole

Die skolastieke bibliologie van Petrus van Mastricht (1630–1706)

J.A. Schlebusch
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Hierdie studie herwaardeer Van Mastricht se bibliologie binne die konteks van 17de-eeuse epistemologiese debatte, waarin hy homself as ’n uitnemende verteenwoordiger van die Dordtse ortodoksie onderskei."

Kanselleerkultuur as strafbeskaming in Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Madelaine Page
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die verhaal wys hoe strafbeskaming en sondebokmaking deur kanselleerkultuur as ’n samelewingsverskynsel binne die groter verband van ’n ingewikkelde, geglobaliseerde en elektroniese samelewing funksioneer, en hoe dit gerugsteun word deur dophoutegnologie- en gesigherkenningstelsels."

Lewenswetenskappe: Sure en basisse, miere en termiete – het hulle iets gemeen?

Rouxlyn Botha
Skole

"Behalwe vir selfverdediging, gebruik miere ook mieresuur om hul neste mee te ontsmet. Mieresuur het antimikrobiese eienskappe. Dit beteken dat dit die groei van mikrobes wat siektes onder die miere kan veroorsaak, vertraag. Mieresuur is so effektief dat dit gebruik word om veevoer mee te preserveer."

Graad 6: Afrikaans Huistaal-oefenvraestelle en memoranda, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy vanjaar in graad 6 is, het jy seker nog nie so baie van hierdie voorwerp in jou lewe gesien nie. As jy egter voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen, kan jy hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai en meer lees oor die poskantoor. Dalk pos jou ouers vir jou ’n liefdesbrief as hulle sien watter goeie punte jy as gevolg van jou harde werk behaal.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Laurika Rauch – haar nalatenskap vir Afrikaans en Afrikaanse musiek

Amanda Swart
Musiek

"Laurika se genuanseerde vertolkings meet druppel vir druppel betekenis af. Sy glo musikaliteit lê in frasering, want dit kom uit die hart, die longe, die bekken. Musiek moet jou op alle vlakke aangryp."

Hedda Gabler: ’n teaterresensie

Maryke Roberts
Teater

"Die stuk is meer as 135 jaar gelede geskryf, maar ongeag die tydvak waarin jy dit sou sien, of eerder beleef, die verveelde, wilde vrou is nie tydsgebonde nie; ook laat ’n verlore liefde en verraad van die hart hom nie in ’n boksie sit nie, maak nie saak waar vroueregte op die wêreldranglys is nie."

Pareltjes uit Amsterdam: Koningsdag 2025

Johan Allers
Leefstyl

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die besige strate van Amsterdam op Koningsdag 2025.

Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Fatima Allie

Tasneem Daniels, Fatima Allie
Leefstyl

Die LitNet-insetsel is deel van Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Tasneem Daniels gesels met Fatima oor onder meer Junie (Jeugmaand) se program.

Persverklaring: Illustrasiekursus by die Breytenbach Galery op Wellington

LitNet
Kuns

Gemotiveer deur die feit dat daar ruimte is vir heelwat meer illustreerders, veral in Suid-Afrika, wat die boek, storie en boekmaakproses ken, word die tweede omvattende en onafhanklike illustrasiekursus hierdie jaar in Suid-Afrika aangebied. Die kursus bied aan kunstenaars die unieke geleentheid om aan die hand van gespesialiseerde hulp hul illustrasiedrome te bewaarheid.

Persverklaring: Vlooi en die speelgoedkis by die Kunstekaap

LitNet
Teater

Opvoeders en leerders, neem kennis! Vlooi besoek binnekort weer die Kunstekaap. Hier is solank inligting sodat julle betyds kan kaartjies koop.

Press release: Echoes of heritage at the Hermanus FynArts Festival 2025 

LitNet
Lifestyle and entertainment

The Hermanus FynArts Festival is a fusion of arts festival and winter school. "Heritage" is this year’s theme, weaving together a full programme of music, theatre, ballet, workshops, culinary demonstrations, food, wine, exhibitions and discussions. From jazz and ghoema rhythms to stand-up comedy and storytelling celebrate the richness and complexity of South African history, art, cultural identity and transformation.

Press release: Wake up with the Daily Maverick at Hermanus FynArts Festival

LitNet
Lifestyle and entertainment

Hermanus FynArts is proud to announce a dynamic new addition to the FynArts Festival: Wake up with Daily Maverick, a compelling morning talk series taking place from 9 to 13 June. Don’t miss this thought-provoking series, designed for those who believe in the power of information, debate, and democracy.

Nuwe skryfwerk

Ma is, Ma is

Celesté Fritze
Poësie

"Die voëls kondig immer die daeraad aan:
Kyk liggaam, die dag het gebreek."

My ewige geskenk

Marentia Kotze
Poësie

"Dan hoor ek jou voetstappe
weergalm in my siel
en ek weet jy’s hier."

Asem

Jeanne Henning Els
Poësie

"hier leun my rug teen jou naam op die plaatjie."

Die reën

Johan van der Merwe
Poësie

"so kom reën verby
was die kwaad weg
bring genesing"

Make-up

Catherine Janse van Rensburg
Poësie

"Oor die horison
Voordat ek weer ek was"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved