|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 905
24/06/2022
|
Krities Afrikaans
|
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap |
Terugblik 2 – Nog 80 sketse van ons geskiedenis
Skrywer: Fransjohan Pretorius
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313212
Dié is die tweede versameling van Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika, van die vroegste tye tot taamlik onlangs, wat in die dagblad Beeld verskyn het. Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede, in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis, asook ’n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure. |
 |
|
 |
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap
LitNet
Boeke en skrywers
Vanaf 2022 word die Inwoonskrywerskap jaarliks deur LitNet en die Victoria Hotel en Tuishuise in Cradock aangebied. Tydens dié verblyf kan skrywers ’n maand lank sonder sorge in die Karoodorp tuisgaan om in relatiewe stilte en afsondering aan ’n skryfprojek te werk.
|
 |
Stemme | Voices | Amazwi
LitNet
Drama
Stemme | Voices | Amazwi, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV word weekliks hier vrygestel. Vyftien dramaturge is genader om kort, kragtige monoloë in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu en Sotho te skryf. Lees die monoloë hier en kyk na die verfilmde weergawes daarvan. |
 |
My ouma – die bakker, die bokser
Dean Balie
Drama
LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Elton Landrew se vertolking van Dean Balie se My ouma – die bakker, die bokser. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en die regisseur.
|
 |
(Don’t go back to) Dogville
Nathan Trantraal
Poësie
Nathan Trantraal se "(Don’t go back to) Dogville" is deel van ’n reeks verse met "teater" as tema, en word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier.
|
 |
Hamba bhekile
Zongezile Matshoba
New writing
In this video the poet reads the poem and provides a short introduction. The sounds are important.
"Hla hle hli hlo hlu
Bazokuyazi uMahlangu weegolide ezimbini
AyingoMalangu"
|
 |
Uit die argief: Sada Ûib
Denver Breda
Poësie
"Sada lam e u hâ tama !kho omdi !na, (Ôs in tronke sonder einde,)
Tsoa tsoa e u hâ tama !kho om di !na. (in tronke sonder begin.)
Xawe ta ni lûba? (Maar ôs moet vergewe?)"
|
 |
Oupa Jan (Oupsie)
Janica Flink
Poësie
"Op die stoep het jy gesit met
die pyp in jou mond,
heel fris en gesond."
|
 |
Eindstreep
Neo Mehlomakulu
Poësie
"by die rivier hier onder
swem my toekoms
sorgvry en sonder worries"
|
 |
Hulle sê
Megan Adendorff
Poësie
"my hart
is by die persoon
wat nooit
my gedagtes verlaat."
|
OuLitNet | From LitNet’s archives |
 |
Writing space: reflections and refractions
Mary Watson
OuLitNet: Young voices – South African online writers’ conference (2004)
"So in South African fiction the Karoo, for example (that big emptiness where ghosts must surely linger), is evoked as a great barren expanse (a shared understanding), but even as this emptiness is given, it is retracted. Instead, it is as if its vast surface were reflective, and so it becomes the site for all kinds of things; a complex manifestation of something else. What this distorted reflection may be, varies from story to story, but there is an awe of the Karoo as a magical place where extraordinary things may happen."
|
 |
Literature of the South Asian diaspora: Jayapraga Reddy’s South African contribution
Sam Naidu
OuLitNet: Young voices – South African online writers’ conference (2004)
"This paper is extracted from my PhD project, which is informed by postcolonial feminist theories, transnational feminist practices and diaspora theory. The aim of this exploration is to describe a transnational literary aesthetic which seeks to inscribe new, empowered identities and cultural locations for mainly women of South Asian descent. The literature under examination is mainly from the UK, the USA and South Africa."
|
 |
"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys"
Freek Robinson, Wilna van Heerden
Onderhoude
Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.
|
 |
USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz
Naomi Meyer, Carmi Britz
Onderhoude
"Afrikaans is deel van ’n mens, dit is ’n identiteitsmerker. Dit is soms moeilik om die vakgebied van die individu of identiteit te skei of te onderskei. Wanneer iets negatiefs oor Afrikaans gesê word, voel dit dus amper asof daar iets negatiefs oor die Afrikaanssprekende gesê word."
|
 |
Kô lat ôs praat oo food security, Uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Uncle is actively besag om, in ôs ammel se name, die kant vannie oppressor te vat en te try benefit uit hulle crimes. Dis worse dan Thabo se quiet diplomacy, worse dan Zuma se Bashirgate en firepool-gate. Djulle ammel vat ôs vi gatte, en somewhere gan dit djulle inhaal."
|
 |
Reflections oppie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular (Mogamat Alexander)
Tasneem Daniels
Menings
"Ommie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular deur Mogamat Alexander te witness was actually ’n dream come true ... en innie [Radio 786-LitNet-] insetsel het ôs gepraat vannie Cape Muslim vernacular en Kaaps, hoe hulle dieselle is en hoe different dit kan wies, ennie feit dat elkien van hulle nie legal tale of dialects ... innie boardroom, education, media en alle public en official spaces [is nie]."
|
 |
Ysterhoudende geotermiese fonteinwater
Handré Brand
Seminare en essays
"Gedurende hierdie ondergrondse 'reise' van die verhitte water word verskeie chemiese bestanddele in die water opgelos wat terselfdertyd medisinale voordele kan inhou."
|
 |
Collaboration – the moral maze of the enemy within
David Willers
Opinion
"Painful choices had to be made, if Meyer was to save both his house and his delicate wife from the privations of the crowded concentration camps, rife with disease and primitive sanitation. In Meyer’s view, the war was taking too brutal a toll, and would be lost in any event. Honourable surrender was the best way forward."
|
 |
Huldeblyk aan Matthys Strydom (1935–2022)
Amanda Botha
In memoriam
"Met openingsaande was daar ’n tou voor die deur van gaste wat gretig was om binne te kom. Geen voorskoue is gehou nie en dit het twee weke geduur om die werke te hang en te plaas. Baie van die kunstenaars het ook die openingsaand bygewoon en die wedywering van die gaste om die werke te sien en die eerste te wees om te kan koop, was aansteeklik."
|
 |
Die skielike heengaan van James Bhemgee
Danie van Wyk
In memoriam
"James Bhemgee was ’n bekende tenoor in die Kaap wat nooit die hoogtes bereik het waarvoor hy bestem was nie," sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Gedeelde geskiedenis tussen Nederland en SA is dig verweef
Maryke Roberts
Cultuur
"Die #cocreateSANL Identiteit-ervaringsfees is van 4 tot 6 Junie 2022 in Kaapstad gehou. Sommige besprekings was virtueel, maar verskeie vertonings en uitstallings is by Iziko Museums, die Kunstekaapteater en die Kasteel van Goeie Hoop aangebied."
|
 |
Nelson Mandelabaai spook om water in die krane te hou
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die nieregeringsorganisasie The Gift of the Givers is een van vele rolspelers wat probeer om ’n humanitêre krisis in die metro te voorkom. Hulle het vroeër die week gewaarsku dat die droogtesituasie in die Nelson Mandelabaai-streek so ernstig is dat die krane in Gqeberha binne dae heeltemal kan opdroog."
|
 |
Lae Lande-nuus: Stakings, steenkool en die waarde van ’n enkele tand
Milton Webber
In het nieuws
"Nederland se belangrikste internasionale lughawe, Schiphol, het verlede week aangekondig dat hy in Julie en Augustus daagliks duisende vlugte gaan skrap; intussen het ’n staking deur veiligheidspersoneel Maandag die Brusselse lughawe lamgelê; twee Pole is naby Zeebrugge deur ’n sterk seestroom meegesleur; weens Rusland se oorlog het die Nederlandse kabinet aangekondig dat drie steenkoolkragstasies vir eers weer op volle sterkte mag werk; en België gee Patrice Lumumba se tand terug aan sy familie."
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Botticelli se Primavera
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Alex Duffey se lesing "Botticelli se Primavera verbeeld beskaafde gedrag vir alle tye" handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan op die SA Akademie se sosialemediaplatforms gekyk word.
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
’n Seekat het agt tentakels, maar kan hy Wiskunde doen? Gebruik hierdie gratis vraestel vir graad 8-leerders, opgestel deur Lee-Ann West, om jou Wiskundevaardighede op te skerp.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Resensie: minjonet en bitterbos deur Thomas Deacon
Nini Bennett
Resensies
"Die toonaard van minjonet en bitterbos is nostalgies en berig oor ’n vertroude tipe kennis en ervaring van die streek en sy mense; die oproep van gedeelde en bekende intiemhede en ’n terughunkering na ’n vergange wêreld."
|
 |
Swerfjaar vir seniors: ’n Vreemde, bekende wonderland
Marita van der Vyver
Rubrieke
"Ons ry deur die een skilderagtige dorpie na die ander, van die Savoie-streek naby die Switserse grens waar nog een van ons seuns woon, deur die Auvergne, Lozère, Corrèze, op pad na die Dordogne waar ons ’n paar weke in ’n geleende kliphuisie gaan vertoef."
|
 |
Persverklaring: Wil jy Afrikaans toelies in Arabies?
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Ter ere van Arabies-Afrikaans bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Historium Trust ’n werkswinkel oor hierdie unieke skryftradisie op 16 Julie 2022 aan én loods hulle nog ’n kompetisie met groot kontantpryse.
|
 |
Persverklaring: Program vir 13de Klein Karoo Klassique bekend
LitNet
KKNK
Dis wintertyd op Oudtshoorn, wat beteken Klein Karoo Klassique is om die draai. Dié fees van klassieke musiek word van Vrydag 5 tot Dinsdag 9 Augustus vir die 13de keer op Oudtshoorn aangebied, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting.
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|