Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 860

29/07/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou Kuba

Pasverskyn

Kuifie en die Pikaro’s


Skrywer:
Hergé
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485311072

Die avonture van Kuifie (Les Aventures de Tintin et Milou in Frans) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Menings

Kuba: ’n tyd vir nuwe idees?

Hein Willemse
Seminare en essays

"Daar is ’n ou waarheid: As mense voel dat hulle nie gehoor word nie, voel hulle nie deel nie, dan is verset, ondermyning en die vernietiging van die stelsel die onvermydelike vooruitsig."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Lindie Koorts

Freek Robinson, Lindie Koorts
Onderhoude

Meer as 300 lewens is verloor tydens die onlangse gewelddadige opstande in KwaZulu-Natal en Gauteng. Skade en verliese beloop na raming R200 miljard. Lindie Koorts, geskiedkundige aan die Universiteit van die Vrystaat, skets vir Freek Robinson die historiese en hedendaagse konteks van hierdie opstande, en besin oor gewelddadige krisisse in Suid-Afrika se geskiedenis.

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

William Sezoe
Universiteitseminaar | University Seminar

"Ek moet erken, ek het bekommerd geraak, want ’n paar maande voor die uitspraak het ek my aansoekvorm aan die US ingevul. Ek het Afrikaans as my moedertaal aangedui, en by die vraag oor in watter taal jy jou studie wil voltooi, het ek 'Afrikaans' ingevul. Hoe nou gemaak? Watter valse bemarking is dit dan nou?"

Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams

Menán van Heerden, Quentin Williams
Onderhoude

Die Drietalige woordeboek van Kaaps- (DWK-) projek, wat die eerste woordeboek van Kaaps gaan ontwikkel, is pas bekend gemaak. Die DWK-projek word gelei deur die Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR) aan die Universiteit van die Wes-Kaap en die nieregeringsorganisasie Heal the Hood Project. Menán van Heerden gesels met Quentin Williams, direkteur van die CMDR.

Press release: The first trilingual dictionary of Kaaps

LitNet
Books and writers

The Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR) at the University of the Western Cape and Heal the Hood Project (HTH, a community NGO) are pleased to announce the launch of the Trilingual Dictionary of Kaaps (TDK) project. The Trilingual Dictionary of Kaaps (TDK) is a descriptive corpus project that will develop the first dictionary of Kaaps.

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Michael le Cordeur
Skole

"Die enigste oplossing is dat ouers begin verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se opvoeding. Hulle móét hulp soek, saamspan, vennootskappe sluit met hul plaaslike sakemanne. Jy hoef nie geld te hê nie. Dit kos niks behalwe moeite en harde werk om klaskamers in die middag goed skoon te maak, om te sorg dat daar seep en water is om kinders se hande te was, of om maskers te maak vir kinders nie."

COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Estelle Kruger
Skole

"Wat vir my uitstaan in onderrig – behalwe die vakinhoud – is kreatiwiteit, humor en pret."

COVID-19 en verlore skooltyd: Dewald Koen se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Dewald Koen
Skole

"Ouers of voogde moet as ’n span saam met die onderwyser werk. Stel realistiese verwagtinge. Ouers/voogde kan veral jonger kinders soveel as moontlik laat lees. Vir tieners is dit belangrik dat ouers hulle emosioneel ondersteun."

Stellenbosch bid for Unesco City of Literature status

Darryl David
Opinion

"I have dreamt of this day for over a decade. Despite the numerous obstacles we faced putting this bid together, the planets seem to have aligned and in little over three months time we will know whether our bid to Unesco has been successful."

Vellies is net vellies – of is dit?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ontwerpers kan bitter selde al hul landsburgers gelukkig hou wanneer dit kom by die uitrustings wat deelnemers aan die Olimpiese Spele by die openingseremonie dra."

Mymerings oor COVID-19, moederskap en plundergeweld

Chrizane Geldenhuys
Menings

"Ek is ’n pandemie-mamma wat nes miljoene ander haar ideale prentjie vir baba grootmaak moes laat vaar. Vier maande postpartum arriveer ons trekgoed in Luanda."

Herman Bailey, man van krisante en wyn

Japie Gouws
In memoriam

"Herman Bailey en sy vrou Carol was geliefde mense en ware staatmakers. In Wellington kon jy nêrens ongesteurd saam met hulle beweeg nie."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Akademies en skole

’n Normatiewe en prosesregtelike raamwerk vir die afneem van getuieverklarings en die beoordeling van teenstrydige getuienis

Inez Bezuidenhout
LitNet Akademies (Regte)

"Die billikheid van die proses voordat die getuie onder kruisverhoor getuig, raak die staatsgetuie se belange direk. Deel van die staat se plig behoort te wees om as roetine die afnemer van die getuieverklaring op te roep om die prosessuele grondslag vir die afneem van die verklaring te verduidelik."

Kernafskrikking in ’n tydperk van ingrypende tegnologiese ontwikkeling: Hoe kwesbaar is kernaangedrewe ballistiesemissielduikbote werklik?

Eben Coetzee
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Waar die tweedeslaanaanvalsmagte van kernstate onkwesbaar is, sal ’n kernafskrikkingstrategie uiters doeltreffend bly en strategiese stabiliteit voortduur."

USAN 2022: Kongres vir jong navorsers

LitNet
Akademies en skole

Die US se Departement Afrikaans en Nederlands bied van 19 tot 21 Januarie 2022 weer ’n kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aan. Dit is ’n geleentheid vir jong navorsers om hulle navorsing gebaseer op hulle nagraadse studie met akademiese eweknieë te deel. Lees hier hoe om deel te neem.

Hier is die wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen

LitNet
Skryfkompetisies

Kyk hier wie die gelukkige wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie saam met Fanie Viljoen is. Wenners ontvang elk R3 000 en ’n boekpakkie met die komplimente van Penguin Random House SA.

KABV-Afrikaansvraestel, graad 12: hersiening van die tweede kwartaal se werk

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 12 en skryf jy hierdie week eksamen? LitNet kan help. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo deur Janie de Bruin wat jou kan help met jou voorbereiding!

IEB-Afrikaansvraestel, graad 10: hersiening van die tweede kwartaal se werk

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en skryf jy hierdie week eksamen? LitNet kan help. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo deur Janie de Bruin wat jou kan help met jou voorbereiding!

IEB-Afrikaansvraestel, graad 9: hersiening van die tweede kwartaal se werk

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en skryf jy volgende week eksamen? LitNet kan help. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo wat jou kan help met jou voorbereiding!

Graad 8, hersiening van die eerste en tweede kwartaal se werk: Wiskunde

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en moet jy nog jou eksamens van die tweede kwartaal skryf voordat julle met die derde kwartaal se werk kan begin? Hersien jou werk met hierdie vraestelle wat deur Lee-Ann West opgestel is.

LitNet-blokraai: Perdestudie

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle

Enige een wat lief is vir perde, kan hierdie blokraai geniet. Dit kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

LitNet-blokraai: Ruitersport

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle

Ruitersport is ’n versameling perdrysportsoorte. Tydens die Olimpiese Spele ding mans en vroue op gelyke voet met mekaar mee. Medaljes word aan beide die ruiter en die perd toegeken.

Wiskunde met LitNet op YouTube

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Skryf jy volgende week eksamen? LitNet kan jou help. Hier is ’n speellys van wiskundevideo’s op LitNet se YouTube-kanaal. Onthou om in te teken!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Nou op Voertaal

Universiteit Stellenbosch se taalbeleid laat weer vonke spat

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Universiteit Stellenbosch (US) en die bestuur van die universiteit se konvokasie stamp al weer koppe oor die hersiening van die US se taalbeleid. Dit volg nadat die US belangstellendes genooi het om kommentaar te lewer op die tweede konsepweergawe, wat tot 14 Augustus 2021 op die US se taalwebblad​ beskikbaar is."

Aanlyn hoërskool is ’n onderwysmylpaal vir Suid-Afrika

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die eerste volledige aanlyn hoërskool in Suid-Afrika en een van slegs ’n handvol in die wêreld is die afgelope week in Kaapstad deur die Universiteit Kaapstad (UK) van stapel gestuur. Die universiteit is die eerste in Afrika wat sy kundigheid na die sekondêre-onderrig-sektor uitbrei. Die universiteit het in ’n verklaring gesê die aanlyn hoërskool is ontwerp om Suid-Afrikaanse leerlinge van ’n wye verskeidenheid sosio-ekonomiese agtergronde te bedien."

Feeste gekelder, nog oorstromings met gepaardgaande rukwinde en hael

Milton Webber
In het nieuws

"België het opnuut onder hewige oorstromings deurgeloop, Pukkelpop, die Belgiese driedaagse musiekfees, is afgelas en die Nederlandse regering het ook aangekondig dat feeste wat meer as ’n dag lank duur, nie mag voortgaan nie."

Miljoene blikkies blikkieskos moet vernietig word

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Miljoene eenhede blikkieskos wat die afgelope twee jaar deur een van Suid-Afrika se grootste kosvervaardigers en bemarkers van blikkieskos vervaardig is, word van die mark onttrek en gaan vernietig word."

Nederland se vlag twee dae ná mekaar die ruimte in

Izak de Vries
Meningen

"Op 20 Julie het Oliver Daemen die jongste persoon geword wat die ruimte ingevaar het, saam met Jeff Bezos, en op 21 Julie is ERA, ’n baie gevorderde robotarm wat in Leiden gebou is, op ’n Russiese vuurpyl die ruimte in gestuur."

Een boek dat alles heeft: Niels Posthumus neemt afscheid van Zuid-Afrika

Ingrid Glorie
Literatuur

"Met Alle problemen begonnen met Van Riebeeck heeft de Nederlandse journalist Niels Posthumus misschien wel het ultieme boek over Zuid-Afrika geschreven. In elk geval voor een tijdje. En – niet onbelangrijk – voor een Nederlands lezerspubliek. Want Posthumus stelt in zijn boek de vraag welke gevolgen de komst van de VOC naar Zuid-Afrika voor het land heeft gehad, en wat daar nu nog van is terug te zien."

The Commonwealth Short Story Prize 2021: an interview with Ola W Halim from Nigeria

Naomi Meyer, Ola W Halim
Literatuur

"Being an albino myself, I wanted to read myself on the page, see myself outside myself, and perhaps send a message to the marginalised communities: 'Hey, dear, you’re seen!'"

Press release: 23rd JOMBA! Contemporary Dance Experience

Voertaal
Cultuur

JOMBA! 2021 runs from 24 August to 5 September and can be navigated free of charge via the website.

Boeke en skrywers

African Book Festival in Berlyn: Boekfeeste en beskermengele in bewoë tye

Marita van der Vyver
Boeke en skrywers

"Asof die Berlynse engele waaraan ek skielik weer wou glo, besef het dat hierdie klompie skrywers by die ABF hierdie boekfees rêrig broodnodig het. Nodiger as brood, om die waarheid te sê. Boeke is ons brood, en vir die eerste keer sedert Maart 2020 kon ons weer ons krummels op die water gooi. Nie op ’n skerm nie, nie virtueel nie, maar driedimensioneel dáár, tussen ons lesers en potensiële lesers."

Bartho Smit (1924–1987)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ander tale is vir my net woorde. Afrikaans is vir my my ervaring, my verlede, my hede, my toekoms." Lees oor die lewe en werk van Bartho Smit.

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel saamgestel deur Carin Krahtz – ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Ingonyama en ander maats met leeueharte word ten sterkste vir elke klaskamer, biblioteek of leesgierige seun en dogter aanbeveel."

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk

Ben du Toit
Lesersindrukke

"Nie alleen bied dit interessante leesstof nie, maar Sakkie poog ook daarmee om gewone mense iets van die kompleksiteite van die ontwikkelende moderne wetenskap te help verstaan."

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Om met ’n kritiese oog na die Bybel te kyk, maar ook om die historiese skat van antieke verhale daarin te kan ken, en te kan herwaardeer, is die twee grootste gedagtes wat Bybelstories in perspektief opnuut by my laat."

Dominique deur Erla-Mari Diedericks: ’n lesersindruk

Jo Els
Lesersindrukke

"Die boek strek veel verder as streppies en fyn goetertjies – dit ontwikkel in ’n sielkundige riller wat ek nog selde in Afrikaans teëgekom het."

Future-proof yourself by Nikki Bush: A reader impression

Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke

"This book is a must-read for anyone looking to harness their courage and curiosity to build a rewarding, fulfilling future for themselves."

First sip: Thinking the future by Clem Sunter and Mitch Ilbury

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

"You might not be able to stop the event from happening, but you can avoid being blindsided by it."

Press release: The fifth AVBOB poetry competition offers you a chance to shine!

LitNet
English

Enter up to ten poems between 1 August and 30 November 2021. Your poem could be the next winner in your mother tongue!

Press release: Winners of the AVBOB poetry youth month mini-competition

LitNet
English

It is notable that all three winners matriculated in 2020. All revealed their wistful wishes, words of wisdom, and aching worries in tender and touching poems.

’n Ander tyd

Crito
Blogs

"Ek blaai deur my versameling resensies van die afgelope klompie weke. Die dinge waaroor ek nie die moed gehad het om te skryf nie. Die opstande in KZN en Gauteng het ’n nuwe afsluitingspunt gebring vir baie ou maniere van dink en doen."

Nuwe skryfwerk

Kon ek ook maar ’n hond gewees het?

Andrico Goosen
Drama

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, onder regie van Nicole Holm. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Goosen, Holm en Abrahams oor die stuk gesels.

Jou woord teen myne!

Megan Adendorff
Poësie

"Jy sê sy het gevra daarvoor,
maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor?
Jy sê dit was haar eie skuld,
maar wat as sy haarself maar net in die gemak van haar eie tuiste kon bevind?"

Groepsdruk

Cate-Lynn de Jager
Kuberklas Kreatief

"Ons daag jou uit! As jy een van ons wil wees, sal jy Annien elkeen van daardie name op die papier noem." Lees Cate-Lynn de Jager se "Groepsdruk", wenner van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen in die graad 10–12-kategorie.

My genesing

Mirali Hoekstra
Kuberklas Kreatief

"My seegolf breek teen die sitplek voor my. Eric kyk my vies aan." Lees Mirali Hoekstra se "My genesing", wenner van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen in die graad 8–9-kategorie.

Mag ek?

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"hemelligte bottel
vir later se oordenking
as dit voel of seerkry
jou stukkend pluk"

My eie krake

Johannes van der Merwe
Poësie

"Ek val deur my eie krake
van my onvermoë
om te kan verstaan
waaroor lewe en dood gaan"

My emmer loop oor

Pieter Loots
Poësie

"en by geboorte almal leeg
maar met tyd loop hy oor
nuwe kennis spoel weg
net toeka se dinge bly oor"

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

[email protected]

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved