|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 859
22/07/2021
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou baie lang brief |
Simoelégri: Stad van onrus
Skrywer: Jaco Fouché
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182447
Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ’n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, nadat eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte ’n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld.
Aangrypend. ’n Hoogtepunt in Fouché se oeuvre. |
 |
|
 |
Full particulars: Where in the world is the South?
David Attwell, Antjie Krog, Carrol Clarkson, Elleke Boehmer
Books and writers
In this second episode of David Attwell’s monthly podcast, Full particulars, David hosts Elleke Boehmer and Carrol Clarkson in a discussion of the South as a place of literary imagining. Guest appearance by Antjie Krog.
|
 |
AD Keet: Die man met die sandale agter "Muskietejag"
Ellen Botha, Rosa Keet, Melt Myburgh
Boeke en skrywers
AD Keet se "Muskietejag" is een van die bekendste gedigte in Afrikaans. Sy dogters Ellen Botha en Rosa Keet deel herinneringe aan en foto’s van die digter wat nog nooit voorheen in die openbare domein was nie.
|
 |
Press release: Ground-breaking think-tank at Karoo Writers Festival 2021
LitNet
Books and writers
Twenty educators will participate and enact an innovative fusion of Creative Arts and Life Skills during a two-day think-tank in Cradock at the end of July – a bold moment in local education history. This event will provide a curtain-raiser to the 2021 Karoo Writers Festival, taking place from 28 to 31 July 2021.
|
 |
Een of ander held deur Zirk van den Berg: ’n resensie
Jeanette Ferreira
Resensies
"Bied hy daarmee ’n oplossing? Die antwoord op dié vraag moet elke leser vir hom- of haarself uitwerk en die sleutel daartoe is in daardie meesterlike slotparagraaf te vinde wat soveel uiteenlopende dinge kan beteken as wat daar lesers is."
|
 |
Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n resensie
Louis Awerbuck
Resensies
"Floreer sal geen leser se tyd mors nie. Ilse Salzwedel slaan die spyker op die kop met hoe belangrik die konsep van veerkragtigheid is en behoort te wees."
|
 |
Vier susters deur Gerda Taljaard, ’n resensie
Ilse Salzwedel
Resensies
"Vier susters bevat elemente van die briefroman, historiese roman en plaasroman, vernuftig gekombineer in ’n boeiende verhaal waarin verhoudings sentraal staan."
|
 |
More about opera deur Hans van Heerden: ’n lesersindruk
Koos Holtzhausen
Lesersindrukke
"Die publikasie van die boek is tydig en noodsaaklik vir elkeen wat van tyd tot tyd operas bywoon of aanlyn kyk. Die boek is aantreklik versorg en sal ook aanklank vind by mense wat nie normaalweg operas bywoon nie."
|
 |
Eerste daar deur WS van der Waals: ’n lesersindruk
André Wessels
Lesersindrukke
"En wat ’n ongelooflik interessante loopbaan in uniform het daar nie gevolg nie! Gelukkig het Van der Waals sy herinneringe opgeteken, en met die oog op die herdenking van sy geboortedag 80 jaar gelede is sy outobiografie in 2021 gepubliseer."
|
 |
Carina Diedericks (1977–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Op my tagtigste verjaardag wil ek die tango dans, Veuve Clicquot drink, sushi eet en dink aan wat my gunstelingskrywer, André P Brink, gesê het: 'Only by dreaming and writing the impossible can life be made possible once again.'"
|
 |
Memory against forgetting
zp dala
Opinion
"What we talk about immediately is looting, groceries and medication. Durban, the city where I live, is in the throes of violence and looting such as never seen before in South African history."
|
 |
Nothing left to loot in Soweto
Niq Mhlongo
Opinion
"The debris I see outside at the looted Thokoza Park Shell garage and the nearby Supa Store lies on the ground like an unbearable weight on the township. This is not the Soweto that I know."
|
 |
Vergeet maar van gun reform, Uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Toe die poelieste kans het om te baklei teen mense wat terugbaklei, toe is hulle nêrens te sien nie, en die gewone ou op die straat moet maar self sien en kom klaar."
|
 |
’n Kultus van positiewe denke
Nini Bennett
Rubrieke
"Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, byvoorbeeld Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie."
|
 |
Ekonomiese ramp tref KwaZulu-Natal na plundering
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Meer as die helfte van alle plattelandse dorpe in KwaZulu-Natal (KZN) stuur op ’n ekonomiese ramp af nadat hulle ekonomie feitlik totaal vernietig is tydens verlede week se onluste toe winkels en besighede voor die voet geplunder en vernietig is."
|
 |
Plunderaars word vasgevat
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die polisie het Maandag voortgegaan met ’n uitgebreide veldtog om die gesteelde goedere op te spoor en te konfiskeer. Verskeie hiervan is reeds gevind."
|
 |
Moorde en dodelike water
Milton Webber
In het nieuws
"Terwyl Suid-Afrikaners moes toekyk hoe onmeetbare skade deur plunderaars aangerig word, moes Europeërs in Duitsland, België en Nederland toekyk hoe ’n natuurramp verwoesting saai en al hul besittings deur vloedwater meegesleur word."
|
 |
Plaaslikeverkiesingsdatum in gedrang
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Politieke partye in Suid-Afrika is verdeeld oor ’n aanbeveling van ’n afgetrede regter dat vanjaar se munisipale verkiesing wat in Oktober moet plaasvind, weens die pandemie uitgestel moet word tot later."
|
 |
LitNet Akademies internasionaal
Ingrid Glorie
Academisch
Lees nog onderhoude met Europese akademici oor hul navorsing wat aansluit by geakkrediteerde navorsingsartikels wat in LitNet Akademies gepubliseer word.
|
 |
Help, we moeten weer naar kantoor!
Ingrid Glorie
Taaldiscussie
"Het Algemeen Dagblad noemt haar 'vaagtaalspecialist'. Zelf verkiest ze de geuzennaam 'kantooramazone'. Journaliste Japke-d Bouma (de d staat voor Doutzen) schrijft voor NRC Handelsblad en NRC.next columns over de dagelijks beslommeringen op kantoor."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
LitNet-blokraai: Jou spiraal
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Skeppers van kriptiese blokkiesraaisels is mense wat met woorde speel, wat die gawe besit om woorde wat saamgegooi is in gegewe geometriese patrone raak te sien – hulle is in staat om hierdie woorde te verdraai tot ’n spel wat dans op die vernuf van die menslike brein.
|
 |
LitNet-blokraai: Palindrome
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
’n Palindroom is ’n simmetriese volgorde van letters of syfers in ’n woord, getal, datum of tyd. Dink aan die woord lepel, of die getal 737. Hierdie blokraai is vir oud én jonk; dit kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
Weg
Carlo Daniels
Drama
LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Carlo Daniels in sy monoloog Weg, waarvan die regie deur Andrew Buckland behartig is. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Daniels sy gedagtes oor die stuk deel.
|
 |
Stemme
LitNet
Drama
Hier kan jy die produksies van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, KKNK en NATi, kyk en die tekste lees. Die produksies word weekliks eksklusief op LitNet vrygestel.
|
 |
Beskuit
Karen Hart
Kos en wyn
"Ek bak koekies en beskuit. Die koekies is vir bestellings – in moeilike tye soek mense troos in tuisgebak. Maar die beskuit is vir die huis."
|
 |
Covid
Karin Walker
Poësie
"jou hemp lê nog onder die kussing
jou hond langs die bed
jou horlosie langs die wasbak
maar wáár is jy"
|
 |
Formule van ’n siel
Morné du Preez
Poësie
"uiterlike verpakking in ’n vertoning van mens
of die doen wat alle bewegings meganiseer,
’n polsende deeltjie van ’n atoom
gedurig in ’n oorlog met homself"
|
 |
As ek so struikel
Johan van der Merwe
Poësie
"As ek so struikel
tussen leë woorde
tussen oorvol gevoelens
langs my weggesteekte wete"
|
 |
Brood van die lewe
Louise Viljoen (JBay)
Fiksie
"Sy kan dit oor en oor doen, elke dag van haar lewe, en steeds sal sy haar verwonder aan hoe iets wat onder ’n mens se vuiste deurloop en as gevolg van geweld opswel asof dit vrot, kan bróód word. Lewegewende brood."
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|