|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 855
24/06/2021
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Immuniteit teen beurtkrag |
Immigrant:
’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers
Samesteller: Ena Jansen
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182034
Eybers se verse was jare laas in druk. Dié keuse, uitgesoek deur Ena Jansen, goeie vriendin van haar, wys op Eybers se veelsydigheid as digter. Die bloemlesing behels onder meer die bekende "Maria", "Busrit in die aand", verse oor haar kinders, die emigrasie na Nederland, tot haar latere, aangrypende gedigte oor ouer word. Goeie poësie is tydloos, en dit blyk duidelik met dié uitgawe van Eybers se bekendste werk. |
 |
|
 |
Die sielkunde agter samesweringsteorieë
Izak de Vries
Menings
"Die regering se onbeholpenheid en moedswillige uitsprake deur mense soos Malema dryf die eens almagtige wit Afrikanerman nog verder terug op die agtervoet. Die kollektiewe narsissisme binne die laer, gekoppel aan data wat gekureer word om te bevredig, nie uit die daag nie, hou die deelnemers aan samesweringsteorieë knus."
|
 |
Jou weiering om geënt te word, stel mense bloot
Frederik de Jager
Elders gesien
"Die enigste manier om hierdie pandemie onder te kry, sodat ons almal na ’n normale lewe kan terugkeer, is dat genoeg mense ingeënt word. Elkeen wat met onbekookte wolhaarstories kom waarom hulle nie geënt wil word nie, bederf ons almal se kanse."
|
 |
Afrikaans uitheems? Nzimande se bedrieglike woordspeletjies
Frederik Rudolph van Dyk
Universiteitseminaar | University Seminar
"Nzimande se taktiek om inheems as begrip te verruim, laat dié heromskrewe begrip onder sy eie teenstrydighede en absurditeite inmekaar stort. Die gevaar bly wel dat Nzimande se opponente nie sal insien dat sy verruiming van die begrip ongeregverdig en onhoudbaar is nie."
|
 |
Pieter Wagener is oorlede
LitNet
Elders gesien
Pieter Wagener, ’n boorling van Fort Beaufort, is Sondag oorlede. Hy was ’n voormalige hoof van die Departement Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Fort Hare.
|
 |
Malcolm & Marie: ’n filmresensie
Cliffordene Norton
Film
"Die verhouding tussen Malcolm en Marie is gekompliseerd, toksies. Die karakters is selfgesentreerd en dit maak dit moeilik om van hulle te hou. Marie se self-awareness maak van haar ’n meer simpatieke karakter. Malcolm & Marie is ’n lekker fliek, maar omdat die storielyn slegs op die twee karakters fokus, voel dit uitgerek."
|
 |
An analysis of Mare of Easttown, crime shows and the female-led series
Jonathan Amid
Lifestyle and entertainment
"We are reminded, again and again, how we are vulnerable to forces greater than ourselves. We are exposed to dysfunction and despair. Especially in these times, not everyone gets to have the happy ending; not everyone gets to feel the sun on their back. Ever. Mare is the town of Easttown; Easttown is Mare. She can never truly leave, and they can never truly let her go."
|
 |
Persverklaring: McGregor-gedigtefees, skryfkompetisie 2021
LitNet
Feeste
Ons nooi digters om te sing oor alle gedaantes en aspekte van die liefde of die beminde. Stuur asseblief julle gedigte! Alles wat handel oor liefde, is welkom: van odes, elegieë en formele versvorm, tot vrye verse en kletsrym.
|
 |
Kerneels Breytenbach (1952–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Mens leer gou dat elke boek, ongeag wat dit is, iets besonders is, en ’n spesifieke soort kreatiwiteit vereis. En dat elke skrywer ’n unieke mens is." Lees oor Kerneels Breytenbach se lewe en werk.
|
 |
First sip: Bloody Sunday by Mignonne Breier
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"The story brings good memories about Sister Aidan, because if you go to Duncan Village and ask the old ladies about Sister Aidan, everyone smiles you know, they just smile because they remember the beautiful person she was …"
|
 |
Vlak 3-inperking straks nie genoeg om derde vlaag te stuit nie
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is van mening dat strenger maatreëls reeds vroeër ingestel moes gewees het om die derde vlaag in bedwang te hou. Volgens SAMV se voorsitter, Angelique Coetzee, is die jongste beperkings te min te laat. Sy sê sommige hospitale se kapasiteit word reeds tot die maksimum gerek."
|
 |
’n Bouramp, ’n natuurramp en ... maskerlose inkopies!
Milton Webber
In het nieuws
"Konstruksiewerkers sterf nadat ’n gebou inmekaar tuimel, hewige weer saai verwoesting, die lyk van die vermiste Belgiese soldaat word opgespoor en grootskaalse Covid-verligting vir België en Nederland."
|
 |
Poetry International 2021 (2): De Klimaatdichters
Ingrid Glorie
Literatuur
"Tijdens Poetry International kon het publiek kennismaken met het werk van de Klimaatdichters. En met hun zorgen over de opwarming van de aarde en over hoe je daar in een gedicht aandacht voor vraagt. Want het moet wel poëzie blijven, geen preek."
|
 |
Distrik Ses: 108 gesinne trek uiteindelik terug
Izak de Vries
Meningen
"Tussen 24 Junie en 16 Julie sal altesaam 108 gesinne genader word om die nuwe huis aan hulle te oorhandig. Die oorspronklike Distrik Ses sal nooit meer wees nie, maar binnekort sal daar weer harte klop-klop, amper soos David Kramer dit in sy liedjie beskryf."
|
 |
Persbericht: Nederlands voor beginners | Twee kortkursusse: Nederlands vir beginners
Voertaal
Over taal
Die volgende twee kortkursusse "Nederlands vir beginners" begin in September aan die Universiteit Stellenbosch. Albei kursusse word volledig aanlyn aangebied. Aan die einde van elke kursus word ’n aanlyn toets geskryf. As jy hierdie toets slaag, ontvang jy ’n sertifikaat "Nederlands vir beginners" van die kortkursusafdeling van die Universiteit Stellenbosch.
|
 |
Persverklaring: Tyd om opnuut te Listen by US
LitNet
Universiteitseminaar | University Seminar
StudentePlein het Woensdagaand ’n dokumentêre film, Listen, bekendgestel wat oor Afrikaanse studente se ervaring by Stellenbosch handel.
|
 |
LitNet-blokraai: Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Die aanleer van ’n addisionele taal behoort leerders in staat te stel om akkuraat en gepas te kommunikeer. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
LitNet-blokraai: Taalspeletjies
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Nie net is die gebruik van taalspeletjies vir die leerders nuttig nie, dit ontwikkel ook hulle waardering vir die besondersheid van die taal in plaas daarvan om te dink aan hoe moeilik die werk is. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
Die dood kom weer
Jerome Coetzee
Poësie
"1 170 tale en die heengaan
het geen beskrywing"
|
 |
Sproeireëntjie
Edward Jeneke
Poësie
"die troebel weer van Swartfoloos
en nartjies om my heen
weet ek hoe ’n man kan soek na troos."
|
 |
The Jeppe journey
Nathan Kruger
New writing
"Walking through these halls I see
The eyes of old boys look at me
Make us proud they say
You’ll have to find your own way"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|