Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 760

02/08/2019


  Krities Afrikaans

LitNet: Harry Kalmer

Pasverskyn

Pieter Fourie: Teatermaker

Hierdie publikasie is ‘n derde in ‘n reeks deur die Suid-Afirkaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om hulde te bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het. Pieter Fourie is die afgelope 50 jaar ononderbroke vaardig as dramaturg, regisseur, akteur, vervaardiger, toneelbestuurder en ook onlangs as digter. Meer as 60 dramas is deur hom geregisseer en hy was die stigter van die KKNK.

Pieter Fourie
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485310815

Harry Kalmer

In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer: ’n resensie

Jonathan Amid
Resensies

"Gestroop is dalk een manier om dit te beskryf, maar dit laat nie reg geskied aan die magdom betekenismoontlikhede wat die skrywer se woordkeuses en rangskikkings wel tot stand bring nie."

Harry Kalmer en die troos van telefoontekste

Marita van der Vyver
In memoriam

"Terwyl ek my vingers oor die skerm rol en Harry se snaakse, slim, simpatieke, aweregse opmerkings lees, kan ek my verbeel hy's nog hier, kan ek myself amper oortuig dat ons jarelange internetgesprek net tydelik onderbreek is. Terwyl die nuus insink – en dit gaan lánk vat om werklik in te sink, weet ek nou al – het ek darem die triestige troos van telefoontekste."

Die tyd raak kort: 'n pastiche ter nagedagtenis aan Harry Kalmer

Jean Meiring
In memoriam

Jean Meiring bring hulde aan Harry Kalmer.

'n Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer

Johannes Bertus de Villiers
Uit die argief: boekresensie

Johannes Bertus de Villiers het 'n Duisend stories oor Johannesburg geresenseer.

Boeke en skrywers

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: In my vel deur Azille Coetzee

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.

Skrywersonderhoud: André Krüger oor Redelike hoeveelheid moeilikheid

Jonathan Amid, André Krüger
Boeke en skrywers

"My proses is benaderd chaoties. My proses is die anti-proses. Ek doen wat ek kan, wanneer ek kan en waar ook al ek kan. My notaboek gaan waar ek gaan, want ek het al geleer dat ek myself 'n rat voor die oë draai as ek dink ek sal later die guitige sin, gedagte of idee onthou wat ek nou net uitgedink het."

Sondes van die vaders deur Lerina Erasmus: ’n onderhoud met François Bloemhof

Naomi Meyer, François Bloemhof
Skrywersonderhoude

"Ek het dit nooit as 'haar en my boek' beskou nie. Sekere stukke wat ek in een van my eie boeke heeltemal anders sou aangepak het, het ek so gelos omdat dit Lerina se manier van dink weerspieël."

Review: Remnants restante reste by Annette Snyckers

Karina Magdalena Szczurek
Books and writers

"Writing in English, Afrikaans and German, Snyckers explores the possibilities of translation and creative expansion."

Cas Vos (1945–)

Erika Terblanche
ATKV | LitNet-Skrywersalbum

“Skryf is vir my om tussen woorde asem te haal. My werk is woorde, en skrywe is ’n manier om tot myself te kom. Vir my is dit baie noodsaaklik. Dis ’n doelbewuste bevrydende daad.” Cas Vos se ATKV | LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans deur JC Steyn

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word genooi na 'n gesprek op 14 Augustus 2019 by NALN rondom JC Steyn se boek.

Uitnodigings en inskrywings

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

LitNet
Skryfkompetisies

Skryfkompetisie! Op 9 Augustus vier ons Vrouedag en LitNet nooi jou uit om deel te neem deur jou skryftalent in te span. Is daar ’n vrou in jou persoonlike lewe of in die geskiedenis wat jou inspireer? Stuur vir ons ’n gedig of vonkfiksie oor die tema "’n Vrou wat ek onthou" en jy kan R2 000 kontant en ’n geskenkpakkie van ses boeke wen.

Vrouedag-skryfkompetisie: "Ek Jane, jy Grysbaard"

Jan Schaafsma
Skryfkompetisies

"Berekenende moordenaars – jagters van stompape. Krygers wat die aangrensende Kahama-sjimpansees in ’n oorlog van vier jaar byna uitwis. Dit is wat Jane Goodall die Kasakela-sjimpansees ook noem. Aap hulle ons na, of is moord en doodslag bloot deel van ons en hul gene?"

Vrouedag-skryfkompetisie: "Blou Oktober"

Melanie van As
Skryfkompetisies

"Sewe jaar is soos môre
’n blou Oktober in ’n glaskas
want soms verdwaal ek nog op dieselfde pad."

Vrouedag-skryfkompetisie: "Ongetiteld"

Johan Kotze
Skryfkompetisies

"Ek ken ’n vrou
wat hou van dans en jolig wees
wat gemmerbier en tertjies maak
om só die vriende te bederf."

Vrouedag-skryfkompetisie: "Kompas"

Anzé Bezuidenhout
Skryfkompetisies

"as ek my seer wat dooierus vat
agter rookskerms verberg,
kom jou stem my tula met: 'Bedaar, my kind, bedaar.'"

Kompetisie: Suid-Afrikaanse winterfoto's

LitNet
Visueel

Wil jy jou winterfoto's met LitNet deel? Die kompetisie open op 26 Julie en eindig om middernag op 20 Augustus. Jy kan 'n boekpakkie en R1 000 wen!

NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

LitNet
NouNet

Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer? LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels. Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan. Laat hoor van jou!

ATKV-Skryfskool bied aan: Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers

LitNet
ATKV-Portaal

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 12 tot Saterdag 14 September 2019 'n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan.

Uitnodiging: skryf vir LitNet!

LitNet
Menings

Het jy iets iewers in die media gelees wat jou ontstel? Voel jy sekere gesprekke en menings het nog meer toeligting nodig? Ons wil jou stem hoor!

Menings

NouNet-mening: Skuldlas

Heino du Plessis
NouNet

"Waarom het ek nie hierdie goed op skool geleer nie? Wiskundig kan ek Sin, Cos en Tan om mooi kurwes op grafieke te trek, en ek kan Shakespeare verstaan, ek weet waar Saul vir Oupoot moes skiet en ek weet darem waar goud op die periodieketabel lê. Maar van belasting, lenings, bankrekenings, rentekoerse, dienskontrakte, en aansluitingskontrakte moes ek op die harde manier leer."

NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte

Kanya Viljoen
NouNet

"Maar is ons, as samelewing, besig om stilte te verloor? Is die idee van stilte, soos sekere dierspesies, besig om uit die kollektiewe geheue van die samelewing te verdwyn? Kan ons wérklik stil word?"

Film-oorvertellings en -reboots: flops of fabulous?

Floris Groenewald
Film

"Dis skrikwekkend om te dink hoeveel tyd, geld, moeite en kreatiwiteit beter aangewend kon wees as Hollywood se skrywers en kunstenaars op oorspronklike projekte gekonsentreer het."

LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap

Remona Voges, Darius Erasmus
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"

Lindau Nobelpryswenners-vergadering: ’n onderhoud met twee studente

Cliffordene Norton, Hannes Thiersen, Hester Schutte
Onderhoude

Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gekies om die beroemde jaarlikse Lindau Nobelpryswenners-vergadering by te woon. Cliffordene Norton gesels met hulle.

Veeltalige universiteite: ’n onderhoud met Emma Groenewald

Naomi Meyer, Emma Groenewald
Onderhoude

"Veeltaligheid kan mense verdeel, maar ook mense bymekaar bring. Die onus rus op die individu – indien ek bereid is om 'n ander taal aan te leer, al is dit net basiese kommunikasie, is ek bereid om van 'n ander te leer, respekteer ek die individu vir sy taaldimensie en beweeg ons nader na mekaar."

Mandeladag 2019: Alwyn Roux in gesprek met Andries Oliphant en Yves T'Sjoen

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen, Andries Oliphant
Onderhoude

Ter viering van Mandeladag op Donderdag 18 Julie 2019, het Alwyn Roux met Andries Oliphant van Unisa en Yves T'Sjoen van Universiteit Gent in gesprek getree oor hulle ervaring van die sewentigs en tagtigs in Suid-Afrika, die oorgang na ’n demokratiese bestel in die negentigs, en die eerste twee dekades van die Nuwe Suid-Afrikaanse samelewing.

OB alweer in die sop

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek dink sy is absoluut lojaal en pligsgetrou in die uitvoering van haar pligte. Sy doen presies waarvoor sy aangestel is. Sy was waarskynlik net nooit aangestel om die openbare belang te beskerm nie."

Gedagtes oor die aanbieding van Bettina Wyngaard se "Hoekom sukkel liberal whiteys so om rassisme te veroordeel?"

Jaco Wium
Menings

"Ek het al gesien hoe mense ophou wil baklei en begin luister danksy 'n heel eenvoudige en eerlike erkenning van 'n ander se perspektief."

Nou op Voertaal

Jongerenprojek Netwerk 2019

Mandie Ehlers
Zuid-Afrikahuis

"’n Groep van elf Suid-Afrikaanse studente en twee begeleiers het met oë vol verwagting op Brussel Lughawe geland. Vir baie van die studente was dit hul eerste kennismaking met die buiteland. In België het ons onder meer Brussel, Leuven en Hasselt besoek. Ons eerste kennismaking van Nederland was in die pragtige stad Den Haag."

Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV

Menán van Heerden, Izak de Vries
SASNEV

Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier. Die leerders het saam met Frazer Barry leer rymklets. Diana Ferrus het ook op hierdie geleentheid haar nuutste boek, Die vrede kom later, bekend gestel. ’n Beursskema vir leerders van die Hoërskool Groenberg (Grabouw) is ook bekendgestel, waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.

Den Haag-studie-uitruil: ’n onderhoud met Tenita Kidelo

Cliffordene Norton, Tenita Kidelo
Interviews

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Nederland jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme. Tenita Kidelo is van De Doorns en is tans besig met haar meestersgraad in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy het vir ses maande in Den Haag gewoon. Cliffordene Norton gesels met haar oor haar tyd in die pragtige stad.

Duitsland-studie-uitruil: ’n onderhoud met Giselle Botha

Marli van Eeden, Giselle Botha
Interviews

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Europese lande jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme om meer oor die kultuur en leefwyse van die land te leer en hul horisonne te verbreed. Giselle Botha vertel meer oor haar studie-ervarings en avonture in Duitsland, Nederland en België.

Jou Europa-toer en oorsee studeer survival guide

Menán van Heerden
Reizen

"Hierdie gids is vir enige jongmens wat beoog om nuwe horisonne te ontdek en om nuwe kuslyne te betree, of dit nou Barcelona, Rome, of Amsterdam is."

Matjiesfontein: jou Karoo-blaaskansie

Menán van Heerden
Reizen

"Geurige lamstjops, ’n wyntjie op die stoep, en die beste appeltert in die geweste. ’n Blaaskansie by die Victoriana Karoo-oase Matjiesfontein, skuins voor die lente en somer, is net wat mens nodig het om tweede-helfte-van-die-jaar batterye te herlaai. Op Matjiesfontein is daar iets vir almal!"

Luna Paige bring Korreltjie Kantel Lae Lande toe

Ingrid Glorie, Luna Paige
Interviews

In Oktober kom die Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Luna Paige Lae Lande toe met Korreltjie Kantel, ’n oorspronklike en gevarieerde vertoning oor die liefde tussen André P Brink en Ingrid Jonker. Om hierdie toer moontlik te maak, is ’n skarebefondsingsveldtog begin. Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars het kunswerke vervaardig wat geïnspireer is deur die storie van Jonker en Brink. Afdrukke van hierdie kunswerke is nog tot 5 Augustus te koop. Ingrid Glorie gesels met Luna Paige.

Werkloosheid skiet die hoogte in

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Werkloosheid in Suid-Afrika het ’n nuwe rekordhoogte bereik en sowat tienmiljoen Suid-Afrikaners sit sonder werk. Dit is die hoogste werkloosheidsyfer in die land se geskiedenis. Die kommerwekkende toedrag van sake is deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak in hulle jongste kwartaallikse indiensnemingspeiling."

Izicwangciso Zezethu: Dis nie ’n "Ag shame"-uitstalling nie

Cliffordene Norton
Kunst

"Die stryd het nie verander nie, want vroue word steeds misgekyk," sê kunstenaar Nobukho Nqaba. "Vroue het in alle sfere van die samelewing geleenthede nodig." Nobukho se eerste solo-uitstalling, Izicwangciso Zezethu ("ons maak planne"), is tot 20 Oktober 2019 by Zeitz MOCAA (Kaapstad) te sien. Hierdie uitstalling beeld die lewe in ’n informele nedersetting uit en weerspieël die kunstenaar se kinderlewe in die Oos-Kaap. #vrouemaand2019

The Hotazel Years. 1974‒1980.

Obie Oberholzer
Kunst

"This story started with a dream in Pretoria some 44 years ago and continued as grains of silver suspended in photographic paper, later becoming electronic pixels – culminating in a lifetime of images. I saw the country in tonal values of black and white, striving for subtle detail in the shadows and highlights. Sometimes this was very difficult, as we lived in a land of extreme contrasts."

LitNet Akademies

Die integrasie van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap: ’n gevallestudie

Ria Taylor, Michele van der Merwe
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Hoe word tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer van skole in die Wes-Kaap gebruik?"

Leefstyl

Fotogalery: kykNET Silwerskermfees-programbekendstelling

Remona Voges
kykNET Portaal

Silwerskermfees 2019 se program is op 1 Augustus by die deftige Big Bay Hotel in Kampsbaai bekend gestel. Remona Voges het gaan foto's neem van dié lekker geleentheid.

Musiekproduksie: Krog

Remona Voges, Olga Wyngaard
Musiek

Krog met Hilandi du Toit, Olga Leonard, Babette Viljoen vertoon 7 Augustus om 20:30 by Die Boer. Remona Voges het met die lede van die groep gesels om meer oor die produksie te wete te kom.

 

Jitsvinger wens LitNet geluk met nuwe YouTube-intekenaars

Jitsvinger
Visueel

Wat's aan die gang op LitNet se YouTube-kanaal? Kyk hier! Jitsvinger sê ook geluk.

Voete tik saam op bekende liedjies in South Pacific

Maryke Roberts
Teater

"Hul sterk stemme het pragtige hulde aan bekende, nostalgiese liedjies gebring."

Troossop met bene

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek het so ’n troossop met bene in vir oorlede oom Dawid Kruiper en sy mense van die Khomani San gekook. Dit was toe die afgevaardigdes van die Khomani San van die Kalahari af geryloop het om met Thabo Mbeki, toe nog president, te kom praat."

Een klein tree vir Major Tom, ’n reusesprong vir David Bowie

Pieter van der Lugt
Musiek

"In 1969, einde Januarie of dalk vroeg Februarie, het David Bowie se fantastiese reis deur die musiekheelal begin met ’n demo wat hy en ’n vriend opgeneem het. Clareville Grove Demos is die tweede stel wat vanjaar uitgereik word om Bowie se deurbraak te herdenk."

The best of enemies: black and white race relations portrayed in shades of grey

Reney Warrington
Film

"The best of enemies is not a brilliant film, it is not a ground-breaking film, but it does not deserve to be tanked, either."

Nuwe skryfwerk

Le quattro stagioni

Loretta Szikra
Poësie

"Ek hoor hoe vier viole
in tale met my praat"

Selfportret: Gister vandag en môre – ’n pantoen

Estelle Kruger
Poësie

"musiek was deel van jou lewe en toe sterf die note stadig weg"




Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved