Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 719

4/10/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou daggaseminaar

Pasverskyn

Die troebel tyd

Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, en in haar nuwe pos kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Met dié roman bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n buitengewone insig in die menslike psige.

Skrywer: Ingrid Winterbach
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798177665
Prys:
R280

Menings

Daggaseminaar: forensiese en regsimplikasies van die dekriminalisering van die besit en kweek van dagga

Thomas Mollett
Seminare en essays

"Mens kry die idee dat die wet, goed soos dit dalk bedoel mag wees, so ’n bietjie is soos om half swanger te wees. Dis nie hier nie maar ook nie daar nie. In isolasie en in die perfekte wêreld waar van mense verwag word om getrou by die wet te hou, waar hulle mooi in hul huis sit en dagga rook, is dit goed en wel, maar die probleem kom dat dit kan oorspoel na buite die huis."

Dagga gewettig: hoe raak dit skole?

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Laat daar geen twyfel wees daaroor dat die dagga-uitspraak van ons land se hoogste hof die krisis in ons skole nog meer gaan verhoog nie. Dis naïef om te dink dat die gebruik van dagga nie noemenswaardig in ons skole gaan toeneem nie. Elke onderwyser, veral in townshipskole, is uitgelewer aan en is reeds bekommerd oor wat die effek van die wettiging van dagga op leerders gaan hê."

Die daggadebakel: uit ’n mediese oogpunt

Dawie van Velden
Seminare en essays

"Ons gaan nog lang trane huil oor hierdie ondeurdagte besluit."

Jakes Gerwel se skrywersnalatenskap

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Vanaf 2019 beoog die Jakes Gerwel-stigting om nuwe skrywers by die huis te verwelkom in ’n projek wat broodnodig in Suid-Afrika is. Hierdie skrywers word dan in verbinding geplaas met gevestigde skrywers wat hulle van praktiese raad bedien, hulle help om hul werk te verbeter en oor die algemeen as mentors optree."

In die greep van geweld!

Seymour Bothman
SA Skoleseminaar

"Geweld in Suid-Afrikaanse gemeenskappe is niks nuut nie. Dié dade van geweld in gemeenskappe spoel dikwels oor na die skole, waar die vetes tussen bendes en dwelmbase voortgesit word."

Festival voor het Afrikaans 2018: Fonteine in die Dorsland en meertaligheid

Anina Peens
NeerlandiNet

"Die saal waar die gesprek plaasgevind het, was stampvol. Mense het van heinde en verre gekom om die Afrikaanse fees by te woon en die gesprek oor Afrikaans in Suid-Afrika was vir die Nederlanders baie belangrik. Hoewel die tyd beperk was, het die gesprek ontwikkel in ’n debat met die gehoor wat vir ure kon voortgeduur het."

Makataan se anner naam

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Die anner dag, toe hoo ek pe ongeluk hoe mense praat vannie lekke makataankonfyt. Die ding is dié, though: die woord “makataan” wassie gebruikie ..."

’n Biblioteek is meer as net boeke

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek is nou nog lid van die biblioteek. Hierdie week het ek weer gegaan om boeke uit te neem. Maar tot my skok het ek ontdek dat al die rakke leeg is. Die boeke is opgepak en word nou geberg tot verdere kennisgewing. Intussen word die gemeenskap ontneem van ’n broodnodige diens. Tot verdere kennisgewing."

Komplimente aan Herman Meulemans – en komplimente aan Festival voor het Afrikaans 2018

Dingie van Rensburg
Menings

"Soos gesê, was daar nog véél meer van kuns, van kunstenaars, en van vertoon van kultuurgoedere van uiteenlopende en soms hibriede aard – sy dit solo- en groepoptredes, sy dit woord- en liedkuns, sy dit toneel- en filmkuns, en nog vele meer. Wat vasstaan, is dat Suid-Afrikaanse en Afrikaanse kuns in ryke verskeidenheid, vir een hele naweek, in Amsterdam, voluit koning gekraai het, en sekerlik tot almal se plesier, almal se verryking, en almal se waardering."

Persvrystelling: Leierboere besin by Aardklop oor grondhervorming

LitNet
Menings

"Ivor Price se paneelgesprek Donderdagaand gaan oor die plase van die toekoms, en Vrydagaand oor die rol van landbou-organisasies ná die 2019-verkiesing."

Die derde Neville Alexander-gedenklesing: uitnodiging

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die derde Neville Alexander-gedenklesing vind op 13 Oktober in die Oorlogsmuseum in Bloemfontein plaas.

Persvrystelling: Afrikaans se wortels bekyk

LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en die Erfenisstigting bespreek gedurende hul herkomsseminaar op 20 Oktober die wording en vestiging van Afrikaans as volwaardige inheemse taal."

Leefstyl

Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (1/4)

LitNet
Feeste

Tydens die onlangse Etienne van Heerden Veldsoirée, deur Darryl David georganiseer, het soiréegangers die Cradock Vier-gedenktuin by Cradock, die Olive Schreiner-graf op Buffelshoek in die distrik, en die Walter Battiss-museum in Somerset-Oos besoek. Dit was die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, en Izak de Vries, Amy Coetzer, Johan Kotzé en Etienne van Heerden het foto’s geneem.

Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (2/4)

LitNet
Feeste

Tydens die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée is ’n veldskool vir ontwikkelende skrywers in die Victoria Manor Hotel op Cradock aangebied. Veldsoiréegangers het ook vanjaar ’n middag in Somerset-Oos deurgebring, in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting. Foto’s is verskaf deur Amy Coetzer, Johan Kotzé, Izak de Vries en Etienne van Heerden.

Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (3/4)

LitNet
Feeste

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée is pas verby, en lesings en voordragte is onder meer in die Victoria Manor Hotel op Cradock en by Buffelshoek Dirosie Lodge buite Cradock aangebied. Foto’s is bygedra deur Johan Kotzé, Amy Coetzer, Izak de Vries, Etienne van Heerden en Menán van Heerden.

Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (4/4)

LitNet
Feeste

Vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée, wat onlangs in Cradock en Somerset-Oos aangebied is, het ’n Kelderkelkie vir die organiseerders en besoekende skrywers in die kelder van die Victoria Manor Hotel aangebied. Foto’s is deur Izak de Vries, Johan Kotzé en Etienne van Heerden verskaf.

“Ek beskou myself as bevoorreg en werk soos ’n malle elke dag”: ’n onderhoud met Nataniël

Marli van Eeden, Nataniël
Leefstyl

"Waarmee ek ook al tans besig is, is my hoogtepunt. Ek is mal van vrees, obsessief oor detail, naar van spanning, smagtend na aanvaarding, neuroties oor my geheue en doodbenoud iemand sien ’n kostuum vir ’n tweede keer."

Gesnaarde gedigte by Aardklop: ’n onderhoud met Hilandi du Toit

Marius Boonzaier, Hilandi du Toit
Leefstyl

"Mense lag (want June is só fantasties en vrek snaaks); hulle huil oor die onregverdigheid van die lewe; en hulle word opnuut trots om Afrikaans en Suid-Afrikaans te wees."

Aardklop 2018: Kunssafari

LitNet
Kuns

Aardklop het gisteraand afgeskop met die jaarlikse Kunssafari. Hier is foto's van die geleentheid.

The Recce: ’n filmresensie

LitNet
Film

"Die probleem is, mooi beligting, goeie stilering en goeie kamerawerk is nie genoeg om van ’n film ’n kunsfilm te maak nie."

Ellen: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Dis asof die hele span, van draaiboekskrywer en regisseur tot elkeen van die akteurs, saamgewerk het aan ’n atmosfeer van ingetoë onderbeklemtoning – en juis daarin lê die film se besondere trefkrag."

’n Onderhoud met Eloïse Cupido

Eloïse Cupido, Yolanda Wessels
Onderhoude

"Dink Vetkoekpaleis, Ontbytsake en Proesstraat. Eloïse Cupido is ’n veelsydige kunstenaar wat enigiets kan doen waarop sy haar toespits; van stemkunstenaar tot toneelspel en meer onlangs ook sangeres. Alles wat dié Overbergse nooi haar hand aan waag, is gelaai met energie en deursettingsvermoë."

Boeke en skrywers

Elsa Joubert (1922–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Die verste reis wat ’n mens kan onderneem, is van mens tot mens, deur die hart.” Elsa Joubert se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Lees meer oor haar lewe en werk.

Gert & Joey, nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar: ’n onderhoud met Pieter van Zyl

Naomi Meyer, Pieter van Zyl
Skrywersonderhoude

"En dis nou 30 jaar later. My magtag, is dit nie tyd om vir die ouers wat nog lewe antwoorde te gee nie?"

Boeke vir leeskringe: Penguin Random House se keuse vir 2019

LitNet
Leeskringkamer

Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is Penguin Random House se voorstelle.

Vyf goed van ... die middaguurgesprek met Annie Klopper oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Suzanne Koen
Boeke en skrywers

"As jy dus enigiets wil wegneem van Pamina se tragiese saak, is dit om vrede met jouself te maak."

Space inhabited by echoes by Karen Jennings: a review

Tony Ullyatt
Books and writers

"Despite flaws in Jennings's poetic technique, the subject matter and the intimacy of her perspective results in insightful, sensitive and forthright poems."

Green as the sky is blue by Eben Venter: excerpt

LitNet
Books and writers

"The afternoon was bathed in a milky blue. To our left were the koppies and on our right the grassy veld. Right in front of me, my father’s legs in his farm shorts." Read an excerpt from Green as the sky is bue by Eben Venter.

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Gustaf Pienaar
Skrywersonderhoude

"[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Sterk vroue en meer by LAPA

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

LAPA het iets vir almal: Sterk vroue, slim mans, oulike diere en gelukkige paartjies.

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies

"Wanneer sê 'n resensent 'n boek is briljant geskryf? Heel aan die begin is miskien die beste plek! Met Lam ter slagting – haar vyfde misdaadfiksie – het Rust haar eie grense verskuif."

Press release: 2018 SALA nominees announced

LitNet
Books and writers

"We congratulate the 2018 nominees for their sterling work and keeping South Africa’s literary heritage alive."

Ton en grense

Crito
Blogs

"Ton Vosloo se herinneringe, Oor grense, met die subtitel ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering, is duidelik een van daardie publikasies wat uiteenlopende reaksies uitlok."

LitNet Akademies

Skryfwerk

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings V

LitNet
Skryfkompetisies

Hier verskyn die vyfde lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Die tweestryd

Melt Botes
Fiksie

"Die donker, dink ek, bestaan uit sy eie. Dit was daar voor die lig in ontploffings ontstaan het, en dit sal daar wees wanneer alles weer in een punt inkrimp en verdwyn. Die donker bestaan ongeag enigiets. Selfstandig. Absoluut. Die lig, daarenteen, ontstaan slegs vanuit ’n bron."

Dingleton

Augusta Zietsman
Fiksie

"Die twee drink hulle tee in doodse stilte. Elke keer as ’n koppie op ’n piering neergesit word, breek dit die spanning soos ’n kind se gegiggel gedurende nagmaal."

Nou op Voertaal

Antjie Krog in Amsterdam: "Als we toch eens niet zo verschillend en onverschillig waren…"

Mira Feticu
Literatuur

Vorige week was Antjie Krog even in Amsterdam voor de presentatie van het boekje met teksten die werden uitgesproken bij de uitreiking van De Gouden Ganzenveer, eerder dit jaar. Op zaterdag 22 september ging ze in het Ambassade Hotel – een hotel dat al vele internationale schrijvers heeft mogen begroeten – in gesprek met de Nederlandse journalist en programmamaker Chris Keulemans. Mira Feticu doet verslag vanuit de zaal.

T’Sjoen oor taalkwessies en noodsaak van "krachten bundelen, banden smeden, de bestaande expertise delen"

Willem de Vries, Yves T'Sjoen
Interviews

"Onderweg van Suid-Afrika na België het die literator Yves T’Sjoen, betrokke by die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika aan die Universiteit van Gent, vertel van wat die sentrum alles in die vooruitsig stel."

Black Heritage Tours (Amsterdam): an interview

Menán van Heerden, Jennifer Tosch
Cultuur

"I was told there was no 'black history or presence' during the colonial times in the 17th century. The focus of the discourse was centred around the 'glory of the Dutch Golden Age', which in essence erased the other side of the history. And any mention of the black history always started with slavery; there were no positive narratives about the presence and contributions of the African diaspora in the Netherlands."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved