|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1064
22/08/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Mag ons vryelik praat? |
 |
|
Skrywer: Annie Ernaux
Vertaler: Naòmi Morgan
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781067234607
Op tienjarige ouderdom hoor Annie Ernaux ’n gesprek wat nie vir haar ore bedoel is nie. Sy was onder die indruk dat sy haar ouers se enigste kind is, maar daar was ’n ander dogter, wat op sesjarige leeftyd aan witseerkeel oorlede is, en wie se bestaan, naam en foto’s weggesteek is sodat Annie nie aan die hartseer van ’n kindersterfte blootgestel moes word nie. Hierdie roman is ’n brief aan die suster wat sy nooit geken het nie. Die Nobelprys vir Letterkunde is in 2022 aan die Franse skrywer Annie Ernaux toegeken. Naòmi Morgan is ’n bekroonde vertaler van veral Franse dramas.
|  |
|
 |
Kultuuroorlog teen kommunikasie: Wat ons wil, kan, moet, mag, en nie durf sê nie
Mercia Coetzee
LitNet25-skrywersberaad
"In die lig van dié [...] Nasionale Dialoog, en teen die agtergrond van al die besware daarteen, wonder ek of 'vrye debatvoering' en ware 'oop gesprekke' nog in Suid-Afrika moontlik is. [...] My essay word gerig deur berigte in die media van beperkinge op die vryheid van spraak en veral akademiese vryheid van spraak." |
 |
Wat sê Bettina? Oor nasionale dialoog
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"My eerste gedagte met die aankondiging van die Nasionale Dialoog was watter kader se beurt dit nóú was om snoet aan die trog te sit. Die tweede gedagte, baie lank na die eerste, was of dit hoegenaamd nodig is om ’n peperduur talkshop aan die gang te sit. Weet ons nie wat die probleme is nie? Weet ons nie selfs hoe om dit reg te stel as die politieke wil maar net daar kan wees nie?"
|
 |
VSA en Suid-Afrika: ’n huwelik wat skeefloop in ’n nuwe wêreldorde
Jean Oosthuizen
Seminare en essays
"Kan die VSA nog as wêreldleier gesien word in ’n nuwe internasionale orde? Hoe moet Suid-Afrika sy plek in dié veranderende landskap vind met ’n ANC wat al hoe meer sy rug vir die Weste draai? En kan ’n onafhanklike Wes-Kaap dalk selfs ’n bondgenoot vir Washington word?"
|
 |
Trump, Amerika en die toekoms van Afrika
Jean Oosthuizen
Seminare en essays
"Vir Afrika, en spesifiek Suid-Afrika, beteken dit ’n nuwe werklikheid. ... Trump [sien] die vasteland hoofsaaklik deur ’n praktiese, selfs skeptiese lens. Sy fokus is nie op hulpverlening of ontwikkelingsamewerking nie, maar op wat Amerika daaruit kan kry. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Amerikaanse beleidsontleder Joshua Meservey verlede week ’n dagsimposium van die Pionier Instituut buite Stellenbosch toegespreek het."
|
 |
Alaska en die Withuis-vergadering
Freek Robinson, Christiaan Basson
Onderhoude
Zelenski, Trump en Poetin is weer in die nuus. Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, oor hoe diplomatieke betrekkinge tans daar uitsien.
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Vryheid van spraak
Abel Pienaar
SêNet-briewe (2011)
"Dink maar net hoe gewoond ons daaraan geraak het om terwyl ons werk toe ry, na die radio te luister en te hoor hoe die omroeper openlik kritiek uitspreek teen een of ander staatsdiensdepartement wat swak diens lewer. Of hoe blasé ons op ’n Sondag na Carte Blanche kyk en sien hoe hulle aanbieders ’n hospitaal se administrasie ontbloot vir wanbestuur of met ’n versteekte kamera polisieselle besoek en wandade uitwys. Ons aanvaar dat ons mag weet, ons mag vrae vra en ons mag kritiseer. Ons aanvaar as vanselfsprekend dat artikel 16 van ons Grondwet, dit moontlik maak."
|
 |
Hoog geleer en laag gedaal?
Mvula Yoyo
SeminaarKamer (OuLitNet, 2006)
Gelewer tydens die KKNK Oopgesprek, Oudtshoorn: "Wat akademiese vryheid (lees ook outonomie) betref, moet ons ook daarteen waak dat dit nie slegs simbolies bestaan en dus op spreekwoordvlak ervaar word nie – dit moet uitgeleef word, op ’n prakties-konstruktiewe wyse. Instellings moet hul personeel aanmoedig om – onder andere deur ’n positiewe atmosfeer te skep – kritiese vakkundigheid te handhaaf, en om bestaande paradigmas te bevraagteken. Ons moet akademiese vakkundigheid besig binne die konteks van die betrekking van die gemeenskap." |
 |
Universitêre outonomie: Suid-Afrika, VSA en elders
Charl Wolhuter
Universiteitseminaar | University Seminar (Mei 2025)
"’n Derde bron van druk op akademiese vryheid en universitêre outonomie in die hedendaagse wêreld is die groeiende tendens van populisme, wat sedert ongeveer ’n dekade gelede in baie dele van die wêreld sigbaar is. Die verskynsels waarmee populisme verbind word, of wat elemente daarvan vorm, soos identiteitspolitiek, etniese of identiteitsmobilisering, fopnuus, onverdraagsaamheid, reduksionistiese denkskemas en persoonlikheidspolitiek, maak eweneens die verwerkliking van akademiese vryheid en universitêre outonomie onmoontlik. Terwyl die mees markante voorbeeld hiervan sekerlik die optrede van Donald Trump in die VSA is, is dit nie moeilik om ander voorbeelde in alle wêrelddele te vind nie."
|
 |
Die oop gesprek, die toe debat en die vernietiging van mense
Fanie Olivier
LitNet25-skrywersberaad (Maart 2025)
"Die gebruik deur die sogenaamde alternatiewe groeperings, die woke mense soos hulle hulleself noem, om binne kultuuroorloë persone of instansies met sterk opponerende menings te neutraliseer deur middel van iets wat bekend geword het as 'cancel culture', is goed bekend."
|
 |
"Die hele wêreld is op Erfdeel vandag."
PJO Jonker
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Dis net die verstoteling wat nog glo dat verlossing nie in onsself lê nie. Net die uitgeworpenes wat glo in die nodigheid van ’n sinjaalswenk en ’n aweregse Gees sodat ons ander voetstoots kan liefhê."
|
 |
What Guy Butler saw
Anthony Akerman
Etienne van Heerden Veldsoirée
"He made a late and untheatrical entrance and stood there catching his breath as he faced us first-year drama students, expectantly clutching our brand-new copies of Brooks and Heilman’s Understanding drama."
|
 |
In gesprek met Antoinette Venter oor die Kinders van die gode-reeks
Louise Viljoen (JBay), Antoinette Venter
Skrywersonderhoude
"Mitologie is nie net ou stories nie. Dis ’n spieël vir die menslike hart. Dit help ons verstaan hoe mense dwarsdeur die eeue heen sin probeer maak het van lyding, liefde, dood en hoop. Dis die soort dinge wat ek glo kinders regtig laat nadink, selfs tussen al die aksie en avontuur."
|
 |
Wenke vir jongmense wat wil skryf of in die boekebedryf wil werk: ’n onderhoud met Jannes Erasmus
Naomi Meyer, Jannes Erasmus
Onderhoude
"Wat ek probeer sê, is dat nét jy self jou beste 'advertensie/bemarking' is. Niemand anders ken jou beter as jy self nie. So om jouself buite in die wêreld te kry is die enigste sleutel as jy eendag enigsins suksesvol wil wees. As jy artikels vir ’n tydskrif wil skryf, dan moet jy elke dag daaraan werk om artikels te skryf en dit vir tydskrifte te stuur."
|
 |
Henk Rall (1938–2022)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek is doodbang om ’n moralis te wees. Ek wil niks bepleit nie, ek wil eerder aandadig wees om ’n geslotenheid oop te breek – om in eerlike selfbeskouing te staan." Lees meer oor die lewe en werk van Henk Rall.
|
 |
Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner: ’n lesersindruk
Anne-Marie Burger
Lesersindrukke
"Met ’n narratief wat elemente van ware gebeure insluit, weier hierdie roman om die ongemaklike waarhede van ons geskiedenis te versag. Dis soos ’n eggo vanuit ons verlede wat bly weergalm: Hoeveel Karoolse en Madelees is nou nog in ons midde?"
|
 |
Persverklaring: 2025-UJ-prys vir vertaling – Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot
LitNet
Boeke en skrywers
Die UJ-prys vir vertaling is gerig op die bekroning van uitmuntende vertalings uit enige taal na Suid-Afrikaanse tale en wat die literatuurskat van die teikentaal verryk en aktueel is. Inskrywings vir publikasies uit 2024 is ontvang vir vertalings uit Nederlands, Grieks, Latyn, Italiaans en Frans.
|
 |
Persverklaring: Tuin van Digters 2025
LitNet
Boeke en skrywers
Liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan uitsien na verskeie ander digtersgesprekke, musikante wat toonsettings van gedigte sing, voorlesings deur opkomende digters van hul gedigte en praguitstallings in die twee galerye.
|
 |
Uitnodiging: Bekendstelling van Kwaailappies deur Ronel van Oort
LitNet
Boeke en skrywers
Jy word genooi na die boekbekendstelling van Kwaailappies: ’n storie van Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort in Jannie se Leeskamer by Oude Leeskamer in Stellenbosch. Kom ontmoet Ronel van Oort in gesprek met Magdel Vorster, hoor die stories agter die stories, en vier saam die ryk erfenis van Afrikaans.
|
 |
Invitation: Book launch of The shadow state
LitNet
Books and writers
Adriaan Basson will be in conversation with Jeff Wicks at the book launch of The shadow state: Why Babita Deokaran had to die at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.
|
 |
Persverklaring: 2025 se katalogus
LitNet
Boeke en skrywers
Hierdie katalogus bied ’n oorsig van die boeke wat al deur Turksvy Publikasies gepubliseer is, ’n skatkis van stemme, temas en genres wat die kreatiewe landskap van ons land verryk.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Laat die dialoog begin!
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Genade, sou ’n mens kon sê, die ANC het oor die afgelope drie dekades álles beheer wat die swart kind in staat moes gestel het om teen hierdie tyd beter vooruitsigte te kon geniet. Waarom het dit nie gebeur nie? Korrupsie. Gulsige mense wat net nie genoeg kan kry nie; wat net meer en meer wil hê."
|
 |
Skeptisisme oor dialoog duur voort, Ramaphosa pleit vir insluiting
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die uitkomste van elk van die komende dialoë sal opgeneem en saamgevoeg word op ’n spesiale digitale platform. Daar sal ook meganismes wees om diegene sonder toegang tot die tegnologie in staat te stel om die uitkomste van hul dialoë in te dien."
|
 |
Valke trek renosterhoringsindikaat vas
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die feit dat die verdagtes deur ’n stelsel van vervalste permitte kon opereer, toon die groot uitdaging waarmee wetstoepassers gekonfronteer word."
|
 |
Boeke-vat in Utrecht
Magdel Vorster
Reizen
"Hieperdepiep hoera! Dan vra sy of ek Jaco Jacobs se boeke ken en toe ek entoesiasties antwoord, trek sy weg en is dit dadelik duidelik dat sy een van Jaco se grootste aanhangers is. Sy’s gek oor sy boeke."
|
 |
Amsterdam: wanneer ligkuns in die gragte skyn
Imke van Heerden
Cultuur
"Ek stap langs die Herengracht toe ek my eerste installasie gewaar. Teen die wal skitter ’n reuse-koivis in die donker, skynbaar vasgevang in tyd. In die verte sweef ligwesens bo die water."
|
 |
’n Grasieuse en stylvolle eeu vir May de Lencquesaing
Maryke Roberts
Reisgogga
"As jy op die stoep by Glenelly-wynlandgoed in Idasvallei buite Stellenbosch sit, kom dans die geskiedenis in sulke stadige walse om jou enkels. Dis nie net die eienaar, May de Lencquesaing, wat vanjaar rede het om fees te vier met haar 100ste verjaardag nie; hier is soveel ander mylpale om te gedenk."
|
 |
Leesimpressie: De gezichtslozen door Alicja Gescinska
Erik van den Bergh
Literatuur
"Zeer rake, goed geschreven novelle waarin het perspectief van de hoofdpersoon verandert en ruimer wordt. Kritische vragen over de omgang met Palestijnen in Libanon worden gekoppeld aan het (over-) leven van staatlozen in Europa."
|
 |
Graad 7: Lewenswetenskappe-verrykingsartikel: Hitte-oordrag
Rouxlyn Botha
Skole
"Hitte-oordrag is belangrik vir ons mense en ook vir diere om te oorleef. Ons liggame kan net by sekere temperature funksioneer en daarom maak ons van verskillende metodes gebruik om die temperatuur daar te hou. Deur die prosesse van hitte-oordrag te verstaan kan ons die beste moontlike besluite neem om die temperatuur daar te hou waar ons dit wil hê."
|
 |
Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy vanjaar in matriek is, weet jy dis amper tyd vir die rekordeksamen. Mens voel dalk so bang daarvoor soos vir hierdie slang, maar kyk hom eerder in die oë en laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-oefenvraestel deur Rita Engelbrecht af om oefenvoorbeelde uit te werk (onder andere interessante oefeninge oor slange se stambome). Laat dit op rekord wees dat jy voorbereid gaan eksamen skryf het!
|
 |
kykNET Silwerskermfees 2025: Hen: ’n onderhoud
Maryke Roberts, Nico Scheepers, Chris Lotz
Onderhoude
"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."
|
 |
’n Onderhoud met André Terblanche, bestuurder van die Breytenbach Sentrum
Naomi Meyer, André Terblanche
Onderhoude
"Ons wonderlike bedryf kan gesond en voortvarend wees as ons seker maak skrywers, kunstenaars en onderwysers het ordentlike fasiliteite, sodat hulle kan fokus op dít waarin hulle goed is en waarvoor hulle lief is. So word daardie wonderlike begeerte om ’n verskil te maak nie geblus deur die beslommernis van admin, kommunikasie, bemarking en die inrigting van fasiliteite nie."
|
 |
Skermgreep: Bring her back en Weapons: twee filmresensies
Leon van Nierop
Film
"Dis tyd dat regisseurs van grillers, wat deesdae lokettreffers is, besin. Ons moet ’n tree terugstaan en besluit wat is masochisties, gevaarlik en orgasties genotvol, en wanneer ’n bedrewe film soos 1980 se The shining jou nagmerries heerlik teister."
|
 |
Welgemoed-kunstefees 2025: ’n onderhoud met Marieta Nel
Naomi Meyer, Marieta Nel
Feeste
"Die fees het vanjaar ’n groot musiekkomponent, maar boeke is ook ’n hoogtepunt. Antjie Krog is Saterdag 23 Augustus in gesprek met Iris Bester oor haar outobiografiese roman, Binnerym van bloed. Antjie het die hele land vol gereis om oor Binnerym te praat. Wat hierdie praatjie anders maak, is die speel van die televisiedokumentêr wat Iris 42 jaar terug oor Dot Serfontein gemaak het en Iris se toeligting daarvan."
|
 |
"Dalk" is net ’n konsep
Cherise Hattingh
Poësie
"Dalk kon ek jou bel
en jammer sê
Maar jy weet mos hoe dit gaan
as die krag af is."
|
 |
Begrafnisbriefie
Tharisa Coetzee
Poësie
"Ek wil pleisters plak op almal se wonde terwyl myne gaap vir die maan
Ek wil almal se stukkende siele heelmaak" |
 |
Verbodevrugtevreter
Zebulon Kochk
Poësie
"want ’n verbodevrugvreter
wat nie deur die modder seil nie,
se maag word nie vuil nie."
|
 |
Waar het ek julle verloor
Estelle Kruger
Poësie
"Waar het ons mekaar verloor?
Agter watter boog moet ek julle soek?
Waar is ons land van saffiere
Ons stukkie son?"
|
 |
Gedagtelig
Herman Borstlap
Poësie
"In die ruimte van sy siel
ontspring vlamme van verbeelding,
elkeen diep gevoed,
uit die grond van sy gemoed."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|