|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1061
01/08/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou fees in die Karoo |
 |
|
Skrywer: Dana Snyman
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624092346
Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven [...] Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies en eg Suid-Afrikaans.
|  |
|
Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée (2024)
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
 |
Conversations beyond the comfort zone (Etienne van Heerden Veldsoirée 2023)
Sihle Khumalo
Etienne van Heerden Veldsoirée (2023)
We should stop worrying about the names of towns and streets. We should, however, worry about South Africa becoming a failed state. In this lecture Sihle Khumalo urges South Africans to have difficult conversations, to move beyond their comfort zones. He does so while reflecting on his many travels throughout Africa.
|
 |
Reguit met Robinson: eerder wye voetsoolvlakdialoë
Freek Robinson, Braam Hanekom
Onderhoude
Die Nasionale Dialoog van honderde miljoene rande, met ’n politieke agenda. Ellendige armoede en werkloosheid op veral die platteland. Riool wat deur huise loop. Misdaad. Moedeloosheid oor Suid-Afrika se jeug. Braam Hanekom benadruk vir Freek Robinson die belang van onafhanklike, veelvuldige dialoë op voetsoolvlak, regoor Suid-Afrika, tussen gewone Suid-Afrikaners.
|
 |
Wat sê Bettina? Wat gaan aan by Buitelandse Sake?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Hoe veilig is Suid-Afrikaners wanneer hulle oorsee gaan, en hoe seker kan ons wees dat ons land se amptenare gaan help as ons in die sop beland? Die voorbeelde wat ek hierdie maand gesien het, boesem nie veel vertroue in nie."
|
 |
Swak gevaar in die tweede kwartaal se skooleksamen? Hier is hulp en raad
Naomi Meyer, Sonja Squires
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Ek weet van leerders wat in Junie-eksamens gedruip het in vakke soos wiskunde en ander leervakke en die einde van die jaar met ’n 70%-slaagsyfer weggestap het. Hulle het eenvoudig besluit die druippunt is net ’n wekker wat hul wakkergemaak het om die erns van die saak te besef."
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Amerika vorder met strafmaatreëls teen Suid-Afrika, maar daar is nog blaaskans
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Op diplomatieke vlak vererger die wetsontwerp reeds gespanne verhoudings, veral na die VSA se besluit om Suid-Afrika se ambassadeur, Ebrahim Rasool, as persona non grata te verklaar weens sy kritiek op Trump. Suid-Afrika se sogenaamde onverbondenheid wat deur die VSA as pro-China en pro-Rusland geïnterpreteer word, bly ’n kernpunt van konflik."
|
 |
Ondersoek en vrae nadat olifant soldaat doodtrap
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die Madimbo-gebied, geleë in die Vhembe-distrik, is bekend vir sy ruwe terrein en digte wildpopulasies, veral olifante wat tydens die droë seisoen uit Zimbabwe na Suid-Afrika migreer op soek na water en voedsel."
|
 |
DPM Botes (1935–2013)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My gedigte is net die raamwerk waarbinne die leser sy eie gedagtes en sy eie assosiasies kan giet en plaas." Lees meer oor die lewe en werk van DPM Botes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Uit die argief: Pirow Bekker (1935–2025)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2024)
LitNet neem met leedwese kennis van Pirow Bekker se afsterwe vandeesweek. Hiermee sy ATKV|LitNet-Skrywersalbum: "Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf."
|
 |
Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen: ’n resensie
Magdel Vorster
Resensies
"Ja, Viljoen het bo en behalwe die verskrikking van die natuurramp wat hulle getref het, inderdaad ook gesorg vir die perfekte storm onder daardie tafels. En dit terwyl, in die al vinniger lesende leser se agterkop ’n voorkennis dat almal nie hierdie ramp gaan oorleef nie, klop. Wie gaan, soos Shakespeare se Juliet se versugting vir haar Romeo, in sterre uitgesny word?"
|
 |
Zombie-sokker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
Dewald Koen
Kinderboeke
"Beide seuns en meisies sal Zombie-sokker geniet weens die spannende verhaallyn en die gril-element. Zombie-sokker is ’n ideale teks om negejariges en ouer te laat lees."
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en praat almal skielik van goeie punte wat jy vir hoërskoolkeuring moet behaal? Leer jy in Wiskunde van driedimensionele vorms en van ’n huis se vooraansig of kantaansig? Alles het baie eenvoudiger gevoel toe jy jonger was, of hoe? Gelukkig kan jy Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memorandum gratis hier aflaai. Dit sal jou met jou Wiskunde help en alles sal sommer eenvoudig beter voel.
|
 |
Wiskunde: Graad 7-vraestel 1 en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en voel jy, jy moet meet en pas om elke dag jou werk te kan leer en goeie punte in die Wiskunde-eksamen te kan behaal? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af om jou met jou voorbereiding te help. As jy nou begin werk, sal jy van meet af aan beter resultate sien. |
 |
Speelgoed van glas: ’n teaterresensie
Maryke Roberts
Teater
"[D]ie toneelstuk – een wat van Tennessee Williams in die veertigs ’n ster-teksskrywer gemaak het – is eintlik ’n bietjie van ons almal se storie. Scheepers se oorspronklike vertaling in Afrikaans het dieper gesny as wat ek aanvanklik sou besef. [...] En as jy kans kry, gaan kyk beide die Afrikaanse en die Engelse stuk – dit sal twee verskillende gewaarwordinge meebring."
|
 |
Unruly: ’n teaterresensie
Maryke Roberts
Teater
"Ek verstaan weldra die rede vir die diep asemhaal, want die onderwerp is ’n vlambare een: Mense is óf teen bobbejane óf vir hulle. Daar is min draadsitters. Elkeen daar ken iemand of is self die slagoffer van bobbejane se verwoesting in huise en tuine."
|
 |
Persverklaring: ’n Liefdesgeskiedenis – ’n RSG-middagvervolgverhaal uit die argief
LitNet
Leefstyl
’n Liefdesgeskiedenis is RSG se volgende middagvervolgverhaal. Luisteraars kan inskakel vir ’n verhaal vol romantiese intrige. Dié argiefopname is ’n juweel uit die ryk geskiedenis van radiovervolgverhale in Afrikaans. Dit is ook ’n huldeblyk aan die groot geeste wat die weg gebaan het vir vervolgverhale om vandag nog te floreer.
|
 |
Die vlugteling
Ferdie Swanepoel
Fiksie
"Hierdie keer is die stem duidelik. Hy draai om. Sien hoe Matilda tussen die mense deur beur. Die kierie val uit sy hand. Rol knetterend eenkant toe. Hy gee ’n tree in haar rigting. Sy hardloop in sy oop arms in. Druk haar kop styf teen hom vas."
|
 |
Ek hoop
Anita van der Walt
Poësie
"vang my hart elke klank
in die holte waar ek jou bêre
in die hoop dat ek
jou weer sal vind"
|
 |
Narsis
Fanie de Villiers
Poësie
"angs en bitter twyfel
as magsvertoon verpand"
|
 |
Gansbaai
Johan Faasen
Poësie
"Baie mense het dus oor die jare hier help bou
en kan ons sê ons weet vir seker nou:
'Wie maak vir Gansbaai lekker!'"
|
 |
Skimme
Johan van der Merwe
Poësie
"al is jy al lankal dood
jy is nog hier by my"
|
 |
Vrede
Chestlyn Draghoender
Poësie
"vrede is nie altyd ver nie;
lê nie altyd tussen woude of woestyne
of op oop velde nie."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|