|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 914
25/08/2022
|
Krities Afrikaans
|
Don’t upset ooMalume! A guide to stepping up your Xhosa game
Author: Hombakazi Mercy Nqandeka
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776192113
Returning to the family homestead in the Eastern Cape for the holidays, and worried that your city ways and less than perfect knowledge of Xhosa culture will get you a wagging finger in the face from ooMalume – the uncles? Le ncwadi yenzelwe abantu abasithandayo isiXhosa nabafuna ukufunda nzulu ngolwimi nenkcubeko yesiXhosa. Ungabadanisi ooMalume, lola isiXhosa sakho ngale ncwadi. |
 |
|
 |
kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2022: Kortlyste bekend
LitNet
Boeke en skrywers
LitNet maak skoonskip by vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar vir langer resensies. Al drie genomineerde langer resensies op hierdie lys kom uit die LitNet-stal. Hier is al die inligting, asook die nominasies vir die ander resensies wat in die boekeblaaie verskyn het.
|
 |
Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
LitNet
Boeke en skrywers
Skud jou vere reg, want dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers se uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.
|
 |
Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era
LitNet
Seminare en essays
"Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era" – Om perspektief te kry oor die storms wat in 2022 rondom Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur gewoed het, bied LitNet ’n miniseminaar oor die stand van sake in dié genre aan, met bydraes deur akademici en kundiges. Lees die eerste bydrae hier.
|
 |
Omstredenheid en kleuter-, kinder- en jeugliteratuur
Betsie van der Westhuizen
Seminare en essays
"In die konteks van die omstredenheid van die literêre sisteem van die afgelope drie maande sou dit moontlik ook ’n opsie kon wees om dit te oorweeg dat die verskeidenheid sienings gekoördineer kan word om die literêre sisteem te versterk en te vernuwe." Lees Betsie van der Westhuizen se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
|
 |
Elon Musk: Risking it all deur Michael Vlismas – ’n resensie deur Arrie Rossouw
Arrie Rossouw
Resensies
"Vlismas slaag egter daarin om konteks te gee aan die rare verskynsel Elon Musk – waar hy vandaan kom en waarheen hy op pad is. Soos sy relatief-jong lewe is dit uiteraard ’n onvolledige prentjie, bloot ’n moment van een van die wêreld se grootste genieë uit die boomryke voorstede van Pretoria."
|
 |
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n resensie
Louis Awerbuck
Resensies
"In Meer as jou seerkry gaan De Villiers op ’n behendige manier van die standpunt uit dat persoonlike pyn nie iets is wat mens net hoef te oorleef nie, maar ’n geleentheid is tot persoonlike groei en ontwikkeling. .... Die boek lees dus maklik en die leser raak nie verstrengel in akademiese en abstrakte goëlery nie. Moet egter geen fout maak nie – jy kry hier oorgenoeg substansiële inhoud en pitkos om aan te kou en te herkou."
|
 |
Verbode drif deur Irma Joubert – ’n resensie
Didi Potgieter
Resensies
"Alhoewel die basiese storielyn die verhaal sonder twyfel in die kategorie van historiese liefdesverhaal plaas, is dit reeds van baie vroeg in die roman duidelik dat daar dieper temas ter sprake is, soos die gevolge van oorlog op mens en omgewing, ras- en klasverskille, asook vooropgestelde idees wat in die pad van betekenisvolle verhoudings kan staan."
|
 |
Foto’s: Herman Lategan se Hoerkind in Johannesburg bekendgestel
Tendayi Dhure
Boeke en skrywers
Herman Lategan het Johannesburg onlangs soos ’n warrelwind getref om sy Hoerkind: Die memoires van ’n randeier by Jean Meiring se huis bekend te stel. Die boek, uitgegee deur Penguin, is die afgelope klompie weke die nommer 1-verkoper van Afrikaanse titels in Suid-Afrika. Tendayi Dhure het foto’s geneem.
|
 |
Thomas Deacon (1942–2022)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek wou die taal neerskryf vir die nageslag, want dis vinnig besig om uit te sterf. Vir die jonger mense het dit mos ’n skande geraak om die streektaal te praat. En dis jammer."
|
OuLitNet en uit LitNet se argief |
 |
Hoe om ’n boekresensie te skryf
Kerneels Breytenbach
Seminare en essays (2017)
"Om resensies mooi te verstaan, begin mens by die Incredible String Band se liedjie 'The half-remarkable question': 'What is it that we are part of, what is it that we are?' Dis hoe eenvoudig dit is."
|
 |
Aanlyn kongres: Poolshoogte
Verskeie deelnemers
Seminare en essays, 2014
"Waar staan die Afrikaanse letterkunde 20 jaar ná demokrasie? LitNet en sy afdeling vir akademiese skryfwerk, LitNet Akademies, het met ’n aanlyn kongres poolshoogte geneem van die stand van Afrikaanse skryfwerk, met die hulp van skrywers, uitgewers, letterkundiges, boekjoernaliste en lesers."
|
 |
Om die "stil oog van die storm" te wees
Herman Wasserman
OuLitNet (2006)
"Naas bekende skrywer is Hennie Aucamp ook ’n veteraan-resensent. Ná ’n halfeeu tree Aucamp vanjaar uit die resensiebedryf. Herman Wasserman het met hom daaroor gesels."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Reguit met Robinson: Suid-Afrikaners se finansies
Freek Robinson, Jacolize Meiring, Jacolize Poalses
Onderhoude
Wat is die impak van stygende lewenskostes, inkomste-ongelykheid, korrupsie en die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaners se finansiële en sielkundige welstand? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring en Jacolize Poalses van die Buro vir Marknavorsing (Unisa).
|
 |
Is daar nog ’n wonderwerk in die reënboognasie se toekoms?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Umair Haque, Britse ekonoom en skrywer van The Capitalist Manifesto: building a disruptively better business, beskryf die VSA in ’n onlangse meningstuk as ’n samelewing op die rand van sosiale verval. .... Haque is korrek wanneer hy sê VSA 2022 is in die moeilikheid. Maar wat van RSA 2022?"
|
 |
Review vannie Arabies-Afrikaans Workshop met die Afrikaanse Taalmuseum
Tasneem Daniels
Menings
"Daa is baie historical accounts van hierie taal, want ôs is baie diverse in ôse origins, maa daai workshop was ’n unique moment om mekaa te luister met respek en daa was baie mense wat uitgekom’t om ôse perspectives as ’n Muslim Afrikaans community te lee ken – daai het ek die meeste appreciate vannie workshop alhamdulilah."
|
 |
USAN 2022 – ’n onderhoud met Jean-Marie Potgieter
Naomi Meyer, Jean-Marie Potgieter
Onderhoude
"Navorsing oor elemente wat spreker-perspektief uitdruk en hoe hierdie elemente geïntegreer kan word binne die tradisionele sintaktiese raamwerk is tans aan’t floreer. Vooruitgang binne die akademie kan slegs geskied as bestaande inligting en benaderingswyses bevraagteken en uitgedaag word. Dis baie opwindend om deel te kan wees van hierdie akademiese diskoers."
|
 |
’n Pa se gene en keuses
Estelle Kruger
Rubrieke
"Omdat my pa blind was, het ek geleer om onsigbaar te wees. Ek kan nie so goed van my pa onthou nie, maar ek vermoed dis van lankal af dat mense my nie kan sien nie."
|
 |
Historiese relevansie en betekenisvolheid
Handré Brand
Seminare en essays
"Gebeurtenisse wat tans as irrelevant beskou word, kan in die toekoms dalk as histories relevant met belangrike betekenisvolheid geag word. Solitaire se plaasskooltjie (sowel as ander skooltjies in die Overberg, byvoorbeeld Wolfkraal, Boontjieskraal, Waboomskloof en Jongensklip), beskik oor sluimerende of inherente historiese betekenisvolheid."
|
 |
South African writing on Angola: The forgotten war
David Willers
Opinion
"All wars in history, from the Greek heroes onwards, spawn such intense memoirs, long and short. They are a bedrock of classic literature. We are fascinated by them. They invite us to eavesdrop on the confessional. They are a form of writing therapy, a way of laying the ghost, and a psychiatrist is not needed to tell us that. But there is also more to it. War memoirs involve all of us, including the bystanders. They make the reader complicit."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Sculpting this earth: Dokumentêre film oor landkuns in Suid-Afrika – ’n onderhoud
Carina van der Walt, Strijdom van der Merwe, Victor van Aswegen
Kunst
Landkunstenaar Strijdom van der Merwe se oeuvre word binnekort vereer met ’n pragtig-genuanseerde dokumentêr deur filmprodusent en -regisseur Victor van Aswegen. Sculpting this earth is ’n gesamentlike produk van hierdie twee toegewyde kunstenaars uit die Kaapse metropool. Carina van der Walt het met dié kunstenaars oor die film, waaarvan die première op Vrydag 26 Augustus plaasvind, gesels.
|
 |
Dirty lines: ’n besondere blik op die tagtigs
Izak de Vries
Film
"Dirty lines is fiksie, maar dit steun swaar op Fred Saueressig se boek 06 Cowboys, uitgegee deur Q in 2016. Saueressig het as bemarkingsdirekteur gewerk by ’n maatskappy wat 06-lyne bedryf het en sy verslag lê die fondamente vir die fiktiewe Teledutch."
|
 |
Veel meer as net windpompe in dié kontrei
Maryke Roberts
Reizen
Vir soveel jare hoor sy van die Loeriesfontein Windpomp Museum, en toe dit uiteindelik blommetyd in die Namakwaland word, word die kar gepak en die pad uit die Kaap aangedurf, want dan is die museum oop vir besoekers, skryf Maryke Roberts.
|
 |
Marie Luttig-gedenklesing: Die behoud van Afrikaans as inklusiewe taal
Jean Oosthuizen
Meningen
"Die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Michael Jonas, sê terwyl daar ’n berekende poging van regeringskant is om die invloed van Afrikaans en Afrikaanses af te skaal, is Afrikaanssprekendes besig om oor ’n wye spektrum te verenig."
|
 |
Landwye stakings sal die ekonomie verder destabiliseer
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Suid-Afrikaners kan hulle voorberei op nóg landwye stakings later vanjaar ondanks waarskuwings deur ekonome en sommige politieke partye dat stakings die land se ekonomie groot skade berokken."
|
 |
Die "hubriste" en "helde" in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Die week begin met die teks aan die onderkant van die televisieskerm wat kykers daaraan herinner dat presies ’n jaar verloop het sedert die sluipmoord op die teenkorrupsie-fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg ... Háár soort is die keersy van die gesig van korrupsie."
|
 |
Ramaphosa staan bont oor kaderontplooiing
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Regter Raymond Zondo het in sy verslag oor staatskaping bevind dat die ANC se ontplooiingsbeleid in stryd is met onder meer die Grondwet en die Staatsdienswet, omdat dit kandidate benadeel het wat nie deur die party verkies is nie."
|
 |
Kommadagga 2022: Hier is ons slypskoolkandidate
LitNet
Slypskole
Kyk wie neem deel aan LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat in Oktober op Somerset-Oos aangebied word. Altesaam 64 aansoeke is ontvang vir dié slypskool wat vanjaar op die skryf van tydskrifverhale fokus.
|
 |
Ingoma kaTutu
Fred Khumalo
New writing
Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. In Fred Khumalo’s Ingoma kaTutu a praise singer pays homage to the late Archbishop Desmond Tutu and chastises the South African government for corruption and ineffective leadership. Zamah Nkonyeni performs the monologue, directed by Mdu Kweyama. Watch the performance in isiZulu with English subtitles here.
|
 |
skemertyd
Breyten Breytenbach
Poësie
"Tog, iets in die gesig van die ou digter – Dolf van Nie-kerk –
laat my skrik en weet dis goed om te kon wonder oor wat
nie sins- en sinne-uiting is nie."
|
 |
rondom stellenbosch
DW Gouws
Poësie
"mens slaan jou oë op na die berge
soek verniet ’n ou klooster ingebou
in rots"
|
 |
Menswees
Morné du Preez
Poësie
"sewe dae se slaap is nodig
om die sondes
die aangetaste betaste vervuiling
van menswees te suiwer"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|