|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 837
17/02/2021
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Die tentakels van korrupsie |
Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere
Skrywer: MA Cluver
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309857
"Suid-Afrika het ’n ryke rekord van prehistoriese diere en plante in verskeie rotsformasies. Hierdie boek bevat spesifiek inligting oor die Karoo se plek op ’n vroeëre, baie anderse planeet Aarde, sowel as die uitsterwings wat voorgekom het in die lang tydperk waarin die antieke Karoodiere die bewoners was van wat nou ’n groot deel van die hedendaagse Suid-Afrika is." |
 |
|
 |
Jy is ’n belangrike deel van die nuwe wapenwedloop
Izak de Vries
Menings
"Aan die begin van 2020 het almal gedink dat ons COVID-19 een keer moet kry, dan is jy immuun daarteen. Toe begin talle mense ’n tweede keer positief toets. Hoekom? Anders as met die MIV, muteer COVID-19 baie vinnig."
|
 |
’n Vuurvreter van formaat
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Die mees onvergeetlike karakters is nie net dié wat my geïnspireer het om ’n beter mens te wees nie. Soms steek iemand in jou kop vas omdat hulle groter as lewensgrootte, te groot vir enige halfrond is."
|
 |
Pyn – die onderskatte moordenaar
Pieta van Deventer
Menings
"Indien jy ooit in ’n argument oor selfdood of genadedood betrokke raak, vra vir so ’n persoon of hy/sy al ooit in ’n dal van pynskaduwee was. ’n Mens kan nie ’n oordeel vel as jy dit nie al self beleef het nie."
|
 |
Die Johan Combrink-gedenklesing: Maak vir elke kind lees die fokuspunt!
Izak de Vries
Menings
"Adams is passievol om te verseker dat alle kinders in Suid-Afrika ’n regverdige geleentheid tot kwaliteitonderrig ontvang. As opvoedkundige sielkundige en voormalige dosent aan die Universiteit Stellenbosch is hy betrokke by navorsing wat veral fokus op sosiale uitdagings soos armoede en geweld."
|
Haarpolitiek: Uit die Voertaal- en LitNet-argief |
 |
Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het. Natuurlik is enige gesprek oor harekwessies op die verkeerde grond gestel as jy nie ook verwys na die skreiendhede van apartheid en sy potloodtoetse nie."
|
 |
Hare verskrik
Shirmoney Rhode
Rubrieke
"Gladde hare, together met Engels praat, is jou 'hoe om vijou gevaalik te hou' starter pack in die Kaap. Regtigwaar. Engels praat kan ek dalk nog verstaan. Dit kan jou moontlik help in jou werksplek of tricky situations. Maar lang gladde hare?"
|
 |
"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"
Cliffordene Norton, Lynthia Julius
Skrywersonderhoude
"Mamma sê ek moet my kop nasien
(reguit maak; gladder, dunner, witter maak)
wie nog kroes is is aspris hoor ek
daar’s genoeg Dark & Lovely en Sunsilk
om die geskiedenis uit jou hare te vee
om jou te laat vergeet watter voorouers
by die wortels van jou hare deursingdans"
|
 |
"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie"
Cliffordene Norton, Bianca Flanders
Skrywersonderhoude
Prinses Pampoenpit se wilde, woeste krulle weier om getem te word. Cliffordene Norton gesels met die skrywer, Bianca Flanders, oor dié kinderboek wat deel in die debat rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier.
|
 |
Ontlaeringskollokwium 2021: Tweede oproep om voorstelle
LitNet
Akademies en skole
Weens Covid vind die 2021-Ontlaeringkongres aanlyn plaas. Waar die vorige jare meer op die letterkunde gefokus was, word hierdie jaar ewe veel aandag gegee aan die onderrig van Afrikaanse letterkunde en taalkunde en die pedagogiek in die algemeen. Voorstelle word tot en met 10 Maart 2021 ingewag.
|
 |
Tegnologie, graad 7: Toets jou kennis – vraestel en memo
Jacques Horne
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en draai jou kop aan die begin van nog ’n skooljaar wat deur die pandemie ontwrig word? Laat LitNet jou help om jou Tegnologiewerk baas te raak. Plaas jou skoolwerk in ’n wentelbaan van sukses. Laai hierdie oefenvraestel en memo gratis af.
|
 |
LitNet-blokraai: Verbuikerstudies
Estelle Kruger
Notas, toetse en vraestelle
Verbruikerstudies leer leerders oor verantwoordelike en ingeligte verbruikersgedrag met betrekking tot voedsel, kleding, behuising, meublement en huishoudelike apparaat. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
Lewende, gesaghebbende digitale biblioteek vir Afrikaanse letterkunde
Willem de Vries, Janien Linde
Interviews
Die ontwikkeling van ’n omvattende aanlyn bron oor alle publikasies wat oor die Afrikaanse letterkunde handel, is tans goed op dreef. Die projekbestuurder van die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit is die letterkundige Janien Linde. |
 |
Die Nederlandse aandklokreël deur ’n regter opgehef
Izak de Vries
In het nieuws
"Die aandklokreël wat aan die einde van Januarie in Nederland afgekondig is en soveel woede veroorsaak het, is enkele ure gelede deur ’n regter ongeldig verklaar. Dit moet onmiddellik opgehef word."
|
 |
Zondo wil Zuma tronk toe laat stuur
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die voorsitter van die staatskapingkommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, sê sy kommissie gaan die Konstitusionele Hof vra om vir Zuma tronk toe te stuur as bevind word dat hy die hof se beslissing geminag het om voor die kommissie te verskyn."
|
 |
Laaste pogings om onteiening sonder vergoeding te stop
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die wetsontwerp is in Oktober 2020 gepubliseer en aan die parlement en die relevante komitees voorgelê om die grondwetlikheid en mandate daarvan te bespreek. Die publiek kon kommentaar oor die wetsontwerp indien tot die oorspronklike sperdatum van 10 Februarie vanjaar, wat intussen verleng is tot 28 Februarie."
|
 |
Voertaal: Jou hoogtepunte
Voertaal
Nieuwsbrief
Hierdie is die eerste nuusbrief (Deel I) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.
|
 |
Rachelle Greeff se mentorhart oop vir nuwelingskrywers
Melt Myburgh, Rachelle Greeff
Skrywersonderhoude
"Die laaste sewe jaar was Rachelle betrokke by die Breytenbach Sentrum se skryfskool in Wellington, en vanjaar sit sy haar begeleiding van belowende skrywers onafhanklik voort in ’n kleiner, intieme formaat."
|
 |
Ronelda Kamfer (1981–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Ronelda Kamfer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Ronelda skryf: "Poetry is vir my ’n vorm van self-expression. Om gepubliseer te word, is daarom nie dié belangrikste aspek van my digterskap nie, wél as iemand die gedigte lees en dit ’n emotional chord raak."
|
 |
NP Van Wyk Louw (1906–1970)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.
|
 |
Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking
Chris van der Merwe
Boeke en skrywers
"’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset."
|
 |
The Karen Book of Rules by Karin Schimke and Karen Jeynes: a book review
Louise Viljoen (JBay)
Books and writers
"Karin Schimke and Karen Jeynes, both award-winning writers, pull out all the stops in The Karen Book of Rules and have a field day unleashing unbridled wit, humour, satire, sarcasm, and numerous lists of dos and don’ts on their readers, presenting them with the choice 'to be a karen or not to be a karen'."
|
 |
Persvrystelling: Mondelings bring skrywers op Stellenbosse stoep byeen
LitNet
Boeke en skrywers
Storievrate en smulpape kan uitsien na ’n reeks skrywersgeleenthede wat weekliks vanaf Maart op een van die mooiste stoepe in Stellenbosch aangebied word. Met sonsondergang op die Bolandse berge sal gaste in ’n intieme atmosfeer aansit saam met hul gunstelingskrywers.
|
 |
Nuut by PRH/LAPA | New books by PRH/LAPA
Penguin Random House South Africa
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
Penguin Random House en LAPA deel hulle nuwe boeke vir Februarie 2021. | Penguin Random House and LAPA share their new books for February 2021.
|
 |
LitNet-blokraai: Kreatiwiteit
Estelle Kruger
Leefstyl
Hierdie blokraai oor kreatiwiteit kan alleen ingevul word, of saam met iemand spesiaal. Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief – tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon.
|
 |
Die Boekklub 3: ’n onderhoud met Louis Pretorius en Albert Snyman
Naomi Meyer, Albert Snyman, Louis Pretorius
kykNET Portaal
"Kringe in ’n bos is byvoorbeeld gekies omdat die eerste episode van die eerste reeks 'Susters van Eva' was en dit maar ’n hoedlig was vir tannie Dalene. Maar dit speel ook in op Tom se psige: die kringe wat hy bly loop."
|
 |
dagboek
Louis Esterhuizen
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Louis Esterhuizen se gedig hier.
|
 |
Onaangeraak
Caren Kearley
Poësie
"ek sou eerder alles net so los
myself ook net so wou los
saam met my spoke en skadu’s onder ’n boom sit
en stil-stil asemhaal
tot alles om my verstof."
|
 |
Daddy Issues
Wilmarie Pekeur
Poësie
"Soos my pa wanneer hy by die voordeur uitsluip
Dronk terugkeer en ons almal se ma se goed vloek
En ek hom verwyt oor ek hom moet liefhê" |
 |
Katmens
Jaco Fouché
Poësie
"Dit kom by my op
wanneer ek my bril neersit
en my elfuurtee drink
dat wanneer die kat deur die venster glip ..."
|
 |
die oë van ’n boer
Donker Jonker
Poësie
"die oë van ’n boer
in rooi grond gewortel
in die blou van onse hemel vertak
is van dor kommermodder deurkraak"
|
 |
Dit wat mens nie kan kies nie
Corlie Liebenberg
Fiksie
"My oë vang die ruiker voor in die kerk. Dis vrolike blomme. Soos hy was. Hy het meer as een maal gesê dat wanneer hy eendag doodgaan, maak nie saak wat die oorsaak is nie, hy tog net nie wit blomme wil hê nie."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|