|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 707
12/07/2018
|
Krities Afrikaans
|
Bloedbande
Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is?
Skrywer: Wilhelm Verwoerd
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624085171
Prys:
R290
|
 |
|
 |
On “Young man at home 1972”
Marlene van Niekerk
New writing
"Time to part with what I’ve gleaned,
pick your favourite, he said,
I’ll print it, frame it, bring it round."
|
 |
Bergplek: ’n Tweeluik
Willem de Vries
Poësie
"heeltyd speel as klankbaan hier buite
sang uit die klip, klink applous uit die kluite
lang riete skilder stadig, die middag verkleur
terwyl die berg wind tot musiek bekeer"
|
 |
Philip Larkin
Jacobus Swart
Poësie
"want dit is hier, meneer Larkin
vanuit jou oeuvre se sepiafotografie
waar die luiperd
met kragtige heupe vaartbelyn
geruisloos die leser bespring"
|
 |
Joe Orton
Jacobus Swart
Poësie
"voorstedelik
tussen woonstelmure
die forensiese hermeneutiek
van die kunswerk tot sy essensies ingeperk"
|
 |
JM Coetzee
Jacobus Swart
Poësie
"die idiolek
fynsinnig
voor in die mond
die tongslag van ’n Silbermann-orrel"
|
 |
Die slaaimetode: ’n gesonde lees- en leertegniek
Estelle Kruger, Amanda Anker, Sanet Cox
Onderhoude
"Dit behels die konkrete uitbeelding van die denkproses tydens lees met behulp van gekleurde blokkies papier wat onderskeidelik die teks (in groen blokkies) en denke (in rooi blokkies) voorstel. Aan die hand van ’n leesstuk beeld die dosent dan die proses uit en bou die 'slaai' as kombinasie van teks en denke, wat gesamentlik tot die leesproses lei."
|
 |
Philip Wilson: die finale spyker in die Rooms-Katolieke kis?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Tradisioneel is die skeiding tussen staat en kerk met groot ontsag behandel in demokratiese samelewings. Australië en ander Westerse lande is egter toenemend besig om spier te bult en die kerk te dwing om aan moderne wetgewing gehoor te gee."
|
 |
Wat elke skrywer moet weet: ’n Regsperspektief op plagiaat
Cobus Jooste
PEN Afrikaans
"Plagiaat is in die eerste plek ’n vorm van wanvoorstelling en dit is onmoontlik om toestemming te verkry om ’n ander te mislei. Dit is die aard van wanvoorstelling, naamlik die verduistering van die werklikheid, wat dit by uitstek geskik maak om plagiaat in te sluit."
|
 |
LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss
Thys Human
Resensies
"As in die mond is ’n bundel waarvan die geheelbetekenis véél meer is as die som van die samestellende dele. Strauss benut die moontlikhede wat die skakeling van verhale haar bied, ten volle. Met haar beste verhale, soos 'Kleinood', 'In die skadu van eierwit I' en 'Donkey Kong', laat sy ’n mens se mond met verwondering oopval."
|
 |
Cas van Rensburg (1942–2018)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Natuurlik is daar mylpale, maar ’n lewe word nie gemeet aan datums of posisies nie, maar aan die groei van die gees of psige van die mens wat op aarde net een kans gegun word om sy eie waarheid te verken." Lees oor Cas van Rensburg se lewe en skryfwerk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
|
 |
Stroomop deur Harald Pakendorf: ’n resensie
Martie Retief-Meiring
Resensies
"Pakendorf was vroeg in sy joernalistieke loopbaan bekend as stroomop. Hy kon in geen 'kamp' geplaas word nie – nuus, agtergrond en geen onderdanigheid aan ’n ideologie nie. Nóg links, nóg regs was sy stempel op die Afrikaanse joernalistiek: een van 'die nuus kom eerste'."
|
 |
Redelike twyfel deur Chris Marnewick: ’n resensie
Gustaf Pienaar
Resensies
"Redelike twyfel se groot verdienste lê daarin dat ons met ’n hofdrama te doen kry wat in elke opsig geloofwaardig is ... Die ervaring van die skrywer, self ’n senior advokaat, is in dié opsig ’n reuse-aanwins."
|
 |
Jong leser: wen met jou boekresensie!
LitNet
Jong lesers
Kry jou vakansieleesstof gereed! Is jy op skool en wil jy vir ander leerders vertel van die boeke wat jy lees? Word ’n LitNet-sterleser en wen R500 kontant vir jou resensie!
|
 |
Jong lesers: Skwiek deur Jaco Jacobs
Danika Smit
Jong lesers
"Waar in die wêreld het jy al ooit gehoor van ’n hamster wat mense kan hipnotiseer? Kom ek vertel jou ’n bietjie meer."
|
 |
LAPA se warm boeke vir ’n koue vakansie
Izak de Vries
LAPA Uitgewersportaal
Dit is vakansie. LAPA Uitgewers se boeke gaan jou hart warm laat klop. Daar is iets vir oud en jonk om mee op te krul in 'n snoesige bed.
|
 |
PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2018
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Oor: gratis toegang tot Tuin van Digters 2018; ledegeld; beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland; Fiona van Kerwel sluit by PEN Afrikaans se bestuur aan; Voorleggings ingewag: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Taalgenoot-leesstof: Herfs 2018; Wat elke skrywer moet weet: plagiaat; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; nuwe Afrikaanse boeke in Julie.
|
 |
Afrikaanse boeke in Nederland
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei.
|
 |
Taalvernuf
Crito
Blogs
"Dis ’n relatiewe kalm tyd op die boekeblaaie – net een resensie wat werklik uitgestaan het: Jean Meiring s’n oor Steve Hofmeyr se nuwe roman, Die Lucky Strike (Rapport Boeke)." |
 |
Maak dit sin om dramas te lees?
Monica Hammes
Leeskringkamer
"Bo en behalwe die feit dat dramas moet meeding met die magdom uitstekende romans en ander prosatekste vir die tien plekke op ’n leeskringprogram bestaan daar ook ander goeie redes waarom leeskringe daarvan wegskram ..."
|
 |
Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting
LitNet
Leeskringe
Van Barrydale tot Bethlehem, van Bultfontein tot Bellville – hier is 74 leeskringe! Stel jy belang in leeskringbesprekings van nuwe boeke? Wil jy graag by ’n leeskring aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme vir 2018.
|
 |
Vrystaat Kunstefees 2018: GodgOdgoD – ’n teaterresensie
Mercy Kannemeyer
Teater
"Die produksie raak ’n ontmoetingsplek vir verskillende mense. Oud en jonk. Jy hoef nie van alles te hou nie. En jy hoef nie alles te verstaan nie. Nes die lewe. GodgOdgoD is vir seker ’n hoogtepunt op die Vrystaat Kunstefees se program."
|
 |
Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran: ’n teaterresensie
Dalene Vermeulen
Feeste
"Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran is oorspronklik ’n Franse roman getiteld Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran deur Eric-Emmanuel Schmitt, na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Die teks is ook deur haar vir die verhoog verwerk. Hierdie eenmanvertoning vertel die ontroerende verhaal van Moses, ’n dertienjarige Joodse seun wat op die Reu Bleue in die Joodse buurt in Montmartre, Parys, woon."
|
 |
Zuid-Afrika in Friesland
Ingrid Glorie, Elize Zorgman
Cultuur
"Wat een prachtige plek! Tussen de weilanden, aan de rand van de Friese meren, ligt Nuweland, een karakteristieke Friese boerderij die als showroom dient voor stijlvolle en exclusieve Zuid-Afrikaanse meubels, accessoires en hedendaagse kunst."
|
 |
Suid-Afrika ’n nuwe Zimbabwe? Miskien, miskien nie
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Die week se nuus is gedomineer deur tonele by openbare konsultasies oor die grondkwessie, waar die polisie en politieke leiers moeite gehad het om ’n woedende gepeupel in toom te hou."
|
|