Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 705

28/06/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jeremy vannie Elsies

Fresh off the press

I wish I'd said

In a first of its kind ever poets old and new were asked to submit poems on loss, grieving, love and consolation in their mother tongues. Eleven editors, one for each language were appointed to read through 20 744 entries and select the best poems for publication on the online website, avbobpoetry.co.za. From these, in each language, a winning poem as well as a follow-up poem were chosen for the Avbob Poetry Prize.

As part of Avbob’s centenary celebrations a volume of poems was put together consisting of 100 poems with English translations. In each language seven poets were commissioned to write a poem especially for this event: 77 commissioned poems, plus 22 poems from the competition, as well as one secret poem make up the 100 poems collected in I wish I’d said.

Editors: Johann de Lange and Mantoa Motinyane
Publisher: Naledi
ISBN: 9781485308065
Price:
R200

Boeke en skrywers

Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey: ’n resensie

Anastasia de Vries
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Want bowenal is hy 'Jeremy vannie Elsies' ‒ vannie nie uit Elsies nie ‒ en in dié besitsvorm lê sy verweefdheid met hierdie plek en sy mense opgesluit, ’n verweefdheid wat daarvoor sorg dat sy lewensgeskiedenis vertel word as die storie van ’n mens wat tot nou nooit sy waarheid oor sy plek in hierdie ruimte, en ’n groter Suid-Afrikaanse ruimte, vergeet het nie."

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Izak de Vries
Resensies

"Nathan Trantaal se Wit issie ’n colour nie behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in. Waarom? Want dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word."

Cecile Cilliers (1933–2018)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Om te praat is my gawe, woorde my werk en mense my liefde.” Cecile Cilliers is op 16 Junie oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Blinde sambok en Meerkat Maantuig: Die aanpassing van boek na fliek

Suzette Kotzé-Myburgh
Resensies

"Lank lewe skrywers en hul verbeelding, en lank lewe filmmakers wat ons sinne betower!"

Kobus Geldenhuys: Oor drakies, kinderboekvertaling en die proe aan woorde

Naomi Meyer, Kobus Geldenhuys
Boeke en skrywers

"Jy skep op ’n ander manier as die skrywer – jy herskep eintlik – en jy moet seker maak jy laat die teks tot sy volle reg kom in die teikentaal."

Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Hierdie boek is ’n historiese studie van die grootste polemieke wat oor honderde jare in Afrikaans gevoer is, en dit fokus dus nie net op kontemporêre debatte nie."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Dowe gode deur Dibi Breytenbach

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Dowe gode deur Dibi Breytenbach, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Press release: Winners of the 2018 Sunday Times Literary Awards announced

LitNet
Books and writers

"Bongani Ngqulunga received the Alan Paton award for non-fiction for The Man Who Founded the ANC: A Biography of Pixley ka Isaka Seme, while Harry Kalmer was named the recipient of the Barry Ronge Fiction Prize for A Thousand Tales of Johannesburg."

African Library: And they didn’t die by Lauretta Ngcobo

Annie Gagiano
Books and writers

"South Africans and others who want to, need to or ought to have an understanding of rural black South African life under the apartheid system can do no better than to read or reread Lauretta Ngcobo’s searing, moving and profoundly probing account enshrined in the unforgettable narrative of her 1990 novel, And they didn’t die."

Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk

Francois Bekker
Lesersindrukke

"Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre."

Jong leser: wen met jou boekresensie!

LitNet
Jong lesers

Kry jou vakansieleesstof gereed! Is jy op skool en wil jy vir ander leerders vertel van die boeke wat jy lees? Word ’n LitNet-sterleser en wen R500 kontant vir jou resensie!

Jong lesers: Nina en die wacky hare deur Elizbè van der Colff en Chris Venter

Carli le Grange
Jong lesers

"Dis ’n goeie boek wat my lekker laat lag het, en ook op plekke laat bang word het."

Pioneers of the Dorsland deur PJ van der Merwe: ’n resensie

François Verster
Resensies

"Vir my persoonlik het die bewaring van elke stukkie van ons landgenote se stories besondere betekenis, want ek is bekommerd dat ons hulle gaan vergeet."

Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 deur Jan Malan: ’n resensie

Wium van Zyl
Resensies

"Malan probeer in sy boek agter die kap van die byl kom van die mees romantiese van al die verdigsels wat oor die jare uit hierdie kontrei ontstaan het. Dit is die storie van die stranding van die VOC-skip die Schoonenberg in 1722 in uitstekende weersomstandighede in die baaitjie naby die huidige Northumberlandpunt."

Press release: Nigerian-German writer Efua Traoré named regional winner for Africa in 2018 Commonwealth Short Story Prize

LitNet
Books and writers

The Nigerian-German writer Efua Traoré was announced the regional winner for Africa in the world’s most global literary prize. Traoré, who grew up in a little town in the south of Nigeria, wins with a first person narrative that sees a 13-year-old boy wrestle with the question of what it means to find "True Happiness".

Stroomop deur Adeline Radloff: boekbekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Stroomop op 18 Julie in Pretoria. Die akteurs Donnalee Roberts en Ivan Botha gaan met die skrywer, Adeline Radloff, in gesprek wees.

Heeltemal anders

Crito
Blogs

"Dit is lekker om die boekbesprekings so op die internet oop te rol, en rustig te lees. Maar dit is selde dat een resensie my na sulke uiterstes stuur."

Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting

LitNet
Leeskringe

Van Barrydale tot Bethlehem, van Bultfontein tot Bellville – hier is 70 leeskringe! Stel jy belang in leeskringbesprekings van nuwe boeke? Wil jy graag by ’n leeskring aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme vir 2018.

Leefstyl

Innibos 2018: Rol jy ROF of rol jy RUSTIG ... dit is die vraag

Daleen Mulder
Feeste

Innibos vind vanjaar van 27 tot 30 Junie plaas. Een en almal kan daar vir hul feesvoete ’n tuiste vind, hetsy die opskoppers, grapjasse, kunstenaars, musiekliefhebbers, natuurliefhebbers, gholfspelers, woelwaters en natuurlik die literêre fynproewer. Lees meer oor die Innibos-wenspan se ervarings en die hoogtepunte van vanjaar se fees.

Innibos 2018: Die magiese drie – ’n teater-onderhoud oor die produksie 3 Susters

Christiaan J de Swardt, Louis Pretorius
Teater

"Daar’s ernstige temas wat met ’n onderliggende komiese element vertel word. Ek glo dis altyd die beste mengsel vir ’n storie, want ek voel dis maar die lewe en deel van die Suid-Afrikaner se psige."

Innibos 2018: Kleedkamer Blues – ’n teater-onderhoud met die bekroonde teaterveteraan Marthinus Basson

Christiaan J de Swardt, Marthinus Basson
Teater

"Ek vind gehore meer konserwatief deesdae as in die verlede – selfs soverre satire, kritiek, bereidwilligheid om hulle bloot te stel aan idees, tekste van elders, stories wat nie 'ons' is nie. Dit geld nie net gehore nie, maar ook akteurs."

Innibos 2018: Kleedkamer Blues – ’n teater-onderhoud met die akteur en skrywer Ludwig Binge

Christiaan J de Swardt, Ludwig Binge
Teater

"’n Kleedkamer is tradisioneel nogal ’n intieme, private ruimte waar die publiek nie toegelaat word nie. Dit is egter juis die plek waar die gehoorlid die mens agter die karakter kan leer ken."

Wat is in ’n naam? Dieselfde port, nuwe etiket

Maryke Roberts
Kos en wyn

"Dis vanjaar ’n dekade sedert die landbouhandelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Europese Unie onderteken is, en van 1 Januarie 2012 af dra alle portwyne wat in Suid-Afrika gemaak word, ’n naam wat bestaan uit 'Cape' gevolg deur naam van die betrokke styl," skryf Maryke Roberts.

Independent filmmaking: “Get out there and make movies”

Marli van Eeden, Ryan Kruger
Film

"On 24 May, the South African Independent Film Festival, or SA Indie Film Fest for short, took place at the Labia Theatre in Cape Town, celebrating independent filmmaking. The festival showcased 22 short films, documentaries, music videos and even VR films from all around the world."

’n Tuiskoms: Glencoe, Skotland

Nadia de Kock
Reis

"Tydens my verblyf lok die snerpende koue my keer op keer na buite, waar die vallei se droewe geskiedenis byna tasbaar is. Ek sien dit in elke klip, elke kaal boom, elke mosbegroeide muurtjie en in die fyn slierte mis wat voortdurend tussen loch en berg sweef."

Pluck: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Ons leef in ’n tyd van broodnodige maatskaplike verandering, maar die keersy daarvan kan ’n humorlose politieke hiperkorrektheid wees – daarom waardeer ’n mens hierdie soort gepluk aan die kollektiewe stertvere des te meer."

Menings

Die Namafees vir ons, vir almal

Denver Breda
Menings

"Die fees het die naweek van 24 tot 27 Mei in Keetmanshoop, Namibië, plaasgevind. Die doel was om die verskillende Khoegemeenskappe regoor Suider-Afrika te verenig."

Daar gaan ’n man verby: ’n persoonlike huldeblyk aan David Goldblatt

Harry Kalmer
In memoriam

"Deur sy foto’s het ek besef dat die mens nie net gevorm word deur die politiek van die dag nie, maar ook deur sy betrokkenheid by die omgewing en die mense rondom hom."

Ly jou laerskoolkind aan aandagtekort?

Estelle Kruger, Estelle Swart, Susan du Toit
Onderhoude

As jou kind ATHV het, plaas dit, behalwe die gewone eise van ouerskap, eiesoortige druk en stres op jou as ouer. Raad en wenke vir ouers en onderwysers blyk uit die navorsing vir ’n artikel wat onlangs in LitNet Akademies (Opvoedkunde) gepubliseer is. Lees hierdie onderhoud!

Mens-masjien-verhoudinge en Afrikaanse poësie: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Tanja Botha
Onderhoude

"Soos wat tegnologiese ontwikkelinge ’n uitwerking op mense se alledaagse lewens het, kan digters ook nie hulself heeltemal losmaak van dié invloede nie. Digters dig oor tegnologie en die invloede daarvan op die samelewing, maar dig ook in die 'taal' van tegnologie."

Die Oudgriekse musiek en musieklewe (deel 2)

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Enkele fragmente van Oudgriekse musieknotasies het tog vir ons bewaar gely. Ons vind dit op klip uitgebeitel, op papirusbrokkies uit die droë sand van Egipte, en in enkele manuskripte."

LitNet Akademies

Die eenpersoondrama as (steeds ontluikende) subgenre: ’n skets van sy ontwikkelingsgang en kenmerke

Marcel Spaumer, Bernard Odendaal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die eietydse teaterlandskap, hetsy plaaslik of internasionaal, bevind sig tans in ’n kommerwekkende posisie weens beperkende ekonomiese toestande en mededingende vorme van vermaak (televisie, internet en so meer). Daarom wend baie dramaturge, produksiespanne en akteurs hulle tot ekonomies meer haalbare formate van teaterskepping, byvoorbeeld die eenpersoondrama."

Skryfwerk

Soos ’n leeuwyfie

Emile Coetzee
Fiksie

"Die gordyn het grasieus toegeval toe die begrafnisondernemer uit die vertrek geloop het. Isabel Roux was alleen oor in die kamer. Stil het sy na haar man in die doodkis gestaar."

Wenners van die nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) bekend

Corlietha Swart
Skryfsake en rubrieke

"Vanjaar was daar weer ’n goeie oes van kort onder 1 000 inskrywings. Dis die grootste skryfwedstryd van sy soort sedert sy ontstaan in 1979 met inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika, lande in Afrika en oorsee." Hier is vanjaar se wenners!

Kennisgewing

Press release: The Jakes Gerwel Fellowship: Applications open for 2019

LitNet
Akademies en skole

If you want to pursue a meaningful, challenging career as a high school teacher, apply for the Jakes Gerwel Fellowship today.

Nou op Voertaal

Dekolonisatie in het hoger onderwijs: verslag van een debat

Francine Maessen
Academisch

"Op 15 juni organiseerde het Nederlands Genootschap voor Internationale Zaken (NGIZ) op de Universiteit Leiden een debat over de dekolonisatie van het hoger onderwijs. Drie academici die uitgebreid met dit onderwerp in aanraking zijn gekomen gingen hierover met elkaar in discussie en beantwoordden vragen uit de zaal."

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk

Rina Loader, Naomi Meyer, Menán van Heerden
Academisch

Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk.

Het ondermijnen van mooie plaatjes

Francine Maessen
Literatuur

"Fabias’ thematiek en de onconventionele bladspiegel in deze bundel zullen zeker wennen zijn voor de meer traditionele poëzielezer, maar uit de positieve ontvangst van Habitus blijkt wel dat Fabias haar plek in de Nederlandstalige poëzie met succes aan het opeisen is."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved