|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 933
20/01/2023
|
Krities Afrikaans
|
Apartheid’s Stalingrad
Author: Rory Riordan
Publisher: Jacana Media
ISBN: 9781431432806
The apartheid security juggernaut met its Battle of Stalingrad in the townships of Port Elizabeth and Uitenhage in 1985 and 1986. This is the blazing story of how the people’s resistance – in the church, in the civic structures, underground – fought that war. Up until these insurrections, the brutal force of the apartheid state successfully crushed all attempts at revolt. Yet in the townships of Port Elizabeth, where they threw everything they had at the uprisings, the people stood and fought, and fought and stood. |
 |
|
 |
 |
Skepping of nabootsing? Kunsmatige intelligensie en intelligente kuns
Johann Rossouw
Seminare en essays
"Die kwessie van nabootsing is dus wesenlik, en daar kan bygevoeg word dat die eerste skool van KI ook in ’n doodloopstraat beland omdat dit menslike intelligensie masjienmatig probeer reproduseer, terwyl die tweede skool van KI van krag tot krag gaan omdat dit eerder ’n aspek van menslike intelligensie probeer naboots [in die geval van ChatGPT, byvoorbeeld]."
|
 |
Loeloeraai, kunsmatige intelligensie en die oordeelsdag
Izak de Vries
Menings
"Afrikaanse wetenskapfiksie is reeds 100 jaar oud. Hierdie gesprek sal CJ Langenhoven se Loeloeraai herbesoek en dan kyk hoe Willem Anker se Skepsel, Isa Konrad se Toekomsmens en Carien Smith se Bot op verskillende maniere die oordeelsdag benader."
|
 |
LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer
Imke van Heerden
Menings
Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!
|
 |
In die fragmentarium 2
Breyten Breytenbach
Rubrieke
"’n elegie moet die klaagsang in lang klankreëls vleg
om op die wind te sweef
en ek kan om my lewe te red
geen sin maak van die patroon
geweef in die lyn
tussen jou dood
en myne"
|
 |
Besinning oor taal en ver-taal I
Cas Vos
Seminare en essays
"Afrikaans pleit vir meesterwerke om in Afrikaans ver-taal te word totdat dit ver-vel (Breytenbach). Dan kry dit ’n eie, unieke en vars ritme." Lees Cas Vos se besinnings oor ver-taling en transformasie aan die begin van die nuwe jaar.
|
 |
Republiek Natalia en Voortrekkerafrikaans
Gert van Jaarsveld
Seminare en essays
Gert van Jaarsveld vertel van die interessante taalkundige verskynsels wat hy opgetel het tydens sy werk aan dokumente van die vroeë Nederlandse immigrante-Boere in die Republiek Natalia.
|
 |
Barakat-program: "Afrikaans: ’n taal vir altyd"
Menán van Heerden, Fatima Allie, Conrad Steenkamp, Ria Olivier
Onderhoude
LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Vir die Januarie 2023-program gesels Fatima Allie met Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Menán van Heerden oor onder andere die Afrikaanse Taalraad, LitNet Akademies en verskeie onderwerpe mbt Afrikaans.
|
 |
General De la Rey and his accidental part in Hitler’s downfall
David Willers
Opinion
"The legendary Boer War hero Koos de la Rey was a kind of Volodymyr Zelensky of his day – a 'bittereinder' tactical genius (he introduced trench warfare to South Africa) who refused to surrender to Lord Roberts after the capture of Pretoria, and tormented the British imperial army to the 'bitter end'."
|
 |
Prof Christo Viljoen: Denkleier, ingenieur en kultuurmens
Mellet Moll
In memoriam
"Miskien was sy intellek vir my vanselfsprekend; wat my egter sal bybly, is die mate waarin hy op hoogte gebly het van nuwe verwikkelings, en die ouwêreldse menslikheid en warmte waarmee hy opgetree het."
|
 |
Piet de Jager, in memoriam
Nicol Stassen
In memoriam
"As jy by Piet was, is daar baie gelag. Hy het so baie genot uit die lewe geput en was altyd gereed met ’n grappie."
|
 |
Viëtnam vs Suid-Afrika: was die SA-pers aandadig aan ’n terreurstaat?
Charl Adams
SêNet-briewe
"Waar die Viëtnamoorlog beskou is as ’n proksie-oorlog teen die kommunisme, is apartheid aanvanklik gesien as ’n bakermat teen die integrasie van wit en swart mense en eers later oor die boeg van die kommunisme gegooi. Volgens Chomsky kwalifiseer die VSA en die destydse Suid-Afrikaanse regering as terreurstate."
|
 |
Elders gesien: Matriekuitslae van die klas van 2022 – waar is die balans?
Danie van Wyk
Elders gesien
"Ek sou wou sien en hoor dat daar op bruin Afrikaanse leerders in skole wat in minder gegoede woonbuurte geleë is, ook gefokus word – hulle presteer ook. Daar is ’n groot persentasie funksionele skole in ons gemeenskappe wat teen alle ongunstige omstandighede in, die beste lewer."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Sat vir beurtkrag?
Christo Viljoen Seminare en essays, 2015
"Deur die batterystelsel aan fotovoltaïese panele te koppel kan dit gedurende die dag deur middel van sonenergie gelaai word. Dit kan dan gebruik word om tydens spitsverbruiktye, wanneer in ontwikkelde lande elektrisiteitstariewe die hoogte inskiet, elektriese energie aan ’n huishouding te voorsien en besparings tot gevolg hê."
|
 |
Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?
Freek Robinson, Ben Janse van Rensburg
Onderhoude,
2022
Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.
|
 |
Terugkeer na moedertaalonderrig?
Christo Viljoen
Universiteitseminaar, 2016
"Die voorsprong wat moedertaalonderrig bied, is beduidend: 30% beter prestasie in die geval van wiskunde, en 56% in die geval van natuurwetenskappe."
|
 |
Beurtkrag kan voedselsekerheid op die rotse laat beland
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Elektrisiteit is sentraal tot moderne boerderypraktyke en die toename in beurtkrag het boerderybedrywighede ernstig ontwrig. Pompstasies, besproeiing, verkoeling en ander stelsels is almal afhanklik van kragtoevoer."
|
 |
Poskantoor wil werkers glo wéér indoen
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Sapo-bestuur stel glo ’n weeklikse vermindering van twee dae voor, wat daartoe sal lei dat skofwerkers wat vyf dae ’n week werk, net drie dae sal werk en diegene wat ses dae ’n week werk, net vier dae. Die gevolg hiervan is ’n verstommende 40%-vermindering in bruto salaris."
|
 |
#Staatsrede2023: Hoe staan sake in SA?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Dit het wel by hom opgekom om die pos van die bestuurshoof van Eskom, asof dit die rede vir De Ruyter se bedanking was, as ’n 'moeilike werk' te bestempel." |
 |
"Hedendaagse troebadoere": Wat is die rol van die gesproke-woord-kunstenaar?
Karin Benjamin, Babs Gons
Interviews
Is gesproke-woord-digkuns slegs maatskaplik en sosiopolities van aard? Karin Benjamin het by die jaarlikse Tuin van Digters (Oktober 2022) met die Nederlandse digter Babs Gons gesels oor haar werk, die aard van kontemporêre gesproke-woord-digkuns, en mondelinge geskiedenisse/tradisies. Babs het ook saam met die Suid-Afrikaanse kunstenaars Frazer Barry en Deniel Barry opgetree.
|
 |
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Nuwe jaar, nuwe graad, nuwe begin! As jy vanjaar in graad 10 is, het jy geweet die getal 10 simboliseer die begin van ’n nuwe siklus? Kyk na hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann West om te sien wat hierdie jaar se werk inhou. Daar is baie ander vraestelle op LitNet waarmee jy deurlopend kan voorberei en waarmee jy kan oefen om jou werk beter te verstaan.
|
 |
Heimwee: ’n onderhoud met Sophia Kapp
Cliffordene Norton, Sophia Kapp
Skrywersonderhoude
"Hou ouer ek word, hoe meer besef ek ook hoe die band tussen ma en kind die kind se hele lewe onderlê. As daardie verhouding skeefloop, is ’n mens se hele lewe ’n stryd om aanvaarding."
|
 |
Moerstaāl deur Loit Sōls: ’n resensie
Bettina Wyngaard
Resensies
"Hierdie bundel laat Afrikaans sing en huppel en ween en lag met ’n soepelheid wat ek lanklaas gesien het. Dis ’n viering van taal wat weier om kop te sak vir die andersheid van uitspraak en uitkyk."
|
 |
Vier susters: ’n onderhoud met Gerda Taljaard
Naomi Meyer, Gerda Taljaard-Gilson
Skrywersonderhoude
"Ek wou juis ’n histories-gebaseerde roman skryf waar vroue die hoofpersonasies is, want vroue se rol in die geskiedenis is nog altyd onderbeklemtoon – of word bloot ontken."
|
 |
Die geskiedenis word lewendig in Chris Karsten se Op pad na Moormansgat
Maryke Roberts
Resensies
"En natuurlik kan jy nie onaangeraak bly deur Karsten se ongelooflike talent as woordkunstenaar nie. Sy vermoë om iets doodgewoons só anders te stel, terwyl die sosiale kommentaar so half onopsigtelik saam geabba word, is iets wat ek regtig van sy boeke geniet."
|
 |
AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk
Anschen Conradie
Lesersindrukke
"Die digter waag om die bundel in kombinasies van Standaardafrikaans, Engels en Kaaps aan te bied en wend die variasies doeltreffend aan om die onderskeid in lewenstadiums te illustreer. Die gedigte wissel eweneens tussen tradisionele rymvorme en vrye verse en dis veral by laasgenoemde waar die digter se talent rou en onbeskroomd geopenbaar word."
|
 |
Dolf van Niekerk (1929–2022)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Kyk, ’n gedig daag op. Dis die wonderlikste ding. Daarna begin jou verstand werk. Hy daag op uit ’n verwysingsraamwerk en jou bewussynswêreld, wat jare daar kon lê, nè? En op ’n dag dan sê hy, hier is ek. Maar dan begin die werk."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2022
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
O, koek!
Karen Hart
Kos en wyn
"Wanneer jy kan koek bak, glo mense jy kan wondere verrig. Ek sukkel om nee te sê. En sedert ek op 12, sonder ’n koekpan in die huis, besluit het om ’n koek te bak, kan ek ’n uitdaging nie weerstaan nie."
|
 |
Nuwe Skryfwerk-video: Onderweg
Willem de Swyger, Carmen Platt
Skryfwerk
Willem de Swyger en Carmen Platt het ’n video vir LitNet geskep. Die tema handel oor die gebeurtenis van die jaar. Dit verskyn as multimedia-skepping in LitNet se Nuwe Skryfwerk-afdeling. |
 |
Die bankie in die parkie
Loretta Szikra
Poësie
"... word die bankie in die parkie
(waar ons tot aandskemer sou speel)
vandag met tsotsi’s en junkies
en alkies gedeel."
|
 |
Gebed vir Corlie
Reinet de Waal
Poësie
"My vriendin het ’n donsiekop waarop trotse haartjies loer, ragfyn
kanker het gekom, maar U weet van dit
U weet van die huil en die onseker en van die baie pyn"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|