|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 930
15/12/2022
|
Krities Afrikaans
|
Druk speel: ’n Filmstudiegids vir die klaskamer
Skrywer: Leon van Nierop
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776355525
Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. |
 |
|
 |
Eskom: Waarom word so baie herstelwerk benodig?
Freek Robinson, Josias van der Merwe
Onderhoude
André de Ruyter het gister bedank as Eskom se uitvoerende hoof, maar hy sal aanbly tot 31 Maart 2023. In 1998 het ’n witskrif gewaarsku dat ’n elektrisiteitstekort teen 2007 in die land ervaar sou word. Deel van die probleem mbt die baie herstelwerk is dat Eskom laegraadse steenkool in van sy kragstasies gebruik. Hoe werk die proses om krag só op te wek? Freek Robinson gesels met ingenieur Josias van der Merwe, medeprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand.
|
 |
Beurtkrag, die gevolg van gebrek aan politieke wil
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"In 2019 het ons ook hier vlak voor Kersfees fase 6-beurtkrag gehad. Toe was die verskoning nat steenkool. Die politici het plan gemaak. Hulle het die ministeriële reëlboek aangepas, gesorg dat by elke ampswoning daar kragopwekkers op staatskoste is, ook dat elke ampswoning as ’n nasionale sleutelpunt vrygestel word van beurtkrag."
|
 |
Seen elsewhere: How to become a failed state
Malaika Mahlatsi
Elders gesien
"It starts with things like actually accepting loadshedding as a fact of our lives and organising our existence around it. We have become very dangerously accepting of misgovernance in our country."
|
 |
Berigte te velde: Eben Viktor oor Rusland se nuutste taktiek
Izak de Vries, Eben Viktor
Onderhoude
Dit is winter in Oekraïne en die Russe bombardeer die land se energienetwerk. Rusland se nuwe bevelvoerder in Oekraïne volg ’n taktiek wat herinner aan dié van die Engelse in die Boereoorlog – maak dit ondraaglik vir gewone burgers. Hoe oorleef die inwoners van Oekraïne hierdie aanslae?
|
 |
Language of activism
Mphuthumi Ntabeni
Opinion
"From Fanon to Robert Sobukwe and Biko, these are prototypes of what Richard Wright called his 'split position' and 'double vision', which a Western-educated black man born in the Anglo-American-oppressive zeitgeist has to deal with."
|
 |
COVID-19: Hoe dit die brein affekteer
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Daardie newel wat oor die brein hang, soos oggendmis wat nooit wyk nie, is nog ’n gevolg van COVID-19 wat miljoene mense raak. Tussen 20% en 30% van mense ervaar dit tot drie maande nadat hulle die virus gehad het, en dit onderskei nie tussen diegene wat gehospitaliseer is of nie. Pasiënte ervaar moegheid, ’n breinwaas, insomnia en probleme met geheue."
|
 |
In die fragmentarium 1
Breyten Breytenbach
Rubrieke
"Wat jy hier in die hand neem, Leser, is ’n soort joernaal stukgewys bygehou oor die drie jaar, of meer – tot dusver – van inperking en afsondering, bevraagtekening en disoriëntering."
|
 |
Suid-Afrika: een groot tuisland
Hans Pienaar
Seminare en essays
"Vandag word die verskuiwende identiteite wat apartheid genoodsaak het, deur die internet en sosiale media voorgeskryf; ’n mens kan redeneer dat dit ’n nuwe fase van Westerse kolonialisme is wat soortgelyke verwoesting weens die verdeling van gemeenskappe teweeg bring. In plaas daarvan dat SA ’n gelykmakende, oopgestelde republiek geword het, lyk dit asof verdeeldheid net groter is."
|
 |
Ruilduiwel, babers en die burgemeester se bodem
Hennie van Deventer
SêNet-briewe
"’n Fris vroulike tennisspeler slaan af dat haar rokkie hoog opwip. Die onderskrif maak lesers wys sy is mev So-en-So wat by die naweek se hengelkompetisie die prys vir die grootste baber gewen het."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
Uit LitNet en Voertaal se argiewe |
 |
Sat vir beurtkrag?
Christo Viljoen Uit LitNet se argief, 2015
"Deur die batterystelsel aan fotovoltaïese panele te koppel kan dit gedurende die dag deur middel van sonenergie gelaai word. Dit kan dan gebruik word om tydens spitsverbruiktye, wanneer in ontwikkelde lande elektrisiteitstariewe die hoogte in skiet, elektriese energie aan ’n huishouding te voorsien en besparings tot gevolg hê."
|
 |
Maak beurtkrag van Eskom ’n menseregte-oortreder?
Bettina Wyngaard
Uit LitNet se argief, 2020
"Agtien tot vier-en-twintig maande, is Gwede se ruimhartige skatting. Nugter weet waarop hy dit grond. Sommige kenners reken vyf jaar is ’n meer realistiese skatting. Dis hoe lank beurtkrag met ons gaan wees."
|
 |
Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?
Freek Robinson, Ben Janse van Rensburg
Uit LitNet se argief,
2022
Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.
|
 |
Eskom is ’n ramp, sê energiekenners
Jean Oosthuizen
Uit Voertaal se argief, 2022
"Die regering verstaan blykbaar nog nie die omvang van Suid-Afrika se kragkrisis nie en die kragvoorsiener het nie ’n greep op sy eie bedrywighede nie."
|
 |
Ramaphosa oorleef Phala Phala-stemmery in die parlement
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ramaphosa sal dus nie nou deur die parlement in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word nie en kan sy volle aandag skenk aan die komende naweek se ANC-beleidskonferensie waar hy opnuut om sy politieke oorlewing sal moet veg."
|
 |
Ramaphosa geprys en gekap nadat hy regter skors
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Na ’n uitgerekte sage van meer as ’n dekade se bewerings van wangedrag teen die Wes-Kaapse regter-president John Hlophe is die omstrede regter uiteindelik Woensdag deur president Cyril Ramaphosa uit sy amp geskors."
|
 |
DA en ActionSA wil nouer saamwerk om ANC in 2024 te verslaan
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Twee van die land se opposisiepartye wat mekaar gedurig aan die keel beet het, wil in die aanloop tot die 2024- algemene verkiesing hulle binnegevegte probeer tem en nouer saamwerk om die ANC tydens die volgende verkiesing uit die kussings te lig."
|
 |
Breytenbach notitie #8: Cultuur-identitair denken als "oneindig en doelloos proces van metamorfose"
Yves T'Sjoen
Literatuur
"Verder preciseert Breytenbach in de tekst van zijn Pessoa-lezing 'further characteristics of a Middle World resident', eigenschappen die perfect aansluiten bij de omschrijving van de 'un-citizen' die we bij Turner vinden. Het is de wereld van misdeelden en misvormden, dwazen en buitenstaanders, degenen die geen sociale rang of stand hebben. Die 'tussen-in'-positie maakt het voor deze subjecten makkelijker om 'out of the box' te denken, zich niets gelegen te laten liggen aan conventies en systemisch denken."
|
 |
Persbericht: Afrikaanse kinder- en jeugdliteratuur bij Boeken uit het Huis
Voertaal
Zuid-Afrikahuis
In de laatste Boeken uit het Huis van 2022 besteden we aandacht aan kinder- en jeugdliteratuur, en staan we stil bij de Bergengel-trilogie van Carina Stander, die misschien wel het best getypeerd kan worden als een sprookje voor volwassenen. U kunt dit gesprek achteraf bekijken via YouTube.
|
 |
Die dilemma van ’n agterstallige leser
Heindrich Wyngaard
Menings
"'Teen tyd is die mens / se stryd,' dig Neville Pedro in sy bogenoemde bundel, kompleet asof hy gevra is om die dilemma van ’n ywerige boekkoper, maar agterstallige boekleser, te beskryf. Wat sal my tog makeer om oor die feestyd ook ’n ander malperd – om ’n manuskrip af te handel – op te wil saal?"
|
 |
Podcast: Lodewyk G du Plessis and Tan Twan Eng discuss The dao of Daniel
Andries Buys (Skrywersnaam: Lodewyk G du Plessis), Tan Twan Eng
Books and writers
The dao of Daniel by Lodewyk G du Plessis, translated by Michiel Heyns, was launched on Thursday, 8 December at Exclusive Books at the V&A Waterfront in Cape Town. The author was in conversation with Tan Twan Eng.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Wat ons van fok weet (en nie weet nie)
Gerhard van Huyssteen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."
|
 |
Suiderherfs
Hans du Plessis
Poësie
"Hoe heilig, Heer,
dat elke dooie blaar
die lewe bros verklaar!"
|
 |
Jy is
Thilde Nel
Poësie
"Jy’s die kobalt in die brander
wat wít perd na die strand"
|
 |
Rivierstraat
Neo Mehlomakulu
Poësie
"Een oggend
was daar ’n begrafnis
vier huise van ons huis af"
|
 |
Die weerwiel sal draai
Hanrie Viljoen
Poësie
"Eendag 12 000 jaar gelede
laat val ’n versamelaar sy koringsaad
en om hom groei besittings en hoogverraad
teenoor die sterflike farao wat speel-speel heers oor die velde"
|
 |
A story written by AI: "The fox astronaut"
ChatGPT
New writing
"Kora was a curious little fox who had always dreamed of exploring the vastness of space. She spent her days reading books about the stars and planets, and imagining what it would be like to visit them."
|
 |
My hart is in ’n hot dog
Karen Hart
Kos en wyn
"Die rolletjie – wit, nie volgraan of een of ander 'gesonde' alternatief nie – moet net liggies gerooster wees, en lank genoeg om die worsie byna heeltemal te bedek. En die worsie self moet so ’n knakgeluidjie maak wanneer jy daardeur byt. ’n Lekker mosterd- en tamatiesous daarby, en ek is in hot dog-hemel."
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|