|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 927
25/11/2022
|
Krities Afrikaans
|
Whitey: Sakereus van Shoprite
Skrywer: Niel Joubert
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624089186
Whitey Basson, een van Suid-Afrika se suksesvolste sakeleiers, word beskryf as "geniaal". Whitey het ’n legende geword toe hy, in Suid-Afrika se beroemdste oorname, die sukkelende OK Bazaars vir R1 gekoop het. In dié gemagtigde biografie vertel die bekroonde sakejoernalis Niel Joubert die volle storie van Whitey se opkoms en fabelagtige sukses. Van ’n paar klein winkels, gewaardeer teen R1 miljoen, het hy Shoprite in Afrika se grootste kleinhandelaar omskep – en die 35ste grootste kleinhandelaar in die wêreld. |
 |
|
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Reghard Brits
Reghard Brits
Akademies en skole
Nadat Reghard Brits op 26 sy doktorsgraad in die regte behaal het, was hy senior lektor en medeprofessor by die Universiteit van Pretoria, en die boek Real Security Law het uit sy pen verskyn. Hier vertel hy van sy navorsing oor sakereg en saaklike sekerheidsreg.
|
 |
Die erwe van die vaders: ’n blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon
Jean Meiring
Rubrieke
"In Elizabeth Conradie (1903–39) se ondergewaardeerde akademiese werk oor vroeë Nederlandse skrywers in Suid-Afrika, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875–1905) (1949), lees ’n mens vir Herman Frederik Schoon raak, wat in 1851 in die Nederlandse hawestad Rotterdam gebore is." (Foto van die moderne stad Rotterdam vertoon hierby.)
|
 |
Seen elsewhere: Afrikaans
Graeme Addison
Elders gesien
"Thanks, Charlize, for your sentiments. They are amusing but untrue. In the stillness of the Karoo night we hear the poetry of remembrance, words drawn from the earth, from blood, suffering, yearning and a deep love of the land."
|
 |
Die reuk van sop: ’n huldeblyk aan my ma
Willem de Swyger
Menings
"Ek het as kind goed kon verstaan hoekom Esau sy eersgeboortereg in die Bybel aan Jakob verkoop het vir ’n pot lensiesop. Die transaksie het op die oog af baie redelik vir my gelyk. Dis nou natuurlik op die aanname dat dit ’n pot lensiesop soortgelyk was aan my ma s’n."
|
 |
Kompetisie: My gebeurtenis van die jaar 2022
LitNet
Wen
Hoe het jou 2022 gelyk? Wat staan vir jou uit wanneer jy terugkyk oor die jaar wat verby is? Wat was jou gebeurtenis van die jaar? Laat weet ons en kom in aanmerking vir ’n kontantprys van R2 500.
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
Uit LitNet se argief en OuLitNet (1999–2006)
 |
US-rektor praat sy hart uit oor #FeesMustFall
Jean Oosthuizen, Wim de Villiers
Universiteitseminaar, 2015
"Hoër klasgeld was waarskynlik die katalisator wat die gebeure van die afgelope aksies tot gevolg gehad het, maar armoede, werkloosheid, transformasie en ’n algemene gevoel van hopeloosheid onder ’n groot gedeelte van ons bevolking – veral onder die jeug – is almal kwessies wat dringend aandag moet kry. Universiteite kan hier ’n baie groot rol speel."
|
 |
Geagte professor De Villiers
Johann Rossouw Universiteitseminaar, 2015
"Dieselfde ANC sal u en u bestuurspan ongetwyfeld lof toeswaai vir hierdie taalbesluite, maar daardeur, Professor, moet u u nie laat vlei nie."
|
 |
Studente aan die woord
Verskeie
Miniseminaar, OuLitNet, 2005
Die debat rondom taal en die Universiteit Stellenbosch maak groot opslae. Dikwels word egter gevra: Waar is die stem van die studente?
|
 |
#FeesMustFall: vervreemding en protes
Wynand Greffrath, André Duvenhage, Menán van Heerden
Onderhoude (2017)
“Staatsingryping, wat outonomie direk bedreig, vergrote toegang en dus meer studente, swakker befondsing, verlies aan vermoë as gevolg van talle faktore en sosiale en politieke onstabiliteit is besig om die universiteitswese in Suid-Afrika in gevaar te stel.”
|
 |
Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030
Lize-Mari de Lange, Jacqui-Lyn McIntyre
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
"Die antwoord op die navorsingsvraag van hierdie artikel is dat om slegs die huidige benadering te versterk nie genoegsaam sal wees om die doelwitte teen 2030 te bereik nie, omdat Suid-Afrika nie die multi-agentskapbenadering van die begin af effektief geïmplementeer het nie."
|
 |
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
HGD? In gr 6 & mug v wrk? Klik hier om die vraestel wat Eugene van der Westhuizen vir LitNet opgestel het, gratis af te laai; dit maak voorbereiding makliker. (Daar is ook ’n afdeling in die vraestel wat oor SMS-taal handel, so dis hkm jy smr hierna eksamen oor Afrikaans én oor SMS-Afrikaans sal kan skryf.)
|
 |
Graad 10: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en is jou lieflinghond op jou radar en nie juis jou eksamenwerk nie? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West kan jy blitsig die radar-oefening gebruik om die vertikale hoogte van die vliegtuig bo grondvlak uit te werk. Dan kan jy met ’n geruste hart met jou hond gaan stap. |
 |
Graad 11: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en verkies jy eerder die geselskap van jou kat as dié van nog eksamenwerk? Die goeie nuus is dat hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West onder andere ’n mond-en-snor-diagram bevat wat jou aan jou gunsteling-troeteldier kan herinner. Die ander goeie nuus is dat die vraestel jou in ’n japtrap vir jou eksamen voorberei en dan kan jy vinnig verdere aandag aan jou geliefde kat gee.
|
 |
Die verhaal van Janusz en Jacob
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Omdat die onderhandelaars met ons land se oorgang op ’n grondwetlike bestel ooreengekom het, moet ons hulle te alle tye, ongeag hoe die bestel ook al in sommige opsigte te kort skiet, altyd daarvoor eer. Ongeag of jou naam Janusz of Jacob is."
|
 |
Zuma was onwettig op parool, bevind Appèlhof
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die hof het bevind dat die voormalige nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, se besluit om mediese parool aan Zuma toe te staan, onwettig was."
|
 |
Zuma moet terug tronk toe, sê Grondwetkenner
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Volgens De Vos bevestig die Appèlhof se uitspraak dat mediese parool toegestaan kan word slegs indien die paroolraad bevestig dat die gevangene óf terminaal siek óf fisiek ongeskik is."
|
 |
Reis: Amsterdam
Maryke Roberts
Reizen
Amsterdam is nie net die stad van kanale, fietse en wêreldklas museums nie, dis ook ’n smulpaap se droom, skryf Maryke Roberts.
|
 |
’n Snotjantietie met ’n pan in die hand
Analize Viljoen
SêNet-briewe
"Dalk is dit tyd dat Crito minder vuishoue uitdeel, of maar begin koes vir die panne. O nee wag, hy beskerm homself reeds daarteen."
|
 |
Die Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2023: ’n onderhoud met Steward van Wyk
Naomi Meyer, Steward van Wyk
Onderhoude
"Uit my ervaring met die keuring is dit belangrik dat aansoekers ’n deeglike voorstel voorberei waarin hulle aandui dat die boekprojek goed deurdink is, haalbaar is en binne die gegewe tyd voltooi kan word. In die gees van Rabie en Wallace se vernuwende en inspirerende kreatiewe werk kan dit dui op verruiming en kritiese omgang met die diskoerse van ons tyd."
|
 |
Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2023
LitNet
Boeke en skrywers
Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die sewende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Hierdie beurs, befonds deur ’n ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil hoofsaaklik ’n belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ’n jaar lank te fokus op ’n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Aansoeke moet die universiteit teen Maandag 28 November 2022 bereik.
|
 |
The terminal list deur Jack Carr, ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Alhoewel hierdie boek nooit enige literêre pryse sal inpalm nie, sluit Carr hom met hierdie aksiebelaaide debuut by die groot name in die politiese-spanningsgenre soos Brad Thor, Vince Flynn en Brad Taylor aan."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Musiekindaba: ’n fees vir musiekliefhebbers, ’n móét vir rolspelers in die bedryf
Melt Myburgh
Musiek
"Of jy ’n amateurkunstenaar is wat met ’n blikkitaar jou voete probeer vind, en of jy tuis is op die troon van sukses, Musiekindaba is ’n noodsaaklike geleentheid vir mense in die Afrikaanse musiekwêreld om hul vaardighede en loopbane op te skerp en om te netwerk." – Melt Myburgh bekyk die eerste Musiekindaba-program, van 30 November tot 3 Desember 2022 op Stellenbosch.
|
 |
Musings of a country magistrate
Jo Els
Feeste
Jo Els used to be a magistrate in a small Karoo town. He has since retired and is now willing to share some of the highs and lows of his days on the bench. His journey and his story are also deeply personal. He used to have a terrible stutter, and today he can hold his own as a storyteller next to a Karoo fire.
|
 |
Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak word ’n fliek
LitNet
Film
Die topverkoper Die tragiese saak van Pamina Vermaak, deur die joernalis en skrywer Annie Klopper, het in 2018 verskyn en word nou ’n fliek. Die verfilming aan dié romantiese komedie het reeds begin en die rolverdeling sluit jong talent en verskeie Suid-Afrikaanse legendes in.
|
 |
Winter
Von Villon
Poësie
"toe ek wakker word
was dit
winter"
|
 |
Ons land verdrink in bloed
Melanie Pienaar
Poësie
"Ons land verdrink in bloed
want ons laat haat
soos onkruid
in ons harte aanteel."
|
 |
Triomfantlike troos
Zebulon Kochk
Poësie
"en verby ons huis
weerklink dwarsfluitklanke
waar die skepping juig
in tortelgesang"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|