|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 861
04/08/2021
|
Krities Afrikaans
|
Thinking the future
Authors: Clem Sunter and Mitch Ilbury
Publisher: Penguin
ISBN: 9781776096299
In Thinking the future: New perspectives from the shoulders of giants, scenario specialists Clem Sunter and Mitch Ilbury teach us the futurist’s art of decision-making, where the flexibility of thinking like a fox plays a key role in adapting to a complex and interconnected world. The book rejects the appealing but misleading self-help narrative that you can decide your future through sheer determination in pursuit of your goals and replaces it with a more dynamic approach. |
 |
|
 |
Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam
Ena Jansen, Melt Myburgh
Skrywersonderhoude
"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.
|
 |
From the archive ‒ An island by Karen Jennings: an interview
Joanne Hichens, Karen Jennings
Books and writers
"Violence begets violence. Samuel has been exposed to it from a young age through the different stages that his country has gone through politically, and through the effects of those changes on him and those around him."
|
 |
Vir Joe D
Crito
Blogs
"Ek veronderstel mens kan hom ’n pel noem, Joe D, wat soms saam met my man gholf speel. Joe is natuurlik nie sy regte naam nie, nie dat dit saak maak nie."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Breytenbach skep in grendeltyd nuwe bundel en werke vir uitstalling op Wellington
Willem de Vries
Actueel
Breyten Breytenbach was onlangs op Wellington om oor sy onlangs voltooide skilderye en nuwe bundel gedigte te gesels. Die uitstalling heet Skeursels en die bundel, wat benewens gedigte, afdrukke van werke op die uitstalling bevat, heet Hokhokaai Fragmente. Willem de Vries berig oor die virtuele bekendstelling daarvan. Skeursels duur tot 8 Augustus in die Breytenbach-galery.
|
 |
Verdraagsaamheid?
Milton Webber
In het nieuws
"Die 14-jarige Frédérique is tydens Gay Pride-week deur vyf minderjarige seuns aangeval, die Zero Flags-projek trek aandag, ’n spesiale kommissariaat is op die been gebring om die waterskade in België te bepaal, prinses Elisabeth se opleiding aan die Koninklike Militêre Skool het tot ’n einde gekom en alle meerdaagse groot byeenkomste in Nederland is weer eens verbied."
|
 |
Meer as 1 000 Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek ontplooi
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die speaker van die parlement, Thandi Modise, en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se voorsitter, Amos Masondo, het ’n brief van Ramaphosa ontvang waarin hulle in kennis gestel is dat hy 1 495 lede van die SANW beskikbaar gestel het ter ondersteuning van ’n internasionale verpligting van Suid-Afrika teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)."
|
 |
Van Gogh se oor en kaal gaste
Henk Serfontein
Elders gesien
"Hoe ons van halwe oor tot by strip club beweeg, nog voor die pavlova by die tafel arriveer, weet ek nie."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gerrie Fourie
Freek Robinson, Gerrie Fourie
Onderhoude
In hierdie onderhoud verduidelik Gerrie Fourie hoekom Capitec hoop sien in hierdie donker tyd. Dit gaan entrepreneurs wees wat mense aanstel in die toekoms, nie die regering nie.
|
 |
Hoe en hoekom leer ’n rekenaar Afrikaans praat?
Izak de Vries
Menings
"Die eenvoudigste manier om spraakherkenning te verduidelik, sou wees om te sê dat ’n mens met ’n rekenaar kan gesels en dat die rekenaar dan die nodige aksie sal neem volgens die gesprek, of dat die rekenaar sinvolle, gesproke instruksies aan ’n mens kan gee."
|
 |
Die US se tweede konseptaalbeleid van 2021: Maskerspele, of groeiende paleisrevolusie?
Frederik Rudolph van Dyk
Universiteitseminaar | University Seminar
"Een van twee verklarings is hiervoor moontlik. Die eerste is dat die US-bestuur uit radeloosheid ’n konsepbeleid vol smaaklike woorde vir die siedende breë Afrikaanse koalisie gegooi het. Die tweede, dwingende verklaring is dat daar opponerende kragte in die US-bestuur bestaan en dat die teenstrydighede tussen die aanhef en die operasionele bepalings hieraan toegeskryf kan word."
|
 |
Uit die argief ‒ COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers
Naomi Meyer, Michael le Cordeur
Skole
"Die enigste oplossing is dat ouers begin verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se opvoeding. Hulle móét hulp soek, saamspan, vennootskappe sluit met hul plaaslike sakemanne. Jy hoef nie geld te hê nie. Dit kos niks behalwe moeite en harde werk om klaskamers in die middag goed skoon te maak, om te sorg dat daar seep en water is om kinders se hande te was, of om maskers te maak vir kinders nie."
|
 |
Huldeblyk aan Herman Bailey
Michael le Cordeur
In memoriam
"Herman se lewe is ’n dokument vir die stryd wat bruin mense gevoer het om selfbeskikking."
|
 |
Leë nagte
Saartjie Botha
Drama
LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.
|
 |
Devilsdorp: ’n resensie
Leon van Nierop
TV
"Geluk aan ’n uitmuntende en filmies-geletterde span wat uit hierdie bloedige chaos kykersorde geskep het."
|
 |
LitNet-blokraai: Toerisme in Suid-Afrika
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Toerisme is ’n bron van groot pret en genot vir miljoene mense; dit smee bande tussen mense van verskillende wêrelddele en kulture. Enige een wat kan droom, mag hierdie blokraai geniet.
|
 |
LitNet-blokraai: Toerismestudie
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
In toerismestudie kyk ons na die verwagtinge en gedrag van toeriste, en die ekonomiese, maatskaplike en omgewingsinvloed van toerisme op Suid-Afrika. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
Ek is vroulik
Megan Adendorff
Poësie
"Ek is vroulik
maar ek wens ek was nie
want dis hoekom ek vrees vir my lewe."
|
 |
Verlore, verlate
Megan Adendorff
Poësie
"My lewenspad is donker en vol stof
al my emosies het êrens daar ontplof.
Hy moes my oppas soos goud
inteendeel word jy my grootste fout."
|
 |
die kind is doodgeskiet deur ’n polisieman in Pietermaritzburg
Ilze du Plessis
Poësie
"die kind is die puin van leë beloftes
vergete in die bouval van hoop
die kind is afwesig by vergaderings en wetgewings
die kind word versmoor in fluisteringe in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son in Suid-Afrika is nêrens"
|
 |
almal se vyand
Christo Meyer
Poësie
"sneuwel die burgers
van ons pragtige land
daagliks aan die hand
van ’n vyand"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|