|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 834
27/01/2021
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou COVID-19-vrae |
Plekname van Suider-Afrika
Skrywers: Peter E Raper, Lucie A Möller, L Theodorus du Plessis
Vertaler: Cornelia Geldenhuys
ISBN: 9781485307600
Uitgewer: Protea Boekhuis
"Plekname van Suider-Afrika is meer as net ’n naslaanwerk; dit bied insig in die ontstaan van plekke, hul inwoners, geskiedenis, gewoontes en waardes." |
 |
|
 |
Ivermektien, entstowwe en die wetenskap: ’n veearts verduidelik
Marianne Lomberg, Izak de Vries
Onderhoude
"Lede van ’n sportspan praat met mekaar, maar binne ’n mens of ’n dier se liggaam gebeur kommunikasie deur spesifieke chemikalieë wat tussen selle rondgestuur word, amper soos briewe. En ivermektien buit juis hierdie kommunikasiestelsel uit: Hy maak dit onmoontlik vir die verskillende dele van ’n wurm of ’n ander parasiet om met mekaar te praat ..."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Chris Klopper
Freek Robinson, Chris Klopper
Skole
Die opening van die skooljaar is uitgestel. Freek Robinson gesels met Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), oor die uitdagings van die onderwys in die tweede pandemiejaar.
|
 |
Paolo en Francesca se liefdesvlam
Cas Vos
Seminare en essays
"Hierdie artikel is ’n bydrae tot die herdenking van Dante Alighieri se 700ste sterfjaar. Die herdenking word feestelik in Florence en Ravenna gevier. Onthou tog net die maskers en die veilige afstand!"
|
 |
Indeks: notas, toetse en vraestelle
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jou kind amper op pad terug skool toe? Hier is gratis oefenvraestelle en memoranda waarmee die kinders die jaar se werk onder die knie sal kry!
|
 |
LitNet-dramaspens
LitNet
Drama
Is jy op soek na ’n dramateks of monoloog vir ’n praktiese eksamen of eisteddfod? LitNet het ’n versameling dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) in die LitNet-dramaspens!
|
 |
Mediaverklaring: Klasgids nou aanlyn
LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
Die ikoniese Klasgids gaan voortaan aanlyn verskyn. Onderwysers kan nou tussen vier verskillende pakkette kies.
|
 |
Mugabe, held van die Suid-Afrikaanse restaurant
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Daar is wonderlike restaurateurs en hulle is gewoonlik aangename en interessante mense, maar groot dele van die bedryf teer op die rampe van die wêreld, op diktators soos Mugabe en Mnangagwa wat hul lande vernietig, op natuurlike katastrofes wat sal sorg dat daar altyd vlugtelinge iewers is wat teen hongerlone sal werk om te oorlewe."
|
 |
The minister of congratulations and condolences pressured to resign
Mike van Graan
Nuusvinke
"Nathi Mthethwa, minister of sport, arts and culture, is the subject of a petition launched by artists calling on him to resign by the end of January or be replaced by the president in February. The petition is in response to a tweet by the minister on 15 January, in which he stated that 'South African theatre is alive and well', mentioning the five theatres subsidised by his department as his 'proof'."
|
 |
Wynboere en bierbrouers staar ondergang in die gesig weens drankverbod
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Volgens die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n kombersverbod op alle alkohol die stompste instrument wat die regering kán gebruik om ’n delikate operasie mee uit te voer. Intussen bloei honderde wynplase en tientalle dorpe dood, gaan werksgeleenthede vinniger verlore as wat COVID-19-geld in die staatsdiens wegraak en dreig een van Suid-Afrika se oudste landboubedrywe om deur die vloer te gaan."
|
 |
Hugenote aan die Kaap deur Philippa van Aardt en Elain Ridge: ’n resensie
Christo Viljoen
Resensies
"Die boek is die resultaat van omvattende navorsing en kritiese analise, sonder ophemeling en idealisering, en vertel van die ontstaan en vervolging van die Hugenote in Frankryk, die oortog en vestiging van net meer as 300 van hulle aan die Kaap van Goeie Hoop, en hul wortelskiet in ’n nuwe vaderland."
|
 |
Ouma Hester en die Getaway-kar: ’n onderhoud met Janie Oosthuysen
Naomi Meyer, Janie Oosthuysen
Skrywersonderhoude
"[Ek skryf] seker maar vir die kind binne-in myself. En dan vir almal wat uit die alledaagse wil ontsnap en bereid is om die realiteit ’n bietjie op te skort en saam met ons drie helde op ’n wilde avontuur te vertrek."
|
 |
E (Sussie) Kotze (1933–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Die lewe is eintlik baie prikkelend. Ek is baie lief vir mense, en solank ’n mens leef en belang stel in mense, is daar gedurig dinge wat ’n indruk op jou maak en in jou kop vassteek.”
|
 |
Skoon wasgoed: Die hoogsomer van Klaas Steytler
Frederik de Jager
Boeke en skrywers
"Deurslaggewende oomblikke kondig hulleself dikwels sonder fanfare aan. Jy beleef iets wat jy eers agterna eien as ’n baken in die tyd, ’n merker van betekenisvolle dinge wat sou volg."
|
 |
Soveel vrae
Crito
Blogs
"Kon ek die jaar maar met swier begin, Willem Kloos-geluide maak, en siedaar! Dit geluk nie. Waarheen is al die prikkelende, ondeunde boekresensies?"
|
 |
Piesangbrood
Karen Hart
Kos en wyn
"Met die koms van die nuwe jaar en die werklikheid van die tweede vlaag het die gespot ook begin. 'Nou gaan ons weer piesangbrood bak!' Dis toe dat ek besluit: Aan die liederlike lot van my naam en naamgenote kan ek nie veel doen nie, maar ek kan darem probeer om die piesangbrood tot die kroonprinses van die teetafel te verhef."
|
 |
Red Die Boer-teaterrestaurant: gratis aanlyn konsert
Margit Meyer-Rödenbeck
Teater
"Nou gaan WOES en sommige van ons land se voorste kunstenaars saamspan om twee GRATIS aanlyn konserte op 29 Januarie en 5 Februarie aan te bied om fondse in te samel om hierdie belangrike platform vir kunstenaars in staat te stel om weer hulle deure te kan oopmaak sodra die toestande in die land dit toelaat."
|
 |
kluistertuin
Marlise Joubert
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Marlise Joubert, wat in 2020 met ’n SALA-Poësieprys bekroon is, se gedig hier.
|
 |
Nuwe mens
Wilmarie Pekeur
Poësie
"Het U ons ook gevorm, gemaak
In ons Khoisanmoederskoot,
Buik van die slavin
Was geen been van ons vir U verborge
Uit dieselfde Afrika-stof voortgebring"
|
 |
Mamma wag vir jou, my kind
Caren Kearley
Poësie
"Jy loop in die strate
jou klere en jou hart vol gate
al wat jy het is jou asem
’n rugsak vol ou spoke en geen drome."
|
 |
Price tag
Wilmarie Pekeur
Poësie
"Price tags om ons gesplete identiteit mee op te patch
Soos a cheap pleister op ’n rou wond
Saam met die New Balance van social inequality"
|
 |
Verpleegster
Salvia Ockhuis
Poësie
"... deur ander se heil gerig
is sy twintig-twintig
se beeldskone gedig."
|
 |
Tafelberg
Drienie Joubert Kelly
Poësie
"in spierwit kleed staan die tafel gedek
daar waar branders aan sy pote lek
en witskuimwater oor sandkastele speel
wyl Liza haar melodieë met die wêreld deel"
|
 |
Vermis
Marthé McLoud
Fiksie
"Die skemer hurk al om die huis en Schantell is nog steeds nie terug van die skool af nie. Delores het die afgelope drie ure deur ’n siklus van kwaad, bekommerd, bedonnerd en dan weer hulpeloos gegaan. Die laaste paar maande se SABC-nuus oor vermoorde kinders het soos ’n klip in haar hart kom lê."
|
 |
Mediaverklaring: Taalgenoot nou vir ’n ieder en ’n elk
ATKV
ATKV-Portaal
Taalgenoot bied soveel meer as die tradisionele nistydskrif: boeiende, interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl, asook ’n in-diepte kyk na die werk van die ATKV.
|
 |
Pos beskikbaar: Redakteur – Afrikaanse niefiksie
LitNet
NB-Uitgewersportaal
Suid-Afrika se voorste boekuitgewery is op soek na ’n vindingryke en energieke redakteur om ’n florerende publikasielys na nog groter hoogtes te neem. Die redakteur sal verantwoordelik wees vir die publikasie van Afrikaanse narratiewe niefiksie onder die Tafelberg-druknaam, maar sal ook Engelse niefiksie uitgee. Die pos verg daarom iemand met besondere taalvaardigheid in Afrikaans sowel as Engels, asook ’n lewendige belangstelling in Suid-Afrikaanse kwessies.
|
 |
Elders gesien: En so begin die jaar
Wilna Adriaanse
Elders gesien
"Ons hoop en gebede is dat 2021 ons sal toelaat om mekaar meer dikwels te sien. En met groter oorgawe mekaar te mag omhels."
|
 |
Elders gesien: Wees versigtig
Amanda le Roux
Elders gesien
"Baie mense het baie te sê oor die 'wondermiddel' ivermektien wat effektief is teen die pes wat in die donker wandel en ons lewens bedreig. Daar is egter kundiges (bv dr Gerhard Verdoorn) in toksikologie wat waarsku teen die langtermyneffek daarvan."
|
 |
Nic de Jager bring hulde aan Margot Luyt
Nic de Jager
In memoriam
"Margot was een van die mense wat ek die voorreg gehad het om te ken wat die meeste deernis vir haar medemens gehad het. Sy was ’n redder vir baie van wat ’n mens kan beskryf as af-vlerkies."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|