|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 767
20/09/2019
|
Krities Afrikaans
|
Oorlog en vrede
'n Eeue oue debat is of die mens, veral mans, van nature magsugtig en gewelddadig is. Dié boek ondersoek die probleem vanuit ‘n historiese en filosofiese perspektief. Die skrywer aanvaar die tese oor die gewelddadige natuur van die mens. Maar ook: Wat is in die geskiedenis gedoen om dié “natuur” teen te werk? Vrede te bevorder? Hy reken dat die mens ook 'n morele verbeelding het wat die droom van vrede bevorder. Nog ‘n (moontlik omstrede) punt is dat hy ook meen dat die morele verbeelding 'n funksie van die brein is wat deur sogenaamde heilige tekste ingekleur word.
Titel: Oorlog en vrede
Skrywer: Willie Esterhuyse
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781928426790
|
 |
 |
"Not wanted on the voyage": a talk at the Midlands Literary Festival, 2019
Elana Bregin
Opinion
"I chose this title because it seems that many of us, rightly or wrongly, are feeling that way right now, in this authoritarian, power-hungry and exclusionary moment in which we find ourselves – not just in South Africa, but worldwide: that our particular brand or style or voice or presence or set of values is, for one reason or another, 'not wanted on the voyage'."
|
 |
Die politiek van gemene spel
Christo van der Rheede
Seminare en essays
"Op hierdie stadium is Suid-Afrika soos 'n boot vol passasiers wat besig is om te sink, terwyl die kaptein en sy bemanning hulself in 'n reddingsboot tuisgemaak het en veilig na die land op pad is."
|
 |
Suid-Afrika: ’n Vergrootglas op die land se misdaad
Gerbrandt van Heerden
Menings
"Wat baie Suid-Afrikaners wel dalk nie weet nie, is dat in terme van ’n verskeidenheid misdaadkategorieë, ons land nou baie veiliger is as 20 jaar gelede. Tog, wanneer jy na sekere misdaadkategorieë kyk, is daar gevaarligte wat flikker."
|
 |
Onderwysers kan mekaar arendsvlerke gee: ’n onderhoud met Christa van Staden
Naomi Meyer, Christa van Staden
Onderhoude
"Die onderwysers gesels met ander onderwysers wat dieselfde vak aanbied en leer so oor tyd en geografiese grense heen. Dit is belangrik om te weet dat jy nie die enigste onderwyser is wat met 'n probleem soos kinders met gedragsprobleme sukkel nie. As mens eers weet dat jy nie alleen is nie, word die las ligter."
|
 |
NouNet: publiseer jou mening op LitNet!
LitNet
NouNet
Het jy geweet jy kan op LitNet publiseer? LitNet gaan R1 250 beskikbaar stel aan die skrywers van NouNet-meningsartikels. Jy pen jou mening oor enigiets onder die son neer. Verkieslik iets aktueels, maar dit kan ook oor boeke, reis, of die lewe in Suid-Afrika, die liefde of iets wat jou irriteer, gaan. Laat hoor van jou!
|
 |
Nagraadse studente trotseer die Suidelike Oseaan vir navorsing oor klimaatsverandering
Marli van Eeden, Johan Viljoen
Onderhoude
Nagraadse studente van onder andere die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs aan boord van die SA Agulhas II hul wintervaartekspedisie voltooi. Hulle navorsing gaan oor onder meer die mensgemaakte impakte op die oseaan met betrekking tot klimaatsverandering. Johan Viljoen, ’n PhD-student in mariene biogeochemie aan die US wat die vaart meegemaak het, vertel vir Marli van Eeden meer oor die navorsing.
|
 |
Video’s: Vyf aktuele gesprekke tydens die 2019 Open Book Festival
Cliffordene Norton, Gys Loubser
Feeste
Hoe voel dit om in jou bekende grootvader se skaduwee te leef (soos Wilhelm Verwoerd en Ndileka Mandela)? Kan mense genees word deur stories (met Jitsvinger)? Watter gevare moet joernaliste oorleef om die waarheid te ontdek (met Foeta Krige: The SABC8; Caryn Dolley: The Enforcers: Inside Cape Town’s deadly nightclub battles en Pieter-Louis Myburgh: Gangster State)? Hoe beïnvloed korrupsie die mense op grondvlak (Bosasa-skandaal)? |
 |
Aardklop 2019: feesprogram
LitNet
Aardklop
Aardklop Nasionale Kunstefees 2019 is om die draai! Laai die volledige feesprogram hier af.
|
 |
"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019
Remona Voges, Alexa Strachan
Aardklop
"Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar," sê Alexa Strachan, hoof-uitvoerende beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat van 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.
|
 |
Queenie-hulle by Aardklop 2019
Yolanda Wessels, Alexa Strachan, Christo Davids
Aardklop
"Queenie-hulle is ’n tragiese komedie. Die humor is skreeusnaaks en mense sal dit waardeer en geniet. Nietemin ontwikkel die kyker empatie en simpatie met die karakters."
|
 |
Tuin van Digters 2019 een vir die boeke
Remona Voges
Feeste
"Die grootste hoogtepunt van die fees was beslis Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte op maat van Schalk Joubert se baskitaarnote."
|
 |
Tuin van Digters 2019 – video: (Aan)dadig saam met Breyten
Naomi Bruwer
Boeke en skrywers
Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte was ’n hoogtepunt by vanjaar se Tuin van Digters, aangebied deur die Breytenbach-sentrum op Wellington. Hy is begelei deur Schalk Joubert op baskitaar en Laurinda Hofmeyr op klavier.
|
 |
Gedeeltelik bewolk: ’n onderhoud met Ruan Kemp
Jonathan Amid, Ruan Kemp
Skrywersonderhoude
"Wanneer vreemdelinge hoor ek het ’n boek geskryf, wil hulle natuurlik weet waaroor die boek gaan, dan sê ek dit is ‘n storie oor die avonture van ’n mal man. Dan vra hulle (natuurlik): 'Is dit outobiografies?'"
|
 |
Breyten Breytenbach (1939–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, 'n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis.” Breyten Breytenbach se LitNet/ATKV-album is, ter viering van sy tagtigste verjaardag, nou volledig hersien en bygewerk.
|
 |
Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Louise Viljoen
Louise Viljoen
Boeke en skrywers
By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre.
Louise Viljoen: "Dit is iets van ’n truïsme om te sê een van die mees opvallende eienskappe in Breytenbach se poësie is die spanning tussen hartstogtelik leef en weemoedig of weerbarstig wag op die dood."
|
 |
Voorgeslagte van die nuwe diere. Vir nog vele jare van saam andersmaak, Breyten
Braam De Vries
Boeke en skrywers
"Die grootste lewende Afrikaanse woordkunstenaar, Breyten Breytenbach, is vanjaar 80 jaar oud en niemand glo dit eintlik nie. Naas Jan Rabie is hy die bekendste Afrikaanse skepper van surrealistiese tekste met fratsfigure, soms soos in gruwelsprokies, meestal mengsels van afgryse en humor."
|
 |
Nuwe boeke in September by LAPA
LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal
September het ons ’n dik pak boeke om deur te werk! LAPA is geweldig trots hierop. Kyk veral na die sterk vrouestemme!
|
 |
Resensie: Melk en vleis en Bloed en bodem deur Marina Albertyn
Du Toit Albertze
Resensies
"Met die toename in geweld teen vroue in Suid-Afrika, is Marina Albertyn se werk meer relevant as ooit. In beide Melk en vleis en Bloed en bodem word die vroulike karakters tot die uiterste beproef. Albei vroulike hoofkarakters weier egter om as slagoffers beskou te word."
|
 |
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Valda Jansen
Naomi Meyer, Valda Jansen
NeerlandiNet
"My dogter vergesel my en ons vlieg eers Duitsland toe waar ons ’n paar dae by vriende in Keulen gaan kuier. Anna is 14 jaar oud en dit sal haar derde besoek aan Duitsland wees; die eerste keer was sy 4 en die tweede keer 8. Ons sien ook uit na die treinrit vanaf Keulen na Amsterdam vir die Week van de Afrikaanse roman." Valda Jansen gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman 2019, waar sy binnekort optree.
|
 |
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Riana Scheepers
Naomi Meyer, Riana Scheepers
NeerlandiNet
"Ek gaan beslis nie Nederland toe om te gaan rus nie – ek gaan elke moontlike aanbieding van my medeskrywers bywoon. Dit is ’n uitsonderlike, en uiteenlopende groep skrywers, ek kan nie wag nie!" Riana Scheepers gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman, waar sy binnekort optree.
|
 |
Debute maak skoonskip by kykNET-Rapport-pryse vir 2019
LitNet
Boeke en skrywers
Al vier wentitels van vanjaar se kykNET-Rapport-boekpryse, wat die Jan Rabie-Rapport-prys insluit, is debute – ’n pluimpie vir die skrywers én tekenend van die lewenskragtigheid van die Afrikaanse letterkunde.
|
 |
Betogings bring tersaaklikheid van boekfeeste en gesprekke sterk na vore
Maryke Roberts
Festivals
"Frankie Murrey, Open Book-feeskoördineerder, sê dat hoewel daar soortgelyke feeste elders in die wêreld aangebied word, Open Book uniek is in terme van die diversiteit van die program wat aangebied word. 'Die kern van dit wat ons doen, is om mense se horisonne te verbreed wanneer hulle aan boekfeeste dink. Open Book is ’n ruimte waarin mense veilig en inklusief moet voel. Dit moet opwindend wees én voel asof dit net in Kaapstad kan gebeur'."
|
 |
Misdaadoorlog woed in Suid-Afrika
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Suid-Afrika is besig om ’n land te word waarin moord, verkragting en ander geweldsmisdade besig is om handuit te ruk. Die land word al hoe meer gewelddadig en onveilig om in te woon. Dit is die somber gevolgtrekking waartoe verskeie organisasies en instansies kom na aanleiding van die jongste misdaadsyfers wat verlede week bekendgemaak is. Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê Suid-Afrika se misdaadkrisis is soortgelyk aan ’n lae-intensiteit burgeroorlog."
|
 |
Where ubuntu has gone to die
Mike van Graan
Nuusvinke
"Unfortunately for the country’s tourism marketers, our propaganda and arrogant notion of exceptionalism are being exposed for what they are: myths that we have created in order to live in a state of denial about our actual reality."
|
 |
Amsterdam Museum schrapt de naam "Gouden Eeuw"
Ingrid Glorie
In het nieuws
"Het Amsterdam Museum wil het in de toekomst niet meer hebben over 'de Gouden Eeuw'. Het museum moet meerstemmig en inclusief worden, 'en daarmee welkom en relevant voor nog veel meer mensen dan we nu bereiken'."
|
 |
Lewenslesse van Rome, met liefde
Didi Potgieter
Reizen
"Dit is nie die pragtige geboue en ryk geskiedenis van die Italianers wat drie maande na ons reis soms nog my asem wegslaan nie, maar die belangrike lewenslesse wat ons op die reis geleer het wat ons steeds op die alledaagse lewe kan toepas."
|
 |
Kerken in tijden van ontkerkelijking
Michaël Vandamme
Meningen
"Aan Kerken geen tekort in Vlaanderen, alleen, wat doe je met al deze gebouwen in tijden van ontkerkelijking? Schoorvoetend heeft zich een beweging van herbestemming van Kerkgebouwen in werking gezet. We schetsen het hoe en het waarom van deze relatief unieke Vlaamse situatie en afsluiten doen we met enkele (geslaagde) voorbeelden."
|
 |
Afrikaanse onderrig laat vonke weer spat
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die jongste storm oor Afrikaans as onderrigtaal volg nadat die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, op Twitter gesê het die bou van nuwe persele vir Sol-Tech wat in Afrikaans tersiêre onderrig verskaf, is uit woede gebore nadat universiteite hulle taalbeleid verander het om meer inklusief te wees."
|
 |
Kwéyòl Restaurant promises an Afro-Caribbean experience in Cape Town
Marli van Eeden, Mala Bryan
Interviews
"Kwéyòl Restaurant is an Afro-Caribbean restaurant with dishes that I enjoy cooking and have very fond memories of. We have such a wonderful mix of cultures in the Caribbean, including Indian, Afro-Caribbean and Latin Caribbean, that there are unending dishes to choose from. I also try to mix it with some dishes from the African continent, hence the reason I call it Afro-Caribbean cuisine."
|
 |
Terug van Kobayashi, Japan
Karmien Roux
Reizen
"Vra vir enige een van die 500 leerlinge van Kobayashi Senior High School en hulle sal dadelik al die wonders van die dorpie aflys: kosmosse blom in die herfs in die berge en lok mense van oral oor. Die water is so skoon dat dit op ’n spesiale lys van die 100 skoonste water in Japan is. Jy sien sterre in elke seisoen en vuurvliegies het elke somer in die stroom langs ons huis gedans, iets wat ek jare laas in Suid-Afrika beleef het."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|