Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 737

21/02/2019


Krities Afrikaans

LitNet: Jou moedertaal

Pasverskyn

Medusa

’n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van ’n saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy binneste soos ’n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak ... En die slagoffers gil desperaat om hulp. In Medusa boor Van Rensburg ’n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.

Skrywer: Rudie van Rensburg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801839
Prys: R275

Menings

Internasionale Moedertaaldag: Khoekhoegowab-tale en Khoi-Afrikaans

Menán van Heerden
Menings

Die Verenigde Nasies het 2019 as die Internasionale Jaar van Inheemse Tale verklaar. Op 21 Februarie word die jaarlikse Internasionale Moedertaaldag gevier. Vanjaar se tema is “Indigenous languages matter for development, peace building and reconciliation”. Menán van Heerden vertel meer oor die invloed van die Khoi op Afrikaans.

Kitsfeite oor Fanakalo, die taal van die Suid-Afrikaanse myne

Menán van Heerden
Menings

Internasionale Moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier. Vanjaar se tema is "Indigenous languages matter for development, peace building and reconciliation". Menán van Heerden vertel meer oor Fanakalo, "’n skaars voorbeeld van ’n pidgin (oorbruggingstaal van kommunikasie) gebaseer op ’n inheemse taal eerder as op die taal van ’n koloniserende of handelsmag".

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie het die slickste politieke masjinerie in die land?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Stem met jou gewete en nie uit skuldgevoelens omdat jy iets ontvang het nie. Dis nie verniet nie. Dis nooit verniet nie. Jy sal vier jaar lank betaal aan daai stukkie hoender."

Skep asem!

Olivia M Coetzee
Rubrieke

"Ôs het ’n International Festival nodig oppie Vlaktes. Dissie asemskep wat ôs nodig het."

In memoriam: Oliver Mtukudzi

ish
In memoriam

"As soon as the death of Zimbabwe’s biggest music star, Oliver Mtukudzi, on 23 January became public, the nation was plunged into mourning."

Britse politikus meen mense is na die konsentrasiekampe gestuur vir "eie beskerming"

Pieter GR de Villiers
Elders gesien

"Die konsentrasiekampe is niks anders as een van die grootste skandvlekke in die geskiedenis van die Britse Ryk nie. Niks daarin kan verfraai word nie. Net soos rassisme."

Wegblystem: Verkiesing 2019

Frik Lotz
SêNet-briewe

Daar is sommige mense wat sê hul gaan nie stem nie omdat hul stem nie ’n verskil gaan maak nie ...

Leefstyl

’n Blik op die produksie Krotoa: Eva van de Kaap

Marli van Eeden
Teater

Die produksie Krotoa: Eva van de Kaap, wat deur die Kunstekaap in samewerking met die Nederlandse teater die Volksoperahuis aangebied word, is tans in die Kunstekaap in Kaapstad te sien. Die toneelstuk, wat geskryf is deur die joernalis Sylvia Vollenhoven, met regisseur Basil Appollis wat die regie behartig, kyk op ’n unieke manier na ’n ondergewaardeerde figuur in Suid-Afrika se geskiedenis.

King Richard III deur William Shakespeare by die Maynardville Opelugteater

Danie Botha
Teater

"Alan Committie lewer ’n vertolking van hoogstaande gehalte. Aanvanklik is hy die hertog van Gloucester. Hy stuit nie vir geweld en geslepenheid om koning Richard III te word nie."

Pniël Adam Small-fees 2019: Darryl David gesels met Naomi Meyer

Naomi Meyer, Darryl David
Feeste

"Die proses om die Adam Small-fees in die lewe te roep het my genees. Ek sê altyd vir mense: As jy Pniël toe gaan, voel jy die liefde. Sommige gemeenskappe is net so." Die Pniël Adam Small Fees vind vanaf 22 tot 24 Februarie plaas. Naomi Meyer het die feesorganiseerder, Darryl David, uitgevra.

Pniël Adam Small-fees 2019: ’n Onderhoud met Marlene le Roux

Marli van Eeden, Marlene le Roux
Onderhoude

Die derde Pniël Adam Small-fees, waar die Suid-Afrikaanse digter en dramaturg Adam Small vereer word, is om die draai. Dié jaarlikse literêre fees vind hierdie naweek, van 22 tot 24 Februarie, in die Bolandse dorpie Pniël naby Stellenbosch plaas. Marlene le Roux, uitvoerende hoof van die Kunstekaap-teater in Kaapstad, is een van die sprekers en lewer ’n boodskap van hoop oor Small se nalatenskap.

Soos ’n parfait of ’n sundae: die kykNET Fiëstas 2019

Jaco Barnard-Naudé
Leefstyl

"Enige goeie sundae of parfait het sy sublieme oomblikke, en by die Fiëstas was die hoogtepunt van die aand ongetwyfeld die verering van John Kani as ’n teaterlegende."

Die 9de kykNET Fiëstas: Hier is die wenners

LitNet
kykNET Portaal

Die 9de kykNET Fiëstas is op Donderdag 14 Februarie 2019 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Dit was ’n aand ter viering van kreatiwiteit en besonderse prestasies in die uitvoerende kunste.

US Woordfees 2019: Cintaine Schutte oor Huishou

Naomi Meyer, Cintaine Schutte
US Woordfees

"Elkeen wil maar net beter wees as die vorige generasie, as die vorige geslag. Ongelukkig bots van hul sienings en oortuigings met mekaar. Is dit nie maar die temperatuur en klimaat van ’n land nie?"

US Woordfees 2019: ’n onderhoud met De Klerk Oelofse

Yolanda Wessels, De Klerk Oelofse
US Woordfees

"Ek dink Babbelagtig gaan feesgangers verras. Daar is nog nooit so ’n produksie op feesverhoë aangebied nie en ek het by KKNK gevind dat mense instap met die idee dat dit ’n kinderproduksie is en uitstap met die besef dat ons almal maar klein mensies is."

US Woordfees 2019: ’n Gesprek met Mercy Kannemeyer

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer
US Woordfees

"Ons gesels vanjaar onder andere oor teatertoekennings, transformasie en teater, kulturele toe-eiening, wat jongmense teater toe sal lok, en feeshoogtepunte. Ek is baie opgewonde oor naggesprekke en dink mense moet almal kom bywoon."

US Woordfees 2019: Sonja van der Westhuizen se keuse

LitNet
US Woordfees

Wonder jy waarna om by vanjaar se US Woordfees te gaan kyk? Hier is Sonja van der Westhuizen se keuse van drie produksies.

US Woordfees 2019: Anelene Schoonees se keuse

LitNet
US Woordfees

Wonder jy waarna om by vanjaar se US Woordfees te gaan kyk? Hier is Anelene Schoonees se keuse van drie produksies.

US Woordfees 2019: Lydia Potgieter se keuse

LitNet
US Woordfees

Wonder jy waarna om by vanjaar se US Woordfees te gaan kyk? Hier is Lydia Potgieter se keuse van drie produksies.

US Woordfees 2019: Ryno Eksteen se keuse

LitNet
US Woordfees

Wonder jy waarna om by vanjaar se US Woordfees te gaan kyk? Hier is Ryno Eksteen se keuse van drie produksies.

US Woordfees 2019: Marthé McLoud se keuse

Marthé McLoud
US Woordfees

Wonder jy waarna om te gaan kyk by vanjaar se US Woordfees? Hier is Marthé McLoud se keuse van drie produksies.

US Woordfees 2019: Gielie Hoffmann se keuse

Gielie Hoffmann
US Woordfees

Wonder jy waarna om te gaan kyk by vanjaar se US Woordfees? Hier is Gielie Hoffmann se keuse van drie produksies.

LitNet Akademies

’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun: ’n gevallestudie

Ria Taylor, Michele van der Merwe
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Hierdie artikel ondersoek en evalueer krities die redes waarom ons tegnologie in die onderrig van Afrikaans Huistaal wil integreer. Die bevinding is dat die Afrikaans Huistaal-onderwyser leerders vir die 21ste eeu gereed behoort te maak en daarom behoort tegnologie-integrasie in die klaskamer plaas te vind."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

Skryfwerk


LitNet is vanjaar 20 jaar oud. Ter viering bied ons ’n limeriek-kompetisie aan. Top-beoordelaars; top-pryse!

As burger van ons onstuimige land kan jy nou stoom afblaas, giggel of skel oor die kwinte en kwale van die wêreldpolitiek of plaaslik hier in ons Republiek. Laat jou woorde sing oor die trieks van die politiek en die geknoei wat so vermoei. Weeklikse wenners kry R3 500 vir die eerste twee weke, en daarna R2 000 per week. Die Politiek-Limeriek-Grootkampioen ontvang ’n addisionele R10 000!

Hier is die beoordelaars, die kompetisiereëls en advies oor die aard van ’n limeriek.

Laat jou stem hoor!

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Week 2 se wenner

LitNet
Skryfkompetisie: #politieklimeriek

Lees Koos Kombuis se Week 2-wenlimeriek. Hy is die tweede finalis wat aan die einde van die kompetisie dalk as algehele wenner aangewys kan word. Die groot prys is R10 000, so skryf in!

Skryfkompetisie: #politieklimeriek – Inskrywings Week 3

LitNet
Skryfkompetisie: #politieklimeriek

Hier is Week 3 se jongste inskrywings. Skryf nou in en wen R2 000!

Die Openbaring 6: Die seëls

Olivia M Coetzee
Bybel in Kaaps

"Toe die Lam die viede seël oepgemaakit, het ek gehoo hoe sê die viede liewendige gedierte, 'Djy moet kô kyk!' Ek het gat kyk en daa voo my het ʼn vaal pêd gestaan. Die pesoon oppie pêd se naam was Dood, en hel het op sy hakke gevolg."

The sun

Abigail George
Poetry

"Love can fill you up, up, up.
Spit you out, out, out."

Twee nuwe gedigte deur Deon Swanepoel

Deon Swanepoel
Poësie

"Niks is gewaarborg op hierdie reis
alleen stap jy en los ’n spoor
hoe wankelrig ook al"

The adoption

Etienne Lombard
Fiction

"The doctor suddenly looked up from his phone. His face had turned red. He started to walk towards the clubhouse, and then suddenly turned around and walked towards Gareth, facing him. They stood facing each other."

Die stilte om die huis van Mohammadar Iqbal: Deel 2

Eben Viktor
Fiksie

"In die nag het hy wakker geword. Hy het hom verbeel hy hoor die wind om die hoeke van die huis huil en deur die laning mimosas aan die suidekant suis. Êrens het hy hortjies hoor klap."

Boeke en skrywers

63 days to optimum health: an interview with Sally-Ann Creed

Naomi Meyer, Sally-Ann Creed
Books and writers

"We have to be 'hunter gatherers' – we need to hunt for truth and good food, then gather it and make it work for us – it can change your life. It changed mine."

Video: Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

Ingrid Winterbach se jongste roman, Die troebel tyd, is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Louise Viljoen het met haar gesels.

Ralph Haynes, Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n resensie

Martie Retief-Meiring
Resensies

"Genoeg stof vir ’n rillekker verhaal. En dis hoe Izak du Plessis hierdie verhaal aangedurf het."

Woon en skryf vir ’n maand in Somerset-Oos: die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans loods ’n skrywersresidensie

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Opbetaalde lede van PEN Afrikaans word hiermee hartlik uitgenooi om aansoek te doen vir die Jakes Gerwel Stigting se skrywersresidensie, aangebied in samewerking met PEN Afrikaans.

Die dag toe die draak kom deur Fanie Viljoen: uitnodiging na boekbekendstelling

LitNet
NB-Uitgewersportaal

Fanie Viljoen gesels op 5 Maart in Tygervallei met Beneschke Jansen van Vuuren oor sy boek rondom kindermolestering. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

LAPA Uitgewers se aanbod by die US Woordfees

LAPA Uitgewers
US Woordfees

LAPA Uitgewers het talle skrywers wat tydens vanjaar se US Woordfees optree. Hier volg 'n oorsig.

Skemertyd

Crito
Blogs

"Sy sien die een ding raak wat ’n leser sou opval en hom/haar sal laat verstaan hoekom Du Plessis se boeke so lekker lees – sy skryfstyl en sy gebrek aan skrywerlike pretensie."

Akademiese kennisgewings

Oproep om referate vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se algemene jaarlikse simposium

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Voorleggings word ingewag vir referate oor die oorkoepelende tema "Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen". Die sluitingsdatum is 30 April 2019.

Nou op Voertaal

Antjie Krog: "We moeten ons afvragen waarom mensen boos zijn"

Ingrid Glorie
Meningen

"Het was een interessant idee om de Zuid-Afrikaanse dichteres Antjie Krog, die wereldberoemd werd met Country of My Skull, haar boek over de Waarheidscommissie, in gesprek te laten gaan met de Nederlandse topadvocaat Gerard Spong. Helaas bleek Spong geen partij voor Krogs eruditie, levenservaring en diepgevoelde menselijkheid."

Stijgende populariteit van Vlaamse wijn

Michaël Vandamme
Culinair

"Bekeken tegen de achtergrond van het grotere wijnverhaal, is de Vlaamse inbreng beperkt. Maar daarom niet minder interessant. Want niet alleen zit de productie in de lift, ook de kwaliteit blijkt er met rasse schreden op vooruit te gaan. En zeggen dat veel te danken is aan één Nederlander die zo’n drie decennia geleden zijn eerste wijnranken heeft geplant."

Piet Westra: “Kulturele uitwisseling tussen Nederland en Suid-Afrika vandag sterker as ooit”

Willem de Vries, Piet Westra
Interviews

Westra is al vir jare ’n aktiewe bevorderaar van die bande tussen Afrikaans en Nederlands, onder andere deur nou betrokke te wees by die Van Ewijck Stigting en die uitgebreide Nederlandse Bibliotheek wat in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Vlaandere en Nederland (Sasnev) gehuisves word. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2019 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved