Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Ryno Eksteen se keuse van drie produksies:
KATVOET
Drama
’n NATi / Feesteforum-produksie, ondersteun deur die US Woordfees
Skrywer: Tennessee Williams Verwerking en regie: Nico Scheepers Beligtingsontwerp: Michael Garbett Kostuumontwerp: Rouvé Hattingh Stelontwerp: Nico Scheepers Stel konstruksie: Patrick Curtis Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Assistent verhoogbestuurder:Lara Hattingh Vervaardiger: US Woordfees in opdrag van NATi
Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof kry hier nuwe lewe in ’n vars verwerking. Nico Scheepers het die toneel verskuif na ’n wildplaas in die Limpopo-bosveld. Dis hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg se 65ste verjaarsdag. Boela, die oudste seun, drink homself dood om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, sy eensame katvoet-vrou, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef. Watter familiedramas wag nog om uitgepluis te word?
Geen o/16 (T)
Taal: Afrikaans
Koop nou op Computicket hier
MY SEUNS
Drama
’n NATi / Feesteforum-produksie
Regisseur en skrywer: Christo Davids
Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen
Musiek: Leslie Javan
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer
Vervaardiger: Aardklop Nasionale Kunstefees
Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons.
Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.
Geen o/14 (T)
Taal: Afrikaans
Koop nou op Computicket hier
3 SUSTERS...
Komiese drama
In samewerking met: Innibos-Kunstefees, LW Hiemstra-trust, KWV, Clemengold, Vision Insurance en Hannon
Skrywer: Louis Pretorius
Regisseur: Tara Notcutt
Stelontwerp en kostuums: Scenic Studio
Beligtingsontwerp: Scenic Studio en Tara Notcutt
Klankbaan: Gideon Lombard
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Arena Produksiehuis
Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. ’n Bord sushi sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy’s bang vir vlieg. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos?
Taal: Afrikaans
Koop nou op Computicket hier