Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 710

2/08/2018


Krities Afrikaans

LitNet: Jou leerder

Fresh off the press

Road to glory series

Wayde van Niekerk, Siya Kolisi and AB de Villiers are part of the Road to glory series, which covers some of South Africa’s sporting legends as they set out on their journeys to becoming national and international stars.

Author: Jeremy Daniels and Carlos Amato
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781868428588/ 9781868428649/ 9781868428625
Price:
R125 each

Skole

Gemeenskapsprojekte – mense wat ’n verskil maak: freshStart, Sedgefield

Estelle Kruger
Onderhoude

"freshStart se leuse is om mense te help om hulself te help. Dit is dus ’n gemeenskapsprojek met ’n verskil: ons wil kinders bemagtig om hulself te help dmv herwinning. Hulle leer onder andere lewenslesse soos harde werk, beplanning, spaar en getrouheid."

Graad 9: Wiskunde-oefenvraestel en memo – volledige jaar se werk

Jeanne-Mari du Plessis
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en op soek na ’n Wiskunde-oefenvraestel? Hier is ’n gratis vraestel en memorandum om af te laai en jou te help om die hele jaar se werk onder die knie te kry.


LitNet het skoolleerders uitgenooi om hul indrukke van ’n kinder- of jeugboek te skryf en vir ons te stuur.
Hier is die jongste bydraes.


Jong lesers: Die tandeterroris deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys
Johannes Meyer
Jong lesers
Jong lesers: Billionaire boy deur David Walliams
Canha Meyer
Jong lesers
Jong lesers: Die leeutemmer se assistent deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden
Kaylie Herbst
Jong lesers
Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Sarah Espinoza
Jong lesers
Jong lesers: Qailah Hannie resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Qailah Hannie
Jong lesers
Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Nicholas Hanlon
Jong lesers
Jong lesers: Kaitlyn Sookdhew resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Kaitlyn Sookdhew
Jong lesers
Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute
Nicole White
Jong lesers
Jong lesers: Jamie Johnson: Skills from Brazil deur Dan Freedman
Jodie Ramackers
Jong lesers
Jong lesers: Gerook deur Eldridge Jason
Cassidy Alexander
Jong lesers

Menings

Grondhervorming sonder vergoeding: ’n oorsig van die UV-bespreking

Theuns du Buisson
Seminare en essays

"Toe hy opstaan om sy toespraak te lewer het die woord 'sell-out' oral uit die gehoor opgeklink. Toe die gemoedere bedaar, kon Lekota egter sy pleidooi om die Grondwet te respekteer lewer. Hy het verduidelik dat die kernbeginsel wat die Kodesa-onderhandelinge gelei het, die beginsel is dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon."

Wêrelde uitmekaar: raad vir plaaslike, wêreldbekwame navorsers

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw
Onderhoude

"Ons het verskeie 'wêrelde' binne ons eie land, en ons moet bekwaamheid ontwikkel oor kultuur- en taalgrense heen, sodat ons ook suksesvol navorsing kan doen in ’n vreemde omgewing wat dalk net 10 km ver is."

Zelda Jongbloed

Jason Lloyd
In memoriam

"Zelda Jongbloed was van die eerste Afrikaanse strugglejoernaliste wat destyds vooruit geloop het om verkenningswerk te doen en sodoende die joernalistieke bedding vir toekomstige niewit joernaliste in die Afrikaanse joernalistiek voor te berei."

Verantwoordelike rolprentvervaardiging: ’n onderhoud

Dian Weys, Jaco Barnard-Naudé
Onderhoude

"Ek dink die verantwoordelikheid lê heel eerste by die filmmaker. Abbas Kiarostami het in sy toespraak getitel 'An unfinished cinema' by die Centenary of Cinema in Parys (in 1993) gesê dat die eerste 100 jaar van film aan die filmmakers behoort het, omdat hulle kon besluit hoe hulle iets wou uitbeeld en die medium so ontwikkel het, maar dat in die volgende 100 jaar, filmmakers die gehoor moet betrek."

’n Wag voor die mond

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Op hierdie stadium in ons politieke lewe, waar soveel spanninge en onderstrominge ons samelewing op ’n mespunt laat draai, kan ons eenvoudig nie bekostig dat ’n onversigtige woord verby die wag voor ons mond (of pen) glip nie."

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid

Michael Jonas
Seminare en essays

"Die samestelling van die ATM se personeel en raad weerspieël die diverse realiteit van die sprekers en dit word toenemend beskou as ’n ruimte waar mense ’n gedeelde liefde, Afrikaans, saam vier. Die totaliteit van Afrikaanssprekendes is besig om die taal te eien, tot almal en veral die taal se voordeel."

Zuid-Afrikaanse oorlog in Vlaanderen: Journalistieke en literaire beeldvorming rond 1900

Yves T'Sjoen
NeerlandiNet

"Aan de hand van het literaire en journalistieke werk van tijdgenoten en getuigen in de Lage Landen kan de politiek-ideologische visie op de Zuid-Afrikaanse oorlog worden bestudeerd."

Die Oudgriekse argitektuur (deel 1)

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Dit is gebou reg op die plek waar die tradisionele wedstryd tussen Athena en Poseidon om besit van Attika plaasgevind het. Die olyfboom het daar gestaan wat Athena vir die Atheners geskenk het om die wedstryd te wen, en Poseidon sou ook net daar sy soutwaterfontein laat ontspring het."

Boeke en skrywers

openbare domein deur Daniel Hugo: ’n resensie

Gunther Pakendorf
Resensies

"Dié balans tussen oop en toe, binne en buite, wat die leser na ’n plattelandse werf uitnooi en haar terselfdertyd ’n warm ontvangs in ’n gemoedelike binnekamer (en ’n proesel poësie) belowe, gee ’n visuele dimensie aan die bundel se beweging tussen naby en ver, die natuur en die mens, landskap en kuns ..."

A feast from nature deur Renata Coetzee: ’n resensie

François Verster
Resensies

"A feast from nature is ’n fees om te lees, en ’n verrykende kenniservaring, maar daar is iets méér ... dalk ’n eggo uit ’n gedeelde verlede wat alle mense kan waardeer. Mag Renata Coetzee se bydrae tot ons geskiedenis ons help om ’n groter begrip van mekaar te ontwikkel en sodoende ’n beter toekoms te beding."

Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Dit is kommerwekkend om te weet hoe maklik feite verskans kan word agter ’n gloeiende verslag, hoe maklik die mens inkoop op iets wat op die oog af in orde lyk, en hoe aangewese die gewone mens is op kenners vir finansiële raad."

Polemieke: bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël Bothma: ’n resensie

AJ Opperman
Resensies

"Ek meen, wie sal sonder nuuskierigheid en sonder gevoel ’n boek oor polemiek en Afrikaans toeslaan wat 'Boetman is die bliksem in', Piekniek by Dingaan en Voëlvry, Daisy de Melker, Joost van der Westhuizen, Bram Fischer, Adam Small en 'beskaafde' apartheid in dieselfde asem noem?"

Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway

Naomi Meyer, Kobus Galloway
Skrywersonderhoude

"Twintig jaar gelede moes ons idiome van ’n lang lys af leer; dit was baie om te onthou en vervelig om te leer. Met my nuwe boeke kan mens na ’n kleurryke illustrasie van ’n idioom kyk."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Die keer toe ek my naam vergeet het deur FA Venter: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

"FA Venter se Die keer toe ek my naam vergeet het is ’n uitstekende outobiografiese vertelling oor sy ervarings ná hy ’n beroerte beleef het."

Persverklaring van SA Akademie oor Tom Gouws: Literêre wêreld treur

LitNet
In memoriam

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die dood van Tom Gouws, vooraanstaande letterkundige wat in sy huis in Pretoria vermoor is.

’n Pleidooi vir die veiligheid van skrywers en liefhebbers van die geskrewe woord: Ter nagedagtenis van Tom Gouws (1961–2018)

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

"Geweld en doodslag, om watter redes ook al, kom neer op die ernstigste denkbare aantasting van vryheid en respek vir medemense wat ’n reg moet hê om hulleself sonder beletsels uit te leef in hul werksaamhede, ook as woordmense wat die woord gebruik om die volle omvang van menslike ervaring te peil."

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: bekendstelling

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal, met Antjie Krog en Jolyn Phillips, op 22 Augustus in Kaapstad.

Klein jakkalse

Crito
Blogs

"Twee irritasies hierdie week. Kortliks daaroor."

LitNet Akademies

Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees

Liezl Dick
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Na die 1994-verkiesing is die netwerk van wette wat mense op grond van ras by wyse van spreke in eerste-, tweede- en derderangse landsburgers verdeel het, opgehef. Dit is 24 jaar later, en rasgedrewe sienings en gewoontes veroorsaak steeds rassespanning en polarisering."

Leefstyl

Die hede van klassieke musiek: ’n onderhoud met Kristi Boonzaaier

Marli van Eeden, Kristi Boonzaaier
Onderhoude

"Klassieke musiek is ’n fantastiese medium van musiek wat ’n sterk impak op baie mense se lewens maak. As kunstenare is dit ons verantwoordelikheid om te verseker dat die musiek betekenisryk en relevant bly vir ons gehore." Op 4 Augustus gaan Kristi Boonzaaier se komposisie vir die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, naamlik Ode to Madiba, by die Winter Symphony Season 2018 Festival opgevoer word.

Adrift: ’n filmresensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Film

"Met ’n bootjie wat weke lank hulpeloos op die oseaan dobber (die wye skote uit die lug is angswekkend!), sou ’n mens ’n flou spanningslyn verwag, maar jou aandag word heeltyd geboei deurdat statiese tonele afgewissel word met naelbyt-aksietonele."

Hotel Artemis – a fresh breeze

Reney Warrington
Film

"Let’s hope there is a sequel."

WAT: Vyf nuwe aanstellings en ’n handelsnaamkompetisie

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

As deel van die tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT is vyf nuwe redaksielede in Julie as mederedakteurs aangestel. Lees ook die inskrywings wat tot dusver vir die WAT se handelsnaamkompetisie ontvang is.

Persvrystelling: Gedigtefees in McGregor, 24 tot 26 Augustus 2018

LitNet
Feeste

"Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur ’n keur van Suid-Afrikaanse digters."

Skryfwerk

67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018: Inskrywings IV

LitNet
Skryfkompetisies

LitNet se skryfkompetisie "67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018" het pas gesluit en 75 inskrywings is gepubliseer. Hier verskyn die vierde lys inskrywings wat ontvang is. Die kortlys sal binnekort aangekondig word.

present

Jemima Meyer
Poetry

"this year for Christmas
my household’s skinniness
won’t penetrate my skin"

Not quite naked

Ruth Loewenthal
Poetry

"And so we stand: network of scars,
shadows of arteries and veins
pressing up beneath the surface ..."

die een se dood

Jemima Meyer
Poësie

Lees ’n gedig deur Jemima Meyer.

Vulkaaneiland

Heinrich Matthee
Poësie

"Snags lê die eie lande nou verskeur,
die vure en die sterre het verskuif:
soms bly ons iewers bymekaar
en iewers bly ons skepe vaar."

Nou op Voertaal

Regisseur Daryne Joshua: "Het verhaal van Ellen Pakkies staat niet op zichzelf"

Ingrid Glorie
Film

"Tijdens het Festival voor het Afrikaans kun je kijken naar Die Ellen Pakkies Storie, een film die in september ook in Zuid-Afrika in de bioscoop draait. De film vertelt het tragische verhaal van een moeder die haar eigen zoon vermoordt."

Riaan Nieuwenhuis dokumenteer sy lewe deur klankopnames

Wilken Calitz
Muziek

"Liriek of te not, die uiteenlopendheid van die klanke wat hy skep, is soos ’n taal wat nog nie ten volle opgeteken is nie. Dit is nie Frans nie, dit is nie ’n dialek uit die Suide van Amerika nie, dit is nie cockney-Engels nie en dit is nie Russies nie. Dit is Debussy, dit is blues, dit is Black Sabbath en dit is ’n balaika (Russiese snaarinstrument)."

Plein Street, central Stellenbosch

Paul Murray
Culinair

"Another interesting street with lots of history is the next one to the right, as one proceeds further up, walking up Plein Street – this is Ryneveld Street. Number 18 Ryneveld Street is the Stellenbosch Museum, itself a national monument. It’s much more than just a single space housing one museum, as there are four lovely restored historical homes making it up – Schreuderhuis, Blettermanhuis, OM Berghuis and Grosvenor House. The Schreuder house is the oldest known existing dwelling from that time, built in 1709."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2018 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved