Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 917

16/09/2022


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou skrywersgalery

Pasverskyn

Die verkeerde vrou


Skrywer: Irma Venter
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093213

Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag en die polisie moet die media se hulp inroep om haar te vind.

Boeke en skrywers

ATKV|LitNet-Skrywersalbum: Lys van Afrikaanse skrywers

LitNet
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

’n Groot galery van skrywers word uitgestal in LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN. Hier is die huidige indeks van al die skrywers waarvan die profiele op die oomblik sigbaar is in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum. Baie skrywers se profiele word nog bygewerk en word deurlopend bygevoeg.

Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar

Naomi Meyer, Hans Pienaar
Skrywersonderhoude

"[D]aar [was] ’n tyd toe ek kwaad was oor die ANC wat ons almal in die steek laat, maar ek wou nie by kwaad vassteek nie, ek wou iets doen, net soos ek destyds nie by kwaad oor apartheid wou vassteek nie, maar dit wou beveg. En ek het gedink: Nou maar as die ANC die staat kaap, kom ons kaap die revolusie by die ANC."

Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Die eerste keer wat ek die hit man Columbus se naam gehoor het, was in ’n Criminal minds-episode. Ek het gegoogle om te kyk of daar wel so ’n boek bestaan en vasgestel dat dit die tweede boek in Derek Haas se Silver Bear-trilogie is."

Program/Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée 23–25 September 2022

LitNet
Feeste

Program | Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 23–25 September 2022 in Cradock
Besprekings kan nou gemaak word. | Bookings have opened.

Persverklaring: Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock, besprekings kan nou gemaak word

LitNet
Feeste

Die reuk van ’n Karoovuur, die geklingel van silwer eetgerei op wit tafeldoeke, draadwindpompies … Meng dit met storievertellers, skrywers, akademici, historici, aktiviste en ’n hele klomp honde, dan het jy die raamwerk van die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September 2022 in Cradock plaasvind. Bespreek nou!

Press release: Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock, bookings have opened

LitNet
Feeste

Take storytellers, authors, academics, historians and activists; mix in the smell of a Karoo fire, the tinkling of silver on dining tables dressed in white, and a few dogs, and you have summarised the Etienne van Heerden Veldsoirée taking place in Cradock from 23 to 25 September 2022. Book now!

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – Poësie-, Drama- en Woordwystoekennings

ATKV
ATKV-Portaal

Die ATKV-Woordveertjies bekroon reeds vir meer as ’n dekade uitmuntende skrywers, digters en dramaturge.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2022 – liefdesromans en romanses

ATKV
ATKV-Portaal

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die ATKV skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrug, toewyding en kreatiwiteit vier. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners in die kategorieë vir liefdesromans en romanses.

Persverklaring: ATKV-Kinderboektoekennings 2022 – jong lesers kies hul gunstelinge

ATKV
ATKV-Portaal

As deel van die Woordveertjies word die ATKV-Kinderboektoekennings aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.

Promotion: 20% discount on any South African author’s book for Heritage Day

Bargain Books
Books and writers

Bargain Books will be giving an extra 20% discount on any South African author’s book for Heritage Day.

OuLitNet | Uit LitNet se argief

The editor

Henrietta Rose-Innes
OuLitNet: Young voices – South African online writers’ conference (2004)

"That was all very well while the book was still a manuscript, a work in progress, a thing in flux. But something changed the first time she saw the proofs: one step closer to permanence. The editor in her snapped to quivering attention, the author fell away. ... It is a strange relationship, that between editor and author."

LitNet se eerste SêNet-brief (1999): Lekker gelees

Lien Roux-de Jager
SêNet-briewe (1999)

"Dis in die moeilike ekonomiese en politieke tye nodig dat die Afrikaanse woord vertroetel word, dat daar met hom rondgespeel word, sodat hy nie net aan die lewe kan bly nie, maar kan groei en gedy."

Nuwe skryfwerk

LitNet-slypskool Om te skryf: Ontmoet die deelnemers en lees die verhale

LitNet
Slypskole

Daar was 55 voorleggings, maar slegs vyf plekke vir die LitNet-slypskool Om te skryf. LitNet kondig graag die name van die deelnemers aan. Die eerste weergawe van hulle verhale is geplaas.

Die spieëlkas, verslag een deur Eben Venter

Eben Venter
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Eben Venter se eerste verslag oor Bernice Saulse se kortverhaal "Die spieëlkas".

Die spieëlkas, verslag een deur Anzil Kulsen

Anzil Kulsen
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Anzil Kulsen se eerste verslag oor Bernice Saulse se kortverhaal "Die spieëlkas".

Die spieëlkas, verslag een deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Heilna du Plooy se eerste verslag oor Bernice Saulse se kortverhaal "Die spieëlkas".

Spookradio 302 FM, verslag een deur Eben Venter

Eben Venter
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Eben Venter se eerste verslag oor Eugene Pienaar se kortverhaal "Spookradio 302 FM".

Spookradio 302 FM, verslag een deur Anzil Kulsen

Anzil Kulsen
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Anzil Kulsen se eerste verslag oor Eugene Pienaar se kortverhaal "Spookradio 302 FM".

Spookradio 302 FM, verslag een deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Heilna du Plooy se eerste verslag oor Eugene Pienaar se kortverhaal "Spookradio 302 FM".

Die delivery man, verslag een deur Eben Venter

Eben Venter
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Eben Venter se eerste verslag oor Annemarie van Wyk se kortverhaal "Die delivery man".

Die delivery man, verslag een deur Anzil Kulsen

Anzil Kulsen
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Anzil Kulsen se eerste verslag oor Annemarie van Wyk se kortverhaal "Die delivery man".

Die delivery man, verslag een deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Heilna du Plooy se eerste verslag oor Annemarie van Wyk se kortverhaal "Die delivery man".

Geld kan nie als koop nie, verslag een deur Eben Venter

Eben Venter
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Eben Venter se eerste verslag oor Stefaans Coetzee se kortverhaal "Geld kan nie als koop nie".

Geld kan nie als koop nie, verslag een deur Anzil Kulsen

Anzil Kulsen
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Anzil Kulsen se eerste verslag oor Stefaans Coetzee se kortverhaal "Geld kan nie als koop nie".

Geld kan nie als koop nie, verslag een deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Heilna du Plooy se eerste verslag oor Stefaans Coetzee se kortverhaal "Geld kan nie als koop nie".

Lara se pienk mandjie, verslag een deur Eben Venter

Eben Venter
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Eben Venter se eerste verslag oor Barend Wessels se kortverhaal "Lara se pienk mandjie".

Lara se pienk mandjie, verslag een deur Anzil Kulsen

Anzil Kulsen
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Anzil Kulsen se eerste verslag oor Barend Wessels se kortverhaal "Lara se pienk mandjie".

Lara se pienk mandjie, verslag een deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Slypskole

LitNet-slypskool Om te skryf: Lees Heilna du Plooy se eerste verslag oor Barend Wessels se kortverhaal "Lara se pienk mandjie".

Ha wa lebona

Jane Mpholo
New writing

Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. In Jane Mpholo’s Ha wa lebona, Lerato gives her former best friend, Palesa, a dressing down after malicious gossiping did the rounds. Tankiso Mamabolo performs the monologue, directed by Mahlatsi Mokgonyana. Watch the performance in Sesotho with English subtitles here.

Drie (on)tug-vrae

Willem de Swyger
Poësie

"word pastorieë vol gesinsgeweld
met verloop van tyd voorstedelike
kleuterskole wat die illusie
van vrolikheid probeer skep
ten spyte van verbleikte verf?"

Skrikkelwraak

Jannie van Niekerk
Fiksie

"Die koerante het my die 'skrikkeljaar-reeksmoordenaar' gedoop. Dit is seker gepas, al het ek tot dusver oor ’n tydperk van twintig jaar nog net drie mense doodgemaak en is daar nog net een moord oor."

Skaakmat

Bester Meyer
Poësie

"Ek sit aan die wit kant soos iemand aan die bibber-buitekant
en oorkant my sit jy, hartseer leser, soos ’n donker anderkant."

Hou moed

CJ Saterdag
Poësie

"Stap in jou eie baan,
Jy is jou eie vensterraam"

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 10 tot 16 September 2022

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Menings

Reguit met Robinson: Is daar nog ’n plek vir die Britse koningshuis in 2022?

Freek Robinson, Jo-Ansie van Wyk
Onderhoude

Het die Statebond nog ’n bestaansreg? Freek Robinson gesels met Jo-Ansie van Wyk, ’n hoogleraar in internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Begrawe, maa moenie vegiet

Veronique Jephtas
Menings

"Die somtotaal van wat sy moes erf, en nou pass na King Charles III, isse heavy load gevul met guilt en torture en pyn ennie reparations wil nettie kô nie, en assit kô issit nie genoegie. Elke national monument, cultural reference, historic building or moment and art isse constant reminder vannie gevat sonne veel terug gie. Die ytbyt ennie anhou byt. Dis tragic dat even wannee jy probee bietere doen, kan jy nie maklik ontslae raak vannie goed wat directly na jou toe gepass issie. Goed wat in jou bloedlyn is: die pyn, die gesukkel, die gemartel ennie gebreek en soe gemaak en laat staan."

Die koningin is dood: lank lewe ouma Kerliena

Heindrich Wyngaard
Menings

"Haar kerkhoed was haar kroon; haar paleis was die Here se huis."

Miniseminaar: Moenie kanselleer nie, publiseer net meer

Jacomien van Niekerk
Seminare en essays

"[E]k sou, as ouer en akademikus, minder energie daaraan bestee om sensuur op ouer boeke toe te pas en eerder ’n pleidooi lewer vir die publikasie van soveel as moontlik nuwe, oorspronklike boeke in Afrikaans wat die Suid-Afrikaanse werklikheid in al sy kompleksiteit uitbeeld." – Jacomien van Niekerk in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Kinderboeke, karakter en selfbeeld

Jeanette de Klerk-Luttig
Seminare en essays

"Baie ouers is meer ingestel op hul kinders se positiewe selfagting en selfbeeld as op die ontwikkeling van hul karakter. Hulle fokus is meer daarop om hulle kinders gelukkig te maak as om hulle te help om goed te doen en wyse keuses te maak."

Van wanne af is dignity net ’n paper right, Uncle?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"As djulle omgegie het vi dignity, as djulle rêrag committed was om mense ’n bietere liewe te gie, dan sou dit ie norag wies vi mense om te strike en te brand en te riot ie. Djulle sou sonne om geprompt te wôd djulle hanne stompies gewêk het om te ensure ammel het wate en kos en klere."

Seksrobotte: Hoekom, en hoekom nie?

Burgert A Senekal
Menings

Hierdie artikel is vir ons hardebaard lesers. Dit bevat sensitiewe inligting. "Seksrobotte is ’n kontroversiële onderwerp, maar daar is navorsers wat aanvoer dat hierdie tegnologie oor die potensiaal beskik om ’n konstruktiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer. Die doel van die huidige artikel is om hierdie terrein te verken en sommige van die argumente vir en teen hierdie tegnologie weer te gee, maar gegewe die hoogs persoonlike aard van die onderwerp en die kompleksiteit van die onderwerp kort daar nog baie gesprekvoering en navorsing voor ’n ingeligte standpunt hieroor ingeneem kan word."

Sowat van ’n wolk!

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Ons is aanmekaargesit van drome en wind. Ons identiteit is so broos. Dis soos wolke wat gedurig van vorm verander. Stadig gebeur dit, die metamorfose, en later onthou jy nie die oorspronklike vorm nie. Soms onthou ’n mens die onbenullige, die fokus ernaas."

Vergadering Taal

Tasneem Daniels
Menings

"Idees en creativity is baie op en af, en dis net die nature van hoerie creative wêreld wêk en ôs moetie teen’t baklei nie, ôs moerit net trust. Die regte moment innie regte kamer gaan kom om ôse idees te manifest, en as ôs continue om daai meeting skills te sharpen, het ôs maximum chances ommit reg te kry."

The doomed Warsaw airlift: South Africa’s finest hour

David Willers
Opinion

"The Polish government commemorates the sacrifice of the SAAF airmen in their attempt to relieve Warsaw, to this day. Next year is the eightieth anniversary of the doomed Warsaw mission, and it will be interesting to see how the occasion is marked by the present South African government."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Nou op Voertaal

Cordis Trust se Orde van die Goue Pen 2022: ’n onderhoud met Johan Allers

Naomi Meyer, Johan Allers
Interviews

"Afrikaans sal uiteindelik al sy openbare funksies verloor. Reken maar met wetenskappers wat voorspel dat Suid-Afrika se bevolking teen die einde van hierdie eeu 80 miljoen mense sal tel. Ondanks die getalle-oorwig is daar geen enkele rede waarom Afrikaans nie sy amptelike status in Suid-Afrika behoort te behou nie. Wat dit betref, lê ons taal in ons eie (goeie) hande."

Doesburg komt samen rond Krogs Broze Aarde

Ingrid Glorie
Actueel

"Het was een merkwaardig gezicht. Wie in het weekend van 10 en 11 september door de straten van het Gelderse plaatsje Doesburg liep, zag overal – op aanplakborden, in etalages van winkels en tegen ramen van huizen – affiches met vooral één titel, Broze aarde, en één naam: Antjie Krog."

Herman de Coninck schrijft Antjie Krog: "Een van de redenen waarom ik graag naar Zuid-Afrika kom, is het gevoel dat alles daar in beweging is, de politiek, maar ook de moraal"

Yves T'Sjoen
Meningen

"De briefpassages waarin Breytenbach wordt genoemd, hebben alle te maken met de antiapartheidsstrijd en diens politieke rol in Zuid-Afrika. De brief [360] die is gericht aan Antjie Krog, opgenomen op pagina’s 673–675 van de epistolaire verzameling, spreekt niet over haar poëzie – hoewel 'een prima dichteres' – maar over literatuur en engagement, over het gegeven dat volgens De Coninck het dichterschap 'ondergeschikt gemaakt [aan] de struggle'."

Persverklaring: Yves T’Sjoen en Antjie Krog by SASNEV (Saterdag 17 September 2022 om 17:30)

Voertaal
SASNEV

Jy word hartlik uitgenooi na Saterdag 17 September 2022 se heuglike byeenkoms. SASNEV, die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere, reël ’n spesiale geleentheid: ’n openbare gesprek tussen Yves T’Sjoen en Antjie Krog oor "netwerke en wisselwerking met die Lae Lande".

"Bij Mouille Point ligt de zeeolifant met haar gemuilkorfde weemoed": Kousbroek en Van Woerden in de Moederstad

Yves T'Sjoen
Meningen

"In het slotdeel van de notitie over Zuid-Afrika duikt een bij Drieankerbaai gestrande zeeolifant op. Méér nog, het dier dringt zich op de voorgrond en is meer dan een aquatische metafoor."

Zeven talen in zeven dagen leren?

Guido van den Berg
Literatuur

"Dat neemt niet weg dat het uitgangspunt fascinerend blijft en wie niet vastloopt in het boek komt steeds weer leuke verrassingen tegen, zoals informatie over de historische achtergronden van de talen, over het Nederduits bijvoorbeeld als handelstaal van de Hanzesteden in de Middeleeuwen en de overeenkomsten tussen het Fries en het Engels. Veel informatie ook over de valse vrienden: het woord bord in het Deens, Noors en Zweeds, om maar een dwarsstraat te noemen, betekent tafel."

Alles is bespreekbaar als je de juiste woorden kent

Ingrid Glorie
Taaldiscussie

"Er lijkt tegenwoordig een morele verplichting te bestaan om ons zo politiek-correct mogelijk uit te drukken. Dat geeft mensen soms het gevoel dat ze 'niets' meer mogen zeggen. Is dat zo? In haar nieuwe boek bespreekt taalkundige Vivien Waszink de pijnpunten en laat ze zien dat de taal een schat aan woorden en strategieën bevat om het er tóch over te hebben."

Die albatros(se) om Ramaphosa se nek

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Die dood van die Britse monarg koningin Elizabeth II mag Ramaphosa dalk bietjie langer landuit hou, wie weet, as haar begrafnis saamval met sy beplande terugkeer huis toe. Selfs dán sal hy steeds ingewag word deur die opposisie, die parlement, die Valke, die OB, die Reserwebank, en teenstanders vanuit die geledere van die ANC. Die Phala Phala-albatros sal nog ’n ruk lank om sy nek bly hang."

Groot druk op nuwe spioenbaas om skelmstreke oop te vlek

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In ’n buitengewone gees van eenstemmigheid het politieke partye regoor die politieke spektrum die afgelope week eenparig gestem ten gunste van die aanstelling van Imtiaz Ahmed Fazel, huidige adjunkdirekteur-generaal van openbare werke en infrastruktuur, as Suid-Afrika se nuwe spioenbaas."

Substasies word geplunder terwyl Eskom spook om die ligte aan te hou

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Terwyl die land swaar gebuk gaan onder beurtkrag en Eskom spartel en spook om die ligte aan te hou, loop substasies en kragbokse in dele van die land onder vandale deur."

Eskom struikel val-val voort

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrikaners moet hulle maar voorberei vir ’n donker somer as dit van Eskom afhang en sal nie vir die volgende 12 maande die voordele van president Cyril Ramaphosa se nuwe energieplan sien nie."

Invitation to a Belgium + South Africa poetry performance night – Cape Town (23 September)

Voertaal
Kalender

Poetry Passport is the creative residency for spoken word artists from South Africa and Belgium, in which the artists tackle the issues of human rights, women’s rights and social justice.

Press release: In conversation with South African author and poet Koleka Putuma (10 October in Gent)

Voertaal
Kalender

Join us for an invigorating afternoon in which this extraordinary author will perform a selection of her poetry, and reflect on her work in conversation with Caroline Janssen.

Akademies en skole

Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede

Naomi Meyer, Robyn van de Rhede
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"My droom is dat elke leerder in Suid-Afrika ’n kwaliteitopvoeding sal ontvang, ongeag die area waarin hulle woon. Net omdat dit ’n no-fee-skool is, beteken dit nie dat hierdie leerders nie kan presteer nie. As jy vir ’n kind die geleentheid skep, en jy maak die commitment om saam met hulle die pad te stap en altyd hul nommer-een-ondersteuner te wees, selfs na skool, kan enige kind presteer."

Graad 11: Wiskundige Geletterdheid-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy na die getal kyk, voel dit jy sien al dubbel van al die spanning gedurende jou toetsreeks? Jy hoef nie jou oë te laat toets nie, graad 11-leerder, want LitNet bied hulp. Lee-Ann West se oefenvraestel en memo kan jou met jou toetsreeksvoorbereiding vir Wiskundige Geletterdheid help.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Leefstyl

Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring

Izak de Vries, Kirky van Kirkwood
Musiek

Kirky van Kirkwood se tweede enkelsnit, "Spring", is pas uitgereik. Die lied handel oor iemand wat ’n loopbaankeuse moet maak. Izak de Vries het by Kirky gaan kuier enkele dae voordat sy haar bakkie gepak het om self ’n enorme loopbaanskuif te maak. Gaan jy spring, of spyt wees?

Fraksie op kykNET: ’n onderhoud met Louis Pretorius

Naomi Meyer, Louis Pretorius
kykNET Portaal

"Ons ideale kyker is iemand wat nie bang is om uitgedaag te word nie. Om van die karakters te hou ten spyte van hulle feilbaarheid. Hulle is almal menslik, en almal probeer hard. Die kyker wat bereid is om in die spieël te kyk en bereid is om sy eie donker kant te sien, sal die reeks geniet."

Persverklaring: Internasionale seëltentoonstelling by KIKS2 in Kaapstad

LitNet
Leefstyl

Die internasionale filateliese tentoonstelling sal aangebied word by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS2) en toegang vir die publiek is gratis. Die publiek kan hul seëlversamelings bring vir ’n waardasie deur deskundiges.

Persverklaring: Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Jodi Jantjies palm ’n Aitsa-nominasie in

LitNet
Musiek

Jantjies het die eerste keer aandag getrek toe sy as skaam tiener ’n oudisie by die Cedar Secondary School in Mitchells Plein voor die ATKV-Crescendo-paneel gehad het. Dit was ’n liedjie wat sy self geskryf het. Die res is as ’t ware geskiedenis.

Press release: Climate Story Lab ZA offers Southern African creatives an opportunity to make an impact on the climate crisis

LitNet
Lifestyle and entertainment

Climate Story Lab ZA invites Southern African creatives to submit innovative and imaginative projects for an opportunity to participate in a four-day residential lab near Cape Town in January 2023. The first Climate Story Lab ZA is an incubator aimed at shifting the narrative and amplifying communication around climate change in order to make positive impacts against the global crisis.

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved