|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 892
25/03/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: In stede van die toekoms |
Milner: Last of the empire builders
Author: Richard Steyn
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776191789
Lord Alfred Milner was a brilliant public servant and one of Britain’s most famous empire builders who left an indelible imprint on the history of South Africa.
This biography, the first by a South African, argues that Milner’s reputation should not be defined by his eight years’ service in South Africa alone as he did much to shape the Allied victory in the First World War. If his personal qualities and beliefs made him the wrong man to send to South Africa, he was the right man in a far greater international conflict. |
 |
|
 |
Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms
Melt Myburgh, Tarina Jordaan
Menings
Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-Covid wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte studentenes? Tarina Jordaan, LitNet Akademies-navorser, gesels oor die uitdagings en veranderinge in die plekke en ruimtes waar ons woon.
|
 |
’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne
Jerzy Koch, Naomi Meyer, Izak de Vries
Onderhoude
"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog."
|
 |
Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Uiteindelik is dit unieke mense en groepe wat in oorlog en in die lyding daarna ’n verskil maak in ander se lewe. Dis 'radikale mense' soos Hobhouse."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?
Freek Robinson, Ben Janse van Rensburg
Onderhoude
Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.
|
 |
Watse menseregte?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Daar is niks om te vier nie. Menseregtedag het ’n dag geword wanneer ons rou oor die sterfte van die reënboognasie."
|
 |
Antirassisme: Wat is dit en hoekom maak dit saak?
Lidia Rauch
Menings
"Vandag is dit Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie. En dit is nie per toeval op dieselfde dag as Menseregtedag nie. Hoekom word Internasionale Dag vir die Uitwissing van Rassediskriminasie gevier?"
|
 |
Taal van my hart
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Lawe my met rosyne, want ek is flou van liefde. Ek kan rinkink in my taal."
|
 |
Die klank van oorlog: Van Jerigo tot Oekraïne
Wilken Calitz
Meningen
"Wanneer die bose heers, bring dit kameraderie tot stand. Kameraderie maak van gewone mense helde. Joernaliste berig oor die ware stand van gebeure terwyl koeëls oor hulle koppe vlieg, Zelenski word staande toegejuig in die parlementsgeboue van wêreldmoondhede. ’n Dogtertjie in ’n bomskuiling sing die temalied van Frozen en word sodoende ’n simbool van jeugverset teen die Russiese invalle."
|
 |
Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend."
|
 |
Salige sonskyndae in die Seychelle
Maryke Roberts
Reizen
"Oor vier jaar, op 29 Junie 2026, vier die Seychelle ’n halfeeu van onafhanklikheid, en dat hier ’n onafhanklike gees van vryheid, rustige saamleef en hartlikheid is, is gewis. Die 115 eilande in die Indiese Oseaan, oos van Afrika, het vandag ’n sterk ekonomie; bewaring is hoog op die agenda; en toerisme is een van die grootste werkverskaffers. Die natuurskoon is werklik poskaartmooi en die wit strande, palmbome, kokosneutdrankies en rustigheid wat in jou kuite kom nesskop, is eg," skryf Maryke Roberts.
|
 |
Het ernstige werk van Godfried Bomans
Hendrik-Jan de Wit
Literatuur
"Een halve eeuw na Bomans dood wordt hij nog steeds gelezen. Vooral zijn sprookjes zijn populair. Hij geldt zeker als de laatste sprookjesschrijver van de Nederlandse letterkunde ... Dat Bomans met zijn lichtvoetige stijl ook heel treffend ernstig werk schreef, bewijst de uitgave In alle ernst die rond Bomans sterfdag is verschenen. Het boek bevat een selectie van het serieuze werk door Joost Prinsen."
|
 |
Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa gesê hy besef dat geen ekonomie sonder betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."
|
 |
ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was, is Maandagaand deur die party in die pad gesteek."
|
 |
Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Intussen het die voormalige uitvoerende hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige glorie terug te bring."
|
 |
Vra die veearts: Optelkatjie se been is af
Marianne Lomberg
Mens en dier
Kobie skryf: "Ons het ’n katjie opgetel toe sy omtrent vier weke oud was. Haar een been is af net bokant haar knie. Ons wil haar nie heeltyd in die huis hou nie." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Vra die veearts: Jack Russell treur
Marianne Lomberg
Mens en dier
Paula skryf: "Ek het ’n pragtige Jack Russell. Ek het ook ’n Boston-terriër gehad en ’n African Grey-papegaai. Die terriër is vyf dae na die papegaai dood. Ek het geen idee waarom nie. My probleem is dat die Jack Russell nou aan my klou." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Afrikaans EAT: wenke vir onderwysers en toetse vir graad 10-leerders
Willene Paulse
Notas, toetse en vraestelle
Willene Paulse, ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-onderwyseres, het wenke vir die aanbied van Afrikaans Eerste Addisionele Taal gestuur: "Ons weet dat Afrikaans EAT-leerders baie meer taal-in-konteks-reёls het wat geleer moet word, en dan praat ons nie eers van die uitsonderings op die reёls nie. Wat ook in ag geneem moet word, is dat baie van hierdie leerders Afrikaans net in die Afrikaans-klas hoor."
|
 |
Afrikaaps is vanjaar ’n sterk element by kykNET Silwerskermfees
Maryke Roberts
kykNET Portaal
Maryke Roberts skryf oor vanjaar se kykNET Silwerskermfees wat van Woensdag tot Saterdag by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou en ook aanlyn aangebied word. Verskeie kortfilms waarin die dialoog heeltemal of gedeeltelik in Afrikaaps is, speel hier: onder meer Aan/Af, Baber, Bergie, Net ons, My beskermer, Nagvoël en Verstikking.
|
 |
kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?
Maryke Roberts, Tertius Kapp, Carel Nel, Jaco Bouwer, Pierre-Henri Wicomb, Anthony Oseyemi, Jorrie van der Walt, Monique Rockman
kykNET Portaal
"Een van die films wat vanjaar by die hibriede fees, wat van 23 tot 26 Maart in Kampsbaai en op die Silwerskermfees-webwerf vertoon gaan word, is Gaia, wat in die kategorie vir beste speelfilm meeding. Dit het al verskeie toekennings regoor die wêreld ingepalm. Dis die eerste ekologiese grufilm in Afrikaans en het die Forbes Top 10-lys as beste riller vir 2021 gehaal."
|
 |
Press release: Outrageous new play to premiere at Artscape
LitNet
Lifestyle and entertainment
Contested bodies centres on the relationship between acclaimed surgeon Doctor James Barry, his African manservant John, and the then Governor of the Cape Colony, Lord Charles Henry Somerset. Barry lived his entire adult life as a man, but was named Margret Ann at birth and was known as female in childhood.
|
OuLitNet-argief: Foto’s van die eerste Silwerskermfees in 2011 |
 |
Bekendstelling van die allereerste Silwerskermfees in 2011
Imke van Heerden
OuLitNet-argief
"Verlede week het kykNET, Nu Metro en ’n handvol joernaliste vir drie dae in die Karoodorp Prins Albert vertoef om die eerste Nasionale Afrikaanse Filmfees – die Silwerskerm Filmfees – te loods. By die feesbekendstellingseremonie het die feesbeskermheer, Jans Rautenbach, onthou hoedat die fondament vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 18 jaar gelede ook in die Karoo gelê is. Oor die nuwe nasionale fees het Jans opgemerk: 'Ons glo dit gaan groot en wonderlik wees.'"
|
 |
Poëtiese taal: Dol heuning deur SJ Naudé, ’n resensie
Malene Breytenbach
Resensies
"Naudé het ’n wye en gekultiveerde verwysingsraamwerk en daar is vele verwysings na kuns en letterkunde. Ook het hy die vermoë om alles, goed en kwaad, te skryf in poëtiese taal wat verruk."
|
 |
In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."
|
 |
Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren
Izak de Vries, Xanelé Puren
Skrywersonderhoude
"Die boek, wat lyk en voel soos die bekende Moleskine-dagboeke, is interaktief en help kinders om die storie- en ander boeke wat hulle self kies om te lees, op te som en om dan ook hulle eie idees te begin formuleer om self tekste te skryf."
|
 |
Louis Eksteen (1930–2001)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ons hier in Suid-Afrika skryf deesdae veels te veel en daar word oneindig baie gepubliseer. Ons bloei ons leeg!" Lees oor Louis Eksteen se lewe en werk.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
My broer Japie
Jan Daniels
Fiksie
"Eendag in die winter het Japie koud en nat uit eie beweging by die huis aangekom. Maar hy was nie alleen nie. Daar was ’n vrou saam met hom. My ma het toegesien dat Japie en sy metgesel hulself versorg, droë klere aantrek, en vir hulle kos gegee om te eet."
|
 |
Afskeid
Jannie van Niekerk
Poësie
"Vandag het ek jou vir oulaas gegroet,
met hartseerpyn in my gemoed.
Ek weet dat waarheen jy nou gaan
daar net vreugde en blydskap bestaan."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|