|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 870
08/10/2021
|
Krities Afrikaans
|
Freek Robinson: Op die man af
Skrywer: Freek Robinson
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624091455
Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ’n besonderse blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis. |
 |
|
 |
Afrikaanses van hul Suid-Afrikaans-wees onteien in erfenismaand?
William Sezoe
Menings
"Nzimande het in reaksie aangevoer dat hy Afrikaans as 'amptelike taal' erken, maar dat hy nie kan toelaat dat dit as ’n middel van uitsluiting en onderdrukking gebruik word nie. Verder kan hy ook nie toelaat dat Afrikaans gebruik word vir ’n 'Afrikanernasionalistiese agenda' soos in die apartheid-era nie."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse en Conrad Steenkamp
Freek Robinson, Hein Willemse, Conrad Steenkamp
Onderhoude
Kom die stelling "Afrikaans is uitheems" neer op Afrikanistiese nasionalisme? Freek Robinson gesels met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria) en Conrad Steenkamp (uitvoerende hoof, Afrikaanse Taalraad) oor die behoud van Afrikaans en haar funksies, asook die belangrikheid van ’n meer genuanseerde taalpolitiek.
|
 |
Vlak 1, Uncle Cyril?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Kykie hoorie, ôs ammel wiet daai is net virrie election campaigning. Moet ôs ie vi poppe vattie. Daai is net ’n trick lat ôs vi djulle moet vote soelat djulle ôs vi nog langer kan abuse."
|
 |
Elders gesien: Die illusie van normaliteit
Clinton V du Plessis
Elders gesien
"die doringboom-bonsai in die voorportaal,
dié republiek is ’n lugborrel,
’n ballon wat wag dat die werklikheid,
soos ’n naald,
kom prik."
|
 |
Henry Mylne se kosbaarste herinneringe aan Franz Marx
Henry Mylne
In memoriam
"Mimi Coertse se karakternaam in Egoli was Isabeau, natuurlik uitgespreek as 'Isabou'. Maar as gevolg van die onlangse 'face lift' kon die liewe Hermien [Dommisse] net 'Isabe' sê. Ek is na Franz se kantoor en het gesê: 'Franz, as jy nog één face lift van Hermien toelaat, verloor ons die a-klank ook!'"
|
 |
Week van het Nederlands | Studio SASNEV met Kabous Meiring (9 Oktober 2021)
Voertaal
SASNEV
Alle gesprekke sal gratis op die Vrystaatfees se internetplatform gedeel word en die hoogtepunte sal ook op Voertaal beskikbaar wees. Enkele hoogtepunte: Stef Bos | Die bydrae van Fries en Kaaps tot die moderne taallandskap | Die wenners van die SAVN se kortfilmkompetisie | Dorothea van Zyl en Wium van Zyl oor die bou van brûe | Karin Benjamin in gesprek met Blaq Pearl, Jitsvinger en Churchil Naudé | SASNEV se kortfilm Wat beteken Nederlands voor mij | Daniel Hugo gesels oor vertaalwerk.
|
 |
Onderhoud: Eureka Barnard verduidelik SASNEV se rol in die Week van het Nederlands
Eureka Barnard, Lisanne Homma
SASNEV
"My droom is dat daar nie te lank van nou nie ’n manier gevind sal word waarop al die taal- en kultuurverbintenisse dwarsoor die wêreld wat met die Nederlandse taal te make het, met mekaar idees sal kan uitruil." Van 2 tot 9 oktober wordt de taal nationaal en internationaal op stelten gezet tijdens de 7de editie van de Week van het Nederlands. Eureka Barnard is directeur van SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere), en coördineert de eerste viering van de Nederlandse taal in Zuid-Afrika.
|
 |
Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?
Jelle Krol, Ernst Bruinsma, Conrad Steenkamp, Kabous Meiring, Izak de Vries
SASNEV
Fries is ’n Wes-Germaanse taal, baie nou verwant aan Engels, wat steeds in die Nederlandse provinsie Friesland gepraat, geskryf en gelees word. Ernst Bruinsma en Jelle Krol brei uit oor die Friese taal en letterkunde, waarna Kabous Meiring vir Conrad Steenkamp en Izak de Vries betrek om by al vier te hoor wat Kaaps, Nederlands, Afrikaans en Fries by mekaar kan leer.
|
 |
Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit
Kabous Meiring, Maarten Vidal, Conrad Steenkamp
SASNEV
Kabous Meiring het Maarten Vidal (Taalunie) en Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad) genooi om oor hulle werk, en oor moontlike samewerking, te gesels. Ons deel ook ’n video van twee minute waarin Kris Van de Poel, Karlijn Waterman en Maarten Vidal verduidelik wat die Taalunie doen. |
 |
’n Videogesprek met Daniel Hugo
Yves T'Sjoen, Daniel Hugo
Interviews
Bruggenhoofden is Yves T'Sjoen se Voertaal-gespreksreeks oor kulturele bemiddelaars in die Lae Lande en Suid-Afrika. In hierdie eerste gesprek gesels Yves met die digter en vertaler Daniel Hugo.
|
 |
"Tyd is skemer, tyd is gras" ‒ Tweespraak met Dominique Botha
Yves T'Sjoen, Dominique Botha
Interviews
"Met Donkerberg/Bloodwood het ek uiteindelik tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Die roospienk berg op die stofomslag word donker in die nag agter my huis, en is die donkerberg in die gedig 'voorbode'. Dit is ’n ko-ordinaat wat ’n gedig en toe ’n bundel geword het." Met de tweetalige uitgave Donkerberg/Bloodwood maakt Dominique Botha haar lang verwachte poëziedebuut. Ter gelegenheid van de bundel treed Yves T'Sjoen in gesprek met de schrijver en haar tekst.
|
 |
DA begin petisie om Afrikaans as inheemse taal te erken
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die petisie is gerig aan die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, in reaksie op sy klassifisering van Afrikaans as 'uitheems' in sy departement se Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings."
|
 |
Suid-Afrika is ideale plek om meertaligheid te bestudeer
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die waarskynlikheid dat enige nuwe persoon wat jy in Suid-Afrika raakloop, dieselfde moedertaal as jy sal hê, is ’n skrale 13%. 'Dít maak Suid-Afrika, met sy klomp verskillende tale, die ideale omgewing om aspekte van meertaligheid te bestudeer,' sê Emanuel Bylund, navorsingsleier by die Universiteit Stellenbosch se MultiCog-lab, oftewel die laboratorium vir meertaligheid en kognisie. Die MultiCog-lab (Departement Algemene Taalwetenskap) is volgens die US se webwerf die enigste van sy soort op die Afrikavasteland."
|
 |
Verpligte inentings in Suid-Afrika is "laaste" uitweg teen COVID-19
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Verpligte inentings in die stryd teen COVID-19 sal nie noodwendig strydig wees met die land se Grondwet nie, en al hoe meer instellings ondersoek die moontlikheid. Die Menseregtekommissie (MRK) het nou ook tot die debat oor verpligte inenting toegetree. Die MRK sê dit is hoogs waarskynlik dat ’n wet wat inentings verpligtend maak, nie strydig met die Grondwet is nie, maar dit moet die heel laaste uitweg wees."
|
 |
Suid-Afrika by Verenigde Nasies aangekla oor "rasmalheid"
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die huidige klag volg ná ’n lang stryd wat die vakbond al sedert 2016 by die VN oor die Suid-Afrikaanse regering se rassebeleid voer. Dit is die eerste keer dat die Suid-Afrikaanse regering formeel by die VN oor rassediskriminasie aangekla word ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie (ICERD)."
|
 |
Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik
Marianne Lomberg
Mens en dier
Mariana skryf: "Wil graag uitvind wat ons kan doen om ons twee worshonde saam met ons te laat stap. Hulle is baie angstig en beur so vorentoe ons moet omtrent draf om by te bly." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Vra die veearts: Diere versteur die balans in die huis
Marianne Lomberg
Mens en dier
Erika Schoeman skryf: "Ek het ’n hele spul vrae wat ek graag wil vra ... Ek moet partymaal na kinders se honde kyk en dit voel vir my asof balans heeltemal versteur word in my huis." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Vra die veearts: Honde moet ophou stout wees
Marianne Lomberg
Mens en dier
Aletta Viljoen skryf: "Ek wil graag hoor of iemand met hulle kan kom praat en vra dat hy ophou om so ’n boelie te wees, ophou stout wees en ook Ma en Pa se bed oorneem in die aand." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
Woordfees op die teevee
Maryke Roberts
Toyota US Woordfees
"Ons is meer as halfpad in die Toyota US Woordfees Fees TV – die eerste kunstefees wat op Suid-Afrikaanse televisie op ’n opwipkanaal uitgesaai word – en my oë is al byna vierkantig, maar van televisie afsit en gaan slaap is daar geen sprake nie."
|
 |
Toyota US Woordfees TV 2021: enkele gedagtes
Naomi Meyer
Toyota US Woordfees
"Iets anders is die Woordfees gewis vanjaar, en daarvan kan feesgangers dwarsoor die land en in buurlande met DStv-toegang wat die afgelope paar dae in hul sitkamers fees, getuig."
|
 |
Die ongetemde stemme van Afrikaanse musiek
Jean Oosthuizen
Toyota US Woordfees
"Die dokumentêre film Die ongetemde stem wat tydens vanjaar se virtuele Woordfees op DStv bekendgestel is, gee ’n stem aan tientalle van daardie Afrikaanse kunstenaars wie se stemme nie na waarde geskat word en volgens verdienste op ons markpleine gehoor word nie."
|
 |
Kaalgat Karel, ’n resensie deur Leon van Nierop
Leon van Nierop
Film
"Om die een of ander rede is om sonder klere te wees, en die woord 'gat', baie snaaks vir sekere lede van rolprentgehore. Voeg die twee saam, en jy kry ’n botsing wat nie net die klere laat spat nie, maar ook die gehoor se geduld."
|
 |
Resensie: Die getuienis deur Francois Smith
Louise Viljoen
Resensies
"Die subtiele, empatiese en onderbeklemtoonde manier waarop Smith te werk gaan, slaag egter daarin om die roman se vrae oor liefde, geweld en geloof ver buite die grense van ’n bepaalde plek en tyd te laat resoneer."
|
 |
’n Boekgesprek met Anna Emm
Estelle Kruger, Anna Emm
Skrywersonderhoude
"Stephen King het dit eenkeer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar."
|
 |
Bibliobibuli
Crito
Blogs
"As die Afrikaanse letterkunde nie Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte kan verwelkom nie, is ons in diep, groot bollie. Dis sulke radikale eksperimente waarmee die koors van die middelmoot en die hogere letterkunde gemeet word."
|
 |
Eerste slukkie: Elisabet se oorlog deur Helene de Kock
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"Die suidoos slaag daarin om al die spinnerakke uit Elisabet se kop te waai. Dae nadat Johannes haar die volgende oggend nog bietjie stug plegtig met die hand gegroet het, voel sy lig en vry. Skoon gewoed deur ’n woeste binnewind."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Breinboelie
Johanette Pretorius
Poësie
"waar is die brein se sein dan nou heen
waar die tong se salwende seën
waarom word gister eindeloos herhaal
en in watter stokou oomblik bly jy verdwaal ..."
|
 |
Drome van ’n stadskind
Drienie Joubert Kelly
Poësie
"vat my net weg na berge en sand
waar die son se fakkel nog helder kan brand
laat die seebries se waters oor my spoel
en ek die lewe van vryheid weer eenkeer kan
voel"
|
 |
Kalbaskraal is dood
Neo Mehlomakulu
Poësie
"as kinders het ons sonder vrees
haar paaie platgeloop
maar nou staan daar op elke hoek
’n gun en halwe baksteen"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|