Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 853

10/06/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Stemme

Pasverskyn

Skoolleierskap en die skep van
produktiewe leerruimtes in skole


Skrywers:
Johann Burger en Aslam Fataar
Uitgewer: African Sun Media
ISBN: 9781991201119

Hierdie boek dien as ’n hulpbron of roetekaart vir enige student, opvoeder, onderwysdistrikspersoneellid of enige ander persoon wat by die onderrig en opvoeding van mense betrokke is en na verbeterde leeruitkomstes streef.

Menings

Stemme: LitNet se monoloogprojek met Suidoosterfees, KKNK en NATi

LitNet
Menings

Stemme, LitNet se monoloogprojek, word in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi aangebied. Tien Afrikaanse dramaturge is genader om kort, kragtige monoloë te skryf wat op 19 Junie 2021 vanaf 17:00 in die Iziko Slawemuseum in Kaapstad opgevoer en verfilm sal word.

Shaleen Surtie-Richards | ’n Huldeblyk | A tribute

Marlene le Roux
In memoriam

Marlene le Roux, die hoof- uitvoerende beampte van die Kunstekaap, huldig Shaleen Surtie-Richards. | Marlene le Roux, CEO of Artscape, remembers Shaleen Surtie-Richards.

In memoriam: Shaleen Surtie-Richards

Danie van Wyk
In memoriam

"Shaleen, jy het met oorgawe geleef en ons almal se lewens op een of ander manier geraak. Die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het iemand groots verloor. Die gordyn het finaal en vir oulaas gesak."

Shaleen Surtie-Richards, my hart is seer

Karen Hart
In memoriam

"Vir my sal Shaleen die enigste Fiela Komoetie bly. Daar sal nooit weer ’n Nenna wees nie. En ek het my smaak vir die oorspronklike fliek verloor nadat ek Shaleen op die verhoog in Shirley Valentyn gesien het."

Die ATR huldig Shaleen Surtie-Richards

Hendrik Theys
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Rus sag, ikoon, sepiester, toneelspeler, ontvanger van verskeie toekennings en bowenal, allemansvriendin."

Staatsvoogdyskap van grond: ’n realistiese voorstel vir effektiewe grondhervorming?

Juanita Pienaar
Seminare en essays

"Behalwe dat dit teenstrydig is met basiese beginsels van investering in eiendom en in die land om individuele en kollektiewe vooruitgang en groei te bewerkstellig, om armoede te verlig en werkskepping te bevorder, herinner dit sterk aan die ou apartheidsbenadering waar grond dikwels in trust gehou is en privaateiendomsreg vir die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners ongeoorloof was."

Inentingsapartheid en die EVDS

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Daar word soveel gepraat van inentingsongelykhede, met die klem op die verskil tussen Westerse lande en ontwikkelende lande. Dit vertel nie die helfte van die verhaal nie. Ongelykhede is ook binne ons eie land aanwesig, selfs voor die entstof beskikbaar is. Dis alreeds met die registrasieproses sigbaar."

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Hennie van Coller: effe "stadiger" deesdae, maar niks minder polemies

Melt Myburgh, Hennie van Coller
Onderhoude

"Ek het koppe gestamp met Jan van der Merwe (ANC-lid); JC Kannemeyer oor ’n boel onwaarhede in sy Leroux-biografie; ’n hele reeks rektore oor Afrikaans as onderrigtaal, veral Jonathan Jansen, wat verantwoordelik was vir die nekomdraai van Afrikaans by die UV; oor die verskuiwing van die Steyn-standbeeld, ens."

Só benader mens die transgender-gesprek sensitief en sinvol

Pieter GR de Villiers, Elma de Vries
Onderhoude

Elma de Vries: "Dit is beter om te dink oor gender as ’n spektrum eerder as twee pole. Omdat daar meer openheid is, is dit ook nou meer moontlik vir niebinêre persone om uitgesproke te wees oor hulle genderidentiteit."

Miniseminaar: Die 2020-Bybelvertaling

LitNet
Seminare en essays

In hierdie miniseminaar bespreek kundiges wat by die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans betrokke was, aspekte waarmee hulle tydens die vertaalproses te doen gekry het. Die rol van taal en kultuur in die omgang met brontekste van die Ou en Nuwe Testament, asook die literêre en taalkundige aspekte van die vertaling, word onder die soeklig geplaas.

Die 2020-Bybelvertalingsproses as avontuur vir die taalkundige

Ernst Kotzé
Seminare en essays

"’n Belangrike uitdaging was die geleentheid en vereiste om met nuwe oë te kyk na wat die bronteks wil sê en die Afrikaanse kloutjie by die oor te bring, of dit nou Hebreeus, Aramees of Grieks was. In dié opsig was dit ’n strategie om verskille in tyd, kultuur en wêreldbeskouing te weerspieël, maar ook deur die medium van Afrikaans toeganklik te maak."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helen Zille

Freek Robinson, Helen Zille
Onderhoude

Helen Zille skiet uit die heup in hierdie onderhoud met Freek Robinson. Sy maak regse identiteitspolitiek af as ’n front vir die ANC en beweer die ANC is ’n kriminele sindikaat. Voorts beskuldig Zille ook vir Cyril Ramaphosa dat hy ruggraatloos is.

Boeke en skrywers

’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"Skuif vir eers alle moet-doen take opsy en lees gerus hierdie lang brief van ’n besondere ma aan haar dogter. Dit is onteenseglik die moeite werd. Veral as jy ook in die sestigs en sewentigs jonk was."

Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert, ’n resensie

Ilse Salzwedel
Resensies

"In hierdie geval word die geskiedenis – nes die ruimte – as’t ware ’n karakter in die verhaal eerder as net blote vervelige agtergrond vir die storie."

Wanneer gode slaap deur Erwin Mortier: ’n FMR-resensie

Alet Mihalik
Resensies

"As jy vanjaar net één Afrikaanse roman lees, kies dan hierdie meesleurende herinneringe aan die Duitse besetting van België tydens die Eerste Wêreldoorlog."

Skoon wasgoed: Vetkoek en ’n paleisrevolusie

Frederik de Jager
Boeke en skrywers

"Kookboeke is ’n gespesialiseerde veld. By groot uitgewerye is daar hele afdelings voor. Dit is duur produksies, want volgens die konvensie moet die foto’s in volkleur wees, die stilering professioneel en die kos onweerstaanbaar lyk."

2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an interview with Lwazi Msimango

Naomi Meyer, Lwazi Msimango
Books and writers

"Well, HIV/AIDS has plagued South Africans for decades now and claimed many lives, but every time people speak about the virus, they always talk about the promiscuous/irresponsible adult and never about the kid who was born with it; I had a burning desire to tell a tale of a kid who maternally contracts the virus and has no say in the matter."

Af en op

Crito
Blogs

"As daar nou een onderwerp is wat my die horries gee, is dit die ene oor die voor- en nadele van emigrasie. Dis soos ’n Rorschach-toets waarvan die ink begin skif terwyl jy daarna kyk."

Eerste slukkie: Verhale van hoop

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

"Ek is nie ’n kenner van die verskillende psigiatriese siektes nie, maar ek is ’n ma en ek het ’n kenner geword om my dogter te kan verstaan. Sy vertel graag dat ek voor haar weet wanneer sy ’n maniese episode gaan hê."

First sip: Nation on the couch by Wahbie Long

LitNet
First Sip | LitNet Eerste Slukkie

"For much of the apartheid period – characterised by that special type of colonialism imposed from within – the German shepherd was, statistically speaking, the nation’s most popular breed. The white public wanted large, aggressive dogs to allay widespread fears of a black deluge overwhelming them."

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2021

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persvrystelling: Uitnodiging aan liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke skep

LitNet
Suidoosterfees

Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees nooi liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of Xhosa skep om aansoek te doen vir deelname aan ’n uitgebreide mentorskapprogram. Die klem van die projek val op eg Suid-Afrikaanse klanke en vars lirieke.

Press release: Online launch of Portraits of pain by Melanie Moen

LitNet
Books and writers

Imbali Academic Publishers and Graffiti Books invite you to the online launch of Portraits of pain by Melanie Moen. Karin Schimke will be in conversation with her.

Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Kwela: Een of ander held deur Zirk van den Berg

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Kwela: Een of ander held deur Zirk van den Berg

Nuut by Human & Rousseau: Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Human & Rousseau: Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer

Nuut by African Sun Media: Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johann Burger en Aslam Fataar

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Nuut by African Sun Media: Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johann Burger en Aslam Fataar

Nuut by Protea Boekhuis: Die beste kinderverse van Tienie Holloway, saamgestel deur Wendy Maartens

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Protea Boekhuis: Die beste kinderverse van Tienie Holloway, saamgestel deur Wendy Maartens

Nou op Voertaal

#cocreateSANL: Die ontwerp van voedselsekerheid

Izak de Vries
Meningen

"In die tydperk September 2020 tot Desember 2020 was daar 9,34 miljoen Suid-Afrikaners wat nie geweet het of hulle genoeg kos sal hê om te eet nie. COVID-19 en die grendelregulasies het die reeds ongelyke situasie in die land verder vererger. Kan ons stelsels ontwerp om te sorg dat minder mense honger ly?"

Wat is daar vir Nederland te leer uit wat Duitsland pas gedoen het?

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Is introspeksie deur ’n land van sy vergrype van die verlede egter voldoende?"

Nuus uit die Lae Lande: Koronakorrupsie, repatriasie, vliegtuie en klaprose

Milton Webber
In het nieuws

"In Nederland het die 30-jarige politieke kommentator Sywert van Lienden na wat verneem word nie minder nie as €9 miljoen, sowat R148 miljoen, uit die sogenaamde mondkapjesdeal verdien. Vroue-aktiviste wil graag terugkeer na België. Die hof by Schiphol het Maandag uiteindelik met die hofsaak van vlug MH17 begin. ’n Vrou het aan boord van ’n vlug vanaf Nairobi na Amsterdam geboorte geskenk. Die papawers, of klaprose soos hulle hier bekend staan, is vanjaar ’n lus vir die oog."

Suid-Afrikaanse museums vra: "Bezoek ons alsjeblieft!"

Izak de Vries
Cultuur

"Geniet die museums se aanlyn voetspoor, maar kom besoek ons. Sjerrie, wyn en die Kaapse kookkuns kan ’n mens nie oor die internet geniet nie."

Suid-Afrikaanse landbou vra buitelandse hulp oor grondonteiening

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Verskeie waarnemers meen die ANC wil die Grondwet-wysiging oor eiendomsreg gebruik om kiesers mee te lok om tydens vanjaar se munisipale verkiesing vir die ANC te stem."

Rassisme is nie Suid-Afrika se grootste probleem nie, volgens meningspeiling

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In dié Instituut vir Rasseverhoudinge-peiling is mense ook gevra of 'al hierdie praatjies van rassisme en kolonialisme' net politici is wat verskonings probeer soek vir hul mislukkings. Die meeste mense het ja gesê."

Wêreld frons oor "bisarre ontwapening" van boere

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Agri SA sê in hulle verklaring in ’n land met een van die hoogste moordsyfers in die wêreld is dit ondenkbaar dat gemeenskappe nie toegelaat sal word om hulle reg op selfbeskerming uit te oefen indien die voorgestelde wysiging in die wet goedgekeur word nie."

Press release: Park Dances #2 in Durban’s Botanic Gardens ‒ Flatfoot Dance Company

Voertaal
Cultuur

After Park Dances #1 saw local audiences loving being back in a "theatre" environment, Park Dances #2 sees Flatfoot collaborate with Durban’s Kathak maestro Manesh Maharaj in a dancing encounter with the haunting poetry of Jalaluddin Rumi as they celebrate the seamless confluence of ancient and contemporary African and Indian rhythms.

Akademies en Skole

Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971

Juliana M Pistorius, Hilde Roos
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Albei operas het egter ook die wankelrigheid van die selfverwesenlikingsprojek verteenwoordig: Net soos die Nico Malan se onvervulde Aida die oortuiging van godgegewe uitsonderlikheid ondermyn het, het Eoan se mislukte Republiekfeesplanne die groep se illusie van sy eie status binne die nasie verbrokkel."

LitNet-blokraai: Liggaamsopvoeding (Graad 7–9)

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle

Liggaamsopvoeding moedig leerders aan om deel te neem aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite wat met die ontwikkeling van ’n aktiewe en gesonde leefwyse vereenselwig word. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

LitNet-blokraai: Skolesport

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle

Sport en ontspanning in al sy vorme bied fisieke, emosionele en verstandelike voordele wat elke mens benodig om ʼn gesonde en gebalanseerde lewe te handhaaf. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Persverklaring: Op Jeugdag neem die Suidoosterfees jou terug skool toe

LitNet
Suidoosterfees

Op Jeugdag 2021 neem die Suidoosterfees, KKNK en NATi teaterliefhebbers terug skool toe. Die klaskamer is ’n reeks kort plekspesifieke produksies wat in verskillende ruimtes van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aangebied word. Vertonings vind op 16 en 19 Junie om 11:00 en 15:00 plaas.

Leefstyl

SAFTA-toekennings 2021: ’n onderhoud met Elsje Stark, vervaardiger van Binnelanders

Naomi Meyer, Elsje Stark
kykNET Portaal

"Ons het ’n storiespan wat onder geweldige tydsdruk daarin slaag om oorspronklik te dink en geen steen onaangeroer laat om ons kykers vasgenael te hou nie."

Pierneef se agterkleinniggie hou ’n solo-uitstalling

Neeske Alexander, Izak de Vries
Kuns

Die Kaapse kunstenaar Neeske Alexander se uitstalling One day at a time het onlangs geopen. Haar grootoumagrootjie was Neeske Pierneef, die bekende skilder se ma.

Persverklaring: ’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Toyota US Woordfees is in wording

LitNet
Toyota US Woordfees

Die 2021 Toyota US Woordfees sal nie in die beplande formaat van 17 tot 24 September in Stellenbosch kan plaasvind nie, maar daar word reeds hard gewerk aan ’n opwindende alternatief. Meer besonderhede oor hierdie landswye Covid-veilige viering van die kunste sal binnekort bekend gemaak word.

Persverklaring: Spoorlangs is Andries Bezuidenhout se vierde solo-album

LitNet
Musiek

"Grasdakke is wonderlik vir akoestiek en rondawels het nie hoeke waar weerbarstige basfrekwensies kan gaan sit en saamsweer nie."

Press release: Joint South African première of I am here

LitNet
Film

These memories are depicted in 2D animation – an unusual medium for Holocaust flashbacks – which adds a nuanced innovation to the texture of Ella's stories.

Persverklaring: Die voordele van eierwit – aanlyn

LitNet
Teater

Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm. Twee name wat jou klaar laat lag, al lees jy dit net. En wanneer laas het jy die kans gehad om hulle op ’n verhoog te geniet? Kaartjies kos R100 en kan by webtickets bespreek word.

Persverklaring: Aanlyn werkswinkel oor lokatiewe literatuur aangebied

LitNet
ATKV-Portaal

Die komende kursus in die beplanning en loodsing van lokatieweliteratuurprojekte word vir aanlyn aanbieding beoog om oor drie Saterdae te strek: 17 Julie, 31 Julie en 21 Augustus 2021.

Nuwe skryfwerk

Ontvlugting

Christo Meyer
Poësie

"arms gevou
kop omlaag
gesig sonder uitdrukking
haar binneste ’n oseaan
vol opgekropte seer"

Daughters

Heidi Henning
New writing

"You are the learners of landscape,
Listeners of the berg wind,
Its strong voice shouting through dark nights"

Mag ek?

Anzel van den Berg
Poësie

"ek wil vir jou die sterre
een vir een gaan pluk
om te koester en vas te hou
dit bottel vir geluk"

Lament

Ferdi Wheeler
New writing

"yet, in my brain
resides another I:
the beauteous lineaments,
of a long forgotten me"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

[email protected]

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved