|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 844
08/04/2021
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Die oortjies van die seekoei |
Weerlose meganika
Skrywer: Anton Roodt
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624091356
’n Tydjie terug is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die Slag van Bloedrivier geneem is ... en dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor ... en die koperplaatfoto het verdwyn! ’n Heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire. |
 |
|
 |
Strate toe vir Afrikaans by US: 9 April
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
Danie van Wyk van DAK Netwerk: "Ons het niks teen Engels nie en is ook nie gekant teen transformasie nie. Bruin mense is die groep wat die meeste ly onder die universiteit se huidige taalbeleid. Die universiteit skuld bruin mense ’n verskoning vir die wyse waarop hulle ons in die verlede op grond van ras uitgesluit het en nou weer op grond van taal." Jean Oosthuizen lewer verslag.
|
 |
Afrikaans: Rollende massa-aksie by US, 9 April
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
"Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat ’n optog van hierdie omvang vanuit hoofsaaklik bruin geledere geloods word om protes aan te teken teen die groeiende miskenning van Afrikaans aan die universiteit."
|
 |
US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom
Virginia Keppler
Universiteitseminaar | University Seminar
"Afrikaans is juis sy eerste kopskoot toegedien met die aanvaarding van die US se 2016-Taalbeleid, en nou, terwyl hy lê en bloei, kry hy sy tweede skoot."
|
 |
US-taaldebat 2021: Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch
Dawie van Velden
Universiteitseminaar | University Seminar
"Mense van alle vlakke van die samelewing het ’n behoefte aan wetenskaplike inligting in hulle moedertaal van die wêreld waarin ons leef om sin te maak van ingewikkelde begrippe in verstaanbare taal. Universiteite is belangrike nasionale bates waar vernuwende denke tot verbetering van ons land en die wêreld moet lei."
|
 |
US-taaldebat 2021: US-koor sing nog in Afrikaans
Marguerite van Wyk
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die kwessie van sang en taal is egter veel groter as die vraag of ’n koor in Afrikaans mag sing al dan nie. Dit gaan eerder daaroor dat die koor (en selfs sêrgroepe) soveel beter daaraan toe is as hulle in soveel moontlik tale sing."
|
 |
Persverklaring: Suid-Afrikaanse Akademie betreur taaldebakel op Stellenbosch
LitNet
Universiteitseminaar | University Seminar
"Ons kommer oor die taalkwessie by Stellenbosch spruit uit die waarneming dat een van ons land se inheemse tale, en daarby die jongste taal uit Afrikabodem wat die afgelope eeu tot volle wasdom as ’n wetenskapstaal ontwikkel het, se waarde klaarblyklik deur die Universiteit Stellenbosch geringgeskat word."
|
 |
Tana Baru – meer as net ’n keramat
Tasneem Daniels
Menings
"Daa is baie mense begrawe op Tana Baru ('nuwe grond'), soes Tuan Guru ... Maa die turning point vi my was wanner ek ... gelies het dat Sameda Van De Kaap daar begrawe is – sy is die co-founder vannie Palm Tree-masiet in Langstraat, Kaapstad. Ek’t besluit om haa keramat te gaan visit ... Maa toe ek daa aankom, kon ekkie haa keramat vind’ie – sy was net nie daa nie. Tuan Guru ennie anner imams se name was groot op ’n bord geplak, maa nie hare nie."
|
 |
Van dink na doen: ’n onderhoud met Louis van der Riet
Lidia Rauch, Louis van der Riet
Onderhoude
Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die teoloog Louis van der Riet. Louis het onlangs ’n gesamentlike doktorsgraad aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy en Lidia gesels onder meer oor die verband tussen waarheid en oorgangsgeregtigheid, die versoeningsdiskoers in Suid-Afrika, en witwerk.
|
 |
Integriteit
Handré Brand
Menings
"Volgens Seok (2019) word integriteit en konsekwentheid van morele gedrag vanuit die vertrekpunt van die Confucianisme gesien as kwesbaarheid, met ander woorde ’n openheid en sensitiwiteit vir ander se emosies, hul omstandighede, asook vir die onvoorspelbaarheid van die lewe."
|
 |
Donkere wolken boven het Binnenhof
Ingrid Glorie
Meningen
"Eén dag na de Nederlandse parlementsverkiezingen leek de uitkomst nog voor de hand te liggen. De VVD van premier Mark Rutte was als winnaar uit de bus gekomen en zou naar alle waarschijnlijkheid een coalitieregering vormen met drie andere partijen: D66, het CDA en, vooruit, nog één kleine partij erbij om in de Tweede Kamer een meerderheid te krijgen. Maar een week later liep alles mis, en nóg een week later hangt Ruttes politieke toekomst aan een zijden draadje."
|
 |
’n Nuwe pelgrimstog vir Suid-Afrika?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Hierdie April kan op sy eie manier ’n bepalende oomblik in die geskiedenis van ons land aandui as Magashule en sy maters besluit om wel terug te veg en vir grootskaalse ontwrigting en sosiale onrus te sorg, soos wat hulle reeds dreig. Dit sal nie ’n Arabiese Lente wees nie, want dit is ’n politieke oorlog wat op geen opregte en geloofwaardige gronde gevoer word nie; en mag eiebelang tog nooit gemeenskaplike belang troef nie. Maar desperate mense maak, na die spreekwoord, benoude spronge."
|
 |
Al hoe meer partye eis Lesufi se kop
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die storm wat om die kop van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, losgebars het na sy uitsprake oor tenders wat glo sy eie mense moet tevrede stel, het uitgebrei nadat nóg ’n party sy kop geëis het."
|
 |
Zuma vaar uit teen ANC se top ses
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Politieke ontleders is dit eens dat die volgende 30 dae van die onstuimigste tye in die ANC se geskiedenis gaan wees hangende die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Zuma en wat Ace Magashule gaan doen wanneer die 30 dae om is."
|
 |
Wiskunde, graad 2: eerste kwartaal – vraestel en memo
Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle
Is jou kind vanjaar in graad 2 en wil jy graag seker maak sy het haar wiskunde vir die eerste kwartaal onder die knie? Saam met LitNet is wiskunde kinderspeletjies en soveel pret soos om in te kleur en te verf. Laai ’n gratis oefenvraestel en memorandum hier onder af.
|
 |
LitNet-blokraai: Besigheidstudies
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Besigheidstudies ondersoek besigheidsbeginsels, ook die teorie en praktyk wat die ontwikkeling van entrepreneursinisiatiewe, volhoubare besighede en ekonomiese groei ondersteun. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
LitNet-blokraai: Stokperdjies
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Leefstyl
Stokperdjies hou talle voordele in; die aanleer van nuwe vaardighede stimuleer ons breinnetwerke. Hierdie blokraai kan dalk net help!
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith: ’n bespreking
Izak de Vries
Boeke en skrywers
"Ek wil voorstel dat Die kleinste ramp denkbaar as ’n speurroman gelees moet word. Bennie Griessel sou dalk weer begin drink as hy gedwing sou word om hierdeur te lees, maar vir die regtig ernstige leser kan hierdie boek ’n besonder interessante leeservaring word."
|
 |
Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, ’n lesersindruk
Irene Schoonwinkel
Lesersindrukke
"Fanie Viljoen se jeugroman Offers vir die vlieë lewer kommentaar oor die fisieke, emosionele en psigologiese nagevolge van geweld, oorloë en breinspoeling. Dit lewer egter ook kommentaar oor die menslike wil om menslik te bly."
|
 |
Johanne 14 by Hope Malau: a reader impression
Louise Viljoen (JBay)
Books and writers
"In a time in South Africa when we are trying to understand each other more than ever, when we are experimenting with ideas of unity, diversity and forgiveness, while still staying true to ourselves, Johanne 14 is a quiet celebration of the things that really matter, that which lies at the heart of it all – like the perfect cabbage."
|
 |
Tweedehandse boeke en eerstehandse gasvryheid in Yolanda Barnard se Yolo
Melt Myburgh, Yolanda Barnard
Boeke en skrywers
“In Desember verlede jaar het ek na my duisende boeke gestaar – geliefde boeke, geleeste boeke, boeke wat vertroosting bring. En ek het gewonder wie hulle eendag gaan erf.” Só sê oudjoernalis en skrywer Yolanda Barnard, deesdae eienaar van die tweedehandseboekwinkel Yolo in Centurion.
|
 |
Ek stap na my hart
Johannes van der Merwe
Poësie
"Ek stap deur strate van dronk herinneringe
waar skimme skouer aan skouer loop
om vloek- en vleitaal te verenig"
|
 |
Seisoen
Von Villon
Poësie
"Al verlei herfs in koper en goud,
sal ek onthou:
Seisoene beweeg altyd verby."
|
 |
Berge
Andries Fourie
Poësie
"vele gangers van vergange dae
sing hier hul laaste avondslied
hier waar sy regtervuis se kneukels
oor gladde rostrumrotse
sy kwota afgunsbloed vergiet"
|
 |
Father
Heidi Henning
New writing
"I’ll meet you in ten minutes
At Café Anton for coffee
You’ll be early as always
Waiting for me"
|
 |
Insomnia
Anna-Marie le Roux
SêNet-briewe
"Ai, Oupa, hoe verlang ek nou na Oupa hier waar ek weer slapeloos op ’n wilde uur sit en tee drink!"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|