Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 816

11/09/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Aanspreeklikheid

Pasverskyn

Waar onthou begin


Skrywer: Connie Luyt
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781485904465

Toe Elfrieda ná ’n lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie.

Boeke en skrywers

LitNet Akademies-resensie-essay: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

Willie Burger
Resensies

"Maar om tyd met hierdie boek deur te bring is beslis lonend, nie omdat die roman troos nie, nie omdat dit lekker is om in ’n speurverhaal te ontsnap nie, maar omdat die speurverhaal aangewend word om die permafrost om jou hart soos ’n warm ploeg om te keer."

LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg

Louis Esterhuizen
Resensies

"In die digkuns word daar vry algemeen na ’n geslaagde gedig of bundel verwys as ’n 'deurgekomponeerde' werk ... Sodanige beskrywing is net so van toepassing op Zirk van den Berg se Tweegevreet, want géén aspek van hierdie teks staan verwyderd van die sentrale vraag na betekenis (verklaring) en die 'ware' aard van die mens wat tegelyk brutaal én weerloos kan wees nie."

Fourie Botha – Penguin se geheime wapen uit die Marico

Melt Myburgh, Fourie Botha
Skrywersonderhoude

"Gedigte skryf is ’n klein venster wat ek oophou vir my eie persoonlikheid, want wanneer ek werk wil ek ’n skoon lei wees wat nie afgee aan ’n skrywer se skepping nie."

Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, Veronique Jephtas
Onderhoude

Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

#opdielug met Keanen Engel

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Keanen Engel
Onderhoude

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met die jong dramaturg Keanen Engel.

Loftus Marais (1982–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek voel goed oor kontemporêre Afrikaanse poësie. Daar is soveel opwindende goed wat gebeur. Dit voel asof ek deel is van iets groots.” Loftus Marais se ATKV LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Hou moed!

Crito
Blogs

Crito lewer kommentaar op vandeesweek se oes van boekresensies: "Twee goeies, twee vrottes."

LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool: Aansoekers moet wikkel!

LitNet
Slypskole

Opkomende kortkunsskrywers wat nog aansoek wil doen vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool, wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 op Somerset-Oos aangebied word, moet gou spring. Die sluitingsdatum is Maandag 14 September 2020 om 12:00.

First sip: Death Flight by Michael Schmidt

LitNet
NB Publishers

"That morning, Major Neil Kriel received a radio message from Major-General Fritz Loots. He was to fly from Otjiwarongo to Oshivelo to pick up two packages for 'disposal'. He knew in his gut what this meant: he would have to pick up two human corpses from the police and make them disappear into thin air."

First sip: Prisoner 913 by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet

LitNet
NB Publishers

In 2013, historian Jan-Ad Stemmet opened a box at the Archive for Contemporary Affairs at the University of the Free State and realised he had found a collection of documents that would rewrite the story of Nelson Mandela’s release.

PRH | LAPA | Nuwe fiksie | New fiction

LitNet
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

Penguin Random House en LAPA se nuwe fiksie is bekendgestel. | Announcing new fiction from Penguin Random House and LAPA.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2020

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

PEN Afrikaans: Om met ’n skalpel te skryf

Tertius Kapp
PEN Afrikaans

Tertius Kapp, bekroonde draaiboekskrywer, vervaardiger en dramaturg, besin in hierdie artikel oor verwerkings van bestaande tekste vir die silwerdoek. Wat maak 'n verwerking geslaagd? Wat is die slaggate? Hierdie artikel vorm deel van PEN Afrikaans se reeks "Die wêreld van die skrywer".

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nicolas Steytler se bydrae

Nicolas Steytler
Boeke en skrywers

"Dis maklik om te sê dat Ouma so spesiaal was oor die dinge wat sy gesê het en die dinge wat sy geskryf het, maar wat vir my uitgestaan het, was haar luistervermoë. Niks was oninteressant nie. Sy wou als weet."

Elsa Joubert memorial service: JM Coetzee’s contribution

JM Coetzee
Books and writers

"With her wide experience of the world, her firm but generous moral sense, and her sharp, inquiring mind, Elsa Joubert represented the very best of the Afrikaans intellectual tradition. I am honoured to have been her friend."

Menings

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alex van den Heever en Otto de Vries

Freek Robinson, Alex van den Heever, Otto de Vries
Onderhoude

Die toerismesektor se bydrae tot die land se BBP is 8,5%. Wat is die stand van hierdie sektor tans? Wat is die vooruitsigte? Freek Robinson gesels met Alex van den Heever, voorsitter van Social Security Systems Administration and Management Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Otto de Vries, bestuurshoof van ASATA (Association of Southern African Travel Agents).

The South African economy and the JSE

Freek Robinson, Leila Fourie
Interviews

Leila Fourie, CEO of the Johannesburg Stock Exchange, on the South African economy and the JSE.

Waarom die wêreldwye aandrang vir die oorskakeling van aandeelhouer- na belanghebberkapitalisme?

Chris Nelson
Seminare en essays

"Die instelling van omvangryke ingrendelmaatreëls wêreldwyd deur onvoorbereide en paniekbevange regerings op ’n oorhaastige en soms ondeurdagte en irrasionele wyse het sakeondernemings gedwing om tot herbesinning oor te gaan betreffende hulle rol in die samelewing."

Trevor Manuel het deel aan "die byna drie dekades van ANC-bewind wat vermors is"

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die waarheid is dat die huidige ekonomiese trajek waarop ons is, ons moontlik oor die afgrond kan druk waaronder die arm en honger mense die ergste gaan ly."

Clicks, Julius en die nuutste skermutseling in die hare-debakel

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek stem glad nie saam met die skade wat die EFF aangerig het nie. En ek voel effens jammer vir Clicks. Hulle het nie die advertensie bedink nie, hulle het dit net onsensitief geplaas. Maar ek hoop dat die protes ten minste maatskappye twee keer gaan laat dink voordat hulle toondoof advertensies laat maak."

Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld

Elsabé Brits, Awie Greeff, Marita Oosthuizen
Onderhoude

"Die lees van kultuurgerigte stories, die keuse van skole, kontak deur spesifieke ondersteuningsgroepe en blootstelling aan spesifieke geografiese omgewings tydens vakansies word dikwels doelbewus deur ouers gebruik ten einde die kinders bloot te stel aan hulle biologiese kultuur."

Hou op kwel en begin lewe

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Ek onthou die dag toe ons gesinnetjie op die grasperk in ’n sirkel gedans het toe ons in kennis gestel is dat ons ’n karavaan in ’n Reader’s Digest-kompetisie gewen het."

#opdielug met Tenita Kidelo

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tenita Kidelo
Onderhoude

Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van die Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

Hedendaagse woede en vrae

Reusedwerg
SêNet-briewe

"Moet ek sak, pak, tas en kameel vat en padgee, wie weet waarheen?"

Nou op Voertaal

Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het."

EFF plunder en brand na omstrede haar-advertensie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela sê dis goed om die advertensie te veroordeel, maar anargie en geweld ondermyn die saak."

EFF-"boewery" wyd veroordeel

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"AfriForum het ’n beroep gedoen op Bheki Cele, die minister van polisie, om daadwerklik op te tree teen oortreders wat Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het. Dit volg nadat ’n rasseherrie ontketen is weens ’n omstrede Clicks-advertensie."

Zuma en Guptas wou vermoedelik Eskom ook kaap

Jean Oosthuizen
In het nieuws

Die jongste getuienis voor die Zondo-kommissie vind plaas in ’n week waartydens die land opnuut daagliks met beurtkrag gekonfronteer word.

Sustaining Theatre and Dance (STAND)

Mike van Graan
Nuusvinke

"It is against this background that a few friends and colleagues in the dance and theatre sector and I decided to launch the Sustaining Theatre and Dance (STAND) Foundation, whose core purpose is to provide support to South Africa’s dance and theatre ecosystems."

Britse journalist ontleedt spanningen in hechte gemeenschap op Vrystaatse platteland

Ingrid Glorie
Literatuur

"Vier jaar lang volgde BBC-correspondent Andrew Harding de rechtszaak rond de zogenaamde 'Parys-6', een groep blanke boeren die in een vlaag van collectieve woede twee zwarte mannen zouden hebben gedood. De zaak draait om ras, geweld, grondbezit en de kloof tussen rijk en arm."

Akademies en skole

Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou

André Mukheibir, Hennie van As
LitNet Akademies (Regte)

"Die versuim van plaaslike owerhede om amptenare en politici verantwoordbaar te hou, het tot gevolg dat munisipaliteite nie hul grondwetlike doelwitte bereik nie, wat ’n negatiewe uitwerking op die lewenskwaliteit van gemeenskappe het."

Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"

Daniël Louw
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Tussen 'siel', 'onsterflikheid', 'ewigheid' en 'onverganklikheid' is daar geen rasionele of empiriese verband nie. In die Christelike geloof is dit gekoppel aan die opstandingsperspektief. Dit is eintlik merkwaardig dat Elsa Joubert alreeds in haar reisverhaal hierdie koppeling aangevoel het …"

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies se tweede uitgawe van 2020 is nou in PDF-formaat beskikbaar. LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde navorsing in Afrikaans, en is gratis beskikbaar. Navorsers wat vanjaar nog in LitNet Akademies wil publiseer, word hartlik uitgenooi om hul artikels spoedig voor te lê.

Tweede oproep: 2020-Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se derde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe sluit Maandag 14 September 2020.

Ontlaering 2021: Eerste oproep om voorstelle

LitNet
Akademies en skole

Die tema van die aanlyn 2021-kongres is Geworteldheid: die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes. Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen 31 Januarie 2021. Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, die VSA en Namibië met/oor Afrikaans werk om deel te neem.

Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse: praktiese wenke

Yolandi Roux
Skole

Yolandi Roux, die onderhoof van ’n remediërende skool, deel praktiese wenke om die gebruik van tegnologie in die klaskamer toe te lig. Haar wenke kan deur enige persoon in enige skool gebruik word.

Graad 12 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

Aletha de Klerk
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 12 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Aletha de Klerk se Eksamenhulp-boek.

Persvrystelling: Webinare vir die klaskamer

LitNet
Skole

Onnies, hier is ’n manier om akkreditasiepunte te verdien. Verskeie instellings werk saam om webinare aan onderwysers, ouers en leerders te bring.

Leefstyl

kykNET Silwerskermfees 2020: Leon van Nierop se oorsig

Leon van Nierop
Film

"Hierdie weergawe van die Silwerskermfees bewys: So baie kan met so min gedoen word."

Wen R500 kontant! Wat beteken woorde vir jou?

LitNet
Skryfkompetisies

Wil jy geld of boeke wen? LitNet wil weet: Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld? Ons gee ’n kontantbedrag van R500 aan die beste inskrywing en LAPA Uitgewers sal vir drie deelnemers elkeen ’n boekpakkie stuur.

Press release: Cradock video series promotes resilience in tough times

LitNet
Lifestyle and entertainment

As a valuable aid for teachers struggling to keep their students engaged throughout the hardships of COVID-19, filming is underway in Cradock for a 12-part video series promoting creativity, critical thinking and communication in virtual classrooms across South Africa.

Persvrystelling: Ekstra medium – welkom by Bertie se plek!

LitNet
kykNET Portaal

"Ekstra medium is ’n ligte drama, ’n redelik nuwe genre waar die lig en donker van die lewe mekaar deeglik omarm en dieper temas deur humor sowel as drama ontgin word."

Nuwe skryfwerk

Laaste reis

Ryk Brink
Poësie

"Ek sal verby Nuwerus en Bitterfontein kronkel,
vir ’n oomblik onder ’n doringboom gaan rus
voordat ek die laaste grens oorsteek"

Skoonma

Collin Greger
Fiksie

"’n Ongedurige skoonma is nie ’n ding waarmee ’n man sukkel nie. Soos dit toe ook nou gebeur, kry ek vermoedelik die duiwel se eie sussie vir ’n skoonma, en ek en sy kan van meet af aan nie vatplek kry aan mekaar nie."

Hoe liggies dans my masker in die aandwind

Eben Viktor
Poësie

"dink jy as als verby is sal jy my kan teruggee,
my eindelik weer kan oorlaat aan my eie gesig?"

#inittogether

Ryk Brink
New writing

"The days, bursting with purpose,
now linger
between the hours
of empty sunrises"

In memoriam

Achmat Dangor: From LitNet’s archives

Jean Meiring
Books and writers

Achmat Dangor passed away on the 6 September 2020. Below, LitNet shares an article that was published in October 2004 on LitNet titled "Tasting the sweet fruit of literary success".

Elders gesien

Elders gesien: Die hardste winter

Leoni Smit
Elders gesien

"En ek wonder die weirdste dinge ... Weet sy dat sy leef of is sy net op automatic? Kry jy meer dystopian? Die strate raak dammende, dawerende polaroids ..."

Elders gesien: Inname

Clinton V du Plessis
Elders gesien

"alles
wat, heilig ommuurd, tot besit vir beperkte gebruik verklaar is
wat goedgelowig omvattend gedek is deur versekering
alles sal onteer word."

Elders gesien: COVID-19 – Ons is nog nie oor die hond se stert nie

Elsabé Brits
Elders gesien

"Hoe lank ons in die huis gaan bly? Wel, ons sterftesyfer is nog gans te hoog. Baie hoog."

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved