Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1047

25/04/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025

Wat is jy, Kartoffel?

Skrywer: Marga Jonker
Illustreerder: Alzette Prins
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637007085

Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie. Hy is nie meer mooi seker of hy ’n wollie, of ’n woffel, of dalk ’n waffel is nie. ... Wat is jy, Kartoffel? is ’n geïllustreerde kinderstorie oor ’n jong strandwolfie wat ’n paar verskillende diere teëkom en moet verduidelik watter soort dier hy nou eintlik is. Lees saam aan hierdie skattige storie oor ’n strandwolfie se soeke na wie hy is en waar hy inpas. Perfek vir enige kinders wat wonder oor waar hulle plekke is en waar hulle behoort.

Boeke en skrywers

Persverklaring: Aankondiging van die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2025 aan.

PenAfrican: Twist by Colum McCann: a review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"If you thought Apeirogon, published in 2020, was the most pertinent book McCann could have written for our era, wait until you read his recent book, Twist, which came out this month."

Boekevat met Deborah: Dink jouself gelukkig, Hollywood on the veld en Khaki fever

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering vra sy of jy geweet het om gelukkig te wees is ’n Bybelse opdrag. Sy skryf van toe die Goudstad se uitspattige spandabelrigheid begin uitrafel en teaters bankrot gespeel het. En sy skryf oor ’n boek wat haar deur sy skoonheid oorrompel het.

Mamba deur Pieter Henning: ’n resensie

Carla van der Spuy
Resensies

"Mamba is ’n spanningsroman met ingewikkelde intriges en ’n menigte invalshoeke wat jou hare behoorlik laat rys. Daar is talle avonture, maar ook sameswerende geheimsinnigheid en rugstekery. Die soektog na die slang raak lewensgevaarlik, selfs doodsveragtend."

Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Die 'gaan hy?'- en 'sal sy?'-momente word heerlik uitgerek en skep verwagting, afwagting en spanning."

Stefaans Coetzee gesels met Louise Viljoen oor Toevlug

Stefaans Coetzee, Louise Viljoen (JBay)
Skrywersonderhoude

"Ek dink elke karakter in Toevlug verdien ’n boek van hulle eie. Elkeen se lewensverhaal het die potensiaal om verder ontwikkel te word. Dalk omdat ek hulle as gewone, kwesbare persone uitgebeeld het – mense wat lief en leed deurgemaak het en ook foute begaan het."

Mamba deur Pieter Henning: ’n lesersindruk

Trisa Hugo
Lesersindrukke

"Daar is ook letterlike kronkels, met ’n slang as karakter. Dit is ’n vars aanslag om soms uit die slang se perspektief te kyk."

Trienke Laurie (1946–2023)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd." Lees meer oor Trienke Laurie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Press release: The Island Prize longlist 2025

LitNet
Books and writers

We are delighted to announce the 2025 Island Prize longlist for a debut novel by an African writer. The Island Prize is an annual competition held by Holland House Books. It offers both a small monetary reward and assistance in navigating the difficult world of the publishing industry, such as working on the winning manuscript with the author and assisting them in approaching agents and publishers.

Press release: Modjaji Books and Catalyst Press announce international publishing partnership

LitNet
Books and writers

This arrangement promises to bring increased global visibility to Modjaji authors while maintaining Modjaji’s distinctive editorial vision and established local presence.

Uit die argief

LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter

Linda Roothman
Resensies (2023)

"Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."

Gaireyah Fredericks vertel oor die bekendstelling van haar boek Een voet innie kabr

Gaireyah Fredericks
Boeke en skrywers (2024)

"Soon sallie vriemtgyt vannie Kaapse community se practices en culture wat soe baie experience en vriemtgyt innie doekies en net langrokke sien, weg wither en families en vrinne mekaa stywer embrace en innie taal, die Cape Moesliem vernacular, mekaa groet."

SteedsDink met LitNet Akademies: Burgert Senekal oor sy akademiese navorsing

Burgert A Senekal
SteedsDink (2025)

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor netwerkanalise en die Afrikaanse letterkunde, taal en kultuur. Hy lewer kommentaar oor die impak en toekoms van KI, taalbeleid en KI en interdissiplinêre navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Doen nou aansoek vir 2025

LitNet
Boeke en skrywers

Skrywers wat in 2025 se winter vir ’n maand lank rustig wil skryf, kan nou aansoek doen vir Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap op Nxuba/Cradock.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

As dié artikel verlede jaar geskryf was

Tim du Plessis
LitNet25-skrywersberaad

"Afrikaanse joernalistiek se beste kans op langtermynoorlewing is bes moontlik in die hande van ’n nuwe generasie joernaliste wat die DNS van die digitale wêreld beter bemeester as hul voorgangers én wat nuwe oplossings en toepassings kan bedink."

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad sal oor ’n aantal maande strek.

ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Suidoosterfees 2025

Suidoosterfees 2025: Stormkaap: Kom drome andersom uit?: ’n onderhoud met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais

Maryke Roberts, Nathan Trantraal, André Trantraal, Ashley Marais
Suidoosterfees

Maryke Roberts gesels met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais wat vanjaar by die Suidoosterfees onder die tema Stormkaap: Kom drome andersom uit? uitstal. Dis die trio se eerste groot openbare uitstalling saam.

Joe Barber 25 by die Suidoosterfees 2025: ’n kwarteeu van jou gunstelingbarbier

Maryke Roberts, David Isaacs, Oscar Petersen
Suidoosterfees

"Joe Barber vier vanjaar ’n kwarteeu – die Moederstad se komedie met die langste raklewe – én het by die 60ste Fleur du Cap Teatertoekennings op 23 Maart die Encore-toekenning ontvang."

Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien

Maryke Roberts, Carlo Daniels
Suidoosterfees

"Die stuk is baie opwindend. Dit verdien sy plek op die verhoog; dit gryp die verbeelding aan, maar dit handel ook oor temas van armoede, klas en baie ander aspekte van die lewe binne in ’n sisteem."

Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

Produksies op die Suidoosterfees se dansprogram beloof om vanjaar weer mense te betower met aanskoulike tegnieke en passies.

Leefstyl

Pareltjes uit Amsterdam: Zuid-Afrikahuis-besoek met Wessel van Arnhem

Johan Allers
Leefstyl

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks gesels hy met Wessel van Arnhem oor die Zuid-Afrikahuis aan die Keizersgracht.

The ephemeral nature of things: ’n onderhoud oor ’n kunsuitstalling, die natuur en die kortstondigheid van die lewe

Naomi Meyer, Laurette de Jager
Kuns

"Ek dink nie dat ek probeer om die kyker se verhouding met die aarde te verander nie, soseer as wat ek probeer om aandag te vestig op die feit dat die gevoelens van verlies en rou wat hulle moontlik ervaar, te wyte kan wees aan klimaatdroefheid. Vir my is dit belangrik om ’n gemeenskap van sorg te bou – vir mekaar en vir die wêreld. Om te weet dat ’n mens nie alleen in jou rou is nie, is belangrik."

Menings

Die week van 27 April 2025 (25 April 2025)

Theo Venter
Menings

"Op 27 April 2025 sal dit 31 jaar wees sedert Suid-Afrika sy demokratiese projek betree het, en die afgelope week was vol van politieke gebeure en innuendo."

Die Zelenski-besoek aan Suid-Afrika (24 April 2025)

Theo Venter
Menings

"Ramaphosa kan ook ’n rol speel om Poetin se standpunte te beïnvloed, maar in die proses sal Suid-Afrika baie sensitief moet wees om nie die glans van ’n Trump-vredesinisiatief te verdof nie."

Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW-besluit te stuit (23 April 2025)

Theo Venter
Menings

"Wat was dan die doel van die intense debatte in die Kaapse Hooggeregshof waar, interessant genoeg, die regering aan die een kant hul saak gestel het en dieselfde regering dit aan die ander kant afgeskiet het? ’n Kwessie van RNE vs RNE!"

Te min geld vir die onderwys: ’n onderhoud oor die regering se plig – en oor ouers se taak

Naomi Meyer, Jaco Deacon, Riaan van der Bergh
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Skole en onderwysers is toenemend onder druk deur ouers wat ’n verbruikersingesteldheid openbaar, eerder as dié van ’n vennoot. Skole kan nie in sewe uur regmaak wat huishoudings en die samelewing in 17 uur breek nie."

Staak!

Freek Robinson, Cobus van Vuuren
Onderhoude

’n Algemene staking dreig by die Suid-Afrikaanse spoorweë en in ons hawens. Dit kan die land, wat reeds ekonomies swaarkry, R8 miljard per dag aan verliese kos. Robinson vra: Waarom wil julle staak en watter alternatiewe wil die unie voorstel?

Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak

Naomi Meyer, Gys Visser
Kopiereg-wetsontwerp

"Enige persoon wat inkomste verdien uit die vrugte van hul kreatiwiteit, soos ’n skrywer, benodig wetgewing wat dit vir hulle moontlik en volhoubaar maak. Kopieregwetgewing moet dus aanhou om kreatiwiteit te beskerm en skeppende mense aanspoor om aan te hou skep en vernuwe (want die samelewing in die geheel vind baat daarby)."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise

Johann Rossouw, Jo Prins, Francois Bekker
Seminare en essays

Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.

Gekkedag 2025: Om cool te wees

Adéne Lotz
Menings

"Mamma, gaan ons vir ons ’n vape koop? Want ek wil ook cool wees."

Gekkedag 2025: Jou humorsin

Adéne Lotz
Menings

"My tiener word vriendelik verplig om my te help wasgoed ophang. Dis herfs en die sonnetjie effe. Ek wil jou leer (of so dink ek) hoe om dit 'reg' te doen, sodat dit effektief droog sal raak."

In memoriam: Frikkie Lombard

Alet Cloete
In memoriam

"Ons het net die hoogste waardering vir die 42 jaar waarin Frikkie die Woordeboek van die Afrikaanse Taal met onderskeiding gedien het. Hy was ’n knap leksikograaf wie se woordvaardigheid en toewyding letterlik boekdele spreek. Ons sal sy menslikheid, kollegialiteit en veral sy humorsin baie mis. En die mooi herinneringe herfs ná herfs met deernis koester."

Frikkie Lombard: ’n huldeblyk

Phillip Louw
In memoriam

"In die vreemde reis wat ons die lewe noem, was dit my voorreg om eers sy leerling te wees, toe saam met hom te werk aan woordeboeke vir OUP en aan die rooi AWS by die Taalkommissie, en in die laaste dae van sy loopbaan sy bestuurder te wees. Met elke stappie was hy my vriend en leermeester, en dis haas ondenkbaar dat ek nooit weer sy wyse woorde of sy stoute grappies om die teetafel sal kan hoor nie."

Persverklaring: Vriend van Nagkantoor-eienaar wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Christo Els is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2025-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000. Els het die woord "nagkantoor" gekoop as geskenk aan sy vriend en die eienaar van die Nagkantoor Kuierkroeg op Kaapsehoop, oudjoernalis De Wet Potgieter.

Press release: On the UK Supreme Court ruling and public commentary by Helen Zille

PATHSA
Opinion

We are aware that some of the very sources cited here have been deliberately misinterpreted or misrepresented by those seeking to discredit gender-affirming care. This pattern — the selective citation of studies, the exaggeration of uncertainty, and the failure to reflect scientific consensus — does not reflect good-faith engagement with evidence.

Nou op Voertaal

BTW-besluit: Twis onder politieke partye wie krediet moet kry

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Selfs partye soos ActionSA, wat saam met die ANC en kleiner partye ten gunste van die fiskale raamwerk gestem het wat so ’n verhoging sou insluit, maak nou aanspraak op ’n oorwinning."

Solidariteit wil Ramaphosa aankla van minagting van die hof

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hoewel die saak Solidariteit se posisie onder hul ondersteuners kan versterk, is daar volgens sommige waarnemers ook ’n groot risiko dat Suid-Afrika in sy geheel, insluitend Afrikaners, die meeste sal ly as gevolg van moontlike ekonomiese sanksies, sosiale verdeeldheid en diplomatieke skade indien Amerika Suid-Afrika die rug verder sou toekeer."

MK Party teiken eksklusiewe Afrikanergemeenskappe met wetsontwerp oor selfbeskikking

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit kom te midde van spanning met die VSA oor president Donald Trump se kommentaar oor Suid-Afrika se grondhervormingsbeleid en sy aanbod van vlugtelingstatus aan Afrikanerboere, wat die debat oor Afrikanerselfbeskikking verder aangevuur het."

Suid-Afrika rou oor pous Franciskus se heengaan

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Pous Franciskus was die eerste pous uit Latyns-Amerika en die Suidelike Halfrond. Sy dood beteken die einde van ’n 12 jaar lange pontifikaat wat op vrede, armoedebestryding en hervorming binne die Katolieke Kerk gefokus het."

13-jarige se selfdood ná beweerde boeliegedrag skok land

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Sadtu het destyds reeds beklemtoon dat geweld en boeliegedrag nie net ’n skoolprobleem is nie, maar ’n samelewingskwessie. Kinders boots dikwels gedrag na wat hulle in hul gemeenskappe of huise sien, waar geweld genormaliseerd kan wees."

Terugblik en balans: Wisselleerstoelen Nederlands in Zuid-Afrika, een gesprek met Yves T’Sjoen en Wannie Carstens

Yves T’Sjoen, Wannie Carstens
Academisch

"Door voortaan meer gebruik te maken van online tools, zoals virtuele leeromgevingen, kunnen studenten in Zuid-Afrika en Namibië, en ook elders (Nederlands buiten het taalgebied), de cursussen volgen. Op die manier zullen de leerstoelen niet alleen meer studenten en docenten bereiken dan uitsluitend in zuidelijk Afrika."

Hier respekteer almal mekaar

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die Abrahamitiese Familiehuis wat op 1 Maart 2023 geopen het, se missie bou voort op die Dokument oor Menslike Broederskap (The Document on Human Fraternity) wat in 2019 deur pous Francis en Ahmed El-Tayeb onderteken is en veral gaan om die oortuiging dat oop dialoog, begrip en aanvaarding van kardinale belang is om die vele uitdagings wat die mensdom vandag in die gesig staar, aan te spreek."

Leesimpressie: Natuurlijke roman door Georgi Gospodinov

Erik van den Bergh
Literatuur

"Wervelende, bij vlagen dartele, speelse debuutroman over een huwelijk in verval en een naderende scheiding. Over vliegen, bijen en toiletten. Over vrijwel alles eigenlijk."

Akademies en skole

Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Wiskunde: Graad 9-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Nuwe skryfwerk

Sorgelose kinderjare

De Wet Bisschoff
Fiksiekompetisies

"Die skoolhoof het al die hele skool gedreig oor wat sal gebeur as hulle die kwaaddoeners vang. Die berugte toktokkiebende. Niemand verdink ons drie bleeksiele nie."

Stienie

Martin Botha
Fiksiekompetisies

"Die groepie lag saggies. Ek besef dis vir Ruan, maar ek het nie eers gehoor wat die kind sê nie. Dit maak nie saak nie, ek weet dit was vir hom. Hy kon nog altyd mense laat lag."

Ver genoeg

Adele Basson
Fiksiekompetisies

"Toe ek egter amper by die deur is, voel ek iemand aan my arm vat. Ek ken nie die groot ou met die poniestert en ’n week oue baard nie. Nog minder hou ek van die harde vat van sy massiewe hand op my elmboog."

Memoires

Barend van der Merwe
Poësie

"In my blik: ’n murasie,
deur die stilte verteer.
Elke spoor is ’n stasie
wat met tyd sal verweer."

Hollywood

Neo Mehlomakulu
Poësie

"ek het gedroem van ’n pa wat oppie punt van kopbeenplek gestaan het,
ennie drankdemoon access deny het."

Ek stap stadig

Johan van der Merwe
Poësie

"so geniet ek –
treur ek –
gebeur ek –
as ek stadig stap
statig en bang ek breek iets"

(Nog ’n) Ode aan Breyten

Louise van Eeden
Poësie

"In die grouheid van Parys
het hy gesterf."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved