Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 968

22/09/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Klanke van jou keel

Fresh off the press

A whistling of birds

Writer: Isobel Dixon
Publisher: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184144

Lyrical, vigorous, inventive, Dixon’s fifth poetry collection gestures towards DH Lawrence’s iconic Birds, beasts and flowers. Dixon’s gaze takes in Syrian roses, an abundance of apricots in Santa Fe, the memory of a dancing friend; bats, bees, tortoises, snakes, the generous body of a whale. Threaded throughout is the beautiful complexity and vulnerability of the planet, and the joy and difficulty of making art, as each poem becomes its own vivid testament to the natural world. 

Menings

Klanke van jou keel: ’n oorsig van Tuin van Digters 2023

Jean Oosthuizen
Feesoorsig

"Een van die merkwaardige aspekte van Tuin van Digters is sy inklusiewe aard. Hierdie fees het die vermoë om grense te oorskry met ’n onverskrokke passie vir die poëtiese vorm. Dit bring digters van alle taalagtergronde saam om ’n unieke ervaring van klank en betekenis te skep."

Die twaalfde Tuin van Digters in beeld

Engela Duvenage
Feesindrukke

Die twaalfde Tuin van Digters-fees is op 15 en 16 September 2023 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied. Engela Duvenage deel haar indrukke.

Om ’n ma te verloor

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Om ’n ma te verloor tref op ’n manier waarop geen ander verlies jou tref nie. Die feit dat ek haar as volwassene verloor het, is nie beter nie."

’n Gebaretaalwoordeboek

Freek Robinson, Cobus van Deventer
Onderhoude

Hoekom is daar verskillende dialekte in Suid-Afrikaanse Gebaretaal? Waarom beteken dieselfde gebare een ding as die spreker glimlag en iets anders as die spreker frons? Hoekom sukkel dowe mense soms om gewone skrif te lees – hulle kan mos sien?

One human family against evil empires

Mphuthumi Ntabeni
Opinion

"The literary controversy by author Elizabeth Gilbert, of the popular book Eat pray love, seems to have passed unnoticed on South Africa’s literary scene ... She delayed its publication indefinitely after receiving flak from Ukraine supporters and citizens."

"Maar wat ek nou vir jou sê kan ek nie in die openbaar sê nie": Notas oor die groeiende metafisiese oorlog van ons tyd

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Vir hierdie asketiese mistici word die hardste oordeel vir die self gespaar, word eerder geswyg as gepraat, en word ’n nuwe gemeenskap moontlik – radikaal inklusief vir álmal wat bereid is om die self af te lê en hulle aan hierdie biddende dissipline te onderwerp, en terselfdertyd radikaal ontoeganklik vir diegene wat eerder met die self besig wil wees."

ATKV-persverklaring en -uitnodiging: Leer in jou ma se taal

ATKV
ATKV-Portaal

Die ATKV bied op 27 September ’n paneelbespreking oor moedertaalonderrig aan. Vind by dié bespreking meer uit oor hoe onderrig in hul moedertaal ’n goeie grondslag vir kinders gee om ander tale aan te leer.

Uit die argief

’n Godsdiens herontdek

Nokuzola Mndende
OuLitNet

"Wat betref die verteenwoordiging van Afrika-godsdiens by nasionale geleenthede het ons gemengde sukses. Op Erfenisdag in September 1999 is Afrika-godsdiens vir die eerste keer by die nasionale byeenkoms ingesluit. Ek is daarheen uitgenooi."

Erfenisdag is g’n braaidag nie

Bettina Wyngaard
Rubrieke (2022)

"Erfenisdag was bedoel om ’n dag te wees waar elke kultuurgroep dit wat hulle uniek en uitsonderlik maak, te vier. Dit was bedoel as ’n dag waar kultuurgroepe meer van mekaar se kultuur kon leer op ’n gestruktureerde manier. In stede daarvan is dit verwring in net nog ’n kommersiële foefie."

Erfenisdag 2018: Koning Shaka, ’n eklektiese verkenning

Chris Swanepoel
Seminare en essays (2018)

"En so, met koning Shaka se pryslied en ’n blik op sy romantiese kant, herdenk ons dankbaar die geskakeerde Erfenisdag wat hy vir ons nagelaat het."

Nou op Voertaal

Buthelezi en die bloed van swart geweld

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Die beloofde beter lewe vir Suid-Afrikaners is eweneens ’n 'onafgehandelde transaksie'. Die onus rus op Buthelezi se party en ander opposisiepartye om dit reg te stel deur die ANC se wanbestuur tot ’n einde te bring – en dit sal Buthelezi se politieke beeld, geregverdig, laat blink."

Suid-Afrika se parlement is ’n sprokie wat ’n nagmerrie geword het

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Dit is ’n nagmerrie waarin die parlement ’n instelling geword het wat nie bloot fisies afgebrand het nie; Outa sê parlementariërs se verbintenis tot demokratiese waardes en die Grondwet het ook uitgebrand."

Duisende onopgeëiste lyke lê die land vol

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die adjunkminister van gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, sê daar is meer as 4 000 onopgeëiste lyke regoor die land. Sowat 1 500 lyke is nog onopgeëis in die KwaZulu-Natalse staatslykhuise, terwyl daar in Gauteng meer as 1 000 sulke lyke is."

Menseregtekommissie ingeroep oor wanbetaling van maatskaplike toelaes

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Dit is reeds die middel van September en sommige begunstigdes kan steeds nie toegang tot hulle fondse kry nie."

Breytenbach notitie #14: Zanzibar en het Land van MOR

Yves T’Sjoen
Literatuur

"Stone Town staat op de Unesco Werelderfgoedlijst. Het is niet omdat de latere Queen-frontman Freddie Mercury er is geboren."

Samespraak – een online gesprek nav 25 jaar Collectie Ernst van Heerden

Voertaal
Kalender

Met de Collectie Ernst van Heerden bezit Poëziecentrum een van de grootste collecties Zuid-Afrikaanse poëzie geschreven in het Afrikaans. Dit najaar is het 25 jaar geleden dat de Collectie Ernst van Heerden ontstond. Om deze heuglijke gebeurtenis in de kijker te zetten organiseert Samespraak, een interuniversitaire onderzoeksgroep rond Afrikaanse taal- en letterkunde, een online gesprek met Wannie Carstens, Yves T’Sjoen en Stefaan Goossens.

Leefstyl

After nature by Lien Botha and Jaco van Schalkwyk: "An interconnected offering"

Vernon Head
Lifestyle and entertainment

Vernon Head reflects on After nature, a collaborative exhibition by artists Lien Botha and Jaco van Schalkwyk, currently on show at Barnard Gallery.

Erfeniskos en die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Woordfees: ’n onderhoud met Fayruza Abrahams

Naomi Meyer, Fayruza Abrahams
Toyota US Woordfees

"Curry stains all over the kitchen surfaces, dishcloths stained with turmeric and borrie and Tupperware tainted forever … But we love it!" In hierdie tweetalige onderhoud deel Fayruza Abrahams ook ’n kerrievisresep.

Hoerkind by die Toyota US Woordfees: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck
Toyota US Woordfees

"Die teater is 'showing, not telling', maar hoe nou gemaak met ’n eenmanvertoning van memoires? Dis toe ek besluit het om elke toneel basies as ’n eie klein drama te sien. Jy kry nie kans om aan die slaap te raak, gemaklik te raak of aan ander dinge te dink nie. Herman/Geon Nel vereis jou aandag."

Die EasyEquities-skrywersfees by Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Elmari Rautenbach

Naomi Meyer, Elmari Rautenbach
Toyota US Woordfees

"’n Mens kom altyd agter wanneer lesers oor ’n boek begin gons. Jy sien die boek of skrywer al hoe meer gereeld en skielik oral." Die EasyEquities-skrywersfeesprogram is nou volledig bygewerk. Klik op die skakel onderaan die onderhoud om die korrekte boekeprogram af te laai sodat daar nie verwarring tydens die feestyd ontstaan nie.

Windroos by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met komponis Kristi Boonzaaier

Naomi Meyer, Kristi Boonzaaier
Toyota US Woordfees

"Ons teikengehoor is mense wat ’n liefde vir musiek en kuns het. As jy Windroos by die Woordfees kom luister, kan jy ’n program verwag wat ’n samevloeiing van musiek en poësie bied, met ’n unieke en meesleurende ervaring wat jou emosioneel sal aanraak."

Toyota US Woordfeesprogram 2023

LitNet
Toyota US Woordfees

Laai die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2023 in PDF-formaat hier af. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.

Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Hier gaan ons! / And we’re off!

Compassionate donkey epic peers deep into the modern world’s soul

Le Roux Fourie
Lifestyle and entertainment

"The 84-year-old Skolimowski (himself a peer of Bresson and Godard) manages to breathe fierce and impressionistic new life into a sacred cinematic treasure by updating Bresson’s transcendental fable for our current cultural climate. He achieves this in both the form and the matching content of his masterful new film."

Ontdekkingsreis van geure in dié bleeksiel-lensieskottel

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek het intussen die lensies in my kombuis tot sterstatus verhef met my verruklike lensiebobotie en geurige lensieburgers, heerlike lensiesop met varkskenkel en ’n heel gesofistikeerde lensieslaai. Maar hierdie dis, waarmee ek destyds die platsak kanniekokers verlei het, bly nog my gunsteling ..."

Persverklaring: Die WAT se Nuutskeppingskompetisie 2023 en paneelbespreking by Toyota US Woordfees

LitNet
Toyota US Woordfees

Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie vind vanjaar weer tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met Monitor op RSG plaas.

Persverklaring: Aardklop vier Erfenisdag met 30% afslag!

LitNet
Aardklop

Momentum Beleggings Aardklop vier vanjaar Erfenisdag deur afslag op sekere kaartjies te gee. Hier is nog inligting.

Boeke en skrywers

Piaf & Brel: Luisterryk! deur Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Mellet Moll
Seminare en essays

"Die bundel is gerig op Afrikaanssprekende entoesiaste van die Franse chansons en poësieliefhebbers wat in die Franse kultuur en die unieke, gesofistikeerde nagklubwêreld van Parys belangstel."

Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met Erla Diedericks

Yolanda Wessels, Erla Diedericks
Aardklop

"Word ’n vrou mishandel, word die blaam eerstens op haar skouers geplaas: Wat het sy gedoen om haar man uit te lok? Hoekom laat sy dit toe? Hoekom bly sy? Net soos met heksery is dit altyd die skuld van die vrou en nooit die patriargie nie," sê Erla Diedericks.

Kompleks: ’n onderhoud met Louis Pretorius

Naomi Meyer, Louis Pretorius
Skrywersonderhoude

"Kompleks het begin by daardie liefdeservarings in jou jeug wat deur jou hele lewe eggo. En die vraag: 'What if ...?' Wat sou gebeur het as ek gesê het hoe ek regtig voel? Wat sou gebeur het as ek nie so skaam was nie? Sou dit anders uitgewerk het?"

Raka deur NP Van Wyk Louw: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe
Leeskringe

"Dit is goed dat leeskringe hul nie beperk tot die nuutste publikasies nie; klassieke tekste mag nie vergeet word nie. Raka is so ’n klassieke Afrikaanse literêre teks, ’n hoogtepunt in die Afrikaanse letterkunde."

Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Henriëtte Loubser
Lesersindrukke

"Kenmerkend aan die roman en ook tipies van hierdie talentvolle kunstenaar-skrywer, is daar die aanbieding in die teks van ander kunsvorme. Daar is musiek, digkuns, die visuele kunste, vakmanskap en dan natuurlik die toordery-met-woorde teenwoordig."

E (Sussie) Kotze (1933–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die skryfproses is soos ’n swerm mossies wat uit ’n boom opvlieg: Jou gedagte word los as jy begin skryf en hope idees kom uitgefladder."

Better than ever: Open Book Festival 2023

Karina Magdalena Szczurek
Books and writers

"For me, Open Book was special in a different way. I have been attending literary festivals around the world as a reader for a quarter of a century, as a writer for almost two decades and as a publisher for the past four years, but never before have I felt that I truly embodied all three of these roles simultaneously and so fully at an event."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies vier kreatiwiteit

LitNet
ATKV-Portaal

Vind uit wat jong lesers se keuses vir die beste kinder- en jeugboeke van die jaar is! Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.

ATKV-Woordveertjies: Die Afrikaanse woord word vereer in hierdie liefdesverhale

LitNet
ATKV-Portaal

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.

ATKV-Woordveertjies: Prys vir poësie, Prys vir dramateks en Woordwystoekenning

LitNet
ATKV-Portaal

Die Afrikaanse woord seëvier by die ATKV-Woordveertjies 2023. Hier is die wenners van die Prys vir poësie, Prys vir dramateks en Woordwystoekenning.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 16 tot 21 September 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Akademies en skole

"Mamma, hier’s huiswerk vir jou!"

Carla Lang
Skole

"In laer grade het kinders tog hulp nodig met take. Dis hoe ons hulle voorberei om latere jare onafhanklik navorsing te kan doen en take te voltooi. Maar waar en wanneer trek ’n mens die streep? Moet ’n mens baie help? Of net ’n bietjie? Sommige mammas bederf dit vir die res van ons wat net probeer om ons kinders aan die asemhaal te hou."

Graad 1: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.

Graad 3: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 3 en maak hierdie toebroodjies jou honger? Jy gaan jou honger na goeie punte kan stil deur hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West af te laai om vir jou toets voor te berei. Agterna kan jy smul aan ’n toebroodjie van jou keuse. Die vraestel gaan jou boonop help om te bereken wat vyf van hulle jou altesaam gaan kos.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en voel jy soms ongelukkig oor hoe mense by die skool optree? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en berei voor vir jou Afrikaans Huistaal-toets hierdie kwartaal. Jy sal boonop in een van die leesstukke verstommende wenke raaklees oor hoe om boeliegedrag te hanteer.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Nuwe skryfwerk

Liewe (7.0)

Bibi Slippers
Poësie

"jy keer telkens terug, uitsluitlik daarop ingestel om brand te stig
maar selfs in vlamme kan ek my rug nie volledig op jou keer nie."

Liewe (8.0)

Bibi Slippers
Poësie

"en toe jaag ons ’n perd tot in ’n cul-de-sac
en my bloed klop what-the-fuck what-the-fuck"

Liewe (9.0)

Bibi Slippers
Poësie

"ek moes jou ontmoet om te leer wat ek is: net arms
wat wolke probeer opraap om te bottel, net armleegtes"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved