|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 890
10/03/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou nuwe kultuurboikot |
1 Recce, volume 3: Onsigbaarheid is ons krag
Outeur: Alexander Strachan
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624088851
Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank ’n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte.
In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self ’n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar. |
 |
|
 |
Netrebko en die nuwe kultuurboikot
Hein Willemse
Menings
"Wat ook al die uiteinde van die oorlog, ’n onwelkome voetnoot gaan voortaan die sangloopbaan van Anna Netrebko kenmerk: 'Tydens die inval in Oekraïne het sy geweier om onomwonde standpunt teen Poetin as aggressor in te neem.' Iewers in die toekoms sal sy wel sê 'Ek is jammer, ek was verkeerd', maar haar naam sal beklad bly en talle operaliefhebbers gaan ánders na haar luister as voor 24 Februarie 2022."
|
 |
Moet nooit ’n mislukking onderskat nie!
Theo Venter
Menings
"’n Paar merkwaardige verwikkelinge het oor die afgelope twee weke die lig gesien. Wat kan verder van die konflik verwag word? Waar laat hierdie konflik ons na die eerste paar weke?"
|
 |
The West’s economic war
Tristen Taylor
Opinion
"What wasn’t surprising about the vote on Ukraine at the United Nations General Assembly on 2 March 2022 was that South Africa abstained ... For South Africa’s foreign policy to become focused on human rights again, the left-nationalist power cabal that is the ANC must go ... But underneath, tremendous forces are at play. The world is being reordered and it is unlikely to be in Africa’s favour."
|
 |
Park van Herdenking
Eben Viktor
Sosiale-kommentaar-gedig
"draai weg van glorie op ’n eenvoudiger pad
waar ’n stuk grafsteen uitsteek die sirene
begin loei onder voete die aarde bewe en dril
grond gaan oop kaalwit bene begin na bo loop"
|
 |
Of Slavic Souls, continued
Klara Ana Rosa (Wojtkowska)
Opinion
"Am I waxing poetic about Russian culture? No, I don’t think so. I am not saying that Putin is good, or doing good things. But I have seen and experienced and read and been born into a life that sees, very well, that to heal the cycles of violence we are used to, we need to think differently from how we have been feeling thus far."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
’n Grootman is ’n groot man, by wyse van spreke
Jean Meiring
Seminare en essays
"In die kasitaal wat in en rondom Johannesburg gepraat word, kom die woord 'grootman' baie algemeen voor. Dit dui op ’n senior lid van die gemeenskap, ’n leier, iemand wat respek verdien."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Wyno Simes
Freek Robinson, Wyno Simes
Onderhoude
Wyno Simes is die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein. Freek Robinson was onlangs daar op besoek en gesels nou met Simes oor die unieke aard van die projek, en oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
|
 |
Nog ’n koppie boeretroos vir jou?
Elise Bishop
Menings
"Dis during daai dae dat kitchen dressers so in die limelight gekom het. Sulke cream en light greens. Die hele kas was cream gepaint en al wat ’n laai en deur was in light green. And al die handles was silwer. In the middle bo was ’n klein kombuisklok ook gewees en just below it twee glasdeurtjies wat sideways oopgeskuif kon word. But jy kon nie daardeur sien nie."
|
 |
Poetin se oorlog hou Europa besig
Milton Webber
In het nieuws
"Poetin se aggressie in Oekraïne word ook deeglik in die Lae Lande gevoel; ’n ander despoot se standbeeld word aangeval; en padsterftes haal dié week die nuus."
|
 |
Ramaphosa probeer walgooi teen kritiek oor Oekraïne
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het buite stemming gebly omdat die resolusie nie die oproep tot betekenisvolle onderhandelings om die geskil op te los op die voorgrond gestel het nie."
|
 |
SA se draadsittery oor Oekraïne wyd gekritiseer
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Suid-Afrika se weiering om hom by die meerderheid van die internasionale gemeenskap te skaar in hul verwerping van Rusland se optrede in Oekraïne is in skrille kontras met die wense van Westerse moondhede en die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing."
|
 |
Suid-Afrika op die rand van algehele kragkrisis
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus sê in ’n verklaring kragverbruikers wat die vernietigende uitwerking van hierdie krisis wil afweer, sal hul eie planne moet maak. Die prys van sonpanele en rugsteunbatterye moet nie meer met munisipale kragtariewe vergelyk word nie, maar met die skade van langdurige en gereelde kragonderbrekings."
|
 |
Robbeneiland: 25 jaar Werelderfgoed ‒ Tribute voor Robert Sobukwe
Yves T'Sjoen
Meningen
"Een van de ex-gedetineerden, de laatste der Mohikanen van het gevangeniseiland, viel op het eind van de rondleiding uit tegen Poetin en de agressie tegen het soevereine Oekraïne. Zijn pleidooi was een vurige aanklacht tegen onrecht, tegen de oorlog, tegen de Russische agressor in het Kremlin. Wat volgde in de gevangenisgang waar Mandela en vele anderen jaren opgesloten zaten, was een daverend applaus."
|
 |
Vra die veearts: Ons woefie het katgriep
Marianne Lomberg
Mens en dier
Angelique skryf: "My labrador x boerboel, Rex, is vyf maande oud. Hy het katgriep. Ek het ’n vyfjarige seuntjie wie se hartjie baie seer is. Wat is die kanse dat ons woefiekind dit gaan maak? Ons weet niks van die siekte af nie." Lees Marianne se antwoord.
|
 |
My lewe met optel, aftrek, maal en deel
Koos Holtzhausen
Skole
"In 1946 het ek in ’n plaasskooltjie by juffrou Griet Coetzee in graad 1 met somme kennis gemaak: 1 hasie + 1 hasie = 2 hasies. Gou het ek besef dat ’n mens die hasies maar kan weglaat." Koos Holtzhausen, voor sy aftrede dosent in elektriese ingenieurswese, skryf ’n artikel waarby skoolkinders kan baat – en wat volwassenes met verwondering sal laat terugkyk op tegnologiese ontwikkelinge gedurende die afgelope dekades.
|
 |
Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 12: vraestel en memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
In graad 12 lê jou toekoms soos hierdie dagboek oop voor jou. Dit wag net vir jou om die volgende hoofstuk te skryf. Behaal sukses met die skryf van jou Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo deur Dewald Koen om jou met jou voorbereiding te help.
|
 |
Fotoblad: Adam Small-fees 2022
Gary Naidoo
Feeste
Die Adam Small-fees het op 26 Februarie 2022 plaasgevind en uit sy nate gebars. Gary Naidoo het namens LitNet gaan foto's neem.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2022
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Anderkind deur Betsie van Niekerk: ’n resensie
Henriëtte Loubser
Resensies
"Met die lees van Anderkind kan die jong lesers hulle vereenselwig met uitdagende, vreesaanjaende en moeilike situasies oor tye heen. Hulle mag egter ook bewus raak van oplossings en moontlikhede; van die uitkoms wat hoop bring."
|
 |
Cosmonauts do it in heaven by Keith Gottschalk: a book review
Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"For the uninitiated, Cosmonauts do it in heaven might feel like an exploration of space itself, seemingly obscure and impenetrable at first, but the poetry is infused with a desire to take the great leap, to reach for the sky and to celebrate its wonders and 'mysteries, / solved & sensuous' ('First light')."
|
 |
Antoinette sê ... deur Antoinette Pienaar: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Mense wat gereeld na Radio Sonder Grense (RSG) luister, het waarskynlik al gehoor van "die kruietannie". Gewoonlik is jy in jou kar, in die middel van die kruipende stadsverkeer met die radio aan, besig om te probeer jaag van punt A na punt B. Die volgende oomblik word jy meegesleur na die eenvoudige(r) lewe op Theefontein."
|
 |
Sendingwerk
Crito
Blogs
"Vir my lok die resensie uiteindelik ’n ander vraag uit, ten besluite: Kon sy nie maar gewoonweg die noot hoog ingesit het nie?"
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Belfast: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Verskeie elemente maak van hierdie rolprent ’n verrykende ervaring en nie noodwendig net vir kunsliefhebbers nie. Almal behoort te gaan kyk."
|
 |
Persverklaring: Wat behels die KKNK 2022 se inentingsmandaat?
LitNet
KKNK
"Die KKNK volstaan by die toepassing van ’n inentingsmandaat ten goede van alle betrokkenes. Ons gee egter terselfdertyd die versekering dat oningeënte persone nié weggewys sal word nie, mits hulle aan die voorwaardes en bepalings voldoen soos vervat in die mandaat."
|
 |
Gechange
Megan Adendorff
Poësie
"Ons dryf ruilhandel
dis my liefde vir syne
en soos note na kleingeld"
|
 |
Terug na nimmerland
Susanne Pretorius
Poësie
"sorgeloos in die skatkis van die lewe delf
soos nuut ontdekte kiekies lank vergete
word herinneringe, dof en effens verslete"
|
 |
Oop gesprek
Susanne Pretorius
Poësie
"sou jy ooit werklik kon verstaan
toe hy uiteindelik om jou pinkie draai
die geheim van sy krag met jou deel
dat hy sodoende sy God sou verraai?"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|