|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 854
17/06/2021
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou entstoffiksie? |
Een of ander held
Skrywer: Zirk van den Berg
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795710179
In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy skreiende planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink ... |
 |
|
 |
Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Wat die entstowwe op die mark intussen gewys het, is een belangrike punt: Hulle beskerm goed teen ernstige siekte, hospitalisasie en die dood. En dit is tog wat elkeen van ons al maande lank wil sien – dié soort beskerming. Dit is waarvan ons dié tyd verlede jaar nog net gedroom het."
|
 |
Catch me if you can: binne die psige van die triekster
Nini Bennett
Rubrieke
"Mens wonder of hy onder normale, of eerder wettige, omstandighede dieselfde loopbaankeuses sou volg, dieselfde suksesse sou behaal? Of is die con self die middel tot die doel? Die lewe is ’n speeltoneel, inderdaad."
|
 |
"Gee jou hart vir Alicedale"
Jason Lloyd
Rubrieke
"Dit is belangrik dat dié vrae beantwoord word, want tienerswangerskap vererger armoede. Gegewe die noodkrete vir armoedeverligting vir die Alicedale-gemeenskap tydens die vergadering, besef ek weer eens dat die uitwissing van armoede ’n reusetaak is."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gayton McKenzie
Freek Robinson, Gayton McKenzie
Onderhoude
Tydens die onlangse tussenverkiesings, in aanloop tot die plaaslike verkiesings van 27 Oktober, het die Patriotic Alliance (PA) die DA uit die hoofsaaklik bruin buurt Eldoradopark in Johannesburg gedryf deur al twee wyke oortuigend te wen. Freek Robinson gesels met die leier van die PA, Gayton McKenzie.
|
 |
Die 2020-Bybelvertaling: ’n komplekse benadering
Jacobus Naudé, Gys Loubser
Seminare en essays
In hierdie bydrae tot LitNet se miniseminaar gesels Gys Loubser met Jacobus Naudé, wat as vertaalkundige en brontaalkenner by die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans betrokke was, oor kompleksiteit en die vertaalproses.
|
 |
Miniseminaar: Die 2020-Bybelvertaling
LitNet
Seminare en essays
In hierdie miniseminaar bespreek kundiges wat by die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans betrokke was, aspekte waarmee hulle tydens die vertaalproses te doen gekry het. Die rol van taal en kultuur in die omgang met brontekste van die Ou en Nuwe Testament, asook die literêre en taalkundige aspekte van die vertaling, word onder die soeklig geplaas.
|
 |
Dertig jaar in limerence – Elthea
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Ek was ongeveer 30 jaar in die wentelbaan van ’n hopelose liefde. Ek het lank geglo my aandagspan is maar net kort, want my verhoudings het, soos selfoonkontrakte, nooit langer as twee jaar geduur nie. Maar die waarheid was dat my hart aan een vrou behoort het."
|
 |
In memoriam: Lucinda Riley
Izak de Vries
Boeke en skrywers
"Ek het Riley nooit geken nie, maar is een van die miljoene lesers wat my verlustig het in haar reeks oor die sewe susters."
|
 |
Besmette J&J-entstowwe nie in Suid-Afrika vrygestel nie
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het Sondag in ’n verklaring aangedui dat hy nie die Johnson & Johnson-entstowwe wat deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) in die VSA as ongeskik beskou word, sal vrystel nie."
|
 |
Poetry International 2021 (1): Poëzie, taal en waarheid
Ingrid Glorie
Literatuur
"In deze tijd van fake news en antidemocratische tendensen is poëzie volgens de Amerikaanse dichteres Carolyn Forché noodzakelijker dan ooit. Gelukkig is er ook steeds meer belangstelling voor poëzie, constateert ze. Over al deze ontwikkelingen ging Forché tijdens Poetry International in gesprek met de Nederlandse dichter Alfred Schaffer en de Mexicaanse dichteres Juana Adcock."
|
 |
Drama in Nederlandse politiek en besoedelde grond
Milton Webber
In het nieuws
"’n Gewilde lid van die Tweede Kamer in Nederland, Pieter Omtzigt, verlaat sy party. Kroonprinses Amalia het haar gimnasium-eindeksamen geslaag, cum laude, en het aangekondig dat sy voorlopig sal afsien van die toelaag van €1,6 miljoen per jaar wat sy vanaf haar 18de verjaardag in Desember sou ontvang. In Zwijndrecht, naby Antwerpen in België, is inwoners verbied om groente uit hul eie tuin te eet. In België en Nederland lyk dit of die ekonomie aan die herstel is."
|
 |
Eskom dompel Suid-Afrika al hoe dieper in die duister
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ramaphosa sê die pas van ekonomiese herstel sal kan koers kry slegs indien die regering die krisis spoedig oplos. Hy sê dit is tans die regering se belangrikste prioriteit. Daarom word die 1 megawatt-beperking op munisipaliteite en ondernemings om self krag op te wek opgehef om tot 100 megawatt sonder ’n lisensie toe te laat."
|
 |
Wiskunde: graad 8, tweedekwartaal-vraestel en -memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en wil jy hierdie kwartaal wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakel hier onder en laai Lee-Ann West se oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.
|
 |
LitNet-Blokraai: Jeugdag
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Die reg op gelyke onderwys, onderrig in jou eie taal en om jou eie voorgeslagte se geskiedenis te leer en te vier, is die soort vryheid waaroor Hector Pieterson dalk gedroom het. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
LitNet-Blokraai: Geskiedenis (Graad 7–9)
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Die studie van Geskiedenis stel mense in staat om te verstaan en te evalueer hoe menslike optrede uit die verlede ’n impak op die hede kan hê, asook die toekoms kan beïnvloed. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Resensie: Dinge van ’n hond deur SP Benjamin
Dewald Koen
Resensies
"Met Dinge van ’n hond ondersoek Benjamin die baas-klaas-verhouding wat kenmerkend is van talle Suid-Afrikaanse plaasgemeenskappe. Die roman bied ’n perspektief op die verlede en dwing die leser om krities te besin oor onregte wat gepleeg is en steeds gepleeg word."
|
 |
Charl-Pierre Naudé (1958–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek dink nie ’n roman, net soos met ’n digbundel, hoef te begin met ’n sêbare idee nie. Dis ’n idee wat jy voel. As jy geweet het wat die idee was en dit in een sin kon sê, sou jy waarskynlik nie die boek geskryf het nie." Lees oor Charl-Pierre Naudé se lewe en werk.
|
 |
Persverklaring: Ingrid Jonker-prys – kortlys 2021
LitNet
Boeke en skrywers
Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2019 en 2020 gepubliseer is, is pas bekend gemaak. Die prys word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken.
|
 |
Die dieptes in
Crito
Blogs
"Die groot Chinese krygsfilosoof Lao-Tzu het geskryf dat as mens net ligweg betrokke raak by ’n oorlog, jy die gevaar loop om al jou skatte te verloor. Hy het dit nie geweet nie, hoe kon hy, dat dit ook van toepassing is op Afrikaanse boekresensies."
|
 |
Die gezoem van die bye
Karen Hart
Kos en wyn
"Dis nie net vir die nougat en my soetgebak dat ek hul heuning gebruik nie. Ek begin my dag met ’n koppie kookwater met ’n eetlepel van dié heuning en ’n eetlepel appelasyn. Al vir baie jare lank. En ek kook ook graag met heuning. Daar is niks lekkerder as hierdie varklies wat in die sous van heuning en appelbier gaargemaak is nie – pure rykmanstafel!"
|
 |
Wessel Pretorius se Vlegsel takel kuberboelies op Jeugdag
Melt Myburgh
Onderhoude
Wessel Pretorius vertel van Vlegsel, sy kort eenakter met Cintaine Schutte, wat op Jeugdag by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad as deel van die Suidoosterfees, KKNK en NATi se reeks Die klaskamer opgevoer sou word. Die opvoering is as gevolg van nuwe Covid-regulasies gekanselleer.
|
 |
Gevare van sosiale media belig in Jan van Riebeeck-toneelproduksie met feesvennote
Melt Myburgh, Sanet Taljaard
Onderhoude
"Afgesien van die feit dat ons op Jeugdag jong individue onthou wat hul lewens opgeoffer het sodat ons ’n vrye en inklusiewe Suid-Afrika mag beleef, moet die huidige generasie nou die toon aangee, geleentheid kry om te rebelleer en vrae te vra." – Sanet Taljaard van Hoërskool Jan van Riebeeck oor die Suidoosterfees, KKNK en NATi se Die klaskamer. Die opvoering is as gevolg van nuwe Covid-regulasies gekanselleer.
|
 |
Varsgebreek suck
Steyn Kleynhans
Fiksie
"Nee, ek soek nie na mooi, heel skulpies nie. Dis te gewoon. Ek hou van die stukkies wat oorgebly het na die see sy breekwerk gedoen het."
|
 |
Sossusvlei
Marsofine Krynauw
Poësie
"waar doringboom
deur die jare geskool
sy vog diep uit die
dorre aarde drink"
|
 |
Tiny fires that light up the sky
Johann van der Walt
New writing
"You hold a fist up high – timeless and endless
This is how you proclaim future hope
The gift of reason and tolerance, unequivocally"
|
 |
Have you ever?
Anthony Stockwell
New writing
"Have you ever wondered, what if you were not
This morning, in the body that you got
No longer favourite of your mother
Just an ordinary, someone other"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|